Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 11

BESIGHEIDSTUDIES

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT

NOVEMBER 2015
TOTAAL: 300

TYD: 3 UUR

HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 11 BLADSYE


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies deeglik voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: Al die vrae in hierdie afdeling is VERPLIGTEND .

AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Een vraag uit elke onderwerp en `n kombinasie
vraag uit al vier onderwerpe.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.

AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.


Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem kennis van wat verlang
word.

3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
word.

4. Beantwoord ALLE vrae in vol sinne, behalwe waar ander instruksies gegee word.

5. Die puntetoekenning en aard van die vraag moet die lengte en diepte van die antwoord
bepaal.

6. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

7. Begin die beantwoording van ELKE vraag op `n NUWE bladsy. VRAAG 1 op `n nuwe
bladsy, VRAAG 2 op `n nuwe bladsy, ens.

8. Beplan die vrae wat in AFDELING C gedoen gaan word vooraf. Verseker dat al die
opdragte nagekom word en dat die antwoord volgens die voorgeskrewe formaat is.

9. Gebruik die onderstaande tabel as `n riglyn vir die punte - en tydsindeling vir elke vraag.

VRAAG AFDELING PUNTE TYD


1 A: Meervoudigekeuse-vrae, Korrekte woord/Term 40 30 min.
Kolom A – Kolom B.
VERPLIGTEND

2 B: VYF direkte/indirekte vrae 60 30 min.


3 KEUSE: 60 30 min.
4 Beantwoord enige DRIE vrae in hierdie afdeling 60 30 min.
5 60 30 min.
6 60 30 min.
7 C: VIER opstelvrae 40 30 min.
8 KEUSE: 40 30 min.
9 Beantwoord enige TWEE van hierdie afdeling. 40 30 min.
10 40 30 min.
TOTAAL 300 180 min

10. Skryf netjies en leesbaar.

Bladsy 2 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

AFDELING A

VRAAG 1 (VERPLIGTEND)
1.1 Vier moontlike antwoorde word vir elkeen van die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) teenoor die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.10) in jou ANTWOORDBOEK, bv. 1.1.11 A.

1.1.1 Die houers van ….. aandele is laaste in die ry om dividende op hul aandele te
ontvang.

A bonus
B stigter
C voorkeur
D gewone

1.1.2 Indien `n maatskappy gelikwideer word, het die houers van …….. aandele eerste
reg op die bates van die maatskappy.

A voorkeur-
B gewone
C bonus-
D stigters-

1.1.3 ‘n Tegniek waar deelnemers versoek word om voorwerpe, slagspreuke of


prentjies te gebruik in die soeke na `n oplossing vir `n probleem.

A Ses denkhoede
B Geforseerde kombinasies
C “Scamper”
D Inheemse kennis

1.1.4 ‘n Aanbod vir ‘n posisie in die besigheid, van die werkgewer aan die beste
kandidaat nadat onderhoude met die kandidate op die kortlys gevoer is.

A Aanstellingsbrief
B Indiensnemingskontrak
C Aansoekvorm
D Gedragskode

1.1.5 Wanneer mededingende ondernemings saamwerk om dieselfde pryse vir


spesifieke produkte te vra, noem ons dit …….

A monopolievorming.
B lokreklame.
C winsneming.
D kartelvorming.

Bladsy 3 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

1.1.6 Om te reël vir vroeë sukses en om duidelike prestasiestandaarde te stel is alles


deel van `n onderneming se …….-proses.

A induksie
B werwings
C keurings
D plasings

1.1.7 Die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) verwys na “ roekelose
krediet”. Hiermee word bedoel dat …

A die kredietverlener nie by die Nasionale Krediet Reguleerder geregistreer


is nie.
B die kredietverlener nie vasgestel het of die kredietopnemer die risiko’s,
kostes en verpligtinge van die ooreenkoms verstaan nie.
C die kredietopnemer op die swartlys geplaas is en daarom kan addisionele
krediet nie toegestaan word nie.
D die kredietopnemer nie ingelig is oor die rede waarom sy/haar aansoek
onsuksesvol was nie.

1.1.8 `n Komitee saamgestel uit verkose werkers in `n onderneming met meer as


100 werkers, en wat betrokke is by besluitneming in die onderneming, noem
ons `n …

A vakbond.
B werknemersorganisasie.
C personeelvergadering.
D werkplekforum.

1.1.9 Die tipe betaling wat deur die werkgewer van die werknemer se vergoeding
afgetrek moet word.

A LBS
B BTW
C SITE / PAYE
D IRP 5

1.1.10 Strategiese evaluering is…….

1. `n stelselmatige en deurlopende proses.


2. die vergelyking van beoogde met werklike prestasie.
3. die insameling van inligting en die ordening daarvan.
4. om die voor- en nadele van elke strategie te ontleed.

A Al bogenoemde antwoorde is korrek.


B Slegs 1, 2, en 3 is korrek.
C Slegs 1, 2, en 4 is korrek.
D Slegs 2, 3, en 4 is korrek.
10 x 2 = (20)

Bladsy 4 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

1.2 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK.

1.2.1 Visserye en Bosbou word beskou as deel van die (primêre/sekondêre) sektor van
die ekonomie.

1.2.2 (Geleenthede/Sterkpunte) is toestande wat gunstig is vir die besigheid, soos bv.
‘n opswaai in die ekonomie, laer rentekoerse of ‘n toename in die vraag na ‘n
spesifieke produk.

1.2.3 Die besigheidsfunksies van `n onderneming word in die (mikro/makro) sake-


omgewing geplaas.

1.2.4 Die belastingopgawes wat jaarliks by die SAID ingedien moet word, moet vir `n
tydperk van (drie/vyf) jaar bewaar word vir oudit doeleindes.

1.2.5 (Roofwerwing/Instap-aansoekers) is wanneer mense hulle CV`s by `n onder-


neming ingee, ongeag of daar `n pos geadverteer is of nie.

5 x 2 = (10)

1.3 Kies die korrekte term in kolom B om by die omskrywing in kolom A te pas. Skryf slegs
die letter (A – H) teenoor die vraagnommer in jou ANTWOORDBOEK, bv. 1.3.6 L

KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Word by onderversekering toegepas om
die bedrag van skadevergoeding te bepaal A Lewenspolis

1.3.2 Betaal uit wanneer ‘n persoon ‘n sekere ouderdom B Brandkasklousule


bereik
C Stormskade
1.3.3 Die versekerde moet sy/haar finansiële state en
voorraadstate na werksure in `n vuurvaste kluis D Awery klousule
bewaar.
E Uitkeerpolis
1.3.4 Skade wat deur natuurrampe aangerig word
F Inbraak
1.3.5 Geweldadige toegang tot ‘n gebou deur `n
ongemagtigde persoon buite normale werksure G Diefstal

H Oorversekering

5 x 2 = (10)

TOTAAL AFDELING A [40]

Bladsy 5 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

AFDELING B
BEANTWOORD ENIGE DRIE ( 3 ) VRAE UIT HIERDIE AFDELING

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Identifiseer die tipe besigheidstrategie in elk van die volgende scenarios:

2.1.1 Die bestuur van `n pizzawinkel besluit om `n kaasfabriek te koop.

2.1.2 Die plaaslike slaghuis staak sy afleweringsdiens en verkoop al sy


afleweringsvoertuie.

2.1.3 `n Hardewarewinkel besluit om `n afdeling te skep waar saailinge en


plante verkoop word.
3 x 2 = (6)

2.2 Noem die inligting wat volgens die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) in
die voorooreenkoms moet wees. (6)

2.3 Lees die volgende sin en beantwoord die vrae wat volg:

W Klerewinkel is ‘n groot kettingwinkel in Suid-Afrika wat klere verskaf en het groot


winkels in meeste stede en dorpe regoor Suid-Afrika.

2.3.1 Identifiseer die sektor waarin W Klerewinkel bedrywig is. (2)

2.3.2 Omskryf dié sektor, geïdentifiseer in vraag 2.3.1. (2)

2.3.3 Bespreek die mate van beheer wat hierdie besigheid op sy


mikro-omgewing het. (4)

2.3.4 ‘n Internasionale klere kettinggroep gaan eersdaags takke in Suid-Afrika


open. Stel EEN manier voor hoe W Klerewinkel hierdie uitdaging kan
oorbrug. (2)

2.4 Noem die VYF kragte van Porter se model wat gebruik kan word om die
markomgewing te ontleed. (10)

2.5 Verduidelik die positiewe impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995
(Wet 66 van 1995) op werknemers en besighede. (8)

2.6 Verduidelik die regte en verpligtinge van werknemers en werkgewers soos in die
Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) voorsiening gemaak. (8)

2.7 Bespreek enige VIER pilare van die Breë Basis Swart Ekonomiese
Bemagtigingswet, 2003 (Wet 53 van 2003) (BBSEB) en regverdig die instelling van
BBSEB in verhouding tot SEB. (12)

[60]

Bladsy 6 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1 Noem enige DRIE nie-versekerbare risiko`s. (6)

3.2 John moet `n besigheidsaanbieding doen vir sy besigheidsvennote. Watter


aanbevelings sal jy aan John maak om sy aanbiedingstyl meer gefokus en
interessant te maak. (6)

3.3 Die rolle van leiers en bestuurders is tradisioneel as aparte funksies beskou,
maar eintlik is dit baie nou verwant en moet dit mekaar komplimenteer in ‘n
besigheidsopset.

3.3.1 Onderskei tussen bestuur en leierskap. (4)

3.3.2 Lys enige TWEE voorbeelde van positiewe leierskap houdings. (4)

3.3.3 Bespreek DRIE basiese leierskapstyle. (9)

3.3.4 Analiseer die inligting hieronder en identifiseer die teorie oor leierskap en
bestuur in elk van die volgende gevalle:

3.3.4.1 Die leier motiveer werkers om in hulself te glo, asook in hul vermoë
om doelwitte te bereik. Dit moedig werkers aan om meer produktief te
wees en motiveer hulle om te verander en te ontwikkel en om meer te
doen as wat hulle gedink het hulle kan doen.

3.3.4.2 Die leier skep sekere strukture waarbinne die besigheid moet
funksioneer. Volgens hierdie strukture kan werknemers wat binne die
strukture optree beloon word/gestraf word as hulle nie hou by die
neergelegde strukture nie. (4)

3.4 Bespreek die funksies van die Johannesburge Sekuriteitsbeurs (JSB). (10)

3.5 Beleggingsopbrengs meet die winsgewendheid van `n spesifieke belegging.


Verduidelik die DRIE tipes beleggingsopbrengste. (9)

3.6 Evalueer die impak van winsdeling op die sukses en mislukking van `n eenmansaak
en `n private maatskappy. (8)

[60]

Bladsy 7 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

VRAAG 4 : BESIGHEIDSROLLE
4.1 Lys TWEE praktiese voorbeelde van die skending van menseregte deur besighede. (4)

4.2 Bestudeer die volgende skets en beantwoord die vrae wat volg:

“Ons moet ‘n konfik-oplossingspan vorm om die dispute oor wie in die


konflik-oplossingspan moet wees op te los.”

4.2.1 Gee TWEE kriteria vir suksesvolle spanprestasie. (4)

4.2.2 Baie besighede maak staat op spanwerk om die verlangde resultate te


bereik. Stem jy saam met die stelling of nie? Motiveer jou siening. (8)

4.3 Bespreek die proses van die toepassing van korporatiewe maatskaplike
verantwoordelikheid (KMV). (8)

4.4 Verduidelik die stappe wat bestuur kan volg om probleme in die werkplek
op te los. (12)

4.5 Kreatiewe denke is om nuut oor `n saak te dink en oorspronklike en ongewone


oplossings vir probleme te probeer vind.

4.5.1 Omskryf die belangrikheid van kreatiewe denke in `n besigheid. (6)

4.5.2 Ontleed enige TWEE sielkundige struikelblokke t.o.v. kreatiewe denke en


maak aanbevelings hoe om die struikelblokke te oorbrug. (6)

4.6 Analiseer die pilare van die drievoudige analise (“ triple bottom line“) met spesifieke
verwysing na die verband tussen KMV en dié analise. (12)

[60]

Bladsy 8 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Verskaf EEN manier hoe die vaardigheidsheffing deur SOOO/SETA’s
aangewend is. (2)

5.2 Noem DRIE funksies van SOOO’s/SETAs. (6)

5.3 Noem die stappe in die werwingsproses van nuwe personeellede. (10)

5.4 Maak aanbevelings aan jong en onervare menslike hulpbronpersoneel


oor die kernaspekte van regverdige onderhoudvoering. (6)

5.5 Omskryf eksterne werwing en analiseer die positiewe impak daarvan


op besighede. (8)

5.6 Bespreek en analiseer die metodes van salaris vasstelling as ‘n aktiwiteit van die
menslike hulpbronfunksie. (12)

5.7 “Almal wat in diens geneem is, moet volgens wet belasting aan die SAID betaal.”
Ontleed die persoonlike belasting wat salaristrekkers moet betaal. (8)

5.8 Evalueer die motivering van besighede om byvoordele aan hul werkers aan te
bied. (8)

[60]
VRAAG 6: KOMBINASIEVRAAG
6.1 Voltooi die tabel oor die ekonomiese sektore deur die ontbrekende inligting in te vul.
Skryf slegs die vraagnommer (6.1.1 – 6.1.6) en die antwoord in jou ANTWOORDBOEK.

SEKTOR BESKRYWING INDUSTRIE VOORBEELD VAN


ONDERNEMING
Primêre 6.1.1 Suiwelplaas Dairybelle
6.1.2 Omskakeling van 6.1.3 Toyota, Honda
grondstowwe in
finale produkte
6.1.4 6.1.5 Bankwese 6.1.6
(12)

6.2 Bespreek die doel van die Vaardigheidsontwikkelingswet, 1998 (Wet 97 van 1998).
(6)

6.3 Verduidelik die verhouding tussen gehalteprestasie en die volgende TWEE


besigheidsfunksies:

6.3.1 Bemarkingsfunksie. (8)


6.3.2 Menslike hulpbronfunksie. (8)

6.4 Evalueer die impak van kapitaal op die sukses of mislukking van `n vennootskap
en `n publieke maatskappy. (8)

Bladsy 9 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

6.5 Verduidelik die regte van werknemers volgens die Wet op Vergoeding en
Beroepsbeserings (WVB). (10)

6.6 Maak aanbevelings oor hoe besighede diversiteit in taal en gestremdheid kan
gebruik om diversiteit in die werkplek te bevorder. (8)

[60]

AFDELING C
BEANTWOORD ENIGE TWEE (2) VRAE UIT HIERDIE AFDELING

VRAAG 7

Suid-Afrika se grondwet gee mense die reg tot regverdige arbeidspraktyke en die Wet op
Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (WBD) (Wet 75 van 1997) verseker dat hierdie reg
nagekom word.

 Bespreek die doel van die wet waarna verwys word in die scenario hierbo.

 Ontleed die regte van werknemers ten opsigte van oortyd, verlof en beeïndiging
van indiensneming soos vervat in die wet.

 Evalueer die implikasies van die wet op werkgewers deur spesifiek te verwys na
die rol van die inspekteurs van die Departement van Arbeid.

[40]
VRAAG 8

Die doel van beleggings is die vorming of vermeerdering van kapitaal, m.a.w. om meer geld
te hê as die bedrag wat aanvanklik belê is nadat die beleggingstyd verval het.

 Bespreek die redes waarom aandeelhouers in aandele belê, asook die voor- en
nadele van beleggings in aandele.

 Evalueer effektetrusts en regerings kleinhandel effekte as beleggingsopsies.

 Maak aanbevelings aan voornemende beleggers oor wat jy sou beskou as


gesonde beginsels by beleggings.

[40]

Bladsy 10 van 11 Blaai om asseblief


SACAI NSS BESIGHEIDSTUDIES KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2015

VRAAG 9

Etiek is die morele beginsels wat as riglyn tussen reg en verkeerd dien. Alhoewel etiese
optrede nie in wetgewing omskryf is nie, moet besighede etiese besigheidspraktyke
toepas, anders kan hulle deur mededingers en/of verbruikers gedagvaar word vir onetiese
optrede.

 Onderskei tussen etiese en onetiese besigheidspraktyke deur van praktiese voorbeelde


gebruik te maak.

 Analiseer die misbruik van werktyd en ongemagtigde gebruik van die onderneming se
fondse as kwessies wat etiese gedrag uitdaag. Maak aanbevelings oor hoe besighede
hierdie kwessies kan hanteer.

 Ontleed Regter Mervyn King se rol in die bevordering van etiese en effektiewe
besigheidspraktyke.

[40]

VRAAG 10

`n Stelsel van Totale Gehaltebestuur ( TGB ) kan voortdurende verbetering op die lewering
van goedere en dienste verseker om die behoeftes van die klante te bevredig.

In TGB sal bestuur gehalte by die oorsprong identifiseer, wat beteken dat elke werknemer
verantwoordelik is vir die gehalte van sy/haar werk.

 Identifiseer die sleutelbeginsels wat TGB omskryf.

 Analiseer die impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling, totale kliënte


tevredenheid en deurlopende verbetering van prosesse en stelsels op klein en groot
ondernemings.

 Evalueer die impak van TGB op die kostevermindering.

[40]

TOTAAL AFDELING C: 80

GROOTTOTAAL : 300

Bladsy 11 van 11 Einde van vraestel

You might also like