Bylaag - BTW

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

EFREK150: BELASTING (BTW)

Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)

Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) is ʼn indirekte belasting wat deur die regering
gehef word en is hoofsaaklik gebaseer op verbruik in die ekonomie.

Inkomste word vir die regering ingevorder deur van sommige sake-eienaars te verwag om
vir BTW te registreer, waarna daar dan na hulle verwys word as BTW-ondernemers. Hierdie
BTW-ondernemers is dan wetlik verplig om BTW te hef op belasbare lewerings van goedere
en dienste.

Hierdie BTW-ondernemers kan gesien word as agente van die SAID, wat gebruik word om
BTW wat op sekere goedere en dienste gehef word, namens die staat in te vorder. Die SAID
is die administrateur van die BTW-wetgewing, wat verseker dat die BTW betyds ingevorder
word en dat die wetgewing op die regte wyse by die publiek afgedwing word.

BTW is indirekte belasting wat gehef word op die binnelandse verbruik van goedere en
dienste, behalwe in die geval van nulkoerslewerings (byvoorbeeld sekere voedselsoorte en
noodsaaklike medisynes), of vrygestelde lewerings (byvoorbeeld uitvoere).

BTW word regdeur die produksie- en verspreidingsproses gehef, vanaf die grondstowwe tot
by die finale verkoop van die produkte (aangepas uit: BusinessDictionary, 2011.
http://www.businessdictionary.com/definition/value-added-tax-VAT.html)

BTW word slegs gehef op die verbruik van goedere en dienste in Suid-Afrika, asook op die
invoer van goedere na Suid-Afrika.

(http://getentrepreneurial.com/finance-capital/)

Bedryfsbates / BTW kontrole Bladsy 1


BTW staan ook bekend as ʼn goedere en dienste belasting. Om die konsep van BTW beter
te verstaan moet daar eerstens gekyk word na die volgende eienskappe van BTW:
 BTW is oor die algemeen van toepassing op transaksies wat verband hou met
goedere en dienste.
 BTW word proporsioneel bereken ten opsigte van die prys wat gehef word vir
goedere en dienste.
 BTW word gehef op elke stadium van die produksie- en verspreidingsproses
 BTW wat deur die voorafgaande prosesse gehef is, mag deur die BTW-ondernemer
afgetrek word, mits die BTW-verpligting by die finale gebruiker lê.

(Aangepas uit: South African Revenue Services, 2014. http://www.sars.gov.za/home.)

BTW word slegs gehef op belasbare lewerings wat deur ʼn BTW-ondernemer gemaak word.
BTW word gehef op belasbare lewerings teen ʼn standaardkoers van 15% of teen ʼn nulkoers
(belasbaar teen 0%). Belasbare lewerings sluit egter nie die volgende in nie:
 Lone en salarisse
 Stokperdjies of enige privaat ontspanningsbedrywighede, wat nie vir sakedoeleindes
is nie

 Private verkoop van persoonlike of plaaslike items


 Vrygestelde lewerings

BTW-INSETTE EN -UITSETTE

BTW kan soos volg ingedeel word:


 Insetbelasting (BTW-insette)

Insetbelasting kan gedefinieer word as ʼn indirekte belasting wat gehef word op


kapitale goedere, roumateriale, die dienste, ens. wat ʼn sakeonderneming verbruik of
gebruik in hul daaglikse sakebedrywighede (aangepas uit: BusinessDictionary, 2011.
http://www.businessdictionary.com/definition/input-tax.html) Met ander woorde ʼn
indirekte belasting op die uitgawes van ʼn BTW-ondernemer.
 Uitsetbelasting (BTW-uitsette)

Uitsetbelasting kan gedefinieer word as ʼn Ad valorem belasting wat gehef word op


die verkoopprys van belasbare lewerings (produkte of dienste) en wat betaal word
deur die kliënt van ʼn sakeonderneming. Met ander woorde die sakeonderneming hef
uitsetbelasting op die verkoopprys van ʼn produk of diens, waarna die kliënt dan die
uitsetbelasting betaal. Die sakeonderneming (BTW-ondernemer) tree op as ʼn agent
wat namens die SAID die belasting (BTW) invorder
Die volgende figuur illustreer die betaling ontvang vanaf en gemaak aan die SAID:

Terugbetaling ontvang vanaf die • BTW Insetbelasting > BTW Uitsetbelasting


SAID • (BTW uitgawes > BTW inkomste)

• BTW Uitsetbelasting > BTW Insetbelasting


Betaling aan die SAID • (BTW inkomste > BTW uitgawes)

Figuur 3.3: Betaling ontvang vanaf die SAID en betaling gemaak aan die SAID
(Outeur, 2011)

REGISTRASIE AS BTW-ONDERNEMER VIR BTW-DOELEINDES

BTW-registrasie geskied in die volgende gevalle:


 Verpligte BTW-registrasie

ʼn Sakeonderneming is verplig om as BTW-ondernemer te registreer, indien die


onderneming belasbare lewerings van meer as R1, 000,000 gemaak het, vir ʼn
aaneenlopende periode van 12 maande.
 Vrywillige BTW-registrasie

ʼn Sakeonderneming kan vrywillig vir BTW registreer, mits die onderneming ʼn


minimum belasbare lewering van R50,000 in die voorafgaande 12 maande gemaak
het.

(Aangepas uit: South African Revenue Services, 2014. http://www.sars.gov.za/home)

Bedryfsbates / BTW kontrole Bladsy 3


BELASBARE LEWERINGS

ʼn Belasbare lewering is eenvoudig die lewering van ʼn produk of diens wat onderhewig is aan
BTW – die BTW-ondernemer moet dus BTW hef op die prys van die produk of diens of kan
BTW terugeis van die SAID vir uitgawes aangegaan ten opsigte van die belasbare lewering
(aangepas uit: Accounting-Dictionary.com, 2011. http://www.accounting-
dictionary.com/definition/taxable-supply.html)

Belasbare lewerings sluit alle lewerings van produkte of dienste van die onderneming in
waarop BTW gehef moet word.

BTW word soos volg gehef:


 BTW word gehef teen ʼn standaardkoers van 15%
 BTW word gehef teen ʼn nulkoers.

Vrygestelde lewerings is nie onderhewig aan BTW nie, met ander woorde geen
uitsetbelasting mag gehef word op die verkoopprys van so ʼn produk of diens nie, en geen
insetbelasting mag afgetrek word ten opsigte van uitgawes wat aangegaan is in die lewering
van hierdie produkte of dienste nie.

Die volgende is voorbeelde van lewerings waarop BTW teen ʼn standaardkoers gehef moet
word:

 Grond en geboue (vaste bates).


 Fooie wat gehef word vir professionele dienste gelewer, byvoorbeeld konstruksie-/
boukontrakteurs, eiendomsagente, konsultante, argitekte, ingenieurs,
projekbestuurders, dokters, prokureurs, loodgieters, rekenmeesters, ens.
 Huishoudelike benodigdhede en duursame goedere.
 Munisipale goedere en dienste, soos die verskaffing van elektrisiteit, water en
vullisverwydering.
 Akkommodasie, gasvryheid, toerisme en vermaak.
 Kapitale bates soos masjinerie.
 Telefoon, internet, rekenaar en ander telekommunikasie dienste.
 Die verhuring van kommersiële eiendom, byvoorbeeld kantoorruimte.
 Motorvoertuigherstelwerk, olie, onderdele.
 Plaaslike vervoer van goedere en passasiers by wyse van see of lug.

(Aangepas uit: South African Revenue Services, 2014. http://www.sars.gov.za/home))

Die volgende goedere is nulkoerslewerings, met ander woorde BTW word gehef teen 0%:
 Sekere voedselsoorte soos:

o Bruinbrood
o Bruinbroodmeel (uitgesluit fyn semels)
o Hoendereiers
o Gedroogde boontjies
o Mieliemeel
o Sardyne in blikkies
o Melk, gekweekte melk, melkpoeier en melkpoeiermengsel
o Gedroogde mielies en mielierys
o Stampmielies
o Vars vrugte en groente
o Lensies
o Rys
o Groente kookolie – olyfolie uitgesluit
o Eetbare peule, ertjies, bone en grondboontjies

 Brandstofheffingsgoedere:
Sekere gespesifiseerde brandstofheffingsgoedere is onderhewig aan ʼn nulkoers
(0%) BTW-heffing. Voorbeelde hiervan sluit in:

o Brandstof gebruik in motorvoertuie


o Brandstof gebruik in vragmotors
o Brandstof gebruik in bote, skepe
o Brandstof gebruik in busse
o Brandstof gebruik in visvangbote
o Brandstof gebruik in spoorweglokomotiewe
o Brandstof gebruik in boerdery en produksiemasjinerie

Die meeste motorbrandstof is egter onderhewig aan belasting, soos:

o Die algemene brandstofheffing


o Die padongelukfondsheffing
o Aksynsbelasting

Uitgevoerdie dienste en produkte val ook onder nulkoerslewerings en is onderhewig aan


sekere vereistes volgens wetgewing. BTW-ondernemers wat nulkoerslewerings maak, dws.
produkte en dienste verkoop waarop BTW teen 0% gehef word, mag wel die inset-BTW eis
op uitgawes aangegaan in die voortbrenging van die nulkoerslewerings (aangepas uit: South
African Revenue Services, 2014. http://www.sars.gov.za/home).

Bedryfsbates / BTW kontrole Bladsy 5


VRYGESTELDE LEWERINGS

Vrygestelde lewerings is nie onderhewig aan BTW nie, met ander woorde BTW kan nie teen
die standaardkoers van 15% of teen die nulkoers (0%) gehef word nie, en sal nie deel
uitmaak van die belasbare omset nie.

Die vrygestelde lewerings is soos volg:


 Residensiële verblyf in ʼn woning (uitgesluit vakansie-akkommodasie). BTW word nie
gehef op die huur wat deur ʼn huurder aan ʼn verhuurder betaal word onder ʼn
huurooreenkoms nie.

 Passasiersvervoer (pad en spoor). Die lewering van vervoer by wyse van pad en
spoor is vrygestel van BTW.
 Vaste bates in die buiteland. Die lewering van eiendom deur middel van verkoop of
verhuring is vrygestel van BTW, indien die eiendom in die buiteland is.
 Opvoedkundige - en kinder-nasorgdienste.
 Finansiële dienste – rente-inkomste en -uitgawes.
 Goedere en dienste wat gelewer word deur middel van ʼn donasie.

Voorbeeld 3.3

Kleuterskool en naskoolsorg

Mieta Coetzee bestuur ʼn kleuterskool en naskoolsentrum. Sy vra ʼn R1 000 per maand vir
elk van die 120 kinders. Die maandelikse uitgawes beloop R57 000 (BTW ingesluit),
waarvan R7 000 BTW is. Die jaarlikse inkomste is R120 000 (R1 000 * 120); R120 000 *
12 = R1 440 000.

Jaarlikse uitgawes (BTW ingesluit) R57 000 * 12 = R684 000

Mieta Coetzee sal nie haar onderneming kan registreer vir BTW nie, al is haar belasbare
lewerings meer as R1miljoen. Die rede hiervoor is dat die Kleuterskool en nasorg van
kinders ʼn vrygestelde lewering is. Die R7 000 BTW sal dus nie as ʼn insetbelasting geëis
kan word nie.

ʼn GELDIGE BELASTINGFAKTUURVIR BTW-DOELEINDES

Wat is die verskil tussen ʼn faktuur en ʼn belastingfaktuur?

ʼn Faktuur is ʼn dokument wat die koper inlig oor sy verpligting om ʼn betaling te maak nadat ʼn
transaksie plaasgevind het. Hierdie transaksie verteenwoordig nie noodwendig ʼn belasbare
lewering nie.

ʼn Belastingfaktuur is ʼn dokument waarvoor daar voorsiening gemaak word in die BTW-


wetgewing, om die BTW-ondernemer in staat te stel om insetbelasting te eis en
uitsetbelasting te hef. ʼn Belastingfaktuur verteenwoordig altyd ʼn belasbare lewering. Die
BTW-wetgewing bepaal dat ʼn belastingfaktuur sekere besonderhede ten opsigte van die
belasbare lewering moet bevat, asook ten opsigte van die partye betrokke by die transaksie,
alvorens BTW geëis en gehef kan word.

Daar is bepaalde vereistes ten opsigte van BTW-fakture:

Volledige belastingfaktuur (Bedrag van Verkorte belastingfaktuur (Bedrag van


R5 000 of meer) Artikel 20(4) van die minder as R5 000) Artikel 20(5) van die
BTW-Wetgewing BTW-Wetgewing

 Die woorde “Belastingfaktuur” (Tax  Die woorde “Belastingfaktuur” moet op


Invoice) moet op ʼn prominente plek ʼn prominente plek verskyn
verskyn
 Naam, adres en BTW-nommer van die  Naam, adres en BTW-nommer van die
verskaffer moet op die faktuur verskyn verskaffer moet op die faktuur verskyn
 Naam, adres en BTW-nommer van die
ontvanger (persoon aan wie die faktuur
uitgemaak word)
 Reeksnommer (faktuurnommer) en  Reeksnommer (faktuurnommer) en
datum waarop die faktuur uitgereik is datum waarop die faktuur uitgereik is
 Volledige beskrywing van die goedere  ʼn Beskrywing van die goedere en
en dienste wat gelewer word dienste wat gelewer word
 Die hoeveelheid en volume van die
goedere en dienste wat verskaf word
 Die prys (BTW uitgesluit), asook die  Die prys (BTW uitgesluit), asook die
BTW-bedrag BTW-bedrag

Bedryfsbates / BTW kontrole Bladsy 7


Gevallestudie 3.2

Bereken die BTW betaalbaar/ontvangbaar vir Kleinbegin Beperk vir die Januarie 2019
BTW-periode.

Kleinbegin Beperk verkoop boeke. Inkomste en uitgawes vir die Januarie 2019
BTW-periode is as volg:

Verkope aan skoolkinders = R 15 000

Verkope aan volwassenes = R 35 000

Huur van perseel = R 7 000

Salaris van verkoopsdame = R 8 000

Rente op kleinsakelening = R 1 000

Brandstof vir afleweringsvoertuig = R 2 000

Alle bogenoemde bedrae sluit BTW uit, waar van toepassing.

Oplossing van gevallestudie:

Uitsetbelasting/Uitset BTW:

Verkope aan skoolkinders = R 15 000 * 15/100 = R2 250

Verkope aan volwassenes = R 35 000 *15/100 = R5 250

Totale Uitsetbelasting/UitsetBTW = R 7 500

Insetbelasting/Inset BTW:

Huur van perseel = R 7 000 * 15/100 = R 1 050

Salaris van verkoopsdame = Geen BTW op salarisse nie.

Rente op kleinsakelening = Geen BTW op finansiële dienste nie – vrygestelde lewering.

Brandstof vir afleweringsvoertuig = Geen BTW op brandstof nie – 0% lewering.

Total Insetbelasting/Inset BTW = R 1 050

BTW betaalbaar aan SAID = R 7 500 – R 1 050 = R 6 450

You might also like