Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

– Demokrasie en burgerskap

Suid-Afrika het vir baie jare ‘n regering gehad wat onregverdige wette gemaak het. Mense wat nie
wit

was nie mag nie gewoon het, studeer het of gewerk het waar hulle wou nie. Hulle kon nie vrylik rond

beweeg of met wit mense meng nie. Hulle is ook nie toe gelaat om te stem nie. Hierdie jare was

Apartheid genoem.

Demokrasie: ‘n Regeringstelsel in ‘n land waar almal kan stem om die nuwe president te verkies

Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een
party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media.

Toepassing van wette voor en na 1994

Die meeste mense het nie voor 1994 regte gehad nie. SA word nie

deur 'n demokratiese regering regeer nie.

• Die meeste mense mag nie stem nie.

• Baie mense het nie regte gehad nie – apartheid

Slegs blankes mag stem.

• Die meeste mense was nie vry om hul mening in die koerante of

op die radio of op die TV uit te spreek nie.

• Daar was wette, onbillike apartheidswette, wat beteken het dat u in

die gevangenis kon gaan as u nie met die regering saam stem nie.

• Mense is gemartel en gedwing om die land te verlaat as hulle nie

saamstem of selfs dood gemaak is nie.

Toe SA in 1994 'n demokrasie word, moes die land 'n nuwe grondwet

opstel om die regte van almal te beskerm.

• In Desember 1996 is die nuwe grondwet aanvaar.

• Almal, die President ingesluit, moet die grondwet nakom.


Bantoe-onderwys”

“Bantoe” is ‘n volkekundige term wat na die swart bevolking van sub-Sahara Afrika verwys. Dit is in
die 1950’s as ‘n meer aanvaarbare term as “naturelle” of in Engels “natives” beskou en daarom deur
die regering gebruik.

Bantoe-onderwys moes ten bate van swart leerlinge, onder beheer van ouerliggame, en sover
moontlik deur swart onderwysers aangebied word. Moedertaalonderrig, as ‘n middel tot skolastiese
aanpassing en kontinuïteit tussen huis en skool, is tot die hoogste moontlike vlak nagestreef. Ten
spyte van vrese, moes waarnemers erken dat die standaard van sillabi nie vir dié van blanke
onderwys teruggestaan het
Almal het die reg tot onderwys en opvoeding –

Die ideaal van betekenisvolle vryheid en gelykheid in die opvoeding en onderwys vir

alle burgers in Suid-Afrika en die wyse waarop elke burger se potensiaal teen volle

ontsluit en ontwikkel moet word ter vestiging van 'n ware demokratiese gemeenskap,

Gelyke geleenthede vir alle persone – Almal is gelyk voor die wet

Die beginsel van gelykheid en geregtigheid wat alle mense toekom, is 'n kernbeginsel

van enige demokrasie. Dit beteken wesenlik dat alle mense afgesien van ras, kleur,

geslag of geloof dieselfde en gelyke politieke, ekonomiese en opvoedingsgeleenthede

gebied moet word. Artikel 8 van die 1993-Grondwet van Suid-Afrika beklemtoon ook

die gelykheid van alle persone

Die regstelsel en gelykheid onder die reg

• Geregtigheid beteken wat regverdig of reg is.

• Wanneer iemand van ‘n misdaad verdink word, maak die regstelsel seker dat hulle regverdig en

gelyk behandel word. (Mense moet eers in die hof getuig voordat hulle skuldig of onskuldig

behandel kan word).

Toepassing van Wette voor 1994

• In die Apartheidsjare was die regstelsel nie regverdig teenoor almal nie.

• Mense is dikwels in die tronk gegooi, geslaan of doodgemaak sonder dat hulle hulself in die hof

kon verdedig.

• Vandag het die Grondwet van Suid-Afrika wette wat verseker dat almal regverdig behandel

word.

• Die hof moet almal dieselfde behandel maak nie saak of hulle arm of ryk, manlik of vroulik, ‘n

ander ras of kultuur is nie.

- Vryheid van beweging en behuising Artikel 2 deel 39


Regte en verantwoordelikhede van burgers in ‘n demokrasie

Regte: Die dinge wat mense toegelaat word om te doen of te hê.

Verantwoordelikhede: Die dinge wat van mense verwag word om te doen.

Bronnelys:

Wikipedia woordeboek

Delta Primary History workbook

Platinum handbook

Maroela Media

Justice.gov.za

You might also like