Rek gr10 Notas Teorie

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

Hoofstuk 1

Inheemse rekeningkundige stelsels en informele ondernemings.


Sleutelbegrippe:
 Inheemse rekeningkundige stelsels - is maklik om te administreer. Die stelsel word
gewoonlik deur die eienaar van die onderneming volgens die behoeftes van die
onderneming ontwerp. Die optekening van dokumentasie is eenvoudig en minimale
rekords word gehou.
 Formele boekhouding - het ’n meer gestruktureerde benadering aangesien dit
voldoen aan die beginsels van AARP en deur rekeningkundige norms en standaarde
beheer word.
Kontraste tussen formele en informele rekeningkundige stelsels.
Begrip Formele rekeningkunde Inheemse rekeningkunde
Kapitaal Kapitaal word deur die eienaar voorsien of Die eienaar is die enigste een wat kapitaal belê of
van beleggers of aandeelhouers verkry. wat 'n persoonlike lening by 'n bank kry om die
onderneming te begin. Vriende en familielede kan
ook vir die eienaar geld leen om as
aanvangskapitaal te gebruik.
Ontrekkings Sommige formele ondernemings laat nie die Die eienaar sal geld trek wanneer hy dit nodig het
eienaar(s) toe om onttrekkings te maak nie, om vir persoonlike uitgawes te betaal.
veral nie in 'n maatskappy (publiek of privaat)
nie.
Vaste Bates Hierdie items is vir die onderneming Vaste bates word dikwels as 'n eenmalige uitgawe
waardevol en sal oor die lewensduur van die hanteer en dra geen waarde tot die onderneming
bate, waarde verloor (depresiasie of by nie.
waardevermindering).
Voorraad Voorraad is 'n bate in die onderneming se Voorraad aangekoop word hanteer as 'n
boeke. Voorraad word gekontroleer en kontantbetaling of as 'n uitgawe. Voorraad word
akkurate rekords word gehou van voorraad veilig gehou en 'n informele rekord mag gehou
aangekoop en verkoop. word van voorraad aangekoop en verkoop.
Bankrekening Die onderneming sal sy eie bankrekening in Die bankrekening sal in die naam van die eienaar
die naam van die onderneming hê, soos 'n wees. Die besigheidentiteitsbeginsel geld nie hier
rekening in Pick n Pay se naam. Dit is omdat nie.
die besigheidentiteitsbeginsel hier geld.
Krediet Die onderneming verkoop op krediet en koop Die meeste transaksies is kontanttransaksies. Die
ook op krediet. Debiteure en krediteure word eienaar sal beslis nie op krediet verkoop nie. Hy
streng geadministreer en gemonitor en mag egter 'n strokie-stelsel (’tab’) instel
kontroles is streng. waarvolgens kredietverkope informeel in 'n
notaboekie opgeskryf word
Inkomste Verkope word gemonitor deur geld wat in die Inkomste word ook net informeel in 'n notaboekie
kontantlaai ontvang word, asook fakture wat opgeskryf, of dit word soms glad nie opgeskryf
vir kredietverkope uitgeskryf word. nie. In hierdie geval is inkomste bloot die geld
wat die dag vir verkope ontvang is.
Uitgawes Uitgawes word gemonitor en voor begroot en Uitgawes word dikwels in kontant betaal.
moet in verhouding wees tot die inkomste
verdien.
Wins Verkope min Koste van verkope = Bruto wins Geld wat ontvang word vir voorraad min geld wat
min Uitgawes = Netto wins vir voorraad betaal is min enige ander
besigheidsuitgawes = Wins Soms word geld wat
oor is na aankope en nadat alle uitgawes betaal is
as wins gesien.
Verkoopprys Verkoopprys word vasgestel deur winsopslag Verkoopprys word bepaal deur die vraag na die
(wins byvoeging) uit te werk en deur die produk en die prys waarvoor mededingers die
bedryf waarin die onderneming werksaam is produk verkoop. Byvoorbeeld, by 'n vlooimark
te monitor. Byvoorbeeld, 'n onderneming wat word identiese items teen dieselfde of naastenby
televisiestelle verkoop sal kyk waarvoor dieselfde prys verkoop.
ander soortgelyke ondernemings hulle
televisiestelle verkoop en sy eie prys in
ooreenstemming met dié van sy mededingers
hou.
Koste van verkope Rekords word gehou van koste van verkope Geen rekord word gehou van koste van verkope
(as die onderneming die deurlopende nie, aangesien die onderneming nie gewoonlik
voorraadstelsel gebruik). Deur verkope min streng rekord hou van aankope of verkope nie.
koste van verkope te gebruik, kan die
onderneming hulle bruto wins bepaal.
Arbeidskoste Koste word bepaal deur produksievlakke of Die eienaar is dikwels die enigste persoon wat in
uitsetvereistes. Met ander woorde, die die onderneming werk en hy sy is bereid om lang
onderneming sal sy arbeidsvereistes ure te werk om alles gedoen te kry, byvoorbeeld,
sorgvuldig oorweeg en mense aanstel om aan 'n kleremaker.
die vereistes te voldoen.

Hoofstuk 2
Etiek
Sleutelbegrippe:
 Etiese kode – ‘n geskrewe stelsel van standaarde van etiese gedrag
Basiese beginsels van etiek:
1. Integriteit
2. Objektiwiteit
3. Profesionele bevoegdheid en behoorlike sorg
4. Vertroulikheid
5. Professionele gedrag
6. Tegniese standaarde
Kenmerke van goeie etiese leierskap
1. Dissipline
2. Deursigtigheid
3. Rekenpligtigheid
4. Regverdig
5. Volhoubaarheid
6. Onafhanklikheid
7. Verantwoordelike bestuur

Hoofstuk 3
Beginsels van AARP
Sleutelbegrippe:
 AARP (Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk) - is ’n stel reëls,
prosedures en riglyne wat rekeningkundiges volg in die optekening en verslagdoening
van finansiële inligting.
DOEL VAN AARP: om te verseker dat finansiële inligting akkuraat, relevant en betroubaar
is, en dat finansiële state op ’n konsekwente, uniforme en betekenisvolle wyse opgeteken
word.
Basiese beginsels van AARP
1. Besigheidsentiteitsbeginsel
Die ondernemingsentiteitsbeginsel bepaal dat ’n onderneming funksioneer as ’n
aparte finansiële entiteit as sy eienaars of as enige ander onderneming of organisasie.

Byvoorbeeld:
Al betaal die eienaar haar selfoonrekening met ‘n besigheidstjek, teken sy nie hierdie
bedrag as ‘n uitgawe vir die onderneming aan nie.

2. Historiese koste-beginsel
Die historiese-koste-beginsel bepaal dat bates teen die historiese waarde gewaardeer
moet word.
Die bates moet aangeteken word teen die bedrag wat oorspronklik vir hullej betaal is.

Byvoorbeeld:
Die onderneming se fabriek het ‘n merkwaarde van R600 000, maar in die boeke lys
die rekenmeester dit steeds as R120 000, die bedrag waarteen dit agt jaar vantevore
gekoop is.

3. Lopende saak-beginsel
Die lopende saak-beginsel bepaal dat die finansiële state van ’n onderneming
voorberei moet word op die aanname dat die onderneming sal aanhou handeldryf in
die voorsienbare toekoms.

Byvoorbeeld:
‘n Maatskappy koop toerusting vir R300 000. Aan die einde van die jaar het hulle
slegs 10% van die toerusting gebruik. Aangesien die maatskappy voortbestaan, sal die
maatskappy dit in die toekoms gebruik. Aan die einde van die jaar

4. Die Toevalligheidsbeginsel (“paringsbeginsel”)


Die toevallingsbeginsel (“paringsbeginsel”) bepaal dat inkomste en uitgawes in die
korrekte tydperk erken en opgeteken moet word.

Byvoorbeeld:
Wanneer goedere op krediet verkoop word, word die bedrag op die faktuur in die
boeke aangeteken as inkomste vir die dag, al is geen geld ontvang nie.

5. Wesenlikheidsbeginsel
Die wesenlikheidsbeginsel bepaal dat alle betekenisvolle inligting in die finansiële
state getoon moet word, terwyl items wat nie betekenisvol is nie, nie apart getoon
hoef te word in die finansiële state nie.

Byvoorbeeld:

6. Omsigtigheidsbeginsel
Die omsigtigheidsbeginsel bepaal dat rekenmeesters konserwatief moet wees in die
voorbereiding van finansiële state en dat hulle versigtig moet wees om nie bates en
inkomste te oorbeklemtoon nie, en nie laste en uitgawes te onderbeklemtoon nie.

Hoofstuk 4
Interne kontroles
Daar is 4 soorte kontroles:
 Voorkomende kontroles
 Opsporingskontroles
 Regstellende kontroles
 Aanwysende kontroles
Basiese prosesse vir interne kontroles:
1. Kontrole vir kontantontvangste
 Kontantontvangste moet fisiek beveilig word sodat dit nie gesteel of verloor
word nie (kluis).
 Vergelyk die kontantontvangste met die KOJ en depositostrokies.
 Skei die kontantontvangste van die funksie van kontantbetalings.

2. Kontrole vir kontantbetalings


 Bankrekonsiliasies moet maandeliks gedoen word deur iemand anders as die
persoon wat gemagtig is om die tjeks te teken.
 Pligte moet duidelik geskei word: verkillende persone moet tjeks voorberei,
tjeks teken, bakstate rekonsilieer en toegang tot kontantontvangste hê.

3. Kontrole vir kleinkas


 Die kleinkas moet fisiek beveilig word sodat dit nie gesteel of wegraak nie.
 Die kleinkas moet afsonderlik van wisselgeld gehou en gebruik word.
 Toegang tot die kleinkas moet beperk wees tot een persoon wat die
kleinkaskassier genoem word).
 Daar moet ‘n beperking wees op die bedrag wat uit die kleinkas verged kan
word.
 Wanneer die kleinkas aangevul word, moet fakture, kwitansies en bewyse deur
iemand anders as die kleinkaskassier met die kleinkas gerekonsilieer word.

4. Kontrole vir debiteure


 Rente moet op agterstallige rekeninge gehef word.
 SMS/Boodskap debiteure gereeld om hulle te herinner van hulle agterstallige
rekeninge.
 Gee karting vir voorafbetaling van rekeninge.

5. Kontrole vir krediteure


 Die hoeveelhede goedere wat ontvang word, moet teen die facture van die
krediteure kontroleer word.
 Pligte moet behoorlik geskei word – dieselfde persoon moet nie vir die
aankoop en ontvangs van goedere verantwoordelik wees nie.
 Rekeninge wat betaalbaar is, moet so laat moontlik betaal word sonder om
rente daarop te betaal.

6. Kontrole vir vaste bates


 Vaste bates moet fisiek beveilig word sodat dit nie gesteel of verloor word
nie.
 Gedetailleerde rekords moet van vaste bates gehou word.
 Hierdie rekords moet van tyd tot tyd teen fisiese voorraad gekontroleer word.

7. Voorraadkontroles
 Gedetailleerde deurlopende voorraadrekords moet in stand gehou word en
enige bewegings van voorraad moet onmiddellik in die korrekte joernaal
opgeteken word.
 Hierdie rekords moet van tyd tot tyd deur ‘n fisiese voorraadopname
gekontroleer word.
 Voorraad moet teen diefstal, beskadiging en verlies beveilig word.
 Toegag tot voorraad moet beperk word en onder toesighouding plaasvind.

Hoofstuk 5
Finansiële rekeningkunde van ‘n alleenhandelaar
Sleutelbegrippe:
 Rekeningkunde: manier om finansiële inligting te kommunikeer of oor te dra aan
diegene wat dit nodig het.
Notas oor rekeningkundige begrippe!!!!
Beleggings
 Beleggings is bates, want dit verteenwoordig geld wat die onderneming belê of
“oploop” in ‘n beleggingsrekening.
Likiditeit
 Likiditeit, of om likied te wees, verwys na hoe naby die onderneming daaraan is om
sy bates in kontant om te sit. ‘n Onderneming benodig kontant om sy
korttermynverpligtinge na te kom.
BATES EIENAARSBELANG LASTE
NIEBEDRYFSBATES Kapitaal NIEBEDRYFSLASTE
Vaste/tasbare bates Onttrekkings – Verbandlening
– Grond en geboue – Lenings
– Voertuie Inkomste-rekeninge - Langtermynlening
– Toerusting – Verkope
Beleggings – Bedryfsinkomste BEDRYFSLASTE
– Vaste deposito – Huurinkomste – Krediteure
– Oortrokke bank
BEDRYFSBATES Bedryfsuitgawes -Bankoortrekking
(3 hoofsoorte kontant, – Koste van verkope - Korttermynlenings
handelsvoorraad, debiteure) –Skryfbehoeftes
–Handelsvoorraad – Advertensies/Reklame
– Debiteure – Posgeld
– Bank – Salarisse & Lone
– Wisselgeld – Handelslisensie
– Kleinkas –Verpakkingsmateriaal
– Telefoon
– Huuruitgawe
– Eiendomsbelasting
- Water en elektrisiteit
- Onderhoudskoste
Die rekeningkundige siklus:
5.
Die Algemen grootboek 6.
word gebalanseer en die Die saldo’s word na 1.
totale bereken. die proefbalans Transaksie
oorgeplaas. vind plaas.

4.
Die joernale word oorgeboek 2.
Waarom
na die AlgemeneisGrootboek
rekeningkunde
en belangrik? 3. Transaksie word in
Die joernale word vanuit brondokumnente
die Debiteure- en
 Het die verkope van een jaar na diedievolgende vermeerder?
brondokumente
Krediteuregrootboek. opgeteken.
 Word die uitgawes onder beheer gehou? oorgeboek.
 Hoeveel vaste/tasbare bates die onderneming besit?
 Hoe bestuur die onderneming sy kontantvloei?
 Hoeveel geld skuld onderneming aan krditeure (op sowel kort as lang termyn)?
 Betaal debiteure gereeld hulle rekenige?
 Het die onderneming gedurende ‘n bepaalde rekenpligte tydperk ‘n wins of verlies gemaak?
……

You might also like