Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Igor Rix: Sport is die beste dwelm wat daar is.

Vandag gaan ek met julle bespreek hoekom sport die beste dwelm is.

Sport is nie net daar om ons aktief te hou nie, dit het ook ʼn impak op
ons liggaam, gedagtes en die gemeenskap.

Sport kan verslawend wees, soos dwelms, a.g.v. die positiewe


reaksies in die brein wat deur oefening veroorsaak word. Dit kan
doponiem , endorfiene, en ander neorochemichaliee vrylaat wat ʼn
gevoel van beloning en welstand skep.

Dit veroorsaak verlange om hierdie gevoelens te herhaal wat dan


afhanklikheid van sport veroorsaak. So kan jy verslaaf wees aan
sport. Bv. ek , wat nie kan wag vir volgende week se POLO nie. Die
verslawing is positief maar mens moet breuke vat van te veel
oefening, want dit kan skadelik wees.

Slide: Liggaam Sport is goed vir jou liggaam want dit het baie
gesondheid voordele. Sport verbeter jou fisiese kondisie, bv jou
spiere, ligamente en bene. Sport soos hardloop, swem en fietsry help
om jou hart en liggaam sisteem te versterk en die bloedsirkulasie te
bevorder.

Oefening verbeter ook jou immuunstelsel, wat help om jou liggaam


teen siektes te beskerm. Gereelde oefening help jou ook om jou
slaap patroon te verbeter.
Slide: Gedagtes Sport het ook ʼn groot invloed op jou emosionele
weerstand. Op hsbvoorwaards.co.za staan daar dat sport stimuleer
die vrystelling van endorfiene (jou liggaam se natuurlike goed voel
hormone). Dit het ʼn positiewe invloed op jou gemoedstoestand.

Dit kan help om stres en angs te verminder. Die fokus op die


aktiwiteit en die vrylating van spanning kan ʼn kalmerende effek op
jou gedagtes gee. Die bereiking van doelwitte en die verbetering van
jou fisiese kondisie kan jou selfvertroue en selfbeeld ook verhoog.

Slide: Gemeenskap Sport bevorder sosiale interaksie en


samewerking tussen mense in die gemeenskap. Dit skep geleenthede
vir mense om te ontmoet en nuwe vriende te maak. Dit skep ook
geleenthede vir jongmense om lewensvaardighede soos leierskap,
dissipline, samewerking en respek.

Sport bring mense van verskillende kulture en agtergronde saam.


Jesse Owens het gesê, “Friendships born on the field of Athletic strive
are the real Gold of competition. Awards become corroded, friends
gather no dust”

Dankie

You might also like