Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

HOOFSTUK 12

OPDRAG 2

salon, Cherry Blossom, op 1 Maart 200X in Knysna begin wat spesialiseer in


nael
die einde van die eerste finansiële periode:
R
Kapitaal 113 730
Onttrekkings 1 000
Grond en geboue teen kosprys 50 000
Meubels teen kosprys 30 000
Debiteurekontrole 3 750
Bank (batig) 27 900
Krediteurekontrole 2 885
Dienste gelewer 22 285
Verbruikersgoedere (uitgawe) 12 200
Huur inkomste 2 900
Korting ontvang 30
Rente inkomste 100
Water en elektrisiteit 1 730
Telefoon 1 190
Salarisse en lone 13 500
Korting toegestaan 10
Skryfbehoeftes 650

Addisionele inligting:

1. Ongebruikte verbruiksgoedere beloop R800 op 28 Februarie 200Y. Voorraad van


verbruiksgoedere word waardeer volgens die eerste-in-eerste-uit metode.
2. Die eienaar het verbruiksgoedere vir persoonlike gebruik geneem ten bedrae van R130.
Geen inskrywing is in die rekeningkundige rekords gedoen nie.
3. Debiteur wie se uitstaande rekening R50 beloop, moet as oninvorderbaar afgeskryf
word.
4. Toelaag vir kredietverliese teen 3% van uitstaande debiteure moet nog geskep word.

172
5. Grond en geboue wat op 1 Februarie 200X aangekoop is bestaan uit Erf 2226, Knysna en
word nie gedepresieer nie. Depresiasie op meubels teen 20% per jaar op die kosprys
moet nog voorsien word. Die meubels is ook op 1 Februarie 200X aangekoop.
6. Die eienaar het haar kapitaalbydrae verhoog deur rekenaar ter waarde van R10 000 op
1 Desember 200X aan die entiteit te gee. Die transaksie is nog nie in die rekords
aangeteken nie. Depresiasie op rekenaartoerusting moet voorsien word teen 25% volgens
die verminderde saldo metode.

Van jou word verlang om:

1. Die boegenoemde aansuiwerings in die algemene joernaal aan te teken.


2. Die finansiële state en relevante aantekeninge vir die jaar geëindig 28 Februarie 200Y
voor te berei.

Die voorgestelde oplossing sal gedurende die volgende kontaksessie met jou
bespreek word. Indien jy probleme ondervind met die voltooiing van hierdie opdrag,
hersien weer die vorige hoofstukke.

173
HOOFSTUK 12

OPDRAG 3

Primrose Phoenix het op 1 Julie 200X landskapontwikkeling entiteit in Johannesburg begin

rekords op 30 Junie 200Y, die einde van die eerste finansiële jaar, verkry:
Dt (R) Kt(R)
Kapitaal 45 000
Tuintoerusting teen kosprys 16 500
Voertuie teen kosprys 89 000
Debiteurekontrole 9 845
Oortrokke bank: Finance Bank 9 595
Krediteurekontrole 2 848
Dienste gelewer 90 750
Salarisse en lone 18 438
Brandstof 8 812
Onderhoud Tuintoerusting 2 832
Diverse uitgawes 2 766

148 193 148 193

Addisionele inligting:
1. Ingesluit in die bedrag vir dienste gelewer, is bedrag van R936 ten opsigte van
kontrak wat geteken is op 30 Junie 200Y vir dienste vir die volgende drie maande.
2. Depresiasie moet soos volg voorsien word:
Tuintoerusting teen 15% op die kosprys (aangekoop op 1 Julie 200X), en

Voertuie teen 20% op die verminderde-saldo metode (aangekoop op 1 Oktober 200X).


3. Rente op oortrokke bank van R141 is nog uitstaande.
4. Lone verskuldig op 30 Junie 200Y beloop R750.
5. Ingesluit in diverse uitgawes is bedrag van R2 250 ten opsigte van versekering
verskuldig vir die jaar geëindig 31 Desember 200Y.

Van jou word verlang om:


Die finansiële state en toepaslike aantekeninge vir die jaar geëindig 30 Junie 200Y voor te
berei.

Die voorgestelde oplossing sal gedurende die volgende kontaksessie met jou
bespreek word. Indien jy probleme ondervind met die voltooiing van hierdie opdrag,
hersien weer die vorige hoofstukke.

174
HOOFSTUK 12

OPDRAG 4

algemene handelaar in Johannesburg, op 31 Mei 200Y, die einde van die rekeningpligtige
tydperk:
Dt Kt
R R
Kapitaal 114 620
Onttrekkings 12 000
Grond en geboue teen kosprys 66 700
Voertuie teen kosprys 52 000
Toerusting teen kosprys 30 000
Opgelope depresiasie: Voertuie (1 Junie 200X) 10 400
Opgelope depresiasie: Toerusting (1 Junie 200X) 8 130
Handelsvoorraad (1 Junie 200X) 8 000
Debiteurekontrole 5 200
Toelaag: Kredietverliese 500
Bank (batig) 4 900
Kleinkas 100
Krediteurekontrole 22 200
Verkope 202 420
Aankope 95 130
Verkoopsretoere 2 420
Korting ontvang 350
Water en elektrisiteit 3 550
Kredietverliese 300
Telefoon 2 450
Vraggeld op aankope 2 200
Huur uitgawe 30 000
Salarisse en lone 36 300
Bankkostes 100
Eiendomsbelasting 4 800
Verbruikersgoedere 1 800
Skryfbehoeftes 670

358 620 358 620

175
Addisionele inligting:

1. Fisiese voorraadopname is op 31 Mei 200Y uitgevoer en het die volgende voorraad


voorhande aangetoon (die eerste-in-eerste-uit basis word gebruik):
Handelsvoorraad R10 000
Skryfbehoeftes R 130
Verbruikersgoedere R 530
2. Op 24 Mei 200Y, het die eienaar goedere vir persoonlike gebruik geneem ter waarde van
R200. Geen inskrywing is nog in die rekeningkundige rekords gemaak nie.
3. Debiteur se rekening ter waarde van R200 moet as oninvorderbaar afgeskryf word.
4. Die toelaag vir kredietverliese moet aangesuiwer word tot 5% van uitstaande debiteure.
5. Grond en geboue aangekoop op 1 Junie 200W bestaan uit erf 1001, Johannesburg, en
word nie gedepresieer nie. Depresiasie op ander bates moet nog soos volg voorsien
word:
Voertuie teen 20% p.j. op die reguit-lyn metode; en
Toerusting teen 10% p.j. op die verminderde-saldo metode.

Van jou word verlang om:

1. Die bogenoemde aansuiwerings in die algemene joernaal aan te teken.


2. Die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir die jaar geëindig 31 Mei
200Y voor te berei.
3. Die staat van verandering in ekwiteit vir die jaar geëindig 31 Mei 200Y voor te berei.
4. Die staat van finansiële posisie op 31 Mei 200Y voor te berei.
5. Die toepaslike aantekeninge tot die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Mei 200Y te
toon.

Die voorgestelde oplossing sal gedurende die volgende kontaksessie met jou
bespreek word. Indien jy probleme ondervind met die voltooiing van hierdie opdrag,
hersien weer die vorige hoofstukke.

176
HOOFSTUK 12

OPDRAG 5

Die volgende saldo s is geneem uit die rekords van Techno Handelaars,
handeldryf in die verkoop van tegniese toerusting in George. Op 30 Junie 200Y, die einde van
die finansiële tydperk,

R
Kapitaal 88 700
Onttrekkings 36 000
Langtermynlening: Moose Finansies 10 000
Voertuie teen kosprys 61 000
Toerusting teen kosprys 26 300
Opgelope depresiasie: Voertuie (1 Julie 200X) 29 500
Opgelope depresiasie: Toerusting (1 Julie 200X) 6 000
Handelsvoorraad (1 Julie 200X) 62 490
Skryfbehoeftes op hande (1 Julie 200X) 80
Debiteurekontrole 48 220
Toelaag: Kredietverliese 1 680
Oortrokke bank 6 360
Kontant op hande 130
Krediteurekontrole 34 210
Verkope 330 540
Aankope 249 000
Korting ontvang 740
Kredietverliese 320
Vraggeld op aankope 3 660
Huur uitgawe 13 750
Rente op lening 1 850
Skryfbehoeftes 370
Lone 4 560

Addisionele inligting:

1. Fisiese voorraadopname op 30 Junie 200Y toon die volgende voorraad op hande (die
eerste-in-eerste-uit metode word gebruik):
Handelsvoorraad R58 900
Skryfbehoeftes R 60
2. Die eienaar het gedurende die jaar handelsvoorraad vir eie gebruik geneem ter waarde
van R1 800. Geen inskrywing is nog in die boeke gedoen nie.
3. Debiteur wie se rekening R420 beloop, moet nog as oninvorderbaar afgeskryf word.

177
4. Dit is die beleid van die entiteit om die toelaag vir kredietverliese op jaareinde aan te
suiwer tot 5% van uitstaande debiteure.
5. Voertuig met kosprys van R25 000 en opgelope depresiasie van R20 000 op 1 Julie
200X, is op 31 Desember 200X verkoop vir R4 000 kontant. Hierdie transaksie is nog nie
in die boeke aangeteken nie.
6. Nuwe kasregister is op 1 April 200X vir R5 000 kontant aangekoop. Hierdie transaksie is
ook nog nie in die boeke aangeteken nie.
7. Depresiasie moet nog soos volg voorsien word:
Voertuie teen 20% p.j. op die vaste-paaiement metode; en
Toerusting teen 10% p.j. op die verminderde-saldo metode.
8. Huurgeld word maandeliks betaal en bedra R1 200 per maand.
9. Rente op die langtermynlening is maandeliks betaalbaar teen koers van 15% per jaar.
Die lening is onverseker en aflosbaar in tien gelyke jaarlikse paaiemente van R5 000 op
30 Junie van elke jaar. Alle betalings het op tyd plaasgevind.
10. Die entiteit het onversekerde oortrokke fasiliteite van R20 000 by Prospect Bank wat rente
teen 22% per jaar verdien (ignoreer rente op bankoortrekking).

Van jou word verlang om:

1. Die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir die jaar geëindig 30 Junie
200Y voor te berei.
2. Die staat van verandering in ekwiteit vir die jaar geëindig 30 Junie 200Y voor te berei.
3. Die staat van finansiële posisie op 30 Junie 200Y op te stel.
4. Die toepaslike aantekeninge vir die jaar geëindig 30 Junie 200Y te toon.

Die voorgestelde oplossing sal gedurende die volgende kontaksessie met jou
bespreek word. Indien jy probleme ondervind met die voltooiing van hierdie opdrag,
hersien weer die vorige hoofstukke.

178

You might also like