Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 16

IG Afrikaans 2 3.

3 Lesson 2: Kenmerke van 'n berig

"Koerante se kritiek is op sand geskryf."


- Onbekend

Hierdie is 'n aanhaling wat goed by hierdie aantekeninge se inhoud - koerantberigte - pas. In
kort verwys dit daarna dat dit wat in koerantberigte staan, nie altyd ernstig opgeneem moet
word of noodwendig die waarheid is nie. Baie keer is die kritiek, of die inhoud van 'n
koerantberig, alleenlik daarop gemik om goeie verkope te verseker.

Inleiding
Ons word daagliks aan soveel inligting blootgestel. Ons lees iets op sosiale media, kyk na aanlyn
koerante en tydskrifte of lees dalk nog selfs 'n harde kopie. Onwetend lees ons elke dag deur baie
berigte.

Alhoewel daar in Semester 1 aan die basiese aspekte van 'n berig geraak is, gaan jy aan die einde
van Module 3 'n koerantberig moet skryf. In hierdie aantekeninge gaan jy dus op die fyner detail
van 'n koerantberig konsentreer. Daar gaan spesi ek op die kenmerke en struktuur van berigte en
die verskillende gebruike daarvan gekonsentreer word.

Vanaf Module 1 tot nou het jy deur 'n wye verskeidenheid koerantberigte gewerk en so jou
vaardighede opgebou. Gebruik hierdie aantekeninge en sien dit as die nale skaafwerk sodat jy 'n
koerantberig suksesvol in die Mastery Check kan skryf.

Wees gereed om aan die einde van hierdie aantekeninge vyf vrae te beantwoord om so te toon dat
jy hierdie aantekeninge se vaardighede sal kan toepas wanneer jy jou eie koerantberig moet skryf.
Leeruitkomste
Recognise features of an article.

Identify uses and characteristics of articles.

Apply the knowledge of articles through examples.

1. Kenmerke en die struktuur

2. Toets jou kennis

3. Samevatting

Laai die aantekeninge hier af


Section 1 of 4

1. Kenmerke en die struktuur

Koerantberig kenmerke
In die volgende video word die kenmerke van koerantberigte bespreek. Gebruik dit om solank te begin dink
aan die stuktuur wat jy met die skryf van jou eie koerantberig wil volg.

Klik op die "speel"-knoppie om na die video te kyk.

M3 Interaktiewe video
As jy die berig wil lees waarvan daar in die video gebruik gemaak is om so die kenmerke beter te verstaan,
kan dit hier gevind word.

'n Kolomvoorbeeld
Kyk na hierdie koerantberig en let daarop hoe die kenmerke waarna daar in die video verwys is, hier
voorkom. Let op na hoe die berig in kolomme geskryf is. Hierdie is die algemene manier hoe koerantberigte
verskyn en daar gaan van jou verwag word om dit te kan toepas.

Minister loof Ian Player se


feitlik geen renosters in die Krugerwildtuin
pionierswerk nie.
Elise Tempelhoff
Minister Edna Molewa noem dat die lewe
JOHANNESBURG. - Dit is in 'n groot mate te nie oor die najaag van rykdom gaan nie,
danke aan Dr. Ian Player (87) dat daar maar wel om in harmonie met die natuur te
vandag nog witrenosters in die leef. Dit is hoe Ian Player leef.
Krugerwildtuin is.
Johonny Rodrigues, voorsitter van die
Player was die dryfveer tot bewaring toe Zambabwe Conservation Task Force (ZCTF),
daar in die jare sestig net 50 van hierdie pre- sê Dr. Player is een van die beste
historiese diere oor was. Hierdie bydrae tot natuurbewaarders in Afrika. "Dit is te danke
die oorleweing van die renoster is aan hom dat witrenosters na die Hwange
ongeëwenaar. Nasionale Park in Zimbabwe gebring is."

Deur pionierswerk het Player en sy Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van


medeveldwagters, onder wie Magqubu Sanparke, noem dat Player 'n groot gees in
Ntombela, renosters in onder meer die natuurbewaringskringe is en dat daar op sy
Krugerwildtuin hervestig. In daardie jare nalatenskap voortgebou moet word.
was daar
Die bostaande berig is verwerk en verkort vanuit Die Burger, 2 Desember 2014.

Skryfriglyne

1 Die opskrif moet: 1) in die teenwoordige tyd wees, 2) 'n werkwoord hê, 3) kort en bondig
wees, 4) die leser se aandag trek.

2 Die verslaggewer se naam verskyn direk onder die opskrif.

3 Die dorp / stad vanwaar die berig kom, staan in hoo etter aan die begin van Paragraaf 1.

4 Die eerste paragraaf: 1) bestaan uit een sin waar daar na soveel moontlik van die wie, waar,
wanneer, waarom, hoekom en hoe vasgevang word, 2) is soos 'n kort opsomming van die
berig, 3) moet die leser vasvang om die berig te wil lees.

5 Die paragrawe ná die eerste paragraaf brei uit op dit wat in die eerste paragraaf genoem is.

6 Die laaste paragraaf sluit die berig netjies af en kan self terug na die opskrif verwys (sikliese
slot).

7 Die inhoud van 'n koerantberig volg altyd logies op mekaar.

8 Skryf kort sinne en kort paragrawe, laat 'n reël oop na elke paragraaf.

9 Noem die name van mense voordat jy van woorde soos "sy", "hy" en "hulle" gebruik maak.
10 Skryf in die derde persoon - moet nie die woord "ek" gebruik nie (behalwe as direkte woorde
aangehaal word).

11 Onthou wie jou teikengroep is.

Omgekeerde piramide skryfstyl

Figuur 1: Die omgekeerde piramide skryfstyl.


In Semester 1 het jy van die omgekeerde piramide skryfstyl geleer. Herroep hierdie vaardigheid waar dit
wat belangrik is, eerste in 'n teks gegee word tot by dit wat minder van belang is.

Hierdie is die skryfstyl wat jy ook met 'n koerantberig moet toepas.

Skryfproses
Maak altyd doodseker dat jy die skryfproses met alle skryfwerk volg. Daar is in Semester 1 streng hierop
gekonsentreer. Pas die vaardigheid wat jy reeds bemeester het toe om te verseker dat jy die beste kans
staan om 'n skryftaak suksesvol te kan a ê.

Klik op elke blokkie om dit af te merk soos jy deur die skryfproses lees.

Doen navorsing oor die onderwerp / wees seker waaroor jy wil skryf.

Voltooi die eerste skrif / rofwerk.

Hersien die eerste skrif se inhoud, maak seker jy bly by die onderwerp.

Hersien die eerste skrif se struktuur, spelling en algemene taaltoepassing.

Voltooi 'n tweede skrif / tweede rofwerk.

Hersien die tweede skrif en maak alle nale veranderinge (inhoud, taal en struktuur).

Skryf die nale weergawe.


C O NT I NU E
Section 2 of 4

2. Toets jou kennis

Hierdie is nie 'n formele assessering nie. Die doel van hierdie vrae is slegs om te sien of jy die inhoud van hierdie
aantekeninge verstaan het. Let elke keer op die kommentaar van elke vraag aangesien dit vir jou 'n aanduiding sal
gee watter vaardigheid verwag word.
Question

01/05

Hoe lyk 'n koerantberig se algemene voorkoms?

'n Koerantberig word in kolomme geskryf.

'n Koerantberig het altyd 'n foto of illustrasie.

'n Koerantberig is net vir sportuitslae.


Question

02/05

Is die volgende stelling waar of onwaar?


Die skryfproses bestaan uit net 'n eerste skrif en daarna 'n nale skrif.

Waar

Onwaar
Question

03/05

Merk alle kenmerke wat op 'n uitstekende koerantberig se opskrif van toepassing is.

Die opskrif moet in die teenwoordige tyd wees.

Die opskrif moet 'n werkwoord bevat.

Die opskrif moet kort en bondig wees.

Die opskrif moet die leser se aandag dadelik vasvang.


Question

04/05

Wat moet jy altyd in gedagte hou as jy 'n berig skryf?

Die hoeveelheid geld wat die berig gaan maak.

Die hoeveelheid koerante wat gedruk gaan word.

Die teikengroep en mense wat die koerant gaan lees.


Question

05/05

Noem of die volgende stelling waar of onwaar is:


'n Koerantberig se paragrawe moet logies op mekaar volg.

Waar

Onwaar
Section 3 of 4

3. Samevatting

Vanaf Module 1 het jy baie blootstelling aan verskillende tipe koerantberigte ervaar. Dit alles het jou
vaardighede geslyp tot waar jy nou is. Hierdie aantekening het op die fyner detail gekonsentreer. Dit stel
jou in staat om, na al hierdie blootstelling en die opbou van jou vaardighede, 'n koerantberig oor
omgewingsbewaring met selfvertroue te skryf.

Tydens die skryfproses sal dit 'n goeie idee wees om die elf kolpunte in Deel 1 van hierdie aantekeninge
stelselmatig af te merk soos jy jou koerantberig in die Mastery Check skryf.

Verwys terug na hierdie aantekeninge om jou te help indien jy dalk vasval in die skryfproses van jou eie
koerantberig. Gebruik ook hierdie uistekende gids as jy totaal onseker oor jou berig voel.

Verwysings

Gouws, R. & Peacock, M. Cambridge IGCSE Afrikaans Tweede Taal Leerderboek 1 Bl. 108 tot 117

Maroela Media 'Australiër waarsku teen "dodelike spinnekoppe" na vloede' Beskikbaar by:
https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/australiers-gewaarsku-teen-dodelike-spinnekoppe-
na-vloede/ Toegangsdatum: 5 Mei 2021

Word Press 'Hoe skryf mens 'n goeie berig' Beskikbaar by:
https://doingthewritethings.wordpress.com/2012/03/02/hoe-skryf-mens-n-goeie-berig/
Toegansdatum: 5 Mei 2021
Section 4 of 4

Laai die aantekeninge hier af

Klik op die a aaiknoppie hieronder om hierdie aantekeninge as 'n PDF-dokument af te laai!

You might also like