Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 11

Vryheid, dames en here, dit is die

kernbegrip van vandag se debat.


Vryheid, volgens ons opponente is
waaghalsig, roekeloos en
onverantwoordelik. Maar Span
Witteberg sal vryheid verheuwe bo
hierdie valshede. Veg saam met
ons, dames en here, vir vryheid.
Ons as matriek leerders se vryheid.

As eerste argument: Matriekrage


dien as 'n toets van
verantwoordelikheid:

Verantwoordelikheid is nie net 'n


goeie waarde om te hê nie, maar dit
is belangrik om dié waarde te vestig
voordat tieners die grootmens
wêreld betree. Daar is min
geleenthede voordat kinders die
wêreld moet binnegaan wat werklik
hul sin van verantwoordelikheid
toets soos 'n
matriekrage.

Verantwoordelikheid is ʼn onmisbare
element van volwassenheid.
Kinders of tieners wie se
karaktereienskappe nie mettertyd
verantwoordelikheid insluit nie, sal
nooit werklik volwaardige
volwassenes word nie.

Skrywer, spreker en
opvoedkundige, Dr Jeanette de
Klerk-Luttig skryf op die Solidariteit
Skole Ondersteuningsentrum se
webblad op 15 Junie 2022 in die
artikel; " Bou aan jou kind se
waardes": dat verantwoordelikheid
en selfagting direk verbind is: Die
bereidheid om verantwoordelikheid
vir jou eie lewe te aanvaar is waar
selfagting begin. Hoe meer jy
verantwoordelikheid vir jou eie
keuses en optrede aanvaar, hoe
beter voel
jy oor jouself. Ware selfagting is dus
ʼn gevolg van verantwoordelike
optrede"

Wanneer jou verantwoordelikheid


en ander waardes getoets word, sal
dit nie net dié waardes versterk nie,
maar ook jou menswaardigheid
binne volwassenheid en
onafhanklikheid laat groei.

Tweedens, as verbreedting van


perspektiewe binne die vryheid wat
'n matriekrage bied:

Die jeug van vandag moet hul


diverse agtergronde, oortuigings en
moontlik teenstrydige
beroepsambisies probeer balanseer
om saam kop bo water te hou in
korrupte lande met peperduur
lewenskoste.
Vandag se wêreld het jong mense
van diverse, maatskaplike kringe
baie meer interaksie met mekaar
danksy die internet, meer
inklusiewe skole en universiteite en
die reg om met ’n persoon van
enige ras, geloof of kultuur nie net
vriende te wees nie, maar selfs ’n
verhouding te hê.

Binne die bevryding van 'n


matriekrage, ervaar kinders 'n
perspektief verskuiwing rakende
hulself en die mense om hulle. In
die opgewondenheid van
herinnering maak en die afsluit van
n 12 jaar eenheid, vind jong
volwassenes hul werklike self. Dit
bied hulle die geleentheid om die
nuwe hoofstuk van hul lewens met
nuwe kennis oor hulself te begin.
Hulle betree ook hierdie fase met
nuwe oë rakende die diverse groep
mense waarmee hulle tee sal kom,
elke dag van hul lewens.
In die artikel:"Teenage parties: fun
and safety for teenagers"
gepubliseer op die Raising Children
webblad op 28 Mei 2022, skryf die
sielkundige, Dr Emma Little dat
partytjies en rages tieners en jong
volwassenes help om sosiale
vaardighede en nuwe perspektiewe
binne die nuwe onafhanklikheid te
leer.

Daarom dan, opponente, kan ons


sê dat 'n matriekrage jou die
geleentheid bied om jou opregte
self te vind.

Voorsitter, die vryheid waarna elke


matriek leerder smag na 12 jaar van
alles opoffer om jou volwassenheid
te betree, word gebied deur die
onmisbare geleentheid. Matriekrage
is 'n goeie aflsuiting van 'n kind se
skoolloopbaan

You might also like