Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

AFK1502 – Inleiding tot teksontwerp in Afrikaans

WERKOPDRAG 2 (Semester 1) - 2022

Dosent:
Dr E Lombard
012 429 6478
lombae@unisa.ac.za

Sperdatum:
7 April 2022

Unieke nommer:
166633

VRAAG 1

Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor
gestel word:

1. Om uit te stel is regtig so oud soos die berge. Die woord akrasia (om uit te stel)
het reeds in die tyd van Sokrates en Aristoteles bestaan. Die uitsteltegniek
behels dat nou-nou dikwels nooit word. Uitstel word maklik afstel! Om uit te stel
hou negatiewe gevolge vir jou lewe in en kan jou skuldig en selfs onbevoeg laat
voel.

2. Almal stel een of ander tyd iets uit. Ons vermy gereeld belangrike take wat ons
weet ons moet of behoort te doen. Miskien is dit ’n belangrike oproep wat jy moet
maak, of ’n probleem wat jy moet hanteer, of dokumente wat jy moet liasseer.
Dalk is dit jou klerekaste wat jy moet regpak of ’n tandartsafspraak wat jy bly
uitstel.

3. Uitstellers gebruik verskillende ontkenningstegnieke om hulle optrede te probeer


regverdig. Hulle is gewoonlik baie besig en probeer hulself en ander oortuig dat
dit wat hulle wel doen net so belangrik is as die take wat hulle eintlik moes doen.
Uitstellers voel dikwels dat omstandighede buite hul beheer hul verhoed om take
af te handel. Hulle vergelyk graag hulself met ander wat volgens hulle nog minder
as hulle daartoe in staat is om die werk gedoen te kry. Humor word ook ingespan
om die uitstellery te versag of te verbloem. Hulle vermy dit wat gedoen moet word
en ontvlug eerder ure op sosiale media, kuier, doen inkopies en spandeer ure se
tyd om oor onverwante kwessies op die internet te lees.
4. Seker die grootste gevolg van ’n uitstellery is skuldgevoelens tot die mate van
selfverlamming. Dit laat jou ook twyfel in jou vermoë om sukses te behaal. Dit
verlaag jou selfvertroue en steel selfs jou geluk en geleenthede om sorgeloos te
kan ontspan, want daar is altyd nog ’n belangrike taak wat jy eintlik moes doen.

5. Daar is verskillende tipe uitstellers. Die adrenalienverslaafde funksioneer


optimaal onder die adrenalien van die laaste minuut se druk. Die perfeksionis
stel te hoë standaarde en het onrealistiese verwagtinge. Min dinge word
afgehandel, want dit kan altyd nog beter wees. Die dromer sukkel om te fokus,
want daar is net te veel dinge wat sy/haar aandag aftrek. Die rebel het ’n passief-
aggressiewe ingesteldheid en weier om te doen wat ander verwag. Die
oordoener probeer om almal tevrede te stel, wil niemand teleurstel nie en sukkel
om grense te stel. Die jabroer belowe aanvanklik alles, maar lewer nie resultate
nie. Die kommerkous sukkel om besluite te neem en om rigting te kry.
6. Is dit moontlik om die uitstelgewoonte te oorwin? Jy kan eerstens erken dat jy ’n
uitstelprobleem het. Visualiseer wat jy wil regkry, aangesien jy die probleem wil
oplos. Begin dan prioritiseer en beplan. Dit help om jou doelwit aan ’n bepaalde
tydlyn te koppel. Plaas positiewe druk op jouself. Breek jou taak in haalbare en
hanteerbare dele op. Dit is belangrik om te probeer om die proses te geniet en
om dit te assosieer met positiewe optrede.

7. Is iemand wat uitstel noodwendig lui? Dit is belangrik dat uitstel van luiheid
onderskei word. Lui mense is gewoonlik passief en onwillig om dinge te doen.
Uitstellers, aan die ander kant, is aktief. Hulle fokus net nie op die take wat
prioriteit behoort te geniet nie. Prioriteite word vermy deur eers ander dinge te
doen. Dit is ’n algemene verskynsel dat mense ’n bietjie uitstel voor ’n tyd van
intense produktiwiteit. Waak daarteen om so dikwels uit te stel dat dit jou lewe,
loopbaan of verhoudings kniehalter.

1.1 Verskaf ’n elementêre bouplan vir bostaande teks. (8)

1.2 Skryf nou ’n kort samevatting van die teks. Die lengte moet ongeveer 170 woorde
wees. Die oorspronklike teks het altesaam 578 woorde. (10)

1.3 Skryf die volgende sinne oor in die passief: (4)

1.3.1 Plaas positiewe druk op jouself.


1.3.1 Breek jou taak in haalbare en hanteerbare dele op.

1.4 Bestudeer die volgende sin waarin daar ’n verbinder is wat ’n verhouding tussen
die sinsdele skep:

Visualiseer wat jy wil regkry, aangesien jy die probleem wil oplos.


1.4.1 Wat is die verbinder in bostaande sin? Skryf slegs die verbinder neer. (2)
1.4.2 Wat is die verhouding tussen die sinsdele? (2)

VRAAG 2

2.1 Verduidelik kortliks die dubbelsinnigheid wat in die volgende sin voorkom. (2)

Dit is die leerder wat die hoof uitgevang het.

2.2 Herskryf bostaande sin sodat die dubbelsinnigheid opgehef word. (2)

VRAAG 3

Kies telkens die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die
korrekte antwoord neer, bv. 3.7 taalvaardighede. (5)
3.1 Jou skoene (komplementeer / komplimenteer / kompliementeer) jou uitrusting.
3.2 Die hospitaal (akkommodeer / akomodeer / akommodeur) 56 pasiënte.
3.3 Hierdie boek is (interesant / interessant / interressant).
3.4 Jy moet asseblief al die feite (kontroleur / kontroleer / kontreleur).
3.5 Daar is spesialiste wat hierdie (tipe / tiepe / tieppe) operasies doen.

VRAAG 4

Kies EEN van onderstaande stellings. Skryf ’n paragraaf (lengte: 15 - 20 reëls) waarin
jy dit duidelik maak of jy met die betrokke stelling saamstem of nie. Gebruik gepaste
argumente in jou bespreking. (15)

4.1 Niemand wen ’n oorlog nie.


4.2 Dissipline in skole is iets van die verlede.
Totaal: [50]

ONTHOU ASB. OM DIE PLAGIAATVERKLARING WAT VOLG SAAM MET JOU


WERKOPDRAG IN TE STUUR.
WERKOPDRAG 2

Skandeer/tik en voltooi die plagiaatvorm. Stuur dit saam met


Werkopdrag 2 in.

VERKLARING

Naam: ……………………………………………

Studentenommer ………………………………

Kursuskode: ……………………

Werkopdragnommer: ……

Ek verklaar dat hierdie werkopdrag my eie, oorspronklike werk is. Waar


ek bronmateriaal gebruik het, is dit volledig en volgens die
departementele voorskrifte erken. Ek begryp wat plagiaat beteken en is
bewus van die departementele beleid daaromtrent.

Naam en van: ……………………………….

Datum: ………………………………………..

KONTROLELYS JA NEE

1 Ek het alle bronmateriaal wat ek gebruik het


(studiegids, studiebrief, internet, ander bronne) erken.
2 My werkopdrag bevat my eie bewoording ongeag of ek
in ’n groep saam met ander studente gewerk het of nie.
3 Ek het die bronne wat ek in my werkopdrag gebruik
het, aangedui deur die teks in aanhalingstekens te
plaas en/of deur verwysings volgens die
Harvardverwysingstegniek.
4 Ek het ’n bibliografie van alle bronne wat ek gebruik
het aan die einde van my werkopdrag ingevoeg.

You might also like