Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

Source:

South African Law Reports, The (1947 to date)/CHRONOLOGICAL LISTING OF CASES – January 1947 to February 2024/1969/Volume 1: 153 ­ 383 (February)/S v
JOHNSON 1969 (1) SA 201 (A)

URL:
http://jutastat.juta.co.za/nxt/gateway.dll/salr/3/20941/20986/20989?f=templates$fn=default.htm

S v JOHNSON 1969 (1) SA 201 (A)


1969 (1) SA p201

Citation 1969 (1) SA 201 (A)

Court Appèlafdeling

Judge Botha AR, Wessels AR en Potgieter AR

Heard November 5, 1968

Judgment November 14, 1968

Annotations Link to Case Annotations

Flynote : Sleutelwoorde
Strafreg ­ Aanspreeklikheid van persone ­ Vrywillige dronkenskap ­ Geen verweer nie.
Headnote : Kopnota
Vrywillige dronkenskap wat nie geesteskrankheid tot gevolg het nie, is geen verweer teen 'n aanklag weens 'n wandaad gedurende sodanige
dronkenskap begaan nie.
Flynote : Sleutelwoorde
Criminal law ­ Persons, liability of ­ Voluntary drunkenness ­ Not a defence.
Headnote : Kopnota
Voluntary drunkenness which does not result in a mental disease is no defence in respect of an offence committed during such drunkenness.
Case Information
Appèl teen 'n skuldigbevinding in die Kaapse Provinsiale Afdeling (VAN ZIJL, R.). Die feite blyk uit die uitspraak van BOTHA, A.R.
C L. L. Boshoff, namens die appellant, op versoek van die Hof: Appellant was sterk onder die invloed van drank en/of dagga ten tyde van sy
arrestasie. Hy was egter stil en bedaard onmiddellik vóór die aanranding. Appellant was nie ten tyde van die aanranding, en is ook nie nou nie,
geestelik gekrenk of gebrekkig nie. Derhalwe hoef daar nie ingevolge die Wet op Geestesgebreken, 1916, opgetree te word nie, D aangesien
hierdie nie 'n geval van kranksinnige 'outomatisme' is nie. S v Mahlinga, 1967 (1) SA te bl. 417D; C. J. R. Dugard in (1967) 84 S.A.L.J. te bl. 132.
Die appellant se toestand ten tyde van die aanranding was sodanig dat hy onbewus was van wat hy gedoen het, dat hy E onwillekeurig
opgetree het in 'n toestand van outomatisme en dat hy derhalwe nie 'n willekeurige handeling in die regstegniese sin uitgevoer het nie. Indien
aanvaar word dat daar geen willekeurige handeling was nie, sou appellant onskuldig bevind gewees het, was dit nie vir die feit dat die oorsaak
van sy toestand die vrywillige inname van bedwelmende drank was nie. De Wet en Swanepoel, Suid­Afrikaanse Strafreg, 2e uitg., F bl. 47;
Gardiner & Lansdown, South African Criminal Law and Procedure, 6e uitg., Vol. 1, bl. 106; R v Schoonwinkel, 1953 (3) SA te bl. 137G; R v
Dhlamini, 1955 (1) SA te bl. 121B; R v Mkize, 1959 (2) SA te bl. 264, 265; R v Ahmed, 1959 (3) SA te bl. 780A; R v Ngang, 1960 (3) SA te bl.
366E. Die vrywillige inname van bedwelmende G drank onder die omstandighede van hierdie saak behoort nie 'n onwillekeurige handeling strafbaar
te maak nie. De Wet & Swanepoel, op. cit., bl. 107 e.v. (a) Logies gesproke behoort die oorsaak van die 'dader' se onwillekeurige optrede nie
van belang te wees nie, slegs sy toestand: R v Holliday, 1924 AD 250; R v Kemp, 1956 All E.R. 249, H met goedkeuring aangehaal in S v
Mahlinga, supra te bl. 418. (b) Die sogenaamde actio libera in causa (wat nie hier van toepassing is nie) bied voldoende beskerming teen
opsetlike dronkenskap met die doel om in dronkenskap 'n wandaad te pleeg. (c) Indien die 'dader' op grond van sy vorige gedrag onder die
invloed van drank, wel bewus daarvan moes gewees het dat hy so 'n daad mag pleeg, sal hy aanspreeklik

1969 (1) SA p202

BOTHA AR
gehou word op grond van sy nalatige inname van daardie drank. Die feit dat sy ontoerekeningsvatbaarheid veroorsaak is deur sy dronkenskap
behoort nie enige verskil aan die uitspraak te maak nie om dieselfde A redes as wat hierbo uiteengesit is. Die outoriteite teen hierdie opvatting
blyk sterk onder die invloed van die nou­verwerpte leerstellings van versari in re illicita te wees. Sien Fowlie v R., 1906 T.S. te bl. 510; R v
Bourke, 1916 T.P.D. te bl. 306, 308, 309.
C. F. van den Heever, namens die Staat: Normaalweg vir strafregtelike B aanspreeklikheid as eerste vereiste gestel word 'n handeling (actus
reus) of omissie, en die handeling of omissie moet 'n willekeurige doen of late wees. De Wet en Swanepoel, supra; R v Mkize, supra. Vgl. R v
Schoonwinkel, 1953 (3) SA 136; R v Dhlamini, 1955 (1) SA 120; R v Du Plessis, 1950 (1) SA 297; R v Ahmed, 1959 (3) SA 776. Die
gemeenregtelike skrywers is dit skynbaar eens dat dronkenskap die C persoon wat 'n wandaad pleeg, nie verskoon nie. De Wet en Swanepoel,
supra; Rex v Bourke, supra. Ons Howe het hierdie standpunt gehuldig en nagevolg in die verlede. Fowlie v Rex, supra; Rex v Bourke, supra; Rex
v Holliday, supra; Rex v Innes Grant, 1949 (1) SA te bl. 765. S v Kilian, 1964 (1) SA te bl. 190.
Boshoff, in repliek.
D Cur. adv. vult.
Postea (November 14).
Judgment
E BOTHA, A.R.: Die appellant is deur Regter VAN ZIJL in die Kaapse Afdeling aan strafbare manslag skuldig bevind en gevonnis tot
gevangenisstraf vir 'n tydperk van een jaar, wat voorwaardelik opgeskort is. Met verlof van die Hof a quo is die appellant nou in hoër beroep
teen sy skuldigbevinding.
Die feite van die saak is nie in geskil nie. Die appellant, 'n F agtienjarige nie­blanke, is op 3 November 1967 in 'n winkel in Oudtshoorn in hegtenis
geneem op 'n aanklag van dronkenskap in 'n openbare plek. Hy is na die polisie­kantore geneem en daar opgesluit in 'n sel waarin die oorledene
op 'n mat gelê en slaap het. Die oorledene, 'n 68 ­ jarige nie­blanke, is vroeër dieselfde dag, ook op 'n aanklag van dronkenskap in 'n openbare
straat, in hegtenis geneem, en in G bedoelde sel opgesluit. Die oorledene was baie dronk. Op sy eie kon hy nie staan nie, en hy kon nouliks
praat. In die sel is hy op die slaapmat neergelê, en daar het hy bly lê en in 'n diep slaap verval. Hy was nog 'in 'n diep dronk slaap' toe die
appellant ongeveer twee uur later in dieselfde sel opgesluit is. Toe die sel ongeveer 'n half­uur daarna H ondersoek is, het die oorledene nog op
© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd. Downloaded : Thu Feb 08 2024 21:20:48 GMT+0200 (South Africa Standard Time)
sy mat lê en slaap, en die appellant was op sy mat in die teenoorgestelde hoek van die sel. Hulle was die enigste twee persone in die sel. Kort
daarna is 'n hewige lawaai in die sel waargeneem. By nadere ondersoek is gevind dat die oorledene nog op dieselfde plek op sy mat gelê het,
geneem op 'n aanklag van dronkenskap in 'n openbare plek. Hy is na die polisie­kantore geneem en daar opgesluit in 'n sel waarin die oorledene
op 'n mat gelê en slaap het. Die oorledene, 'n 68 ­ jarige nie­blanke, is vroeër dieselfde dag, ook op 'n aanklag van dronkenskap in 'n openbare
straat, in hegtenis geneem, en in G bedoelde sel opgesluit. Die oorledene was baie dronk. Op sy eie kon hy nie staan nie, en hy kon nouliks
praat. In die sel is hy op die slaapmat neergelê, en daar het hy bly lê en in 'n diep slaap verval. Hy was nog 'in 'n diep dronk slaap' toe die
appellant ongeveer twee uur later in dieselfde sel opgesluit is. Toe die sel ongeveer 'n half­uur daarna H ondersoek is, het die oorledene nog op
sy mat lê en slaap, en die appellant was op sy mat in die teenoorgestelde hoek van die sel. Hulle was die enigste twee persone in die sel. Kort
daarna is 'n hewige lawaai in die sel waargeneem. By nadere ondersoek is gevind dat die oorledene nog op dieselfde plek op sy mat gelê het,
maar dat sy kop vol bloed was. Daar was ook bloed teen die muur naby die oorledene se kop, wat feitlik pap geslaan was. Die appellant het met
die wateremmer, wat in die sel met drinkwater gehou word, in sy hand gestaan. Hy was luidrugtig, het gevloek en was oproerig. Aan die emmer
was daar bloed en die onderste rand

1969 (1) SA p203

BOTHA AR
van die emmer was ingeduik. Die oorledene het kort daarna beswyk as gevolg van ernstige gesig ­ en kopbeserings.
Die afleiding dat dit die appellant is wat die oorledene met die A wateremmer doodgeslaan het, is onvermydelik, en uit die getuienis is dit duidelik
dat die oorledene, wat aan die appellant onbekend was, vanweë sy toestand nie alleen weerloos was nie, maar nie in staat was om enigsins
aanleiding te gee tot die aanslag op hom nie. Hy was in alle waarskynlikheid nog vas aan die slaap toe hy deur die appellant aangerand is.
Dit is egter ook duidelik uit die getuienis dat die appellant, ten tyde B van die aanslag op die oorledene, tot 'n gevorderde mate onder die invloed
van drank was. Na die aanranding was hy so luidrugtig en oproerig dat dit nodig was om hom in 'n ander sel te plaas en, omdat daar die gevaar
bestaan het dat hy homself sou kon beseer, voetboeie aan C hom te sit. Hy het onsamehangend gepraat en 'n wesenlose uitdrukking op sy
gesig gehad. Dit het voorgekom asof hy nie bewus was van wat om hom aangegaan het nie. Hy het 'n dowwe glans in sy oë gehad en vir
minstens een van die aanwesige polisiebeamptes het hy die voetboeie, wat vir hom te groot was, uitgeskop en teen die muur 'stapelgek'
voorgekom. In die tweede sel waarin hy geplaas is, het hy uitgeklim na die selvenster sewe D voet bokant die vloer. Om die geneesheer, wat
intussen ingeroep is, in staat te stel om 'n monster van sy bloed te neem, moes drie polisiemanne hom vashou. Volgens 'n latere ondersoek van
hierdie bloedmonster, was die persentasie alkohol in sy bloed 0.27, wat die inneem van alkohol gelyk aan minstens agt sopies brandewyn aandui.
Volgens die geneesheer E wat hom toe gesien het, was die appellant baie dronk en het hy nie geweet wat hy gedoen het nie. In 'n verklaring
wat hy die volgende dag aan die polisie gemaak het toe die aanklag aan hom gestel is, het die appellant verklaar ­ 'Ek was dronk gewees, ek
weet niks baas, ek weet niks. Baas­hulle het my mos gevang vir dronk.' Volgens die polisiebeampte, wat die verklaring afgeneem het, was dit
duidelik dat F die appellant geheel­en­al onbewus was van wat gebeur het.
Volgens die getuienis was die appellant die vorige nag van 2 ­ 3 November vanaf 12 ­ uur middernag tot 8 vm. op diens by die meule waar hy
werksaam was. Gedurende die nag het hy saam met ander werknemers daar G dagga gerook. Na hulle die volgende oggend om 9.30 vm. hul loon
ontvang het, is hulle dorp toe waar hulle eers 'n stukkie vis gekoop en geëet het. Daarna het vier van hulle 'n gelling wyn gekoop en dit gedrink.
Die appellant wou verder die dorp ingaan om 'n hoed te gaan koop. Omdat hy toe reeds onder die invloed van drank was, het sy maters hom
afgeraai, H want hulle was bevrees dat hy weens dronkenskap in hegtenis geneem sou kon word. Hy het egter gegaan, en is later in 'n
skoenwinkel in hegtenis geneem waar hy probeer het om 'n paar skoene aan te pas.
Die Hof a quo het op al die getuienis bevind dat die appellant, weens die invloed wat die drank onder die omstandighede op hom gehad het, nie
bewus was van wat in die sel aangegaan het nie, en dat, toe hy die oorledene met die emmer doodgeslaan het, hy nie 'n willekeurige handeling
verrig het nie omdat hy nie tot so 'n handeling in

1969 (1) SA p204


BOTHA AR
staat was nie, maar dat hy vanweë sy toestand, bloot meganies en soos 'n outomaat opgetree het. Met die oog op hierdie bevindings, verklaar
die A geleerde Regter, sou hy die appellant onskuldig bevind het as dit nie was vir die uitspraak van hierdie Hof in Rex v Innes Grant, 1949 (1)
SA 753 (AA), nie, waar op bl. 765 verklaar word ­
'In the present case the charge on the first count is that the appellant unlawfully caused the death of the deceased. No question of a specific intent therefore
arises and it is clear on all the authorities that, if the appellant became intoxicated of his own free will, such intoxication provides no defence (there being in this
case no question of a disease B of the mind such as delirium tremens) but it may in certain circumstances be a ground for mitigation of sentence.'

Voordat op die vraag, wat by hierdie appèl ontstaan, ingegaan word, moet gemeld word dat, luidens die mediese getuienis en die bevinding van
die Hof a quo, die inneem van die drank deur die appellant geen C geesteskrankheid by hom tot gevolg gehad het nie, maar dat hy aan tydelike
alkoholiese vergiftiging gely het tot so 'n mate dat hy nie geweet het wat hy doen nie. Die onderhawige saak is dus te onderskei van,
byvoorbeeld, dié in Rex v Holliday, 1924 AD 250, waar bevind is dat die aangeklaagde as gevolg van drankmisbruik tydelik geestelik versteurd
was toe die ten laste gelegde misdaad gepleeg is, en dat 'n D bevinding ingevolge art. 29 van Wet 38 van 1916 dus geregverdig was. (Sien ook
S v Mahlinza, 1967 (1) SA 408 (AA) op bl. 417). Voorts moet daarop gewys word dat dit nie beweer is dat die appellant se dronkenskap anders
as vrywillig was nie.
Voordat iemand weens enige doen of late strafregtelik verantwoordelik E gehou kan word, moet dit vasstaan dat (1) die doen of late 'n
willekeurige doen (commissio) of late (omissio) was; (2) die doen of late deur die reg met straf bedreig word; (3) die dader tydens die doen of
late toerekeningsvatbaar was; en (4) dat hy met die vereiste gesindheid (mens rea) gehandel het of versuim het om te handel. (Sien R v
Mkize, 1959 (2) SA 260 (N) op bl. 264, en die gewysdes daar F aangehaal). Soos opgemerk is 'n fundamentele vereiste vir strafregtelike
aanspreeklikheid 'n willekeurige doen of late, in die sin dat die dader in staat was om 'n besluit oor sy doen of late te neem. In sy Koopmans
Handboek sê van der Linden, 2.1.6.4, dat ­
'Dewyl alle misdaden moeten bestaan in ene vrye en willekeurige daad, zoo kan men daar onder niet wel rekenen de misdaden, die door slapenden of door
zogenaamde nagtwandelaars, bedreven zoude mogen worden.'

G Spierbewegings gedurende onbewustheid, wat ookal die oorsaak van die onbewustheid is, kan geen willekeurige handeling tot gevolg hê nie.
So word dus algemeen aanvaar dat iemand, wat in sy slaap 'n wandaad begaan, nie daarvoor strafregtelik aanspreeklik gehou kan word nie
omdat so 'n H daad geen willekeurige handeling kan wees nie (van der Linden, 2.1.6.4. en Moorman, Misdaden, 2.24), behalwe waar daar
voorafgaande nalatigheid (culpa) aan die kant van die dader was, soos, byvoorbeeld, waar die sogenoemde slaapwandelaar, bewus van sy
neigings, versuim om die nodige voorsorgmaatreëls te tref. (Vir ander voorbeelde sien Moorman, 2.24, en Damhouder, Practycke in Criminele
Saecken, cap. 84).
Hierdie vereiste vir strafregtelike verantwoordelikheid is meermale deur ons Howe erken. In R v Dhlamini, 1955 (1) SA 120 (T), is die beskuldigde
wat, terwyl hy na 'n nagmerrie nog half aan die slaap

1969 (1) SA p205

BOTHA AR
was, 'n ander met 'n mes doodgesteek het, aan moord of strafbare manslag onskuldig bevind, omdat
'he was acting without motive and without volition and without intention',

en
'he was reacting in a mechanical way to a dream picture which occupied A his mind'

(bl. 121). In R v Mkize, supra, het die beskuldigde tydens 'n epileptiese aanval sy suster 'n dodelike wond met 'n mes toegedien. Hy word
onskuldig bevind en wel omdat 'the accused was unconscious at the critical moment and did not act voluntarily' (bl. 265). (Sien ook R. v. B
Schoonwinkel, 1953 (3) SA 136 (K), en R v Ngang, 1960 (3) SA 363 (T)).
In die onderhawige geval was die appellant, soos die Hof a quo bevind het, in so 'n beskonke toestand weens die oormatige gebruik van drank
dat, toe hy die oorledene met die emmer doodgeslaan het, hy nie C bewustelik en dus nie willekeurig gehandel het nie. Omdat 'n fundamentele
vereiste vir strafregtelike verantwoordelikheid dus volgens bogenoemde beginsels ontbreek, sou dit moes volg dat die appellant nie vir die
doodslag van die oorledene strafregtelik aanspreeklik gehou sou kon word nie. Maar volgens ons reg blyk dit dat vrywillige dronkenskap, D wat
© 2018
nie Juta and Company (Pty)
geesteskrankheid tot Ltd. Downloaded
gevolg het nie, in die algemeen geen verweer is teen : Thu
'n aanklag Feb 08'n2024
weens 21:20:48
wandaad GMT+0200sodanige
gedurende (South Africa Standard Time)
dronkenskap
begaan nie. Die reël sou dan slegs daaraan onderhewig wees dat, in die geval van 'n misdaad waarvoor 'n bepaalde opset 'n vereiste is, soos
Schoonwinkel, 1953 (3) SA 136 (K), en R v Ngang, 1960 (3) SA 363 (T)).
In die onderhawige geval was die appellant, soos die Hof a quo bevind het, in so 'n beskonke toestand weens die oormatige gebruik van drank
dat, toe hy die oorledene met die emmer doodgeslaan het, hy nie C bewustelik en dus nie willekeurig gehandel het nie. Omdat 'n fundamentele
vereiste vir strafregtelike verantwoordelikheid dus volgens bogenoemde beginsels ontbreek, sou dit moes volg dat die appellant nie vir die
doodslag van die oorledene strafregtelik aanspreeklik gehou sou kon word nie. Maar volgens ons reg blyk dit dat vrywillige dronkenskap, D wat
nie geesteskrankheid tot gevolg het nie, in die algemeen geen verweer is teen 'n aanklag weens 'n wandaad gedurende sodanige dronkenskap
begaan nie. Die reël sou dan slegs daaraan onderhewig wees dat, in die geval van 'n misdaad waarvoor 'n bepaalde opset 'n vereiste is, soos
moord, op dronkenskap gesteun kan word om die aanwesigheid van daardie bepaalde opset te weerlê, en dat dronkenskap in gepaste E
omstandighede strafversagtend kan wees. Onvrywillige dronkenskap, as 'n gevolg waarvan 'n dader onbewustelik handel, bied daarenteen steeds
'n verskoning vir enige wandaad gedurende daardie toestand gepleeg. (Rex v Innes Grant, supra op bl. 765; Rex v Ngobese, 1936 AD 296;
Fowlie v Rex, 1906 T.S. 505; Rex v Bourke, 1916 T.P.D. 303; Rex v Holliday, 1924 AD 250; Rex v Taylor, 1949 (4) SA 702 (AA)).
F Die 'specific intent' teorie wat Regter WESSELS in Fowlie se saak in navolging van die Engelse reg aanvaar het, het hy daarna in Bourke se
saak weer verwerp. In Innes Grant se saak is dit egter weer opgehaal, ofskoon slegs in 'n obiter dictum.
G Daar is verskillende grade van dronkenskap, en teen 'n stelling dat gewone dronkenskap, bloot as sulks en sonder meer, geen verskoning vir 'n
misdaad bied nie, maar hoogstens strafversagtend kan wees, sou op geen grond enige beswaar ingebring kon word nie. Die aanvaarde reël dat
vrywillige dronkenskap geen verweer is nie teen 'n aanklag weens 'n H wandaad in dronkenskap begaan, gaan, soos ek dit verstaan, egter
heelwat verder as dit, en beteken eintlik ook dat geen toestand, soos byvoorbeeld onbewustheid, wat die vrywillige misbruik van drank by 'n
aangeklaagde tot gevolg het (behalwe slegs geesteskrankheid) en wat, indien dit uit 'n ander oorsaak as die vrywillige misbruik van drank sou
ontstaan het, voldoende verskoning vir 'n wandaad sou gebied het, as verskoning vir 'n misdaad aangevoer kan word nie, behalwe slegs as grond
vir strafversagting. Aldus gesien, blyk die reël op logiese en beginselsgronde nie onaanvegbaar te wees nie. Ook het

1969 (1) SA p206

BOTHA AR
dit reeds heftige kritiek uitgelok (sien bv. de Wet en Swanepoel, Strafreg, 2de uitg., bl. 107 e.v.). Indien appellant se onvermoë om in die
onderhawige geval 'n willekeurige daad te pleeg aan 'n ander oorsaak A as die oormatige gebruik van drank of verdowingsmiddels te wyte was,
sou daar geen twyfel oor sy onskuld kon bestaan het nie. As iemand nie in staat is om 'n willekeurige handeling te verrig nie, hetsy as gevolg
van die feit dat hy aan die slaap is of die slagoffer van 'n epileptiese aanval is, of hetsy as gevolg van vrywillige drankmisbruik, kan hy B
eenvoudig nie handel nie. Nou kan die vraag wel ontstaan waarom hy in die geval, waar sy onvermoë uit vrywillige drankmisbruik ontstaan het,
tog strafregtelik aanspreeklik gehou moet word vir 'n wandaad in daardie toestand begaan, asof hy wel gehandel het en in staat was om te
handel, en hoe dit met die oog op erkende regsbeginsels te regverdig is, veral as in gedagte gehou word dat as sy onvermoë uit onvrywillige C
drankmisbruik sou ontstaan het, hy vry sou uitgegaan het omdat hy dan geen skuld sou gehad het nie.
Vir die stelling, soos hierbo uiteengesit, dat vrywillige dronkenskap, wat geen geesteskrankheid tot gevolg het nie, geen verskoning vir 'n
misdaad bied nie, maar dat dit in gepaste omstandighede hoogstens D strafversagtend kan wees, verwys Appèlregter CENTLIVRES in Innes
Grant se saak op bl. 765 na Fowlie v Rex, supra; Rex v Bourke, supra en Rex v Ngobese, supra. In laasgenoemde sake word vir die stelling
hoofsaaklik op ons ou skrywers gesteun.
In Fowlie se saak verklaar Regter WESSELS, met 'n beroep op Matthaeus, De Criminibus, bl. 33, dat dronkenskap geen verskoning vir 'n misdaad
E bied nie, maar dat dit strafversagtend kan wees. Die beskuldigde in daardie saak was, volgens die Hof se bevinding, nie so dronk dat hy nie
geweet het wat hy doen nie. Sy graad van dronkenskap kon dus in iedere geval geen verskoning vir sy misdaad ­ saakbeskadiging ­ gebied het
nie. Hy word dan ook skuldig bevind maar, omdat hy nietemin onder F die invloed van drank was, en dus blykbaar op grond van verminderde
toerekeningsvatbaarheid, tegemoetkomend gestraf.
In Bourke se saak (op bl. 307) lei Regter WESSELS die volgende vier algemene beginsels af uit ons gemeenregtelike bronne met betrekking tot
die invloed van drank op 'n misdadiger ­
G 1. As algemene reël bied vrywillige dronkenskap geen verskoning vir 'n misdaad nie, ofskoon dit in gepaste omstandighede
strafversagtend kan wees;
2. Waar die dronkenskap nie vrywillig is nie, en is die aangeklaagde willoos dronk en onbewus van wat hy doen, is hy nie strafregtelik
aanspreeklik vir enige misdaad in daardie toestand gepleeg nie;
H 3. Waar die dronkenskap geesteskrankheid tot gevolg het, is die dader nie strafregtelik aanspreeklik nie, maar kan tot kranksinnige
verklaar word. (Sien Rex v Holliday, supra); en
4. Waar 'n bepaalde opset vir die in dronkenskap gepleegde misdaad 'n vereiste is, soos in die geval van moord, kan die dronkenskap dit
na 'n minder ernstige misdaad verminder.
Hierdie algemene beginsels word op bl. 306 e.v. soos volg gemotiveer:
'If we admit the proposition that absolute drunkenness must be regarded as equivalent to insanity, we are logically driven to the conclusion that absolute

1969 (1) SA p207

BOTHA AR
drunkenness excuses a person from crime. Is it true that absolute drunkenness is equivalent to insanity? I submit not. The essential difference between a
drunken person and one who is insane is that the former as a rule voluntarily induces his condition, whilst the latter is, as a rule, the victim of disease. It is
therefore not unreasonable to consider that the person who voluntarily becomes drunk is responsible for all such acts as flow from his having taken an excess A
of liquor. It may conflict with our doctrine that a man who does an act when unconscious does so without mens rea, but, according to our law, logic has here to
give way to expediency, because, in practice, to allow drunkenness to be pleaded as an excuse would lead to a state of affairs repulsive to the community. It
would follow that the regular drunkard would be more immune from punishment than the sober man. This was in the mind of Damhouder when he said that
drunkenness does not excuse because B otherwise men would plead their own wrongdoing in excuse for their crimes. (Chap. 86; sec. 17). Our authorities agree
through several centuries that drunkenness cannot be pleaded as an excuse. Damhouder, one of the oldest, in his Practice Rerum Criminalium, deals with this
question at Chap. 59, sec. 7, and Chap. 86, secs. 16 et seq. He says: 'It must be remembered that drunkenness does not entirely excuse a person from the
crime that he has committed. It excuses him to a certain degree. In other words it mitigates the punishment but it does not excuse the crime.' He goes on to say
that, before the time of Charles V C it was common to excuse men if they had committed a crime in a fit of drunkenness. The barons and other nobles, in their
drunken brawls, used to kill one another, in very much the same way as kaffirs do here on the occasion of a beer drink. Charles v found that homicide was on
the increase throughout the country, and he therefore passed a statute that in future, if a homicide was committed by a man whilst in a state of drunkenness, he
should be punished, first of all for having been drunk, and, after that, for having committed the homicide. Damhouder also points out that if a man has been
made drunk by another so that it is D not his own voluntary act, he cannot be said to have intended any crime committed by him whilst in this state and
therefore he cannot be regarded as guilty of the crime. Carpzovius, Prax. Crim. 146 Note 39, discusses the same question and also comes to the conclusion that
drunkenness is no excuse for the crime. He quotes a number of cases where it is clear that the culprits were punished for having committed the crime, but the
fact was taken into account that they were drunk at the time, and, instead of a severe penalty being imposed, they were E subjected to one of a milder nature.
Matthaeus, De Criminibus, pp. 33 and 887, lays down the same principle. We also find it in van der Linden, Institutes of Holland, 179, and in the authority quoted
by him, Von Quistorp, Vol. 1, 44. Moorman, Over Misdaden, 20, says the same thing. It appears therefore that the opinion of our Roman Dutch authorities is
unanimous that drunkenness in itself is not an excuse for the crime.'

F Regter WESSELS moet toegee dat die reël dat dronkenskap wat onbewustheid tot gevolg het in die algemeen geen verskoning vir 'n misdaad
bied nie, onlogies is, maar wys daarop dat volgens ons reg logika hier vir dienstigheid moet plek maak. 'n Mate van regverdiging vir die reël vind
hy in die oorweging dat dit nie onredelik is dat iemand strafregtelik aanspreeklik behoort te wees vir alle gevolge wat uit sy oormatige G gebruik
van drank vloei nie. Die alternatief sou onaanvaarbaar wees, nl. dat 'n willose dronke toegelaat sou moes word om hom te beroep juis op sy
toestand wat tot die misdaad aanleiding gegee het, en wat hyself deur sy afkeurenswaardige drankmisbruik veroorsaak het. Derglike oorwegings
vind ons by ons ou skrywers.
Van der Linden, Koopmans Handboek, 2.1.5.9, verklaar dat ­
H 'De dronkenschap reeds op zich zelven eene wandaad, ja zelfs ten aanzien van krygslieden strafbaar zynde, zoo is dezelve naar hunnen aart geen
voldoende reden van verschoning . . . Heeft de dronkenschap, schoon vrywillig op den hals gehaald zynde eene geheele zinneloosheid teweeg gebracht, is er
geen blyk van een voorafgenomen voornemen om te misdryven . . . zoo kunnen er somtyds reedenen tot verzagting van straf zyn.'

(Sien ook Von Quistorp, Peinlichen Rechts, 42 ­ 44).


Voet, 47.10.1, sê dat ofskoon daar nie veel verskil is tussen 'n bedrinkte en 'n kranksinnige of iemand wat sy verstand kwyt is nie, of
© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd. Downloaded : Thu Feb 08 2024 21:20:48 GMT+0200 (South Africa Standard Time)
1969 (1) SA p208
voldoende reden van verschoning . . . Heeft de dronkenschap, schoon vrywillig op den hals gehaald zynde eene geheele zinneloosheid teweeg gebracht, is er
geen blyk van een voorafgenomen voornemen om te misdryven . . . zoo kunnen er somtyds reedenen tot verzagting van straf zyn.'

(Sien ook Von Quistorp, Peinlichen Rechts, 42 ­ 44).


Voet, 47.10.1, sê dat ofskoon daar nie veel verskil is tussen 'n bedrinkte en 'n kranksinnige of iemand wat sy verstand kwyt is nie, of

1969 (1) SA p208

BOTHA AR
'n slapende, is so 'n bedrinkte tog nie van blaam onthef nie want hy het toegelaat dat hy dronk word. Hy verwys goedkeurend na Dig.,
48.19.11.2; 49.16.6.7; en 48.3.12 waarvolgens dronkenskap in die Romeinse reg geen A verskoning vir 'n misdaad gebied het nie, maar
strafversagtende werking gehad het.
Leyser, Meditationes Ad Pandectas, IX Sp. 599 op bl. 332, sê dat slegs waar die volgende drie vereistes aanwesig is, kan vir 'n misdaad in
dronkenskap gepleeg, ligter gestraf word, en dan ook nie veel ligter nie, nl. (1) dat die dronkenskap nie met bose opset teweeggebring is B nie;
(2) dat dit na oordeel van die Hof van die uiterste graad was, en (3) dat na die dronkenskap berou gevolg het.
Moorman, Misdaden, 2.25 et seq., sê dat dronkenskap 'n 'vrywillige ontzinnigheidt' is, en dat die 'ontzinnigheidt' wat uit dronkenskap ontstaan,
dus van die 'ontzinnigheidt' van, byvoorbeeld kranksinniges of C slapendes, onderskei moet word. Hy verwys na 'n aanhaling deur Matthaeus, De
Criminibus uit Aristoteles, dat wanneer iemand in onkunde misdoen, hy dit nie vrywillig doen nie, en dus geen misdaad begaan nie, maar waar hy
self die oorsaak van sy onkunde is, soos in die geval van 'n bedrinkte, en in daardie onkunde misdoen, hy daarvoor aanspreeklik D is. Ofskoon hy
dus toegee dat by iemand, wat in dronkenskap 'n misdaad pleeg, die kwade wil ontbreek, sê hy dat so iemand nogtans aan die misdaad skuldig is
en daarvoor strafbaar is, omdat dronkenskap op sigself verkeerd is. Moorman maak 'n onderskeid tussen die gewoonte­drinker of dronkaard
(ebriosus) en die persoon wat gewoonlik matig lewe maar hom op 'n enkele keer vergryp en dronk word (ebrius). E Laasgenoemde, sê hy, word
ligter gestraf as die ebriosus. Met ander woorde, hoe afkeurenswaardiger die dronkenskap, hoe swaarder die straf vir die ten laste gelegde
misdaad. 'n Misdaad wat gepleeg word in smoordronkenskap, d.w.s. waardeur die dader die gebruik van sy verstand, en gevolglik ook van sy wil,
kwyt is, word ligter gestraf.
F Matthaeus, De Criminibus, bl. 33, sê ook dat dronkenskap geen verskoning bied vir 'n wandaad wat in dronkenskap gepleeg word nie, maar
dat dit die straf kan versag. Ook hy maak 'n onderskeid tussen die ebriosus en die ebrius wat die straf betref, en sê dat dronk mense nie geheel­
en­al met kinders of kranksinniges vergelyk kan word nie, G aangesien die oorsaak van hul toestand van onkunde by hulself te vinde is.
Carpzovius, Misdaden (van Hoogendorp se vertaling, hfst. 138), sê dat iemand
'door onmatige dronkenschap oorvervallen op geen arglistige w˜ze misdoet'

en vergelyk so iemand met 'n


'dollen en uytzinnigen die geene wil heeft . . . want het is eene H waarheyd dat dronkenschap zowel als dolheyd eene vervreemding des verstands invoert'.

(para. VI). Maar in para. VII sê hy dat dit egter seker is


'dat dronkenschap, hoezeer onmatig zynde, den daader geensins van allestraffe t'eenemaal bevrydt, maar hem slechts tot zo verre verschoont, dat hy op een
buytengewoone wyze wat ligter of zachter gestraft worde; vooral, dewyl de dronkenschap, zo die onmaatig zy, in de misdaad wel arglist, maar geene schuld
wegneemt. Want, hoezeer een dronkaart schyne arglist te ontbeeren, is hy echter niet buyten schuld, welke den gevalle voorafging: en, omdat hy aan eene
ongeoorloofde zaake gewerkt heeft, niet vermydende, gelyk behoorlyk was, de onmaatige dronkenschap, dew˜l hy niet most onbewust zyn, dat door de
dronkenschap enig quaad door hem stond gepleegd te worden, is hy gewisselyk om

1969 (1) SA p209

BOTHA AR
deeze zelve dronkenschap, ten minsten op eene buytengewone wyze . . . naar mate zyner schuld, strafbaar . . . En dus word een dronkaard niet zo zeer om
de misdaad, als wel om de dronkenschap beteugeld . . .'

(ek kursiveer). Hierdie uitlating van Carpzovius word deur J. van Leeuwen met goedkeuring aangehaal in sy aantekeninge op die Nederlandse A
vertaling van Matthaeus, De Criminibus, 2.14, waar hy op bl. 76 sê dat­
'Maar niemand denke dat dezulken na, wien, gene van de genoemde vereischtens tegenstaande, om zulk eene smoordronkenschap eenige verschoning kan
toegestaan worden, geheel en al van alle straffe zouden moeten bevrÿd worden: want, alschoon het kwaad opzet en de arglist, in eene bedreve misdaad, door
de dronkenschap, wel weggenomen wordt, zoo B blÿft er nogtans de schuld in, terwyl de zodanige aan een ongeoorloofde daad gewerkt heeft, niet vermydende
de onmatige dronkenschap, waar door hy tot de misdaad vervallen is: en dus moet h˜, naar mate zynen schuld, en 's Regters willekeur, op eene buitengewone
wyze gestraft worden: waaromtrent het alle DD aldus gevoelende, eens zy[ac]n.'

Damhouder, Pracktycke in Criminele Saecken, is nie baie duidelik nie. In Chap. 59.7, sê hy dat net soos diegene wat in hul slaap misdoen terwyl
C hulle nie weet wat hulle doen nie, so ook word van hul misdade verskoon

'dronckaerts van groote dronckenschap ten waer dat hy hem selven doleuselyck droncken ghemaeckt hadde'.

In Chap. 84.12 sê hy dat dronkaards 'excuseeren' word van doodslag begaan terwyl hulle so van drank oorweldig was dat hulle nie geweet het
D wat hulle doen nie, mits hulle hulself nie dronk gemaak het juis met die doel om 'n ander in dronkenskap te dood nie, die actio libera in causa.
Maar dan sê hy dat sodanige dronkenskap darem nie geheel en al verskoon nie, maar slegs van die dood waarmee andersins gestraf sou moes
word. Waar die dronkenskap die dader nie van sy sinne beroof het nie, is E hy ten volle strafbaar. Dan verwys hy na 'n plakkaat van 1531 van
Keiser Karel wat, omdat soveel doodslae uit dronkenskap ontstaan het, by daardie plakkaat alle dronkenskap en alle kwaad wat daaruit spruit,
strafbaar gemaak het.
Twee plakkate is in 1531 en 1545 onderskeidelik deur Keiser Karel afgekondig. Eersgenoemde plakkaat het bepaal dat, met die oog op die F groot
aantal doodslae en aanrandings deur dronkaards en met die oog daarop dat die strawwe daarvoor te sag is, die Keiser beveel
'dat men denzelven sal doen straffen ter cause van syn dronkenschap ende daarna uyt oorsake van den dootslagh of ander quaet feit by hem ghecommiteerd'

(Wassenaar, Praxis Judiciaria, 29.44). In die plakkaat van 1545 is bepaal dat met die oog op die groot aantal doodslae wat deur dronkaards in die
'tavernen' en 'cabaretten' gepleeg word, die verlening van G 'remissie van doodslagen, ghecommiteert inde kermissen van den steden ende
dorpen te weten die gebeuren sullen op den kermis dach ende binnen de drie naest volgende dagen,' asook vir doodslae in 'tavernen' en
'cabaretten' gepleeg, verbied word. (Groot Placaetboek, 1. 383).
H Van Zurck, Codex Batavus ­ die van der Schelling uitgawe, beroep hom bloot op die plakkaat van 1531 vir die stelling dat 'n misdaad in
dronkenskap gepleeg nie daardeur verskoon word nie, maar swaarder gestraf word (bl. 331), maar in N. 2 sê van der Schelling dat iemand wat
smoor ­ of immodice dronk is en manslag pleeg, volgens baie geleerdes, van die gewone straf vrygestel is. Op bl. 316 sê van Zurck d a t
'dronkenschap dient voor geen excuse', en verwys na die plakkaat van 1545.
Van Leeuwen, Romeins­Hollandse Recht, sê dat 'overstallige

1969 (1) SA p210

BOTHA AR
dronkenschap verschoont yemand van gemene misdaad' maar nie van 'grove, als van dooden, questsen, of diergelycke' (4.32.5). Later sê hy (in
4.34.8) dat
'overstallige dronkenschap plagt yemand van een quaad opset, en van de gemene straffen te verschoonen',

A maar dan sê hy dat dit nie meer geld nie, en word


'het oude spreekwoord plaats gegeven: Dat men dronken doet, moet men nugtren boeten'.

Daarvoor verwys hy onder meer na die plakkate van 1531 en 1545.


Van ons ou skrywers blyk dit slegs van Leeuwen, Romeins­Hollandse Recht, B t.a.p., van Zurck, Cod. Batavus, bl. 316, 331 en Groenewegen De
Legibus Abrogatis, ad D. 49.16.6.7, te wees wat aan die plakkate van 1531 en 1545 volle krag toeskryf. (Groenewegen noem egter nie die
plakkaat van 1545 nie). Damhouder verwys ook slegs na die plakkaat van 1531. Moorman, Misdaden, 2.28, noem weer slegs die plakkaat van
1545, maar beweer dat C in die praktyk daar geen gevolg aan gegee is nie. (Sien ook N. 1 van van der Schelling op bl. 331 van van Zurck,
Codex Batavus). Dit is egter nie heeltemal juis nie, want 'n geval waar daar wel gevolg aan die plakkate gegee is, word in Hollandsche
© 2018 Juta and Company
Consultatien, (Pty)
IV Cons. 292Ltd.­ 294, genoem. Dit was in 1651. Meer juis is ditDownloaded
miskien om: te
Thubeweer,
Feb 08 2024 21:20:48 GMT+0200 (South Africa Standard Time)
D soos Wassenaar, Praxis Judiciaria, 29.44,
doen, dat daar wel in sommige gevalle gevolg aan die plakkate gegee is. Ander skrywers, soos Voet, noem die plakkate glad nie. Hoe dit ookal
Van ons ou skrywers blyk dit slegs van Leeuwen, Romeins­Hollandse Recht, B t.a.p., van Zurck, Cod. Batavus, bl. 316, 331 en Groenewegen De
Legibus Abrogatis, ad D. 49.16.6.7, te wees wat aan die plakkate van 1531 en 1545 volle krag toeskryf. (Groenewegen noem egter nie die
plakkaat van 1545 nie). Damhouder verwys ook slegs na die plakkaat van 1531. Moorman, Misdaden, 2.28, noem weer slegs die plakkaat van
1545, maar beweer dat C in die praktyk daar geen gevolg aan gegee is nie. (Sien ook N. 1 van van der Schelling op bl. 331 van van Zurck,
Codex Batavus). Dit is egter nie heeltemal juis nie, want 'n geval waar daar wel gevolg aan die plakkate gegee is, word in Hollandsche
Consultatien, IV Cons. 292 ­ 294, genoem. Dit was in 1651. Meer juis is dit miskien om te beweer, D soos Wassenaar, Praxis Judiciaria, 29.44,
doen, dat daar wel in sommige gevalle gevolg aan die plakkate gegee is. Ander skrywers, soos Voet, noem die plakkate glad nie. Hoe dit ookal
sy, die reël, wat byna al die ou skrywers noem, dat dronkenskap in gepaste omstandighede 'n strafversagtende uitwerking kan hê, is met die
bepalings van die plakkate onbestaanbaar. (Sien ook J. van Leeuwen se aantekeninge op E Matthaeus, De Criminibus, 2.14 op bl. 72, e.v.). In
ons reg is die plakkate, sover vasgestel kan word, nooit toegepas nie, en die uitspraak in Fowlie se saak, waar tegemoetkomend gestraf is
omdat die aangeklaagde onder die invloed van drank was, en ook die uitspraak in Bourke se saak met betrekking tot die straf van 'n
aangeklaagde wat in dronkenskap F misdoen het, is met die bepalings van die plakkate in stryd. (Sien ook die hierbo aangehaalde uitlating in
Innes Grant se saak). Art. 350 van Wet 56 van 1955 bepaal dat die omstandigheid dat iemand 'n misdryf onder die invloed van drank gepleeg
het, as 'n strafverswarende omstandigheid beskou kan word. Hierdie artikel is met die bepalings van die plakkate onbestaanbaar, en sou in iedere
geval oorbodig gewees het indien die G plakkate nog as deel van ons reg gegeld het. Dit wil dus voorkom asof die plakkate nooit deel van ons
reg uitgemaak het nie, en as hulle wel deel daarvan uitgemaak het, hulle deur onbruik verval het. By oorweging van die vraag voor hierdie Hof,
kan hulle dus buite rekening gelaat word.
H Uit wat ons ou skrywers soos van der Linden, Voet, Moorman, Matthaeus, Carpzovius, Damhouder en J. van Leeuwen sê, is dit duidelik dat
vrywillige dronkenskap geen verskoning vir 'n wandaad was nie, maar dat dit hoogstens strafversagtende werking gehad het. Hier bedoel ek so 'n
graad van dronkenskap dat die dader willoos en onbewus was van wat hy doen, en dat toe hy die daad gepleeg het, hy nie in staat was om 'n
willekeurige handeling te verrig nie, of nie toerekeningsvatbaar was nie. Gewone dronkenskap, wat so 'n toestand nie tot gevolg gehad het nie,
het geen strafversagtende werking gehad nie, maar in ons reg, soos blyk uit Fowlie en Bourke se sake, word

1969 (1) SA p211

BOTHA AR
ook tegemoetkomend gestraf waar gewone dronkenskap verminderde toerekeningsvatbaarheid tot gevolg gehad het. Onvrywillige dronkenskap
was, daarenteen, volgens ons ou skrywers, 'n geldige verweer indien die dronkenskap van so 'n graad was dat die dader willoos en onbewus was
van A wat hy doen, en hy dus nie in staat was om 'n willekeurige handeling te verrig nie, of nie toerekeningsvatbaar was nie, omdat hy dan
sonder skuld was. Omdat vrywillige dronkenskap, wat onbewustheid by die dader tot gevolg gehad het, strafversagtende werking gehad het,
beteken dit in ons reg en in ons regsterminologie dat sodanige dronkenskap 'n geldige B verweer teen moord is, maar nie teen strafbare manslag
nie (Rex v Taylor, supra), en wel omdat, soos Carpzovius en J. van Leeuwen, onder meer, dit stel, die dader nie sonder skuld is nie, hoewel
arglis of opset om te misdoen, ontbreek. Skuld ten aansien van die wandaad in dronkenskap gepleeg, was daarin geleë dat die dader, toe hy nog
nugter was, hom op onbehoorlike wyse aan oormatige drankmisbruik skuldig gemaak C het terwyl hy nie onbewus moes gewees het dat die
dronkenskap op die pleging van 'n wandaad kon uitloop nie. Sy skuld het dus ontstaan, nie toe die wandaad gepleeg is nie, maar toe hy hom,
terwyl hy nog nugter was, op onbehoorlike wyse aan drankmisbruik skuldig gemaak het wat op D willoosheid en die pleging van die wandaad
uitgeloop het. Iemand wat 'n wandaad in dronkenskap gepleeg het, was dus nie gestraf omdat hy, ondanks sy onbewustheid, 'n willekeurige
daad verrig het en toerekeningsvatbaar was nie, maar omdat hy, toe hy nog tot 'n willekeurige handeling in staat was en toerekeningsvatbaar
was, hom op onbehoorlike wyse aan drankmisbruik skuldig gemaak het en hom in 'n toestand geplaas het wat op die pleging van die wandaad
uitgeloop het. E Daarom dat die dader in die geval van 'n wandaad in onvrywillige dronkenskap begaan, sonder skuld sou wees.
Die persoon wat homself willoos dronk gedrink het juis met die doel om in sy dronkenskap 'n misdaad te pleeg (die sg. actio libera in causa) F
was, volgens ons ou skrywers, aan die gepleegde misdaad skuldig en op geen strafvermindering geregtig nie. Sy skuld ten aansien van die
misdaad het ontstaan, nie toe hy die wandaad begaan het nie ­ hy was toe ontoerekeningsvatbaar of nie tot 'n willekeurige handeling in staat
nie ­ maar toe hy, in sy nugtere toestand, hom met die vooropgestelde doel, willoos dronk gedrink het en daardeur 'n reeks handelinge aan
die G gang gesit het wat op die pleging van die beplande misdaad uitgeloop het. Die persoon wat hom sonder so 'n vooropgestelde doel
vrywilliglik willoos dronk gedrink het en 'n wandaad in daardie toestand begaan het, is ligter gestraf, na mate van sy skuld, omdat hy, ofskoon
hy sonder arglis of opset misdoen het, tog nie sonder skuld was nie, veral waar H hy, in die bepaalde omstandighede, die pleging van die
misdaad in sy willoosheid as 'n redelike moontlikheid kon en moes voorsien het (vgl. Von Quistorp, 1.44). Soos in die geval van die actio libera
in causa, het so iemand se skuld ten aansien van die gepleegde misdaad ontstaan, nie toe hy die wandaad begaan het nie, maar toe hy homself
willoos dronk gedrink het en daardeur die reeks handelinge aan die gang gesit het wat op die pleging van die misdaad uitgeloop het. Die hele
aangeleentheid, wat met die drankmisbruik 'n aanvang geneem en met die pleging van die wandaad, waarop die

1969 (1) SA p212

BOTHA AR
drankmisbruik uitgeloop het, geëindig het, is klaarblyklik by die bepaling van die skuld en straf van die dader as 'n geheel gesien. Die een is nie
van die ander afgesonder nie. So het die reël dat vrywillige A dronkenskap geen verskoning vir 'n misdaad bied nie, sy bestaansreg binne die
raamwerk van die erkende vereistes vir strafregtelike aanspreeklikheid gekry. Daardie vereistes is nie ten opsigte van die pleging van 'n wandaad
in willose dronkenskap buite rekening gelaat nie, maar die skuld van die dader is ooreenkomstig daardie vereistes bepaal, ofskoon met betrekking
eerder tot die drankmisbruik wat op die pleging van die wandaad uitgeloop het, as met betrekking tot die wandaad self. B So is die reël as deel
van ons strafreg deur ons Howe aanvaar.
Dit is waar, soos Carpzovius ook tereg toegee, dat die dronkaard dus nie soseer vir die misdaad, wat hy in dronkenskap gepleeg het, as vir die
dronkenskap self, gestraf word nie. Die afkeurenswaardigheid van die C drankmisbruik word as 't ware op die wandaad, wat in dronkenskap
begaan word, geprojekteer, en die skuld van die dader ten aansien van daardie wandaad, op die afkeurenswaardigheid van sy drankmisbruik, wat
tot die wandaad aanleiding gegee het, gebaseer. So 'n motivering is klaarblyklik analogies aan die leerstuk van versari in re illicita waarvolgens
iemand, wat hom met 'n onwettige bedrywigheid besig hou, strafregtelik D aanspreeklik sou wees vir al die gevolge van daardie onwettige
bedrywigheid, afgesien van so iemand se gesindheid ten opsigte van daardie gevolge. Hierdie Hof het egter in S v Van der Mescht, 1962 (1) SA
521 (AA) en in S v Bernardus, 1965 (3) SA 287 (AA), die leerstuk van versari in re illicita as deel van ons geldende reg E verwerp. Ons het in 'n
saak soos die onderhawige, egter, nie met 'n egte versari in re illicita te doen nie, want ofskoon afkeurenswaardig, is en was oormatige misbruik
van drank geen regtens ongeoorloofde bedrywigheid nie (sien Moorman, Misdaden, 2.27), en in iedere geval is die gewraakte wandaad 'n gevolg,
eerder van die toestand wat die misbruik van drank by die dader tot gevolg gehad het, as van die blote misbruik self van drank.
F Die reël dat in ons reg dronkenskap nie as verweer teen 'n aanklag, weens 'n wandaad in dronkenskap gepleeg, aangevoer kan word nie, is
dus nie buite verband met die erkende vereistes vir strafregtelike aanspreeklikheid nie, maar is daarby aangepas. Daar bestaan gevolglik G geen
afdoende redes waarom daar nou van 'n lank in ons reg en gebruik gevestigde reël afgewyk moet word nie.
Die appèl word bygevolg afgewys.
WESSELS, A.R., en POTGIETER, A.R., het saamgestem.

© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd. Downloaded : Thu Feb 08 2024 21:20:48 GMT+0200 (South Africa Standard Time)

You might also like