BTW Vraag

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)

SSD Beperk is 'n groothandelaar van jaggewere. Die maatskappy verskaf jaggewere
aan 'n verskeidenheid van winkels regoor Suid-Afrika. Die maatskappy is geregistreer
vir BTW en U kan aanvaar dat alle ander partye geregistreerde BTW-ondernemers is,
tensy anders vermeld. Die onderneming maak van 'n deurlopende voorraadstelsel
gebruik.
Datum
(Die volgende transaksies het gedurende September 2018 plaasgevind:)
1. Koop voorraad aan op krediet van die vervaardiger, Langloop Beperk, vir
R2 720 000.
9. Kontantverkope van jaggewere vir die maand het R3 425 000 beloop. Ingesluit
by hierdie bedrag is verkope van R233 000 aan persone wat nie vir BTW
geregistreerd is nie.
11. Ontvang rente op vaste belegging van R24 000 van Investec Bank.
17. Die maandelikse huur van die perseel beloop R22 500 en is betaal.
25. Betaal die maandelikse salarisse van R62 000.
26. Koop 'n nuwe rekenaarstelsel vir R57 300 op krediet van Makro.
29. Koop voorraad aan by ʼn verskaffer, Mnr van Wyk, vir R102 000 op krediet.
Mnr. van Wyk is nie vir BTW geregistreer nie.

Van u word verlang om:


2.1 Die joernaalinskrywings van die bostaande transaksies te boek te stel.
Joernaalomskrywings word nie verlang nie. Aanvaar ʼn BTW koers van 15%.
(Rond af tot die naaste rand)

2,2 Stel die BTW-kontrolerekening vir September 2018 in die algemene


grootboek van SSD Beperk op. Hierdie rekening het op 1 September 2018 'n
kredietsaldo van R23 400 gehad. (Rond af tot die naaste rand)

You might also like