Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

VRAAG 2: FINANSIËLE STATE

Die volgende saldo's is geneem uit die rekords van Hi-Tech Handelaars, wat
tegniese toerusting in Krugersdorp verkoop.
Op 30 Junie 2017, die einde van die finansiële tydperk, het die saldo's soos volg:
Debiet Krediet
Kapitaal 88 000
Onttrekkings 36 000
Langtermynlening: Newcorp Finansiering 10 000
Voertuig teen kosprys 61 000
Toerusting teen kosprys 26 300
Opgelope waardevermindering: Voertuie (1 Julie 2016) 29 500
Opgelope waardevermindering: Toerusting (1 Julie 2016) 6 000
Handelsvoorraad (1 Julie 2016) 62 490
Debiteurekontrole 48 220
Toelaag: Kredietverliese 1 680
Oortrokke bank 6 360
Kontant op hande 130
Krediteurekontrole 47 165
Verkope 330 540
Verkoopterugsendings 12 955
Aankope 249 000
Korting ontvang 740
Kredietverliese 320
Vraggeld op aankope 3 660
Huur uitgawe 13 750
Rente op lening 1 150
Skryfbehoeftes 450
Lone 4 560
519 985 519 985

Bykomende inligting
1. Hi-Tech Handelaars gebruik die periodieke voorraadstelsel.
2. Fisiese voorraadopname op 30 Junie 2017 toon die volgende voorraad op hande:
Handelsvoorraad 78 900
Skryfbehoeftes 60
3. Die eienaar het gedurende die jaar handelsvoorraad vir eie gebruik geneem ter
waarde van R1 800. Geen inskrywing is nog in die boeke gedoen nie.
4. ʼn Debiteur wie se rekening R420 beloop, moet nog as oninvorderbaar afgeskryf word.

© Akademia (MSW) Bladsy 1 van 2


5. Dit is die beleid van die entiteit om die toelaag vir kredietverliese op jaareinde
aan te suiwer tot 5% van uitstaande debiteure.
6. Nuwe masjinerie is op 1 April 2017 vir R500 000 kontant aangekoop. Die masjien
kan in totaal 1 000 000 eenhede produseer, en het tot 30 Junie 2017 slegs 2 000
eenhede geproduseer. Geen inskrywing is nog in die boeke gedoen nie.
7. Waardevermindering moet nog soos volg voorsien word:
Voertuie teen 20% p.j. op die reguitlynmetode;
Toerusting teen 10% p.j. op die verminderde-saldo metode; en
masjinerie teen die produksie-eenheid-metode.
8. Huurgeld word maandeliks betaal en bedra R1 200 per maand.
9. Rente op die langtermynlening is maandeliks betaalbaar teen ʼn koers van 15%
per jaar. Die lening is onverseker en aflosbaar in tien gelyke jaarlikse paaiemente
van R5 000 betalbaar op 30 Junie van elke jaar. Alle betalings het op tyd plaasgevind.
10. ʼn Debiteur was insolvent verklaar gedurende die huidige finansiële jaar. Hy het
R12 000 geskuld vir aankope gedurende die 2015 finansiële jaar waarvan Hi-Tech
slegs 20c in die rand ontvang het. Geen inskrywing is nog in die boeke gedoen nie.
11. ʼn Debiteur van R18 300 wat in 2016 as oninvorderbaar afgeskryf is, het sy rekening
ten volle vereffen. Die rekenmeester het die transaksie as volg te boek gestel:

Dt Kt
Bank 18 300
Debiteurekontrole 18 300
Debiteure ingevorder.

Verlang
2.1) Die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir die jaar
geëindig 30 Junie 2017 voor te berei.

2.2) Die staat van verandering in ekwiteit vir die jaar geëindig 30 Junie 2017
voor te berei.

2.3) Die staat van finansiële posisie op 30 Junie 2017 op te stel.


2.4) Die toepaslike aantekeninge vir die jaar geëindig 30 Junie 2017 te toon.

Die rekeningkundige beleid word nie verlang nie.

© Akademia (MSW) Bladsy 2 van 2

You might also like