Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

` VISUELE GELETTERDHEID

SPOTPRENTE / STROKIESPRENTE / ADVERTENSIES


WOORDESKAT:
Spraakborrel = speech bubble
Denkborrel = thought bubble
Raampie = frame
Gesigsuitdrukking = facial expression
Liggaamstaal / lyftaal = body language
Bewegingslyne = movement lines
Gebare = gestures
Handbewegings = hand movements
Oogbewegings = eye movements

SPOTPRENTE / STROKIESPRENTE:
1. Gee visuele leidrade / nie-verbale leidrade dat die persoon GELUKKIG /
VROLIK / OPGEWONDE is:
 Hy lag / glimlag.
 Sy mondhoeke wys op.
 Sy mond is oop, want hy lag.
 Hy spring in die lug.
 Sy arms is in die lug. Hy waai sy arms.
 Hy klap sy hande.
 Hy sing. (Daar is musieknote)
 Hy dans. (Sy bene beweeg op
en af)
bewegingslyne
glimlag

2. Gee visuele leidrade / nie-verbale leidrade dat die persoon


ONGELUKKIG / HARTSEER is:
 Hy frons (frown)
 Sy mondhoeke wys af.
 Sy oë is bymekaar getrek.
 Sy skouers hang.
 Hy sit met sy kop in sy
hande.
 Hy kyk af.
 Hy huil.
 Daar is trane (tears) in sy oë / op sy wange.

1
3. Gee visuele leidrade dat die persoon KWAAD is:
 Sy mond is oop want hy skreeu.
 Sy oë is toe want, hy skreeu.
 Hy frons.
 Daar kom druppels spoeg by sy mond uit.
 Die woorde in die spraakborrel is groot.
 Daar is ʼn uitroepteken na sy woorde (hy praat hard / skreeu)
 Daar is weerligstrale / donker wolke bokant sy kop.
 Hy vloek - %#&$

4. Gee visuele leidrade dat die persoon GESKRIK het.:


 Sy mond is oop.
 Sy oë is groot.
 Daar is lyne bokant sy kop.
 Hy sit sy hand voor sy mond / hy hou sy kop vas.

5. Gee visuele leidrade dat die persoon BANG is:


 Daar is beweginslyne om sy lyf, want hy bewe.
 Daar sweetdruppels van spanning om sy kop.
 Sy oë is groot.
 Sy mondhoeke wys af.

2
6. Gee EEN woord wat die persoon se gesigsuitdrukking / lyftaal beskryf.

 Gelukkig * opgeruimd
 Vrolik * plesierig
 Opgewonde * tevrede
 Bly * uitbundig
 optimisties

 Ongelukkig * bek-af
 Bekommerd * treurig
 Bang * hartseer
 Ontsteld * moedeloos
 Terneergedruk * neerslagtig

 Verveeld
 Ongeïnteresseerd
 Lui
 Vaak

 Bang * angsbevange
 vreesbevange * bevrees
 verskrik * beangs
 benoud
 angstig

 geskok
 ongeloof
 ontsteld
 verbaas

 kwaad * omgekrap
 woedend * ontstoke
 briesend * vererg
 boos
 vies
ADVERTENSIES:

3
Woordeskat:
teikengroep = target audience
aandag trek = catch attention
beklemtoon = emphasize
lettertipe = font
hoofletters = capital letters
woorde in vetdruk / vetgedrukte woorde = bold words
hoofopskrif / opskrif = heading
slagspreuk = slogan
logo = logo
webwerf = website
e-posadres = e-mail address
houding = attitude
emotiewe taalgebruik = emotive language
neutrale taalgebruik = neutral language

Hoe word iets in ʼn advertensie beklemtoon:


 Die woorde word groot gedruk / in vet gedruk / in hoofletters gedruk.
 Daar is uitroeptekens na die woorde.
 Dit staan bo-aan die advertensie.
 Dit staan in die middel van die advertensie.

Hoekom word iets in ʼn advertensie beklemtoon?


 Om die lesers se aandag te trek.
 Om die leser te manipuleer om die produk te koop.

Woorde in advertensies wat mense oorreed / beïnvloed / manipuleer:


 nuut / nuwe / nuutste
 beste
 spaar
 spesiale aanbod
 aanbod
 jy / jou/ joune
 sukses
 droom
 toekoms

ANDER BELANGRIKE TERME

4
Geïmpliseerde betekenis: (implied meaning)
Wat BEDOEL die spreker eintlik.

Manipulerende taal: (manipulative language)


Die spreker wil jou gedagtes verander om soos hy te dink.

Vooroordeel: (prejudice)
Bv. Die skrywer is bevooroordeeld teenoor vrouebestuurders. (Hy is negatief oor
hulle).

Partydigheid: (bias)
Die skywer is partydig teenoor manlike bestuurders. (Hy dink hulle is beter).

Stereotipering: (stereotype)
Die skrywer stereotipeer vroue bestuurders. Bv. Hy sê hulle ry almal te vinnig...

Aanname: (assumption)
Die skrywer maak die aanname dat alle vroue slegte bestuurders is.

Ironie: (irony)
Jy verwag iets, maar die spreker/skrywer sê of doen die teenoorgestelde (opposite).

Denotasie: (denotation)
Die LETTERLIKE betekenis van ʼn woord. Bv. Dit is nag. (night)

Konnotasie: (connotation)
Die FIGUURLIKE betekenis van ʼn woord. Die toets was nag. (difficult)

You might also like