Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Wiskunde gr 10 Toets/Opdrag Finansies en Groei KW3 edwardsmaths 2022

Graad 10 Wiskunde
Toets/Opdrag
Kwartaal 3-2022

Eksaminator:
Moderator:
Totaal : 35
Tyd: 40 min

Hierdie vraestel bestaan uit 3 bladsye.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 4 vrae.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Dui ALLE berekeninge, diagramme, grafieke, ensovoorts wat jy in die bepaling van jou antwoorde
gebruik het, duidelik aan.
5. Volpunte sal NIE noodwendig aan antwoorde alleen toegeken word NIE.
6. Jy mag 'n goedgekeurde, wetenskaplike sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) gebruik,
tensy anders vermeld.
7. Indien nodig, rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders vermeld.
8. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
9. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
10. Skryf netjies en leesbaar

Vraag 1

Zach hou daarvan om te reis. Hy het R5 000 gespaar as sakgeld vir sy vakansie in Australië
aan die einde van 2015 .

1.1 Zach soek die wisselkoers op die Internet op. Gebruik die inligting in die tabel hieronder en
bereken hoeveel Australiese dollar Zach vir R5 000 kan koop.

(2)

1.2 Zach beplan om aan die einde van 2018 weer na Australië te reis.

p. 1 of 3
Wiskunde gr 10 Toets/Opdrag Finansies en Groei KW3 edwardsmaths 2022

1.2.1 Aanvaar dat die gemiddelde jaarlikse inflasiekoers in Suid-Afrika 6 , 1 % in die volgende 3
jaar sal wees. Watter bedrag geld sal in 2018 ekwivalent aan die waarde van R5 000 tans
wees? (3)

1.2.2 Zach beplan om op 1 Desember 2016 en op 1 Desember 2017 gelyke bedrae in 'n
spaarrekening te belê om teen 1 Desember 2018 R5 980 bymekaar te hê. Indien hierdie
rekening rente verdien teen 'n koers van 9% p.j. jaarliks saamgestel, hoeveel geld moet
Zach elke keer in die rekening deponeer? (4)

[9]

Vraag 2

Lees die advertensie hieronder.

Koop 'n Samsung J5 vir slegs

R229 per maand.

Jy het 24 maande om te betaal.

Geen deposito is nodig nie.

2.1 Bereken die totale bedrag wat oor 'n tydperk van 24 maande betaal moet word. (1)

2.2 Die maandelikse paaiement wat in die advertensie gekwoteer word, word op ' n
huurkoopooreenkoms bereken wat rente van 7 , 5 % p.j. op die kontantprys van die selfoon
hef. Toon dat die selfoon se prys R4 779,13 is. (3)
2.3 Bereken die totale rente wat oor 'n tydperk van 24 maande betaal word indien die selfoon
met hierdie huurkoopooreenkoms gekoop word.
(1)
2.4 Die selfoon word teen 11, 5 % p.j. van die kontantprys verseker. Die totale versekering
word bereken en dan oor 24 maande gedeel. Daarna word dit by die maandelikse
paaiement gevoeg. Bereken die nuwe maandelikse paaiement indien die klant die selfoon
(3)
wil verseker.
2.5 Die koste van die selfoon is onderhewig aan inflasie en neem na 2 jaar tot ' n kontantprys
van R5 100,00 toe. Bereken die jaarlikse inflasiekoers.
(4)

[12]

p. 2 of 3
Wiskunde gr 10 Toets/Opdrag Finansies en Groei KW3 edwardsmaths 2022

Vraag 3

Mev. Grey het sewe jaar gelede besluit om R18 000 in 'n bankrekening te belê wat
eenvoudige rente teen 4 , 5 % p.j. betaal het.

3.1 Bereken hoeveel rente mev. Grey in die sewe jaar verdien het. (2)

3.2 Mev. Grey wil 'n televisiestel koop wat tans R 27660 , 00 kos. Indien die gemiddelde
inflasiekoers die laaste 5 jaar 6 , 7 % p.j. was, bereken wat die televisiestel 5 jaar gelede sou
gekos het. (3)

3.3 Teen watter eenvoudige rentekoers moes mev. Grey 7 jaar gelede haar geld belê het as sy
beplan om nou die televisiestel te koop deur slegs haar oorspronklike belegging van
R18 000 en die rente verdien in die laaste 7 jaar te gebruik? (3)

[8]

Vraag 4

Peter wil 'n rekenaar, wat R7 950 kos, volgens 'n huurkoopooreenkoms koop. Die
voorwaardes van die ooreenkoms is:

 Peter moet ' n deposito van 25 % van die koopprys betaal.

 Rente van 15% per jaar, eenvoudige rente op die balans, word gevra.

 Hy moet ook 'n verpligte maandelikse versekeringspremie van R70,75 betaal.

 Die balans moet in maandelikse paaiemente afbetaal word.

4.1 Bereken die balans nadat Peter die deposito betaal het. (2)

4.2 Indien die balans binne 24 maande afbetaal moet word, bereken Peter se totale
maandelikse paaiement.
(4)

[6]

p. 3 of 3

You might also like