Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

Arminda - Opponerend

FASE 1 – Inleiding en Ontleding

Voorsitter, dames en here,

`n Matriek rage is nie `n goeie afsluiting van `n kind se skool-


loopbaan nie!

Soos ons verwag het, glo ons opponente dat dit `n goeie geleentheid vir
Matriekleerders bied om weg te wees van die gedurige waaksaamheid en
aanmanings van ouers en onderwysers - ‘n tyd om die vlerke te span en te
ontdek.

--------------------------- het genoem dat hul gaan fokus


op--------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------

Maar is dit werklik goed vir `n kind? `n Individu met die ingestelheid dat die
lewe geen perke het nie en geen verantwoording nie….

Ons is egter daarvan oortuig dat ‘n matriek rage nie ‘n goeie afsluiting
van ‘n kind se skoolloopbaan is nie!

Ek is Arminda en my argument sal handel oor die wanpersepsie van beloning


na harde werk, asook onbeheersde vryheid met misbruik van alkohol en
onwettige dwelms.

My spanmaat Gystav se argumente gaan oor die gevare wat matriekrage


inhou in terme van groepsdruk en die uitbuiting wat die geleentheid skep.

Ons ontleed die kernbegrippe van die onderwerp as volg:

Matriek rage word beskou as die saamtrek van ‘n menigte skoolverlaters.

Matriek rage vind o.a. by `n paar kusdorpe in Suid-Afrika plaas met `n


georganiseerde feesviering waarby alkohol, dwelms en tot duisende
jongmense betrokke is.
Ons sien Matriek rage as `n kop aan kop botsing tussen onbeheersede
vryheid en totale chaos.

Dit is interessant om daarop te let dat dit “rage” en nie “rave” is nie. Rage
word vertaal as woede/in maniese ekstase wees. Rave word vertaal as die
uiting van blydskap.

Goeie – `n Aksie of optrede wat nie nadelige invloede inhou vir `n kind se
toekoms nie.

Afsluiting – afhandel, voltooi, die einde van ‘n era of tydperk gewoonlk tydens
`n aksie gevier.

Hoewel die Kinderwet 38 van 2005 `n kind beskou as enige persoon onder 18,
sien ons `n kind in hierdie konteks as ‘n onryp menslike wese en nie gekoppel
aan `n ouderdom nie.

Skoolloopbaan sien ons as die tyd wat ‘n mens ‘n leerling op skool was en wat
of volstrek is of met rede beeindig is.

Ons sal graag gesels oor enige verskille.


Arminda
FASE 2: Argumente

Voorsitter
Opponente, `n Matriek rage is nie `n goeie afsluiting van `n kind se
skoolloopbaan nie!

Wanneer die laaste pylvak bereik word en die penne neergelê word, meen
baie tieners hulle is geregtig op `n beloning nadat hulle`n era van skool wil
afsluit saam met jarelange vriende.

Ek hou graag ons eerste argument aan julle voor: Die wanpersepsie van
beloning na harde werk, asook onbeheersde vryheid met misbruik van alkohol
en ander dwelms.

In die Nordic Journal of African studies (2015) verwys die navorsers, Rogerson
en Harmer na die generiese verskynsel van ”reg van oorgang”- jeugfees of te
wel, Rage.

Die spreukwoordelike eerste tree na volwassenheid, of Matriekrage, skep ‘n


scenario waar alles aanvaarbaar is, maw geen reëls vir gedrag en so meer.
Hoewel ‘n mens se toekoms op die spel is, is jongmense dikwels te verlore in
die oomblik.

Hulle neem verkeerdelik aan dat dit die beloning is wat verdien word, ongeag
die gevolge.

Hierdie beloning in die vorm van `n matriek rage waarby duisende mense van
vroegoggend tot ounag en deurnag van kuierplek na kuierplek beweeg,
meestal met een of ander glas in die hand, is nie my idee van rus of ‘n goeie
afsluiting nie.

Baie redeneer dat dit dalk die laaste kuier saam met skoolvriende is, maar
dames en here, ware vriendskap het nie `n vervaldatum nie.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek sê nie ek sal nie ook `n beloning
waardeer na `n matriekeindeksamen nie, maar die persepsie dat `n goeie
afsluiting,’n Rage moet wees waar feite en fiksie verstrengel raak, waar nie
besef word dat drank in beheer is nie, pas nie in my verwysingsraamwerk nie.

Indien dit die voorbeeld is van hoe `n afsluiting van `n skoolloopbaan moet
lyk, skep dit ‘n verwagting dat sukses altyd aan die onderkant van ‘n glas lê.
Watter wanpersepie is dit van wat die eerste tree in die grootmenswêreld
eintlik behels?

Maggé Troskie, hoofdogter van Oranje Meisieskool 2021, het met haar
treffende boodskap van “lig jou ken, maar ken jou lig”, beslis bewys dat
leerders se toekomsvenster net deur keuse verlig kan word.

Tweedens, Oormatige inname van alkohol word geassosieer met die misbruik
van dwelms en gewaagde aktiwiteite aangesien inhibisies verflou en
uitspattige losbandigheid en oordadighede toeneem.

In die artikel “Navigeer matriek rage en jaareindpartytjies” op 27 November


2020 op die webtuiste van die department van Gesondheid, waarsku Dr
Fanaroff, n neuroloog, jongmense dat Rage tradisioneel `n plek is waar
tieners hulself in gevaarlike omstandighede bevind. Die intelektuele
denkrigtings van tieners is nog nie so ontwikkel om toekomsgerig te fokus nie.

Die artikel waarsku verder teen drankies wat “gespike” word asook om nie
alleen tussen vreemdelinge te wees nie. Swangerskap, STD’s, HIV en gebroke
harte is dikwels die nagevolg.

Laasgenoemde bevestig my standpunt.

Hy skryf dat die meeste adolossente sulke geleenthede sien as ‘n een in ‘n


leeftyd kans om enige iets en alles wat verbode was in hul tienerjare, te
misbruik.

Opponente, ek glo u is bekend met die Enyobeni taverne insident waar 21


jongmense dood is op 26 Junie 2022. Hulle het skynbaar gaan feesvier na
halfjaar eksamens. Die saak word nog ondersoek, maar ons kan nie ons
wetstoepassers vertrou om ons te beskerm of om te voorkom dat drank ook
aan minderjariges verkoop word nie.

Ons opponente se verweer dat daar baie sekuriteit is en dat toegangskaartjies


en ID dokumente getoon moet word, dra dus geen gewig in ons land nie,
dames en here.

Op Instagram word geskryf: Die enigste alkohol wat jy na Rage gaan drink is
stroop vir pyn, koors, seerkeel en om die hartseer te laat verdof.

Die wanpersepsie van beloning na harde werk asook onbeheersde vryheid met
misbruik van alkohol en ander dwelms is nie aanvaarbaar nie.

`n Matriek rage is nie `n goeie afsluiting van `n kind se skoolloopbaan nie!

You might also like