Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

ONDERWERP 1 AKTIWITEIT

1.1 Identifiseer die Wet wat deur Dinaledi BPK geïmplementeer is in elke stelling
hieronder:

1.1.1 Mense van verskillende rasse is die geleentheid gegee om aansoek te doen
vir 'n vakante pos.
1.1.2 Kliënte is opgevoed oor die maatskappy se produkte.
1.1.3 Nuwe werknemers is die geleentheid gebied om indiensopleidingskursusse by
te woon.
1.1.4 Themba is aangeraai om te eis vir beserings wat opgedoen is tydens die
uitvoering van sy pligte.
1.1.5 Die maatskappy is by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer.

1.2 Verduidelik die verskil tussen die NKW en die WVB.

2. Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg: (Nov 2017)

JOKO TRENDY BAGS (JTB)


Joko Trendy Bags ontwerp en vervaardig modieuse
handsakke. Hulle het 50 werkers in diens, wat toegelaat word
om by 'n vakbond van hulle keuse aan te sluit. JTB se bestuur
los werkverwante dispute deur statutêre versoening, bemiddeling
en arbitrasie op.

2.1.1 Identifiseer die Wet wat op JTB van toepassing is. Haal uit die
scenario hierbo aan om jou antwoord te staaf. (3)

2.1.2 Bespreek die negatiewe impak van die Wet wat in VRAAG 2.4.1
geïdentifiseer is, op JTB as 'n besigheid. (8)

3.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg:

HARWICH VERVAARDIGERS (HV)

Harwich Vervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van winterklere. Die


bestuur van HV het vyftig werkers in diens wat nie toegelaat word om by 'n
vakbond aan te sluit nie. Krediet word aan kliënte toegestaan sonder om hul
finansiële status te kontroleer.
3.1.1 Identifiseer TWEE Wette wat van toepassing is op die bostaande scenario.
Haal aan uit die bostaande scenario om jou antwoord te ondersteun. (6)

3.1.2 Adviseer HV oor hoe om te voldoen aan die Wette wat in VRAAG 3.1.1
geïdentifiseer is. (12)

3.1.3 Noem TWEE strawwe wat HV in die gesig staar deurdat die
sakeonderneming nie aan die Wette geïdentifiseer in VRAAG 3.1.1.voldoen
nie. (4)

3.1.4 Stel praktiese maniere voor waarop besighede aan die Wet op Gelyke
Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) kan voldoen. (6)

4.1 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

Besighede is verplig om seker te maak dat werknemers in 'n


veilige omgewing werk en dat werkplekbeserings aangemeld word.

4.1.1 Identifiseer die Wet wat op die stelling hierbo van toepassing is.
(2)

4.1.2 Beskryf in breë trekke DRIE handelinge wat as diskriminerend


beskou kan word, met verwysing na die Wet wat in VRAAG
3.2.1 geïdentifiseer is. (6)
WET OP BASIESE
DIENSVOORWAARDES
1.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

AFRIKAANS:

WoBD – (Variasies in basiese diensvoorwaardes III)


Variasies deur kollektiewe ooreenkomste wat buite die
bedingingsraad onderhandel is:
 Gemiddelde aantal werksure
 Gesinsverantwoordelikheidsverlof
 Aftrekkings van werknemer se loon
 Korter kennisgewingperiode met diensbeëindiging
 Afskaffing van arbeidsinspekteur se bevoegdheid om
nakomingsbevel uit te reik indien kollektiewe
ooreenkoms voorsiening maak vir arbitrasie
 Sekere diensvoorwaardes binne die perke wat deur
die WoBD gestel word, bv. oortyd, weeklikse
rusperiodes, Sondagwerk en siekverlofbetaling
2.1.1 Haal VYF bepalings van die WoBD aan uit die bostaande foto/blokkie. (5)

2.1.2 Verduidelik die bepalings soos aanghehaal in 2.1.1 (10)

2.5 Identifiseer die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes


(WoBD),1997 (Wet 75 van 1997) waaraan Faaried Bakkery voldoen het in
ELKE geval hieronder: (Nov 2017)

2.5.1 Daar word van werknemers verwag om agt ure per dag vir ses dae te
werk.
2.5.2 Een van die manlike werknemers het drie dae verlof geneem na die
geboorte van sy kind.
2.5.3 Werknemers word toegelaat om ’n 60 minuut-pouse te neem nadat
hulle vir vyf ure gewerk het.

2.5.4 Bestuur neem nie werkers jonger as 16 jaar oud in diens nie.

2.5.5 Werknemers word gewoonlik nie toegelaat om meer as tien ure


ekstra per week te werk nie. (10)
WET OP
VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
2.2 Evalueer die impak van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WoV),
1998 (Wet 97 van 1998) op besighede. (Feb/Mrt 2018)
(10)

WET OP NASIONALE KREDIETWET


2.3 Evalueer die impak van die NKW op besighede. (Feb/Mrt 2018) (8)
Aktiwiteit 3

Verduidelik hoe besighede die volgende pilare van BBSEB kan toepas:

4.1.1 Onderneming- en verskaffersontwikkeling

4.1.2 Bestuur en beheer

4.1.3 Vaardigheidsontwikkeling

4.1.4 Eienaarskap (16)

4.2 Identifiseer die betrokke pilaar van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) waaraan Abil Bricks & Tiling
Bpk. in ELKE geval hieronder voldoen het.

4.2.1 Thandi en Tsego is tot senior poste bevorder.

4.2.2 Voorheen benadeelde werknemers is uitgenooi om aandele in die


maatskappy te koop.

4.2.3 Werknemers word aangemoedig om gereeld opleidingsessies by te


woon.

4.2.4 Die menslikehulpbronbestuurder maak seker dat almal 'n gelyke


geleentheid gebied word om vir 'n vakante pos aansoek te doen.

(4 x 2) (8)

4.3 Evalueer die impak van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
Bemagtiging, 2003 (aangepas in 2013), op besighede. (8)

4.4 Bespreek die rol / funksies van SOOO’s (SETA’s) (10)

You might also like