Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

13 Februarie 2024

Geagte Ouers

SKOOLBEHEERLIGGAAMVERKIESING 2024: NOMINASIES

Ons skoolbeheerliggaamverkiesing vind Donderdag 14 Maart 2024 vanaf 07:00 -18:00 elektronies plaas.
● Sien meegaande Kennisgewing
L.W. Die skoolhoof van Laerskool La Rochelle is deur die WKOD as ons skool se verkiesingsbeampte
aangewys en mev L. Olivier se naam sal dus onderaan die kennisgewing verskyn.

Ons skool moet vyf (5) ouers, twee (2) opvoeders en een (1) nie-opvoeder verkies om in die
Skoolbeheerliggaam saam met die skoolhoof te dien.

Hiermee word ouers wat graag op hierdie gebied ‘n bydrae wil maak, deur op die beheerliggaam te dien,
versoek om die skoolhoof of die skoolkantoor te kontak, asook vir enige navrae of meer inligting.

U word ook versoek om ouers wat graag ‘n bydrae op hierdie gebied tot die skool wil maak, te benoem deur
die meegaande benoemingsvorm te voltooi en die skoolhoof of die skoolkantoor te kontak vir enige navrae
of meer inligting.

Ons skoolbeheerliggaam het die volgende portefeuljes:

▶Regsaspekte ▶Finansies ▶Bemarking en Fondse


▶Akademie ▶Sport ▶Kultuur
▶Nasorg ▶Geboue en Terrein ▶Veiligheid en Sekuriteit

Enige kundigheid en bydrae tot voordeel van die skool sal verwelkom word. Dit sal hoog op prys gestel
word indien u u verkiesbaar kan stel.

Skoolbeheer in Suid-Afrika is taamlik uniek in die opsig dat ouers regswetlik meer inspraak het in die onderwys
van hulle kinders as in verreweg die meeste wêreldlande.

Ouers het onvervreembare reg op keuse van die vorm van onderwys wat vir hulle kinders die beste is, veral
in die vroeë jare van skoolonderwys. Die ouers se reg om te kies omvat die keuse van die taal en die kulturele
of godsdienstige grondslag van die kind se onderwys, met inagneming van die regte van ander en die
groeiende kind se reg om te kies.

Hierdie beginsel is uiteindelik in die Suid-Afrikaanse Skolewet opgeneem. Op hierdie wyse het ouers dus
wesenlike inspraak in die sake van die skool. Dit is ‘n baie verantwoordelike taak wat kundigheid, toewyding
en geesdrif verg.

Vriendelike groete

André Verhoog
Skoolhoof
SKOOLHOOFSKRYWE 2 SBL VERKIESING / 2024

You might also like