Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

VLAMMIE

NUUSBRIEF
27 Januarie 2023

UIT DIE KANTOOR


Kommunikasie kanale
By PBS probeer ons om wedersydse kommunikasie tussen ouers en onderwysers glad te laat
verloop. Ons wil u as ouers ook uitnooi om een van die volgende mediums van kommunikasie
te gebruik ten einde enige misverstande uit die weg te ruim:
 Whats-app
 Telefoonoproep
 E-pos
 Afspraak
Vir algemene navrae kan die klasonderwyser eers gekontak word. Vir akademiese navrae moet
u eers die spesifieke vakonderwyser kontak, daarna die adjunkhoof en dan die skoolhoof. Vir
sport en kultuur navrae kontak gerus die afrigters.

Die volgende personeel is die onderskeie Dissiplinehoofde:


 Gr 1 - Leticia Maartens; Gr 2 - Cornel Orrock; Gr 3 - Elaine Groenewald.
 Gr 4 en 5 - Elri Jordaan (dogters) en Poena Du Toit (seuns).
 Gr 6 en 7 - Marika Smith (dogters) en Jasper Herbst (seuns).

LET WEL: Ons doen ‘n vriendelike beroep op ouers om onderwysers se privaat– en familietyd
te respekteer en hulle nie na 17:30 in die aand te kontak met navrae nie. Indien u wel ’n
whatsapp stuur kan onderwysers nie noodwendig altyd antwoord nie en moet u dan net geduld-
ig wees tot die volgende oggend. Indien u navrae aan die adjunkhoof of skoolhoof wil rig, moet
u die skoolkantoor skakel of ‘n epos stuur of ‘n afspraak maak by die sekretaresse, Me Wendy
Lategan.

By voorbaat dankie vir elkeen se samewerking.

Mooi loop!

BELANGRIKE DATUMS VIR JANUARIE


24 Januarie 25 Januarie 26 Januarie 27 Januarie
 Voortrekkers: Offisiere  Bemarking Verg 17:30  Koor oudisies  Mnr Poena Verjaar
15:00 (skooltyd)
 Drama oudisies
 Instandhouding &  Preprim: Kenmekaar
Veiligheid Verg 17:30 17:30

28 Januarie 31 Januarie
 Juf Chantelle Verjaar  Me Ansa Verjaar

 Revue: Keuring en
Voortrekkers: 1ste
Spandag

1
VLAMMIE
NUUSBRIEF
27 Januarie 2023

KOOR DRAMA
Albei kore begin volgende Donderdag, 2 Alle leerders vanaf Gr 4 tot 7 wat belangstel
Februarie 2023 oefen. Ons is baie om meer rakende drama te leer, moet Vrydag,
opgewonde om weer lekker saam te sing en 27 Januarie 2023 om 14:00 in die skoolsaal
wees vir ‘n oudisie. As daar leerders is wat dit
nuwe liedjies te leer! As daar nuwe leerders gaan mis as gevolg van rugby- en
is wat hul stemme wil laat toets vir die koor, netbalproewe wat op dieselfde dag plaasvind,
kan hulle volgende Donderdag in kan hulle Vrydag, 3 Februarie om 13:30 in die
aktiwiteitsperiode na die saal gaan vir ‘n saal ‘n oudisie kom aflê.
oudisie. Let wel: Drama leerders wat reeds in die
drama groep is vanaf verlede jaar, is
REVUE outomaties ingesluit, en hoef nie weer vir ‘n
Op 23 Januarie 2023 kry die Gr R en 1 maats oudisie te kom nie.
briewe indien hul sou wou deel wees van die
Vlammie Revuegroep vir 2023.
Op 31 Januarie 2023 vind die keuring plaas NETBAL 2023
vir Junior Revue (Gr. 2 – 4 ) om 14:00-14:30 Ons o/12 en o/13 dogters het reeds ‘n paar
en Senior Revue (Gr. 5-7) om 14:30 -15:00. ure op die netbalbaan agter die rug sodat
Die Revue oefeninge begin 1 Februarie 2023. hulle voorbereid aan Vrydag, 27 Januarie
2023 se netbalproewe kan deelneem. Hierdie
OOV 2023 proewe bepaal dan ons twee toerspanne wat
aan die Hartklop-netbaltoernooi in Klerksdorp
Ons eerste kwartaallikse OOV vergadering gaan deelneem.
vind plaas op Woensdag, 1 Februarie 2022
om 17:30. Fondsinsamelings vir ons PBS 150 Ons wil dan ook graag hierdie jaar vir ons
Feesjaar sal bespreek word. Moet dus netbaldogters nuwe beffies en
asseblief nie hierdie vergadering misloop nie. netbaltoerusting aanskaf. Indien daar ‘n ouer
of organisasie is wat graag deel wil wees van
‘n borgskap vir die aankoop hiervan, kan u
RUGBY gerus vir Juf. Marika Smith kontak.
Die Rugbyproewe vind plaas op Vrydag, 27
Januarie vir o/11 vanaf 14:00 tot 15:00 en
o/13 vanaf 15:00 tot 16:00. MINI-KRIEKET
Die o/13 Rugbyspan het hulle eerste toer te Die Graad 1 seuns oefen al baie hard aan
Jacobsdal op 17 en 18 Februarie 2023. hulle krieket vaardighede by die mini-krieket.
Ons is baie opgewonde om wedstryde te
SKAAK speel.
Skaakoefeninge begin Februarie. Beginners Die eerste Mini–krieket “festival” vind op 1
en juniors oefen by Mnr Ruan. Seniors kom in Februarie plaas by St Andrews skool.
Juf Retha se klas bymekaar.

2
VLAMMIE
NUUSBRIEF
27 Januarie 2023

GR 1-3 KAPPERJOLLE FONDSINSAMELING


Die Grondslagfase hou Kapperjolle op Woensdag, 22 Maart 2023.
Die leerders bring hulle voltooide INKLEURPRENTE skool toe en een van hulle sal dan die
gelukkige wenner van ‘n tablet wees. Kontantpryse vir die leerders wat die meeste geld
insamel en uitstappies vir die klasse wat die meeste geld insamel is onder andere ook deel van
die pryse.
Ondersteun asseblief die leerders. Ons beoog om R60 000 vir die skool in te samel. Op hierdie
dag gaan daar ook ‘n koekverkoping wees. Die Gr 1-3 leerders gaan aan speletjies deelneem,
fietswedren hou, glip en gly, ‘n staptog aanpak op Brandkop, asook ’n talentkompetisie hê.

KUNSAKADEMIE
Leerders wat nog nie die kunsklasse by juffrou Lelanie bygewoon het nie, is welkom om hul
name so gou as moontlik by haar op te gee.
Kunslesse neem in aanvang op 31 Januarie 2023 vanaf 15:00 tot 16:30 elke Dinsdagmiddag in
juffrou Lelanie se klas.

PBS-ALUMNI
PBS het onlangs ‘n Alumni-Facebook “Public Group” gestig. Besoek en word asseblief lid van
die groep indien u belangstel. Ons deel graag iets van die verlede en sal bly wees as julle
oulike staaltjies het om te deel.

3
VLAMMIE
NUUSBRIEF
27 Januarie 2023

ATLETIEKDATUMS KLEURATLETIEK
Die volgende is belangrike datums vir die Baie dankie vir elke leerder se bywoning en al
komende atletiekbyeenkomste wat voorlê: die ouers wat hul kinders kom ondersteun het.
Die uitslae van die kleuratletiek is as volg:
Sone A - 3 Februarie 2023
Die Rooispan het gewen met 641 punt; die
Fichies Prestige - 11 Februarie 2023
Geelspan is tweede met 498 punte; ie
Motheo - 15 Februarie 2023 Blouspan is derde met 465 punt.
Vrystaat Kampioenskappe - 4 Maart 2023 Die Victrix Ludorum is Janey Jacobs en Victor
Verdere inligting rakende byeenkomste sal Ludorum is Tristan Beukes. Baie geluk, ons is
later aan die atlete deurgegee word. trots op julle.

SKOOLKLERE
Die volgende splinternuwe klere-items is deur Awerbachs aan die skool geskenk en is
beskikbaar teen die volgende bekostigbare pryse (winskopies) by die klerebank:

 Atletiekfrokkie (hemp) R120  Atletiekbroek(skipants) R120

 PBS sporthemp R150  PBS grys kouse R 50

 Dasse R 50  Tunic Rokke (Wintersdrag) R150

 Skoolrokke (Somersdrag) R120  PBS sportbroekie R100

PBS sê dankie aan die volgende borge:

You might also like