Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

Taak 2024

G12 ~ Afrikaans Huistaal

TAAK 2: Skryf – Opstel

AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 12
TAAK 2: OPSTEL

TOTAAL: 50

INSTRUKSIES

• Kies EEN van die onderstaande onderwerpe en skryf ’n beskrywende OF verhalende


OF beredenerende OF argumenterende OF bespiegelende opstel van 400 tot 450
woorde.
• Gebruik die onderwerp as die opskrif van jou opstel.
• Indien jy een van die prentjies kies, moet jy jou eie titel en onderwerp formuleer.
• Jy moet seker maak van die vereistes van die soort opstel wat jy kies voordat jy jou
opstel begin skryf. As jy vergeet het, kan jy na die inligting kyk wat voor die rubriek vir
jou in die taak ingesluit is.
• Handig jou beplanning (breinkaart/vloeidiagram), ’n eerste poging en ’n finale poging in.
• Maak seker dat jy duidelik boaan aandui watter poging die finale poging is en trek ’n
streep deur die eerste poging.
• Take mag onder GEEN omstandighede getik word nie en moet handgeskrewe wees.
• Bestudeer die rubriek wat ná die onderwerpe volg voordat jy met jou opstel begin.

ONDERWERPE

1. Daardie tradisie sal bly.

OF

2. Hou hierdie oomblik in jou dagboek vas!

OF

3. As die musiek begin speel ...

OF

4. E-leer teenoor klaskamerleer


OF

Bladsy 1 van 7 © Impaq


Taak 2024
G12 ~ Afrikaans Huistaal

5. Donker maak my bang!


OF

6. Kies EEN van die onderstaande prente en skryf ’n opstel daaroor. Die inhoud van
jou opstel moet met die prent verband hou.

6.1

(Bron: https://bit.ly/3QMpHEW)

OF

6.2

(Bron: pinterest.com)

Bladsy 2 van 7 © Impaq


Taak 2024
G12 ~ Afrikaans Huistaal

OF

6.3

(Bron: afrikaans.weebly.com)

SOORTE OPSTELLE

1. VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) – gewoonlik uit die
verlede. Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:


• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom
is die inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
• Karakterisering is oortuigend en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ’n Treffende inleiding wat die leser boei moet aangebied word.
• ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Dit is gewoonlik in die verlede tyd.

Bladsy 3 van 7 © Impaq


Taak 2024
G12 ~ Afrikaans Huistaal

2. BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so oortuigend soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:


• Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
• Tekste kan wissel van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
• ’n Persoonlike ervaring oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.

3. BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van albei kante van ’n
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir
en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:


• Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt alreeds tydens die
inleiding ingeneem word.
• ALBEI kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud is oortuigend en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
gemaak.
• Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

Bladsy 4 van 7 © Impaq


Taak 2024
G12 ~ Afrikaans Huistaal

4. BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:


• Die probleem/situasie/saak/onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins/oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
ernstig geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.

5. ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt
te motiveer.

Hou die volgende in gedagte:


• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
• ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal (maar nie kru taal nie) kan gebruik word.
• Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.

TOTAAL: 50

Bladsy 5 van 7 © Impaq


Taak 2024
G12 ~ Afrikaans Huistaal

AFRIKAANS HUISTAAL ASSESSERINGSRUBRIEK: OPSTEL (50 punte)

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende


27–30 22–23 15–17 9–11 3–5
Uitstekende en treffende
Goed saamgestelde Elementêre respons. Idees
Hoë subkategorie
respons – bo verwagting. Bevredigende respons. Ontoepaslike
respons. Idees oortuigend, is onoorspronklik en
Intelligent, stem leser tot Idees is oortuigend en respons. Idees is
interessant, toon bewyse onduidelik. Samehang is
nadenke, volwasse idees. redelik samehangend. deurmekaar en
INHOUD EN van volwassenheid. inkonsekwent. Geringe
Organisasie (inleiding, Organisasie (inleiding, ongefokus.
BEPLANNING Organisasie (inleiding, bewys van organisasie
liggaam en liggaam en Ongeorganiseerd
liggaam en (inleiding, liggaam en
samevatting/slot) is samevatting/slot) is redelik en
Respons op en samevatting/slot) is baie samevatting/slot) en
uitsonderlik en samehangend. onsamehangend.
idees in teks. goed en samehangend. samehang.
samehangend.
Organisering van
24–26 18–21 12–14 6–8 0–2
idees.
Uitmuntende respons, Bevredigende respons,
Doel, gehoor en Grootliks ontoepaslike
Lae subkategorie

maar uitstaande en Goed saamgestelde maar soms is daar


konteks van teks. respons. Idees is Idees is
treffende eienskappe respons. Toepaslike en mistastings. Idees is
onsamehangend en ontoepaslik en nie
ontbreek. Volwasse en interessante idees. redelik samehangend en
30 PUNTE verwarrend. Weinig geskik nie. Geen
intelligente idees. Organisasie (inleiding, oortuigend. In ’n mate
bewyse van organisasie respons op teks.
Organisasie (inleiding, liggaam en bewus van organisasie
(inleiding, liggaam en Ongefokus en
liggaam en samevatting/slot) is goed (inleiding, liggaam en
samevatting/slot) en verwarrend.
samevatting/slot) is knap en samehangend. samevatting/slot) en
samehang.
en samehangend. samehang.
(Vervolg op volgende bladsy)

Bladsy 6 van 7 © Impaq


Taak 2024
G12 ~ Afrikaans Huistaal

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende


14–15 10–11 6–7 2–3 0
Toon, register, styl,
Toon, register, styl,
woordeskat hoogs gepas Toon, register, styl,
woordeskat is gepas vir

Hoë subkategorie
vir doel, gehoor en woordeskat baie gepas vir Toon, register, styl,
TAAL, STYL EN doel, gehoor en konteks.
konteks. Taalgebruik is doel, gehoor en konteks. woordeskat is nie gepas vir
REDIGERING Taalgebruik is gepas; dra
uitsonderlik, treffend en Taalgebruik is goed en doel, gehoor en konteks
betekenis oor. Toon is
vol selfvertroue. Toon effektief. Toon gepas, nie. Taalgebruik is basies.
Toon, register, gepas; retoriese middels Taal is
uiters gepas; retories konstant; retories effektief. Toon en taalgebruik is
styl en versterk betekenis. Foute onverstaanbaar.
effektief. Grammatika en Grammatika en spelling is ontoepaslik. Woordeskat is
woordeskat. in grammatika; spelling. Toon, register, styl
spelling feitlik foutvry. amper foutvry. beperk.
Doel/effek en Samestelling is redelik tot en woordeskat is
Samestelling is baie Samestelling is knap.
konteks. goed. nie gepas vir doel,
knap.
Woordkeuse, gehoor en konteks
12–13 8–9 4–5 0–1
taalgebruik en nie.
Toon, register, styl en
konvensies. Woordeskat is so
woordeskat is uitstekend Toon, register, styl,
Lae subkategorie

Leestekengebruik, Toon, register, styl, Toon, register, styl, beperk dat dit
en retories effektief. woordeskat gepas vir doel,
grammatika en woordeskat is gepas vir woordeskat is nie gepas vir moeilik is om
Taalgebruik is treffend en gehoor en konteks.
spelling. doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks opstel te verstaan.
gebruik met selfvertroue. Taalgebruik is goed. Toon
Taalgebruik is gepas; soms nie. Taalgebruik is basies.
Toon baie gepas; retories gepas; retories effektief.
15 PUNTE inkonsekwent. Toon is Weinig of geen
effektief. Grammatika en Grammatika en spelling is
gepas; beperkte gebruik sinsverskeidenheid.
spelling is feitlik foutvry. amper foutvry.
van retoriese middels. Woordeskat is beperk.
Samestelling is baie Samestelling is knap.
knap.
STRUKTUUR 5 4 3 2 1

Uitstekende ontwikkeling
Kenmerke van teks. Logiese ontwikkeling van Nodige idees
van onderwerp. Toepaslike idees ontwikkel. Sommige geldige idees.
Paragraaf- besonderhede. ontbreek. Sinne en
Uitsonderlike Sinne, paragrawe Sinne en paragrawe het
ontwikkeling en Samehangend. Sinne, paragrawe wemel
besonderhede. ontwikkel. Opstel foute. Opstel maak tog sin
sinskonstruksie. paragrawe logies en van foute. Opstel
Samestelling van sinne verstaanbaar. t. s. v. baie foute.
verskillend/verskeidenheid. maak nie sin nie.
en paragrawe uitstekend.
5 PUNTE
VERSPREIDING VAN
40–50 30–39 20–29 10–19 0–9
PUNTE

Bladsy 7 van 7 © Impaq

You might also like