BUS - A-Nov 2016 Vraestel

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 11

BESIGHEIDSTUDIES

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT

NOVEMBER 2016

TOTAAL: 300
TYD: 3 UUR

HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 11 BLADSYE


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies deeglik voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: Al die vrae in hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Een vraag uit elke onderwerp en 'n
kombinasievraag uit al vier onderwerpe.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem kennis van wat verlang
word.
3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
word. Antwoorde wat nie korrek genommer is nie, sal geen punte verdien nie.
4. Beantwoord ALLE vrae in vol sinne, behalwe waar ander instruksies gegee word.
5. Die puntetoekenning en aard van die vraag moet die lengte en diepte van die
antwoord bepaal.
6. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
7. Begin die beantwoording van ELKE vraag op 'n NUWE bladsy bv. VRAAG 1 op 'n
nuwe bladsy, VRAAG 2 op 'n nuwe bladsy, ens.
8. Beplan die vrae wat in AFDELING C gedoen gaan word vooraf. Verseker dat al die
opdragte nagekom word en dat die antwoord volgens die voorgeskrewe formaat is.
9. Gebruik die onderstaande tabel as 'n riglyn vir die punte- en tydsindeling vir elke
vraag.
VRAAG AFDELING PUNTE TYD
1 A: Meervoudige keusevrae, korrekte woord/term 40 30 min.
Kolom A – Kolom B.
VERPLIGTEND
2 B: VYF direkte/indirekte vrae 60 30 min.
3 KEUSE: 60 30 min.
4 Beantwoord enige DRIE vrae in hierdie afdeling 60 30 min.
5 60 30 min.
6 60 30 min.
7 C: VIER opstelvrae 40 30 min.
8 KEUSE: 40 30 min.
9 Beantwoord enige TWEE van hierdie afdeling. 40 30 min.
10 40 30 min.
TOTAAL 300 180 min

10. Skryf netjies en leesbaar.

© Kopiereg voorbehou Bladsy 2 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

AFDELING A

VRAAG 1 (VERPLIGTEND)
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A ‒ D) teenoor die vraagnommer
(1.1.1‒1.1.10) in die ANTWOORDBOEK, bv. 1.1.11 A.

1.1.1 Die doel van hierdie wet is om diskriminasie teen voorheenbenadeelde


werksoekers uit te skakel en gelyke geleenthede vir alle rassegroepe te
bevorder.

A Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Wet 97 van 1998)


B Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995)
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997)
D Wet op Billike Indiensneming (Wet 55 van 1998)

1.1.2 Indien die onderhandelingsproses op 'n dooie punt uitloop, maak hierdie wet
voorsiening dat werkers wettig kan staak.

A Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995)


B Maatskappy Wet 2008 (Wet 71 van 2008)
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997)
D Wet op Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (Wet 53 van 2003)

1.1.3 Watter een van die volgende instansies mag leerderskappe in die
versekeringswese in Suid-Afrika bevorder?

A INSETA
B ISETT
C ESETA
D SAKO

1.1.4 Markpenetrasie is 'n strategie wat 'n besigheid gebruik om …

A die besigheid met sy verskaffers te verenig.


B die mark te domineer deur mededingers uit te dryf.
C met sy mededingers te kombineer.
D bates in kontant om te skakel om krediteure te betaal.

1.1.5 'n Klerefabriek vorm deel van die ... sektor van die ekonomie.

A primêre
B publieke
C sekondêre
D tersiêre

© Kopiereg voorbehou Bladsy 3 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

1.1.6 James koop 2 000 aandele teen R12.00 elk. Die opbrengs wat hy uit hierdie
belegging ontvang, is in die vorm van …

A rente.
B dividende.
C premies.
D wins.

1.1.7 Hierdie soort inligting word gewoonlik via die internet aangebied.

A geskrewe
B visuele
C mondelinge
D elektroniese

1.1.8 Die geskikste manier om 'n konflik op te los, is om …

A die betrokke werknemer te bevorder.


B die oorsaak(e) van die konflik aan te spreek.
C die betrokke werknemer te ignoreer.
D die betrokke werknemer te verplaas.

1.1.9 Cell C het aangedui dat hulle slegs selfoonbatterye met 'n loodinhoud wat
voldoen aan die telekommunikasie standaarde en die eise van “Green Peace“
sal verkoop. Cell C toon dus 'n bereidwilligheid om …

A aan te pas by internasionale menseregte.


B industriële kodes vir goeie praktyk te ignoreer.
C 'n bydrae te maak tot inklusiwiteit.
D omgewingsvriendelike goedere te bevorder.

1.1.10 Bepalings rondom die prosedure vir dissipline in die werkplek word in die …
uiteengesit.

A aanstellingsbrief
B indiensnemingskontrak
C gedragskode
D aansoekvorm
10 x 2 = (20)

1.2 Voltooi die volgende stellings deur die geskikte woord tussen hakies te kies.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.2.1‒1.2.5) in die
ANTWOORDBOEK.

1.2.1 (Vennootskappe / Publieke Maatskappye) se finansiële state moet geoudit


word.

1.2.2 (Outokratiese / Demokratiese) leiers neem ander werknemers in die werkplek


se opinies in ag voordat besluite geneem word.

© Kopiereg voorbehou Bladsy 4 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

1.2.3 ABSA het in 2007 R2 miljoen aan kinderhuise geskenk. Dit is deel van ABSA
se Korporatiewe Sosiale (verantwoordelikheid / belegging).

1.2.4 Werkgewers mag 'n bydrae maak tot (pensioenfondse / annuïteite) van hul
werknemers.

1.2.5 (Mediese / Psigometriese) toetse word as hulpmiddel gebruik om 'n aansoeker


se interaksie in 'n spesifieke pos te bepaal.
5 x 2 = (10)

1.3 Kies die term/afkorting uit kolom B om by die beskrywing in kolom A te pas. Skryf
slegs die letter (A‒J) teenoor die vraagnommer in jou ANTWOORDBOEK,
bv. 1.3.6 L

KOLOM A KOLOM B

1.3.1 Identifiseer geskikte persone in die besigheid vir A Roetinebesluite


bevordering.
B Vennootskap
1.3.2 Voorsien finansiële sekuriteit aan beleggers wat op
die punt staan om op pensioen te gaan. C Kreatiwiteit

1.3.3 Die Maatskappywet 2008 (Wet 71 van 2008) maak D Werkloosheidsver-


nie voorsiening vir hierdie ondernemingsvorm om as sekeringsfonds
'n nuwe besigheid geregistreer te word nie.
E Onprofessioneel
1.3.4 Bevorder die vind van oplossings vir sake uitdagings.
F Beslote Korporasie
1.3.5 Om laat vir 'n vergadering op te daag sonder 'n
geldige verskoning. G Oneties

H Interne werwing

I Aftree annuïteit

J Eksterne werwing

5 x 2 = (10)

TOTAAL AFDELING A [40]

© Kopiereg voorbehou Bladsy 5 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

AFDELING B

BEANTWOORD ENIGE DRIE (3) VRAE UIT HIERDIE AFDELING


LW: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoorde op
elke vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n nuwe bladsy,
VRAAG 3 op 'n nuwe bladsy, ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Identifiseer die besigheidstrategie wat in elk van die volgende gevalle gebruik is:

2.1.1 'n Besigheidsonderneming verkoop twee van sy afleweringsvoertuie om sy


debiteure te betaal.

2.1.2 'n Groenteboer koop 'n padstalletjie naby die dorp.

2.1.3 Compuden, wat rekenaars en drukkers verkoop, neem The Ink Shop oor.

2.1.4 Grace Bpk. het al sy bates verkoop in 'n poging om sy krediteure te betaal.

2.1.5 'n Bestaande kommunikasiemaatskappy se tariewe is laer as enige van die


ander maatskappye.
5 x 2 = (10)

2.2 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vraag wat daarop volg:

Haasdraai Boerdery (HB) lewer hul vleisprodukte aan die plaaslike slagpale wat dit
weer aan “Beste Snitte” slaghuis verkoop. HB bedryf 'n suksesvolle besigheid,
maar het steeds te kampe met probleme soos die beskikbaarheid van veevoer en
veemedikasie. Die bestuur van HB moet ook verseker dat die werknemers binne
die bestaande arbeidswette aangestel, behandel en vergoed word.

Opdrag: Gebruik die woord(e) wat in vet gedruk is in die bostaande scenario en dui
die verhouding tussen die besigheidsomgewing en sy sektore aan. Teken
die onderstaande tabel oor in jou antwoordboek en plaas die vetgedrukte
woorde in die korrekte blokkie in die tabel.

Sektore Primêre sektor Sekondêre sektor Tersiêre sektor


Omgewings
Mikro
Mark
Makro
(10)
2.3 Bespreek die doelwitte van die Wet op Gelyke Indiensneming
(Wet 55 van 1998). (6)

2.4 Brei uit oor enige TWEE tipes verlof waarop werknemers geregtig is volgens
die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997). (10)

© Kopiereg voorbehou Bladsy 6 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

2.5 Werkers word soms deur hul werkgewers afgedank. Sommige afdankings is billik,
ander is nie.

2.5.1 Beskryf wat 'n billike afdanking is volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge
(Wet 66 van 1995). (4)

2.5.2 Gee redes vir so 'n afdanking. (4)

2.6 Analiseer die impak van SOOG's/SETA's op besighede. (4)

2.7 Evalueer die regte van verbruikers ten opsigte van oorverkope, kansellasie van
besprekings, en bekendmaking van inligting. (6)

2.8 Maak voorstelle aan besighede hoe om hulle SEB-status met betrekking tot
verskafferontwikkeling te verbeter. (6)

[60]

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Noem DRIE voorbeelde van nie-versekerbare risiko's vir besighede. (6)

3.2 Karien is die bestuurder van Eksklusiewe Modes. Sy vergoed werkers vir
uitnemendheid en straf hulle as hul teikens nie bereik word nie.

3.2.1 Identifiseer die leierskapstyl wat Karien toepas. (2)

3.2.2 Evalueer die impak van hierdie leierskapstyl op die sake-aktiwiteite van
haar besigheid. (8)

3.3 Onderskei tussen oor- en onderversekering. Maak van voorbeelde of 'n


eenvoudige berekening gebruik. (6)

3.4 Beskryf DRIE situasies waar die outokratiese leierskap die mees gepaste styl sal
wees om toe te pas. (6)

3.5 Bespreek die impak van die volgende faktore op die sukses van 'n eenmansaak:

3.5.1 Winsdeling (4)


3.5.2 Kapitaal (4)
3.6 Evalueer die impak van die volgende tipes beleggings op die belegger:

3.6.1 Vaste deposito (8)


3.6.2 Skuldbriewe (8)
3.7 Gee advies oor hoe om 'n duidelike en logiese visuele aanbieding voor te
berei. (8)

[60]

© Kopiereg voorbehou Bladsy 7 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

VRAAG 4 : BESIGHEIDSROLLE
4.1 Noem VIER oorsake van probleme/konflik in die werkplek. (8)

4.2 Verduidelik hoe besighede die volgende onetiese en onprofessionele kwessies


in die werkplek kan aanspreek:

4.2.1 Misbruik van werkstyd (6)


4.2.2 Seksuele teistering (6)
4.3 Onderskei tussen Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) en
Korporatiewe Maatskaplike Belegging (KMB). (4)

4.4 Lys VYF aspekte van etiese besigheidspraktyke wat volgens die King Kode III
beklemtoon word. (10)

4.5 Bespreek die voordele van 'n dinkskrum as 'n probleemoplossingstegniek. (4)

4.6 Beskryf die impak van spanwerk op besighede. (6)

4.7 Ontleed die rol van die Johannesburgse Sekuriteite Beurs Beperk (JSE) in die
bevordering van KMB. (8)

4.8 Evalueer die impak van diversiteit in die werkplek. (8)

[60]

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Noem en omskryf enige TWEE byvoordele vir werknemers. (6)

5.2 Definieer Totale Gehalte Bestuur. (4)

5.3 Die aanstelling van 'n werknemer is 'n Menslike Hulpbronaktiwiteit.


Verduidelik die volgende:

5.3.1 Die doel van ’n onderhoud (4)

5.3.2 Die rol van die onderhoudvoerder/paneel (8)

5.3.3 Die rol van die kandidaat met wie die onderhoud gevoer word. (6)

5.4 Bespreek enige VIER kwaliteitstandaarde wat tot die sukses van die menslike
hulpbronfunksie sal bydra. (8)

5.5 Ontleed die keuringsproses van toepassing op besighede. (10)

5.6 Regverdig die tyd en geld wat besighede aan die induksieproses bestee. (6)

© Kopiereg voorbehou Bladsy 8 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

5.7 Ontleed die volgende elemente van 'n Totale Gehalte Beheerstelsel (TGB):

5.7.1 Voldoende finansiering en kapasiteit. (4)

5.7.2 Deelname van alle werkers. (4)

[60]

VRAAG 6: KOMBINASIEVRAAG
BESIGHEIDSOMGEWINGS

6.1 Onderskei tussen die Nasionale Vaardigheidsontwikkeling Strategie (NVOS)


en die Strategie vir Menslike Hulpbron Ontwikkeling (MHBO). (4)

6.2 Gee ’n oorsig van die positiewe impak van die Wet op Vergoeding vir
Beroepsbeserings en Siektes (Wet 61 van 1997) op besighede. (6)

6.3 Verduidelik die proses wat gevolg moet word om die effektiwiteit van 'n
besigheidstrategie te evalueer. (6)

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

6.4 Onderskei tussen leierskap en bestuur. (4)

6.5 Beskryf die rol van wetgewing, bestuur en kapitaal op die sukses van 'n
publieke maatskappy. (6)

6.6 Ontleed enige TWEE belangrike beginsels wat voornemende beleggers in ag


moet neem ten einde verseker te wees van 'n goeie opbrengs op ’n belegging. (4)

BESIGHEIDSROLLE

6.7 Maak van praktiese voorbeelde gebruik om te verduidelik hoe menseregte in die
werkplek geskend kan word. (6)

6.8 Analiseer enige TWEE soorte spanne wat in die werkplek aangewend kan word. (4)

6.9 Beskryf die fokusareas van Korporatiewe Maatskaplike Belegging (KMB). (6)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

6.10 Werknemers word nie almal dieselfde loon of salaris betaal nie. Ontleed die
metodes wat gebruik kan word om 'n werknemer se vergoeding te bepaal. (8)

6.11 Ontleed die gehaltestandaarde wat aan die produksiefunksie gestel word. (6)

[60]

© Kopiereg voorbehou Bladsy 9 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

AFDELING C

BEANTWOORD ENIGE TWEE (2) VRAE UIT HIERDIE AFDELING

VRAAG 7: Besigheidsomgewings (Wetgewing)

Voor 2007 het besighede te maklik krediet aan verbruikers verleen en verbruikers het te
maklik krediet bekom. Dit het aanleiding gegee tot slegte skuld vir besighede.
Verbruikers is maklik op 'n swartlys geplaas.

Die Nasionale Kredietwet (Wet 34 van 2005) is daargestel om die wyse waarop
verbruikers krediet gebruik te verbeter en om die voorwaardes vir krediet te verskerp.

 Analiseer die doel en impak van bogenoemde wet op besighede.

 Evalueer die verantwoordelikhede van kredietverskaffers ten opsigte van die


voor-ooreenkoms-verklaring, die assessering van die aansoeker se krediet-
waardigheid en die bestaan van roekelose krediet.

 Omskryf die rol van die kredietburo’s.


[40]

VRAAG 8: Besigheidsgeleenthede (Belegging Versekering)

Besighede word blootgestel aan verskeie risiko’s wat die voortbestaan van die besigheid
kan bedreig. Die vermindering of uitskakeling van hierdie risiko’s behoort deel te vorm
van die bestuursplanne van die besigheid.

 Onderskei tussen versekering en assuransie deur te verwys na die beginsels van


versekering.

 Bespreek die werkloosheidsversekerings- en padongelukkefonds as vorme van


verpligte versekering.

 Omskryf die gevalle wanneer die bydraer nie geregtig is op voordele van die WVF
nie.
[40]

© Kopiereg voorbehou Bladsy 10 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016

VRAAG 9: Besigheidsrolle (Kreatiewe denke)

ABC Klerewinkels ondervind die afgelope ses maande 'n konstante afname in verkope in
die meeste van hul winkels regoor die land.

As konsultant van ABC Klerewinkels glo jy die probleem kan hanteer en opgelos word.

 Regverdig die rol van kreatiewe denke en verwys na moontlike sielkundige


hindernisse vir kreatiewe denke.

 Evalueer die Delphi- en Nominale groeptegnieke as tegnieke om probleme op te


los.

 Maak voorstelle aan bestuur om die kreatiwiteit van hul werknemers te bevorder.

[40]

VRAAG 10: Besigheidsbedrywighede (Menslike Hulpbronfunksie)

Die menslike hulpbronafdeling in 'n besigheid moet 'n behoeftebepaling maak met
betrekking tot die aantal werknemers wat die besigheid benodig. Die geskikste
werknemers moet dan gewerf word vir die spesifieke poste.

 Beskryf die redes hoekom besighede werknemers moet werf en formuleer die
stappe in die werwingsproses.

 Evalueer die interne- en eksterne werwing en verwys ook na ander werwings-


bronne.

 Omskryf die plasingsprosedure en verduidelik hoekom besighede daarop moet


fokus om hul beste werkers te behou.

[40]

TOTAAL AFDELING C: 80

GROOTTOTAAL : 300

© Kopiereg voorbehou Bladsy 11 van 11 EINDE VAN DOKUMENT

You might also like