Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

LLB & BCom (Ekonomie en Regte)

ONDERNEMINGSREG (ROREG370)
50 punte
SEMESTERTOETS:
24 Mei 2023 om 17:00
DATUM:
100 minute
TYDSDUUR:
Prof. H. Coetzee
ASSESSOR:
Dr. F.J. Labuschagne
INTERNE MODERATOR: Me. S.C. Gerber

INSTRUKSIES
■ U het een geleentheid om die toets, binne die gegewe tydlimiet, te voltooi.
■ Wanneer die toets oopmaak, sal die tyd begin aftel tot wanneer die toets weer
sluit. U sal nie die toets kan stop en later weer daarmee aangaan nie.
■ Die assessering moet op ʼn skootrekenaar afgelê word. Geen tabletrekenaars
of selfone mag gebruik word nie.
■ Indien u probleme tydens die voltooiing van die vraestel ervaar, moet u
onmiddellik 'n e-pos aan proctorio@akademia.ac.za stuur. U moet die
program-e-posadres en dosent tot die e-pos voeg.
■ Die semestertoets moet in MS Word-formaat beantwoord word, waarna die
antwoorde as ’n PDF-dokument op die Spens gelaai moet word. Moet nie die
Spens toemaak terwyl u aan die antwoorde werk nie. Laai die semestertoets in
MS Word-formaat af. Vul die vrae direk op die afgelaaide dokument in. Die dele
wat u moet invul word as volg aangedui: [Verskaf u antwoord hier]. Nadat u die
semestertoets voltooi het, moet u die dokument na PDF-formaat omskakel en
teruglaai.
■ Benoem u antwoordstel soos volg voor dit op die Spens gelaai word:
ROREG370_Semestertoets_2023_Naam en Van_Studentenommer.
■ Geen notas mag in die studiesentrum gebring word nie.
■ ʼn Elektroniese kopie van die Maatskappywet 71 van 2008 is beskikbaar in u
“Semestertoetsskakel” en u mag dit gedurende die toets gebruik. U mag nie
enige ander weergawe of ʼn harde kopie van die Wet gebruik nie.
■ Verskaf redes vir u antwoorde en staaf u antwoorde deur na toepaslike gesag
te verwys.
■ Hierdie vraestel moet in 90 minute beantwoord word. 10 minute word
bykomend verleen vir die aflaai en oplaai van die vraestel en u antwoordstel.
■ Rofwerkpapier sal in die lokaal voorsien word.

AFDELING A | ALGEMEEN [5]

1. Vraag 1 (5)
ʼn Kliënt, mevrou Van Staden, wat ʼn nuwe besigheid wil begin, nader u om
advies. Mevrou Van Staden het, na jare se diens as uitvoerende direkteur by
Blou en Wit Maritiem Beperk, besluit om haar eie in- en uitvoerbesigheid te
begin en wil by u weet watse ondernemingsvorme tot haar beskikking is.
Adviseer haar kortliks aangaande die moontlike ondernemingsvorme, hul
basiese aard en kenmerke.
Eenmaanskaak: Sy is die enigste direkteur
Vennootskap: Sluit van 'n kontrak saam 'n ander persoon
Maatskappy: Privaat Maatskappy of Openbare Maatskappy
Beslote Koperasie: Kan nie meer gestig word nie
Internationale Maatskappy:
AFDELING B | VENNOOTSKAPSREG [9]

2. Vraag 2 (4)
Neem aan dat u as regspraktisyn te Pretoria praktiseer. Meneer Smuts het u
kom spreek aangaande sy regsposisie in ʼn aangeleentheid wat by sy kerk
ontvou het. Tydens ʼn versoek vir aanbiedinge om die kerkgebou en
omliggende geboue (insluitende die kerksaal) op te knap, het u kliënt (wat ʼn
baie goeie bouer is) ʼn aanbod gemaak, wat behoorlik deur die kerk aanvaar
was. Omdat u kliënt nie self dakwerk doen nie, het hy ʼn ander persoon, Mevrou
Du Toit, genader om hom met die kerkprojek te help. Mevrou Du Toit het haar
eie besigheid wat in die herstel en oordoen van dakke spesialiseer. Meneer
Smuts en Mevrou Du Toit het ooreengekom dat meneer Smuts haar (mevrou
Du Toit) sal betaal. Meneer Smuts sal op sy beurt die kerk (vir die geheel van
die projek se koste (en ʼn klein wins)) faktureer, soos wat die ooreenkoms
tussen hom en die kerk bepaal.
Mevrou Du Toit maak aanspraak op die helfte van die wins. Sy is van mening
dat ʼn vennootskap met betrekking tot die kerkprojek tussen haar en meneer
Smuts tot stand gekom het. Adviseer u kliënt.
Die essentialia van 'n vennootskap is:
-Doel moet wins wees
-Gemeenskapsbelang
-Bydra

© Akademia (MSW) Bladsy 1 van 6


Hierdie geval voldoen nie aan die essentialia van 'n vennootskapsooreenkomste nie.
Hierdie is slegs 'n ooreenkomste tussen partye om 'n diens te lewer in ruil vir
vergoeding. Mr Smuts het aangevra dat Mev Du Toit die dakke moet oor doen en
haar sal betaal vir haar diens.

Dus geen vennootskap het ontstaan nie.

3. Vraag 3 (5)
Veronderstel dat u die slotsom bereik het dat ʼn vennootskap wel in Vraag 2 tot
stand gekom het. Bespreek die essentialia van ʼn vennootskapskontrak.
Elke venoot moet bydra, die vennootskaps doel moet om wins te maak en dit moet
in gemeenskaplike belang gedoen word.
Bydra: Elke vennoot moet bydra tot die vennootskap. Dit hoef nie net finansieel te
wees nie.
Doel vir wins: Die vennootskap moet 'n algemene doel he om wins te maak,
winsgewend te wees en dit onder mekaar te deel.
Gemeenskaplike belang: Die vennootskap moet die mark betree met die doel om dit
namens die bevoordeling van die gemeenskap.
]
AFDELING C | MAATSKAPPYREG
4. Vraag 4 (3)
Salomon v Salomon and Co Ltd [1897] ACC 22 (HL) is waarskynlik die
gewigtigste uitspraak rakende regspersoonlikheid. Skryf ʼn paragraaf waarin u
die belang van hierdie uitspraak aangaande regspersoonlikheid vir doeleindes
van die maatskappyreg bespreek.
[In Salomon v Salomon was daar beslis dat 'n maarskappy as 'n regspersoon gesien
word. Dit beteken dat die maatskappy selfstandigheid verkry het asook regte verkry
het ingevolge die handves van menseregte.
5. Vraag 5 [33]
Feitestel wat op die geheel van Vraag 5 betrekking het
Sonstad Hotelle Bpk (hierna SSH) bedryf hotelle in Gauteng en die Wes-Kaap.
SSH is nie op ʼn beurs genoteer nie.
Die maatskappy is in 2016 geïnkorporeer en die direksie bestaan uit vier
direkteure, naamlik Yusuf Pillay, Sam Ndlovu, Maria Boterere en Francis
Seagull.
Die Akte van Oprigting dui in Klousule 10 aan dat die maatskappy slegs in
kontrakte kan tree wat direk met die hoofbesigheid, naamlik die hotelbedryf,
verband hou. Klousule 12 van die Akte van Oprigting magtig Francis Seagull
om kontrakte namens die maatskappy te sluit. Die klousule bepaal voorts dat,
indien ʼn transaksie meer as R10 miljoen beloop, die direksie toestemming

© Akademia (MSW) Bladsy 2 van 6


moet verleen alvorens mevrou Seagull die ooreenkoms namens die
maatskappy kan beklink.
Sonstad Restaurante Bpk is ʼn filiaal van SSH, deurdat SSH 60% van die
algemene stemregte beheer wat aan uitgereikte aandele van Sonstad
Restaurante Bpk verbonde is.
SSH brei vinnig uit en beplan om ʼn nuwe hotel in Limpopo te bou. Die
maatskappy benodig befondsing vir die projek. SSH, wat reeds tien miljoen
aandele goedgekeur en uitgereik het, wil ʼn verdere vyf miljoen aandele uitreik,
ten einde die projek te befonds. Hierdie bykomende aandele is reeds
goedgekeur.
SSH se algemene jaarvergadering is vir 30 Junie 2023 geskeduleer en ʼn
direksievergadering ter voorbereiding van die algemene jaarvergadering sal op
26 Mei 2023 plaasvind. Die direksie sal, onder andere, die volgende besluit by
die vergadering oorweeg: (a) Om skuld van Sonstad Restaurante Bpk, ten
bedrae van R 20 miljoen, te sekureer.
5.1 Gestel SSH wil die goedgekeurde, maar onuitgereikte vyf miljoen aandele, (4)
bemark. Adviseer SSH of hul aan Hoofstuk 4 van die Maatskappywet 71 van
2008 moet voldoen en, indien wel, wat voldoening in sodanige omstandighede
behels.
[In hierdie geval gaan SSH die uitreiking van sekuriteite moet openbaar maak. Dit
beteken dat hulle 'n aanbod van sekuriteite moet maak aan die publiek wat sal
beteken dat daar openbaarmaking plaasgevind het. Hierdie gaan plaasvind in die
primere sektor. SSH is nie 'n beurs genoteer nie wat beteken dat hulle ingevolge
prospektus moet optree en voldoen aan prospektus ingevolge Artikel 100.
5.2 Gestel dat Zonra Vermeulen vier jaar gelede vir ʼn miljoen van SSH se aandele (4)
ingeskryf het. Sy wil vyf honderd duisend van die aandele aan ʼn onafhanklike
koper verkoop. Bespreek kortliks of Zonra aan Hoofstuk 4 van die
Maatskappywet 71 van 2008 moet voldoen en, indien wel, wat voldoening in
sodanige omstandighede behels.
In hierdie geval gaan Zonra Vermeulen die uitreiking van hierdie sekuriteite moet
openbaar maak. Sy gaan 'n aanbod van sekuriteite aan die publiek maak sodat
opebaarmaking kan plaasvind. Hierdie aanbod gaan plaasvind in die sekondere mark
omrede dit vanaf 'n aandeelhouer van die maatskappy na 'n onafhanklike entiteit
gaan. SSH is 'n publieke maatskappy wat beteken dat Zonra nie beperk is om die
aandele aan 'n derde te verkoop nie. ]

© Akademia (MSW) Bladsy 3 van 6


5.3 Tydens ʼn verhoor betreffende ʼn aandeelhouersdispuut tussen SSH se (3)
aandeelhouers, stel die hof ʼn vraag aan u as regsverteenwoordiger. Die regter
vra dat u hom toespreek aangaande die bindende aard, al dan nie, van die
onderneming se Akte van Oprigting in die algemeen.
Die Akte van Oprigting is die word gesien as die maatskappy se "grondwet". Dit bevat
inligting wat die maatskappy se raamwerk uit een sit sowel as reels, regulasies en
beperkinge. Die Akte van Oprigting is bindend, maar dit kan beperk word. Artikel 20(1)
van die Maatskappywet verduidelik dat geen aksie is noodwendig nietig as 'n persoon
in stryd met die Akte van Oprigting opgetree het nie.
Die bindendenheid van die Akte van Oprigting kan deur middel van 'n spesiale besluit
(75% van die stemme) verander word of ratifiseer word. Indien dit 'n invloed op 'n
derde het wat bona fide opgetree het, sal die maatskappy gebonde wees aan die
ooreenkoms. Die ooreenkomste sal geldig wees ekstern maar ongeldig intern, indien
dit verander word. ]
5.4 Adviseer die direksie van SSH aangaande die statutêre vereistes waaraan (10)
voldoen moet word alvorens die maatskappy sy filiaal, Sonstad Restaurante
Bpk, se skuld kan sekureer. Adviseer hul ook aangaande die gevolge indien
daar nie aan sodanige vereistes voldoen word nie en die moontlike
aanspreeklikheid van direkteure.
Die maatskappye wet steun op die solvensie en likiditeit.

VIr hierdie sekurering om plaas te vind moet SSH voldoen aan die finansiele bystand
soos dit uitgesit is in Artikel 45 van die maatskappyewet. Hier het ons te doen met die
sekureering van skuld. Die direksie het die bevoegdheid om goedkeuring te kry van
die maatskappy of enige maatskappye wat filiaal gebind is.

Sontad Restaurante is egter gebind aan SSH omdat SSH 60% van die stemreg beheer.
Om hierdie skuld te kan sekureer kan dit deur middel van direksie goedkeuring
plaasvind of deur middel van 'n spesiale stem (75% van die stemme) vanaf die
aandeelhouers.

Die direksie moet vertroud wees dat:

1. Daar onmiddelik na die finansiele bystand toegeken is, 'n solvensie en likiditeits
toets gedoen sal word.

2. Dat die finansiele bystand billik en redelik sal wees.

Die direksie moet verseker dat dit die regulasies en reels soos uitgesit in die Akte van
Oprgting na kom.

© Akademia (MSW) Bladsy 4 van 6


Indien stemreg nie voldoen was nie, is die ooreenkomste vir finansiele bystand nietig.
Dit sal beteken dat alle direkteure wat bestrokke was by die vergadering en die teen
die besluit was nie, aanspreeklik sal wees vir die skulde. ]
5.5 Gestel dat Francis Seagull ʼn melkery in die Oos-Kaap namens SSH by Kobus (8)
Zietsman gekoop het. Die koopsom beloop R 12 miljoen. Die transaksie is nooit
na die direksie vir goedkeuring verwys nie. Analiseer die feite en verduidelik of
die transaksie geldig is of nie.
Hier is verteenwoordigingsbevoegdheid te sprake. Klousule 10 van die Akte van
Oprigting dui ook egter aan dat kontrakte net gesluit mag word wat direk met die
hoofbesigheid verband hou. Klousule 12 van die Akte van Oprigting dui egter aan dat
Francis Seagull die maatskappy kan verteenwoordig in kontraksluiting. Dit word ook
egter in klousule 12 aangedui dat 'n transaksie nie die bedrag van R10 miljoen mag
oorskry nie.
Alhoewel Francis die verteenwoordigheids bevoegdheid besit om kontrakte namens
SSH te sluit, het hy ergter 'n kontrak gesluit wat strydig is met die maatskappy se Akte
van Oprigting. SSA se se hoofbesigheid is die hotelbedryf en Francis het 'n
ooreenkomste aangekom vir 'n melkery. Francis het ook die R10 miljoen transaksie
vereiste verby gevat sonder direksiegoedkeuring.
Hier kan dit van toepassing wees vir die Tarquem-reel.
Die derde het bona fide opgetree en kon aanneem dat die Francis volmag gehad het.
Alhoewel dit teenstrydig met die Akte van Oprigting was en nie aan die direksie
gerapporteer was nie, kon die derder aanneem die prosedure was reg gevolg. Die
maatskappy is gebonde. Die kontrak is intern nietig maar ekstern geldig ]
5.6 Verduidelik of daar ʼn verpligting op SSH rus om ʼn algemene jaarvergadering (4)
te belê en bepaal wat die laaste dag is waarop SSH die kennisgewing van sy
geskeduleerde algemene jaarvergadering aan aandeelhouers kan stuur. Dui
aan hoe u die berekening gemaak het. Neem kennis dat 16 Junie 2023 ʼn
openbare vakansiedag, naamlik Jeugdag, is.
Junie 2023
Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30

SSH het die verpligting om 15 kennis te gee 15 sakedae voor die algemene jaar
vergadering. Hierdie kennisgewig moet op 8 Junie plaasvind. Hierdie is bereken deur

© Akademia (MSW) Bladsy 5 van 6


al die sakedae te tel, vakansiedae uit te sluit, die dag van die vergadering uit te sluit
en naweke uit te sluit. ]

EINDE VAN VRAESTEL


TOTAAL: 50

© Akademia (MSW) Bladsy 6 van 6

You might also like