Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

More klas. Vandag gaan ek met julle praat oor die ontwikkeling van perde.

Ok ek
weet wat julle dink. “Oo nee, n lang, vervelige, datum ryke tydlyn oor die evolusie
van perde”. En jy…sal verkeerd wees. Oor alles behalwe die datum ryke deel,
want ek…datums…mondeling…ugh moet ek eens verduidelik? In elk geval, kom
ons begin.

Wetenskaplikes glo dat perde as n makgemaakde dier al erens in die jaar 6000
BC ontstaan het. Dit beteken dat mak perde ouer as glass, musiek, en selfs skryf
is. Meeste mense kan nie verstaan hoekom ons nie toe al begin perdry het nie. Die
rede vir die is dat die oeroue perde spesies fisies te klein was om op te ry. Hulle
was omtrent so groot soos honde. Die mensdom moes eers die perde met
selektiewe teling n bietjie groter kry.

Al stem almal nie saam met die datum van mak perde se onstaan nie is perde
nogsteeds n deel van alle kulture. Volgens griekse mitologie (wat geskrewe was so
ons weet dis lank na die vermoede ontstaan van mak perde), het een van hulle
gode perde ontwerp om n kompetisie te wen. Hy het toe die kompetisie verloor.
Dalk nie so groot kompliment aan die perd spesies nie.

Niettemin baie aander kultuure, het ook perde as n belangerike deel van hulle
kultuur gesien. Hulle was gebruik vir boer, waentjies trek en meeste ander
vervelig maar belangerike werke. Die mensdom se geskiedenis was omtrent
gebou op die rue van die viervoetige soogdiere.

En dit bring ons na die jaar 1600 BC. Die einde van die 4400 jaar “klein perdjie”
tydperk. Perde was nou groot genoeg om op te ry. Maar iemand moes tog perdry
ontwerp het? En hier is waar die moelikheid begin. Meeste mense glo dat perdry
deur niemand aanders as die Brahims van Indie ontwerp was nie. Wie is hulle?
Wel hulle was n ekslusiewe afdeeling van indiese monnike. N afdeling wat
deesdae oor die 60 miljoen lede het.

Nou dis als goed en wel om vir hulle al die glorie te gee maar eintlik is die eerste
skriftelike bewyse van perdry eers jare later deur n Mittani met die naam Kikkuli
geskryf . Al was sy kultuur geheg aan die indier’s s’n was hy nie self n Brahmin
nie. Hy was n perde oppasser. En die skriftelike bewyse van perdry? Dit was n lys
instruksies aan sy koning oor hoe om vir sy nuwe resies perd te sorg. As dit nie n
nederige begin is nie dan sal ek my naam verander na Kikkuli toe.
Na die ontwerp van perd ry was die lewe maklik. Perde was gebruik vir amper
alles. Totdat hulle nie meer was nie. Deesdae word perde gesien as n luukse,
implaas van die bate wat hulle eens was. Maar niks kan hulle invloed op die
mensdom se geskiedenis uitvee nie. Hulle sal altyd n deel van ons kultuur wees.

You might also like