Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 17

2023 AFRIKAANS HUISTAAL

Studiegids (Voorgeskrewe Gedigte )

Verse in my inboks: ʼn Poësie-handleiding vir


Afrikaans Huistaal Graad 12
Saamgestel deur Philna Scholtz en Elza Vorster, Vivlia, 2016.
GEDIG 2
Die bokser
Ernst van Heerden
AGTERGROND
• Ernst van Heerden is op 20 Maart 1916 in Pearston (Oos-
Kaap) gebore.
• Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en ook aan
die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam.
• Hy ontvang verskeie literêre pryse, o.a. die Hertzogprys vir Die
klop in 1962.
• Gedigte oor liggaamlikheid en sportfigure vorm ʼn belangrike
deel van sy oeuvre. In 1948 verwerf hy internasionale
bekendheid met die toekenning van 'n Olimpiese Spele-
silwermedalje vir sy Ses gedigte.
• Hy is al Afrikaans se sportdigter genoem. In sy sportgedigte
word die sportman altyd teenoor ʼn opponent gestel. Die sport
word die simbool van die lewe, van die stryd van die mens.
Die bokser
Ernst van Heerden
1. Die grense van die klein kryt
2. is hellende onvastigheid,

3. waar wit bors fier teen wit bors staan


4. en skim teen skim die skynhou slaan;

5. die lyf word wieging – ritmies, sterk –


6. tot skerm en liemaak ingeperk;

7. vier donker oë blits fel en woes,


8. wyl twee gedaantes mik en koes;

9. maar elk groteske vuis se smak


10. laat lis en weerstand verder knak …
Die bokser
Ernst van Heerden
11. die liggaam is so rank gebou
12. en weerloos teen dié man se hou;

13. tog sal my mokerslag hom tref


14. waar hy hom vaag en grynsend hef,

15. sy beeld versplinter in die glas


16. waar netnou my gestalte was;

17. ʼn flikker-weerskyn word verskerf,


18. ʼn lyf stort soos ʼn koring-gerf …

19. Wie is die man wat roerloos lê,


20. wie’t ʼn bekende naam gesê?

21. Waarom die skaar aan’t roep en fluit,


22. en waarom flakker ligte uit …?
[Uit: Verklaarde nag, 1946]
TEMA en BOODSKAP

Tema: Weerloosheid/aftakeling van die


mens.
Boodskap: Die lewe is eintlik maar ʼn
boksgeveg - die dood is uiteindelik die
wenner.
Lewenswaarheid: die mens (bokser) is
weerloos teen die aanslae van die lewe
(opponent).
Al baklei die mens hoe hard, sal die mens
uiteindelik die knie voor die dood moet buig.
DIGVORM
ALLEGORIE
ʼn metafoor wat deur die hele
gedig volgehou word

11 rymende (paarrym)
koeplette.
ANALISE
• Titel: Die titel suggereer dat die gedig handel oor ʼn persoon
wat boks as sport beoefen.
• Versreël 1 verwys letterlik na die tou van die kryt wat grense
stel. Die bokser mag nie daarbuite boks nie. Dit dui dus op die
beperkte ruimte/afgebakende gebied waarin die geveg
plaasvind. Simbolies dui dit op beperkings, reëls waarbinne die
geveg van die lewe plaasvind.
• Die twee boksers slaan aan die begin net so voel-voel, voordat
die werklike harde houe begin. (versreël 3 en 4).
• Die s-alliterasie “skim teen skim die skynhou slaan” (versreël
4) word gebruik om die groter krag van die houe aan te dui.
• In versreëls 5 – 8 word die skermgeveg tussen die boksers
uitgebeeld.
ANALISE
• Die woord ”maar” in versreël 9 dui ’n wending aan: die werklike
geveg begin nou.
• In versreëls 13 tot 19 raak die spreker fisies betrokke by die
geveg.
• Die woorde ”versplinter” en “verskerf” (versreëls 15 en 17) dui
op gebrokenheid en breekbaarheid. “versplinter” dui ook
disoriëntasie aan.
• In versreël 18 word die bokser se lyf met ʼn koringgerf vergelyk.
Die bokser se lyf val op die krytvloer soos wat ʼn koringgerf val
as dit afgesny/afgekap word.
ANALISE
• Die retoriese vrae (versreëls 19 – 22) betrek die leser by die
gebeure.
• Volgens versreëls 19 tot 22 verloor die bokser sy bewussyn en
nou is daar ’n buitestander aan die woord.
• Die woorde “flakker ligte uit ...” dui op die dood.
Innerlike bou:
• Versreëls 1-10: spreker is objektief. Hy neem slegs as
buitestander waar.
• Versreëls 11-12: die spreker verwys na die liggaam en begin
betrokke raak.
• Versreëls 13-18: die spreker is subjektief, raak fisies betrokke
by die geveg.
• Versreëls 21-22: die bokser is bewusteloos en ʼn buitestander
vertel die storie.
BEELDSPRAAK
Metafoor: Die bokskryt is ʼn metafoor van die lewe. Die
kryt is onvas/onseker en kan enige oomblik omval.
Netso is die lewe onseker en vol uitdagings. Die mens is
gereed en veglustig, maar die aanslae van die lewe
maak jou weerloos
Vergelyking: In versreël 18 word die bokser se lyf
vergelyk met ʼn koringgerf. Die bokser se lyf val op die
krytvloer soos wat ʼn koringgerf val as dit
afgesny/afgekap word.
STYLFIGURE EN LEESTEKENS
Regressie: Daar is duidelike regressie
(agteruitgang) in die gedig: skynhou (versreël 4) –
mokerslag (versreël 13) – roerloos lê (versreël
19)
Klanknabootsing: “smak” (versreël 9) dui op die
geluid wat die bokshandskoene met elke trefslag
maak
Elisie: “wie’t” (versreël 20) ʼn lettergreep word
weggelaat om by die ritme van die gedig aan te
pas.
STYLFIGURE EN LEESTEKENS
Ellips (beletseltekens):
• In versreël 10: suggereer die opponent wat
stadigaan verswak.
• In versreël 18: suggereer die dramatiese
neerstort van die uitgeslaande bokser
• In versreël 22: dui aan dat die bokser besig is
om sy bewussyn te verloor. Dit word deur die
woorde “flakker ligte” beklemtoon.
Herhaling: Die herhaling van “Wie” (versreël 19 -
20) beklemtoon die onsekerheid van die spreker.
TOON en STEMMING

Toon: angstig, spannend,


amper wreedaardig

Stemming: hartseer,
donker
Aktiwiteit
Kontekstuele vrae

1 Die bokskryt is ʼn metafoor van die lewe.


. Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (2)
2 In hierdie gedig tref ons duidelike agteruitgang
. aan. Dui die regressie kortliks stapsgewys aan
deur woorde uit drie versreëls aan te haal. (3)
3 Die woord “teen” word in versreël 4 en 12
. gebruik. Vergelyk die gebruik van die woord
“teen” in hierdie 2 versreëls en verduidelik die
verskil. (2)
4 Elke koeplet se eindrym is paarrym. Baie van
. die rymwoorde is werkwoorde. Wat is die
funksie daarvan? (2)
5 Watter lewenswaarheid kon jy uit hierdie gedig (1)
. leer? Totaal: 10
Aktiwiteit

Literêre opstel
In die gedig Die bokser wissel die spreker se rol van toeskouer tot
deelnemer tot waargeneemde.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250 – 300 woorde. [10]
Copyright © Department of Basic Education 2022
222 Struben Street, Pretoria, South Africa
Tel: (012) 357 4183 / 012) 357 3811
http://www.education.gov.za
Call Centre: 0800202933

You might also like