RGL1151 Studiegids 2024

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 34

Die Afrikaanse

Protestantse
Akademie NWO

FAKULTEIT: LETTERE EN
WYSBEGEERTE

Studiegids vir
Rekenaargeletterdheid
RGL1151
Semester: 1

NKR-vlak: 5
6 krediete
60 ure

Studiegids saamgestel deur:


Mnr. P. Maré
Kopiereg © 2024-uitgawe. Hersieningsdatum: 1/2025
Die Afrikaanse Protestantse Akademie, Pretoria
Geen afdeling van hierdie dokument mag in enige vorm of op enige manier
sonder skriftelike vergunning van die uitgewer weergegee word nie.
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING
1.1 Verwelkoming en voorwoord
1.2 Gebruik van die studiegids
1.3 Lys van Ikone

2. MODULE-INLIGTING
2.1 Begronding
2.2 Doel
2.3 Bydrae tot bereiking van die doel van die kwalifikasie
2.4 Voorvereiste
2.5 Uittreevlak
2.6 Module-uitkomstes
2.7 Assesseringskriteria
2.8 Studiemateriaal
2.9 Samestelling van modulepunt
2.10 Promosie en slaagvereistes
2.10.1 Semesterpunt
2.10.2 Eksamen
2.10.3 Slaagvereiste
2.10.4 Onderskeiding
2.10.5 Plagiaat

3. ONDERRIG EN LEER
3.1 Onderrig- en leerstrategie/metodiek
3.1.1 Tegnologie- en leerstrategie/metodiek
3.1.2 Assessering
3.1.2.1 Leeraktiwiteite
3.1.2.2 Navorsingsopdragte
3.1.2.3 Semesteropdragte
3.1.2.4 Eksamens
3.1.3 Selfstudie
3.2 Aktiwiteitswoorde (Bloom)

4. LEEREENHEDE
Elkeen van die onderstaande leereenhede bevat die volgende onderafdelings:
4.1 Onderwerp
4.2 Tydsindeling
4.3 Leeruitkomstes
4.4 Assesseringskriteria
4.5 Studiemateriaal
4.5.1 Voorgeskewe studiemateriaal
4.5.2 Ekstra studiemateriaal
4.5.3 Bylaes
4.6 Inhoud van leereenhede
4.7 Leeraktiwiteite
4.8 Selfassessering

Studiegids vir RGL1151


1. INLEIDING
1.1 Verwelkoming en voorwoord

U word as student hartlik verwelkom tot die module. Die naam van die module is
Rekenaargeletterdheid en die modulekode is RGL1151. Hierdie module vorm deel van die BA-
program en is 6 krediete werd in die kursus.

Die toekenning van 6 krediete veronderstel ʼn studietyd van 60 ure, aangesien 1 krediet gelykstaande
is aan 10 ure (aanbevole tyd) wat aan die module afgestaan moet word om dit te kan slaag. Hierby
ingesluit is alle lesings, kontaksessies, u voorbereiding vir die klasse, toetse en eksamens en die
voltooiing van werkopdragte, toetse, eksamens of ander assesseringsaktiwiteite.

Die AP Akademie vertrou dat u betrokkenheid by die module vir u heilsame, leersame en
aangename ervaring sal wees.

Die suksesvolle afloop van die module hang egter direk van u aktiewe betrokkenheid by die leerstof
en u inskakeling by e-Leer af. Dit word daarom van u verwag om die instruksies en riglyne in hierdie
studiegids en op e-Leer nougeset na te volg. Die e-Leer- webblad bevat ook belangrike datums,
bronne, opdragte en selfs ander vorme van assessering wat u dosent daarop plaas om u by te staan
in u studies. Die webblad adres is: www.my.apa.ac.za

U entoesiasme, toewyding en gedissiplineerdheid in die bestudering van die materiaal in die module
sal vir u van onskatbare waarde wees en ook u dosent help om u te lei. U dosente streef
uitnemendheid in die Akademie na en sal u bystaan waar nodig.

Indien u ooit enige probleme met die inhoud van die module sou ondervind, moet u nie huiwer om u
dosent te kontak nie.

Alles van die beste en sukses word u toegebid in die bestudering van die module.

1.2 Die gebruik van die Studiegids

Om die gebruik van die studiegids effektief te maak moet u u vergewis van die leeruitkomste wat
aan die begin van elke leereenheid geformuleer word. Toets uself aan die einde van elke leereenheid
om te sien of u al die uitkomste bemeester het. Om die uitkomste te behaal, moet u die voorgeskrewe
leerinhoud bestudeer en met aandag lees en daarna kort vrae daaroor beantwoord. Onthou dat u
eksamen oor die werk gaan skryf.

• Hierdie studiegids is so ontwerp dat dit u studies makliker sal maak. Alles wat van u verwag word,
word in die studiegids vir u gegee. Die gids is in leereenhede verdeel.

• Werk deur die studiegids; begin by die begin.

• Lees elke keer deur die uitkomste sodat u presies weet wat van u verwag word.

• Hersien elke afdeling om seker te maak dat u vertroud is met die inhoud.

Studiegids vir RGL1151


• Moenie na die volgende afdeling gaan voordat u nie die vorige een voltooi het nie.

• Beantwoord alle vrae oor die temas in die studiegids. Die vrae is meestal feitelik van aard en sal
ʼn goeie toets van u kennis van die leereenheid wees.

• Wees vertroud met die simbole en verwysings wat gebruik word.

• Bly by die tydskedule! As u dit nie doen nie, sal u agter raak en sal u moeite ondervind om in die
gegewe tyd die gids deur te werk.

• Maak seker dat u weet op watter datums die werkopdragte ingehandig moet word. Laat
inhandiging sal nie aanvaar word nie.

• Verder word dit as u verantwoordelikheid beskou om die module te bemeester en is dit nie net om
die teoretiese kennis te bemeester nie maar om elke dag in u omgewing waarnemings te maak.

• Laastens, as ʼn finale evaluering om u kennis en begrip van ʼn leereenheid te toets, moet u die
uitkomste in vrae verander en dan elke vraag beantwoord. Dit mag vir u lyk of dit ʼn baie langsame
proses is, maar dit is die beste manier is om u vertroud te maak met die voorgeskrewe
leermateriaal asook om deeglike kennis op te kan bou deur dié stappe te volg.

1.3 Lys van ikone

Onderwerp

Tydsbesteding

Leeruitkomstes

Assesseringskriteria

Studiemateriaal

Inhoud van leereenheid

Leeraktiwiteit

Selfassessering

Assesseringsaktiwiteit

Studiegids vir RGL1151


2. MODULE-INLIGTING
2.1 Begronding

Ten einde ons werk na die beste van ons vermoë en tot die eer van die Here te doen is daar ook vir
ons hulpbronne gegee. Elke tyd in die geskiedenis se tipe hulpbronne, instrumente ens. verskil. In
vandag se kontemporêre tyd is Tegnologie en dus die gebruik van rekenaars een van ons
belangrikste hulpbronne waarsonder ons moeilik ons werk gedoen kan kry.

2.2 Doel

Rekenaarvaardigheid (computer skills) is die vermoë om ’n rekenaar doeltreffend vir bepaalde


toepassings te gebruik en is vandag ’n belangrike bate vir studie, navorsing en enige werk.
Rekenaargeletterdheid (computer literacy) behels verder egter nog kennis, begrip en toepassing van
die onderliggende tegnologieë en byderwetse ontwikkelings in rekenaarwetenskap.

Die RGL1012 module is ontwerp om enige student wat nie voldoende rekenaargeletterd is nie, vinnig
die noodsaaklike rekenaarvaardighede te leer wat onontbeerlik is vir enige studie by die Akademie.
Verder bevat die module ook die studie van die basiese aspekte van rekenaartegnologie om die
basiese werking van die apparatuur en programmatuur van ’n rekenaar te verstaan en optimaal te
benut.

2.3 Bydrae tot bereiking van die doel van die kwalifikasie

Die Senaat van die APA het besluit dat enige kwalifikasie van die APA slegs uitgereik sal word aan
’n student wat bewys dat hy/sy voldoende rekenaargeletterdheid is deur die Akademie se
voorgeskrewe rekenaarvaardigheidtoets te slaag. (Studente wat die vak Rekenaartoepassings-
tegnologie (RTT) of Inligtingstegnologie (IT) in Graad 12, of ’n ekwivalente kursus op NKR vlak 4
geslaag het, of vanjaar registreer vir die module RTG1152 word vrygestel van hierdie rekenaar-
vaardigheidtoets).

Alle studente wat die rekenaarvaardigheidtoets aflê en dit nie slaag nie, is verplig om vir die
Rekenaargeletterdheid module RGL1012 in te skryf tensy die student verkies om vir die RGT1152
module te registreer.

2.4 Voorvereiste

Om hierdie module te kan neem, moet die student ‘n nasionale sertifikaat met universiteitsvrystelling
behaal het.

2.5 Uittreevlak

Die uittreevlak van hierdie module is die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) se vlak 5 en alle
leeruitkomste is ooreenkomstig die toepaslike NKR vlak. Die NKR uittreevlak van hierdie program of
kwalifikasie is vlak 7.

Studiegids vir RGL1151


2.6 Module-uitkomste

Algemene module-uitkomste

• Demonstreer ’n ingeligte begrip van kernareas, asook konsepte, feite en algemene beginsels
van die veld, dissipline en/of praktyk.

• Demonstreer ’n bewustheid van hoe kennissisteme funksioneer, asook hoe kennis of


kennissisteme ontwikkel binne die area van studie.

• Selekteer standaard metodes, prosedures en tegnieke binne die veld; beplan en bestuur ‘n
implementasie proses binne ‘n goed-bepaalde, bekende en ondersteunende omgewing.

• Identifiseer, evalueer en los bepaalde, roetine en nuwe probleme binne ’n bekende konteks
op; verskaf oplossings gebaseer op toepaslike bewyse en prosedures en demonstreer dus ‘n
verstaan van navorsingsgevolge.

• Neem verantwoordelikheid vir sy/haar eie werk en tree op ooreenkomstig die etiese waardes
en praktyke.

• Versamel inligting uit ’n verskeidenheid bronne, insluitend mondelingse, geskrewe en


simboliese teks, asook die selektering van informasie toepaslik tot die taak en die toepassing
van basiese prosesse van analise, sintese en evaluasie van inligting.

• Kommunikeer en produseer inligting betroubaar, akkuraat en samehangend uit ’n


verskeidenheid bronne te versamel, asook die toon van ’n begrip en respek vir gebruike
aangaande intellektuele eiendom, kopiereg en plagiaat (insluitend die wetlike implikasies).

• Demonstreer die vermoë om in bekende, asook nuwe kontekste te funksioneer, demonstreer


die verstaan van verskillende sisteme, asook die impak van aksies in een area op ander areas
in dieselfde sisteem.

• Toon die vermoë om eie en andere se werk te evalueer en toepaslike aksie te neem waar
nodig; neem verantwoordelikheid vir sy/haar eie leer binne ‘n gestruktureerde leerproses,
asook vir die leer van andere.

• Neem verantwoordelikheid om in ’n groep te werk, asook vir sy/haar eie besluite en aksies
asook díe van ander binne ‘n goed-bepaalde konteks.

Spesifieke module-uitkomste

Na voltooiing van hierdie module behoort ‘n student in staat te wees om die volgende uitkomste te
bereik het:

• Toon ‘n basiese begrip van die rekenaarterme en -konsepte wat in rekenaargeletterdheid


aangetref word

• Demonstreer dat die student oor die vaardighede van ‘n spesifieke webblad as deel van
inligtings- en kommunikasietegnologie beskik

• Beskik oor die toepaslike basiese vaardighede om rekenaartoepassings doeltreffend en


oordeelkundig aan te wend vir sy/haar studies en/of daaglikse werk.
6

Studiegids vir RGL1151


• Identifiseer, evalueer en los bepaalde, roetine en nuwe probleme binne die konteks van
integrasie tussen Microsoft Word, Excel en PowerPoint op

• Selekteer standaard metodes, prosedures en tegnieke tydens die gebruik van Microsoft Word,
Excel en PowerPoint

• Kommunikeer en produseer inligting rakende die basiese aspekte van rekenaartegnologie


en rekenaartoepassings met vertroue en begrip en toon begrip en respek vir gebruike
aangaande intellektuele eiendom, kopiereg en plagiaat in die voltooiing van
assesseringsopdragte

• Versamel en selekteer inligting aangaande rekenaarprogrammatuur en -apparatuur en pas


die basiese prosesse van analise, sintese en evaluasie van inligting toe op die gebied van
stelselprogrammatuur en toepassingsprogrammatuur tydens die toepaslike assesserings-
geleenthede

• Pas sy/haar kennis van rekenaartegnologie en basiese rekenaarvaardighede met die nodige
verantwoordelikheid toe in bekende sowel as onbekende kontekste vir die hantering van
persoonlike, omgewings- en samelewingsproblematiek.

2.7 Assesseringskriteria

Na voltooiing van hierdie module behoort studente in staat te wees om:

✓ ‘n Basiese begrip van rekenaarterme en -konsepte te demonstreer in rekenaargeletterdheid,


(m.a.w. basiese rekenaarterme en -konsepte te kan definieer en beskryf)

✓ Die beskikking van vaardighede met verwysing tot ‘n spesifieke webblad (die my.APA-
webblad) demonstreer as deel van inligtings- en kommunikasietegnologie

✓ Oor die toepaslike basiese vaardighede beskik om rekenaartoepassings doeltreffend en


oordeelkundig aan te wend vir sy/haar studies en/of daaglikse werk.

✓ Bepaalde, roetine en nuwe probleme te identifiseer, evalueer en op te los binne die konteks
van integrasie tussen Microsoft Word, Excel en PowerPoint

✓ Standaard metodes, prosedures en tegnieke selekteer tydens die gebruik van Microsoft Word,
Excel en PowerPoint

✓ Inligting rakende die basiese aspekte kommunikeer en produseer van rekenaartegnologie


en rekenaartoepassings met vertroue en begrip, asook begrip en respek vir gebruike
aangaande intellektuele eiendom, kopiereg en plagiaat te toon in die voltooiing van
assesseringsopdragte

✓ Inligting versamel en selekteer aangaande rekenaarprogrammatuur en -apparatuur (muis,


sleutelbord, skerm en berging) en die basiese prosesse van analise, sintese en evaluasie van
inligting toe te pas op die gebied van stelselprogrammatuur en toepassingsprogrammatuur
tydens die toepaslike assesseringsgeleenthede (m.a.w. die verskillende kategorieë en
voorbeelde van toepassingsprogrammatuur te kan lys en stelselprogrammatuur en
toepassingsprogrammatuur van mekaar kan onderskei)

Studiegids vir RGL1151


✓ Sy/haar kennis van rekenaartegnologie en basiese rekenaarvaardighede met die nodige
verantwoordelikheid te kan toepas in bekende sowel as onbekende kontekste vir die hantering
van persoonlike, omgewings- en samelewingsproblematiek.

2.8 Studiemateriaal

• Voorgeskrewe studiemateriaal

Jacobs, S. et al. 2018. Rekenaars, deel van jou lewe Graad 10: ʼn Handboek vir
Rekenaartoepassingstegnologie 2de uitgawe –Study Opportunities, Dorandia. ISBN 978-0-
9947032-2-4

• Ekstra studiemateriaal

The Practical PC Fifth Edition, June Jamrich Parsons, Dan Oja, Marilou Sazon Potter.
Thomson Course Technology ISBN-13: 978-1-42939-2511-8. (‘n Kopie is in die biblioteek
beskikbaar).

Professor Teaches interaktiewe video lesse op DVD-ROM om die praktiese aspekte van die
gebruik van die Microsoft programmatuur te bemeester.
Professor Teaches DVD-ROM bundles.
Individual Software published in Europe by Electric Software.

Besoek die webterreine www.electric-software.co.uk en www.professorteaches.co.uk


vir meer inligting.

• Bylaes

➢ Bylae 1: Semesteropdrag (sal voorsien word)

➢ U sal ook (op die webblad) u studiebrief met al die noodsaaklike datums ontvang

2.9 Samestelling van modulepunt

Die modulepunt word bereken deur die gemiddeld van die semesterpunt en die
semestereksamen te bereken. Beide die semesterpunt en die semestereksamen maak 50
persent van die modulepunt uit.

2.10 Promosie en slaagvereiste

2.10.1 Semesterpunt

Die semesterpunt word deur middel van ten minste twee assesseringsaktiwiteite bereken. Al u
formele assesseringsaktiwiteite sal tel vir die brekening van u semesterpunt.

2.10.2 Eksamen

Daar word nie in hierdie module eksamen geskryf nie.

2.10.3 Slaagvereistes

Die volgende assesseringsriglyne volgens die Assesseringsbeleid van die Akademie geld:

Studiegids vir RGL1151


➢ Om tot ‘n semestereksamen toegelaat te word, moet ‘n student se semesterpunt minstens
40% wees.

➢ Ten einde ‘n semester te slaag, moet die gemiddeld van die student se semesterpunt en sy
eksamenpunt minstens 50% wees, op voorwaarde dat nie minder as 40% in die eksamen
behaal is nie.

➢ Om vir ‘n hereksamen te kwalifiseer moet die gemiddeld van die eksamen minstens 40% wees.

2.10.4 Onderskeidings

Die volgende assesseringsriglyne volgens die Assesseringsbeleid van die Akademie geld:

➢ Ten einde vir ‘n onderskeiding in ‘n vak te kwalifiseer, moet die gemiddeld van die
semestereksamen in daardie vak en die semesterpunt vir daardie vak minstens 75% wees.

➢ ‘n Student ontvang sy graad met lof indien hy/sy in die finale jaar twee van sy/haar hoofvakke
met onderskeiding geslaag het.

2.10.5 Plagiaat

ASSESSERINGSTAKE IS INDIVIDUELE TAKE EN NIE GROEPAKTIWITEITE NIE (TENSY DIT


UITDRUKLIK AANGEDUI WORD AS ‘N GROEPAKTIWITEIT)

Kopiëring van ander leerders of ander bronne se teks (byvoorbeeld die studiegids, voorgeskrewe
studiemateriaal of direk vanaf die internet) is ontoelaatbaar – slegs kort aanhalings is toelaatbaar
en indien dit as sodanig aangehaal word met die nodige bronverwysings.

Bestaande teks moet verkieslik herformuleer word en eie woorde moet gebruik om te verduidelik
wat uit die bron verkry is. Plagiaat word gepleeg as bestaande teks/stof/inligting net oor getik is en
die bron in 'n voetnoot of bibliografie erken is – dit word van studente in die module verwag om ideë
of begrippe/konsepte te gebruik sonder om die oorspronklike skrywer woordeliks te herhaal.

Opdragte/Take is nie net die weergee van bestaande materiaal/stof nie, maar om te bepaal of
studente die vaardighede aan die dag kan lê om te integreer, om eie interpretasie, afleidings en/of
kritiese beoordeling te formuleer en om met konstruktiewe en nuwe oplossing vir huidige situasie na
vore te kom.

WAARSKUWING: Studente wat hulle skuldig maak aan plagiaat sal 'n nulpunt vir die take
ontvang en dissiplinêre stappe mag deur die AP Akademie teen sodanige studente geneem
word. Geen student mag iemand anders se werk vir hulle doen nie of ander studente in staat
stel om hul werk te kopieer nie – werk moenie uitgeleen of aan ander beskikbaar gestel word
nie. Beide partye sal in sulke gevalle gepenaliseer word!

3. ONDERRIG EN LEER
3.1 Onderrig- en leerstrategie/metodiek

3.1.1 Tegnologie- en leerstrategie/metodiek

Weens die feit dat hierdie module deel van die afstandstudiekursus uitmaak, maak klasbywoning nie
deel uit van die leerstrategie nie.

Studiegids vir RGL1151


’n Belangrike aspek van die leerstrategie vir u as afstandstudent, is daar hoofsaaklik hierdie
studiegids, wat saam met die voorgeskrewe handboeke al die leerinhoud bevat wat jy mag nodig
kry.

Ander literatuur wat u bykomend vir navorsing kan gebruik, word onder addisionele bronne vermeld.

‘n Groot tegnologiese hulpmiddel wat deel van u leerstrategie uitmaak, is die APA se webblad.
Hierop word daar belangrike inligting soos u studiegids, studiebrief, klankopnames rakende
bespreking oor die leerinhoud, ens. beskikbaar gemaak. Verder is daar skakels na die biblioteek en
digitale bronne wat gebruik kan word om die vereiste inligting met die oog op assesseringstake, ens.
te bekom.

Assesseringsopdragte word ook deur middel van die webblad ingedien.

3.1.2 Assessering

Daar bestaan verskillende assesseringsmetodes. In RGL1151 sal u die volgende assesserings-


metodes vind:

3.1.2.1 Leeraktiwiteite

Elke leereenheid bevat (‘n) leeraktiwiteit(e) wat u help om die leerinhoud te verstaan. Vrae in die
leeraktiwiteite word slegs geassesseer indien dit ook in die assessering- of selfsassesseringsvrae
opgeneem is.

3.1.2.2 Navorsingsopdragte

Tydens die module sal daar van u verwag word om een navorsingsopdrag vir formele assessering
in te dien. Kyk die studiebrief vir verdere inligting.

3.1.2.3 Semesteropdragte

Tydens die module sal daar ‘n semesteropdrag gegee word, wat sal deel uitmaak van die formele
assesseringspunt. Kyk die studiebrief vir verdere inligting.

3.1.2.4 Eksamens

Na afloop van hierdie module sal daar een geskrewe vraestel van 3 ure wees wat deel van u formele
assesseringspunt sal uitmaak. Kyk die studiebrief vir verdere inligting.

3.1.3 Selfstudie

Dit is vir u, as afstandstudiestudent, noodsaaklik om selfstudie, asook selfassessering te doen.

In u studiegids sal u opdragte, ens. vind wat “selfstudie” of “selfassessering” gemerk is. Gebruik
hierdie geleenthede om nie net uself te verryk nie, maar uself ook te toets, of u die werk onder die
knie het en alles deeglik begryp.

10

Studiegids vir RGL1151


3.2 Aktiwiteitswoorde (Bloom)

Hierdie werkwoorde word ter verduideliking omskryf sodat studente weet wat verwag word. Dit is
belangrik om die korrekte benadering te volg in die beantwoording van enige assesseringsopdrag.

• Aantoon – Wys die feite van ‘n saak uit.

VOORBEELD: Toon aan hoe inligtingstegnologie die onderwys beïnvloed.

• Analiseer – Identifiseer en ontleed dele of elemente van ʼn konsep en beskryf hulle een vir een.

VOORBEELD: Analiseer die volgende benaderings in die onderwys en beskryf elkeen.

• Beskryf – Gee ʼn presiese weergawe van iets in u eie woorde; omskryf die tipiese aard van iets
of verduidelik hoe iets funksioneer. Geen argument of opinie is nodig nie.

VOORBEELD: Beskryf die kenmerke van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel.

• Bespreek – Gee uitgebreide kommentaar in u eie woorde. Debattering tussen twee


perspektiewe of moontlikhede vergemaklik die bespreking.

VOORBEELD: Bespreek die verskille tussen kritiese- en leeruitkomste.

• Debatteer – Volg ʼn vraende benadering en hou ʼn formalistiese dispuut voor.

VOORBEELD: Debatteer die rol van inligtingstegnologie in onderrigleer.

• Definieer – Die presiese betekenis van begrippe moet presies geleer en weergegee word.

VOORBEELD: Definieer die begrip “leerdergesentreerde onderrigleerbenadering”.

• Demonstreer – Lewer bewyse in die bespreking van ʼn onderwerp of aangeleentheid.

VOORBEELD: Gee ʼn geskrewe demonstrasie oor die moderne neigings van ʼn les.

• Dui aan – Verskaf inligting sonder bespreking.

VOORBEELD: Dui drie funksies van ʼn rekenaar in onderwys aan.

• Evalueer – Stipuleer die betekenis of waarde van dinge deur doeltreffend bespreking.

VOORBEELD: Evalueer die waarde van die konstruktivistiese benadering vir die
onderwys.

• Formuleer – Sit die saak sistematies uiteen.

• Gee hoofpunte – Lê klem op die hoofkenmerke, strukture of algemene beginsels van ʼn


onderwerp; moenie klein detail insluit nie. Meer besonderhede as wanneer u net moet noem,
te lys of aan te dui.

VOORBEELD: Gee die hoofpunte van ʼn lesstruktuur.

• Identifiseer – Voorsien die beslissend eienskappe of aspekte van ʼn fenomeen.

VOORBEELD: Identifiseer die kenmerke van suksesvolle opvoeding.


11

Studiegids vir RGL1151


• Illustreer – Verskaf ʼn diagram, skets of model of voorbeeld saam wat die verskynsel of idee
weergee.

VOORBEELD: Illustreer met behulp van ’n skets die vorming van insig by leerlinge.

• Kritiseer – Lewer kritiese kommentaar deur ʼn aanduiding te gee of u met die stelling of
standpunt of siening saamstem of nie. U moet vervolgens u teenkanting of ondersteuning
beskryf en fundamentele redes vir u siening aanvoer.

VOORBEELD: Skryf kritiese kommentaar oor die rol van die Griekse onderrig in vandag
se onderwysstelsel.

• Lys – Stel ʼn lys saam van name, feite, eienskappe of enige items waarvoor gevra word.
Spesifieke orde of kategorieë mag vereis word.

VOORBEELD: Lys vyf hulpmiddele wat onderwysers kan gebruik.

• Motiveer – Met verduidelikinge vir die redes van u menings of sienings. Probeer om die leser
van u beskouinge te oortuig.

VOORBEELD: Sal die politieke situasie van die land die onderwys beïnvloed? Motiveer
u antwoord.

• Noem / Benoem – Verskaf beknop sonder om detail te gee.

VOORBEELD: Noem die twee hoofdenkwyses (paradigmas) oor opvoeding.

• Onderskei tussen – Konsentreer op die verskille tussen ideë of sieninge. Die gebruik van u eie
woorde word aanbeveel.

VOORBEELD: Onderskei tussen die behavioristiese en sosiaal-konstruktivistiese


onderrig-leerteorieë.

• Opstel – Uitgebreide omskrywings van ʼn onderwerp word vereis.

VOORBEELD: Skryf ʼn opstel oor die waarde van gestruktureerde onderwys.

• Som op – Lewer ʼn gestruktureerde samevatting van die sleutel- (mees belangrike) komponente
van ʼn aangeleentheid; in u eie woorde.

VOORBEELD: Gee ʼn opsomming van die hoofkenmerke van die konserwatief normatief-
georiënteerde denkwyse oor opvoeding.

• Verduidelik – Ontsyfer of gee regverdiging vir iets, in u eie woorde. Verifiëring met ʼn uitgebreide
beskrywing van die onderwerp of inhoud. Voorbeelde of illustrasies kan nuttig gebruik word.

VOORBEELD: Verduidelik die genoemde navorsingsmetodes kortliks.

• Vergelyk – Klem word gelê op ooreenkomste en verskille tussen begrippe, stellings of


standpunte. Woorde soos “kontrasteer” kan ook gebruik word. ʼn Sistematies benadering moet
gevolg word. Vergelykings moet verkieslik in u eie woorde beskryf word.

VOORBEELD: Vergelyk die rol van moedertaalonderrig en addisionele taal onderrig in

12

Studiegids vir RGL1151


SA.

• Voorbeeld – ʼn Praktiese toonbeeld of voorstelling word verlang.

VOORBEELD: Verskaf voorbeelde van onderwysstelsel wat gefaal het.

4. LEEREENHEDE
Elke leereenheid word deur spesifieke opskrifte en ikone erken. Vakke se aantal leereenhede verskil,
maar die doel van die leereenhede is om die hoeveelheid werk in die handboek of ander bronne wat
voorgeskryf word, te rangskik en te orden sodat die student sonder veel moeite hom- of haarself kan
ingrawe in ‘n spesifieke gedeelte van teologie.

Elke leereenheid word deur die volgende opskrifte ingedeel:

Onderwerp

Dit is die hoofopskrif van ‘n leereenheid waaroor die leereenheid gaan handel.

Tydsindeling

Dit is die hoeveelheid ure wat ‘n student aan die gedeelte van die werk in die leereenheid gaan
aandag gee. Dit sluit nie net leeswerk, navorsing en leerwerk in nie, maar dit behels ook die
afhandeling van leeraktiwiteite, assesseringsaktiwiteite en die hoeveelheid tyd van hierdie gedeelte
van die werk wat in semesteropdagte en eksamens gebruik word.

Leeruitkomstes

Soos enige vak op watter vlak ook al, moet studente ook in hierdie gedeelte van teologie, module
RGL1151, sekere uitkomste bereik. Spesifieke uitkomste word in elke leereenheid weergegee en
die student moet hom of haar hiervan vergewis. Assesseringsvrae kan in lyn hiermee opgestel word
en die studente kan reeds vooraf hom of haar in lyn hiermee toets.

Assesseringskriteria

Hierdie kriteria word per leereenheid in lyn met die leeruitkomstes opgestel. Die assesseringskriteria
is ‘n meer volledige uiteensetting van die uitkomstes wat studente moet kan bereik en die
assesseringsaktiwiteite word ook hiervolgens deur die student opgestel. Studente kan hul dus heel
vroeg hiermee vergewis en hul hiervolgens instel en voorberei.

13

Studiegids vir RGL1151


Studiemateriaal

➢ Voorgeskrewe studiemateriaal

Die handboek(e) of materiaal wat die student moet raadpleeg.

➢ Ekstra studiemateriaal

Ekstra materiaal, anders as die aanbevole of verpligte handboek wat reeds vroeër aangedui word,
kan ook by elke leereenheid deur die dosent ingebring word. Dit leer ook die student om verskillende
bronne, van verskillende aard, te kan gebruik.

Ekstra bronne wat in die verband deur dosente gebruik kan word, is:

- Internetbronne, spesifieke bronne wat gelees moet word

- Internetbronne, spesifiek bronne waarna gekyk en geluister moet word, bv. Youtube-video’s

- Internetbronne, spesifiek bronne waarna geluister kan word, soos klankopnames

- Sekere handboeke, wat gewoonlik in die APA-biblioteek beskikbaar is, kan ook deur die
dosent as ekstra bronne verwys word.

➢ Bylaes

Inhoud van leereenhede

Elke inhoud van ‘n leereenheid word opgedeel in die volgende:

➢ Inleiding – dis ‘n inleidende sin of twee waaroor die leereenheid se werk handel.

➢ Liggaam – dis ‘n meer gedetailleerde gedeelte waaroor die werk van die leereenheid handel.
Ook in hierdie gedeelte word leeraktiwiteite geplaas. Laasgenoemde is vrae wat deur die student
self gedoen moet word, maar nie noodwendig deur die dossent geassesseer hoef te word nie.
Dit verplig die student om hom of haar meer in te grawe in die gedeelte van die werk.

➢ Assessering – hierdie gedeelte van die inhoud van die leereenheid behels die
assesseringsaktiwiteite wat deur die student gedoen en ingehandig moet word. Die dosent gee
hiervoor punte en dit vorm deel van die semesterpunt.

Selfassessering kom ook in sekere leereenhede voor – dit verplig die student tot verdere denke
in lyn met die spesifieke onderwerp wat in die leereenheid behandel is.

Aktiwiteite word in die volgende drie kategorieë ingedeel:

Leeraktiwiteite

14

Studiegids vir RGL1151


Oefeninge soos vrae wat nie geassesseer word nie, maar u help om die werk te verstaan.

Assesseringsaktiwiteit/e

Assesseringsaktiwiteite wat met twee regmerke aangedui word, word ingehandig en deur die dosent
geassesseer.

Selfassessering

Assesseringsaktiwiteite wat met een regmerk aangedui word, word deur die student self
geassesseer met die doel om te bepaal of die werk verstaan word en die uitkoms(te) van die
leereenheid bereik is.

15

Studiegids vir RGL1151


LEEREENHEID 1

INLEIDING OOR INTERNET, NETWERK EN WEBBLAD TEORIE

Onderwerp

Hierdie leereenheid handel eerstens oor ‘n algemene inleiding tot RTG1152. Verder word die
wêreldwye web behandel. U sal ook aandag skenk aan netwerke en kennis maak met die webblad
en wêreldwye web.

Tydsindeling

Die tyd wat u aan hierdie leereenheid behoort te bestee is 5 ure.

Leeruitkomste

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om die volgende te kan
doen:

• Toon ‘n basiese begrip van die rekenaarterme en -konsepte wat in rekenaargeletterdheid


aangetref word

Assesseringskriteria

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om die volgende te kan
doen:

✓ ‘n Basiese begrip van rekenaarterme en -konsepte te demonstreer in rekenaargeletterdheid,


(m.a.w. basiese rekenaarterme en -konsepte te kan definieer en beskryf)

Studiemateriaal

Bestudeer bladsye 88 – 132 in die voorgeskrewe werk:

16

Studiegids vir RGL1151


• Jacobs, S. et al. 2011. Rekenaars, deel van jou lewe Graad 10: ʼn Handboek vir
Rekenaartoepassingstegnologie –Study Opportunities, Dorandia: CAPS-uitgawe.

Ekstra studiemateriaal

• Geen

Klankopname

Luister na die klankopname wat op die webblad beskikbaar is.

Inhoud van leereenheid 1

1. Netwerke

‘n Netwerk is ‘n verbinding van twee of meer toestelle soos rekenaars, selfone, tablette of drukkers.
Hierdie verbinding kan deur middel van kabels, of koordloos (wi-fi) geskied. Die groot nut van
netwerke is dat inligting en toestelle, soos byvoorbeeld ons drukkers hier by die APA, deur baie
mense gedeel en gebruik kan word.

1. Die internet

U het al van die internet gehoor. Dit is ook moontlik dat u self daagliks die internet gebruik. Ons
gebruik die internet deesdae op ons rekenaars, tablette, selfone en ander toestelle. U kan
byvoorbeeld op u foon kyk na wat die weervoorspelling vir die dag is, vinnig “Google” vir ‘n resep
wat u vir aandete wil maak, of u eposse ontvang en beantwoord. U gebruik heel moontlik ook sosiale
media soos FaceBook, Twitter, WhatsApp en nog vele meer om met u familie en vriende reg oor die
wêreld te gesels en teks- of stemboodskappe en foto’s te stuur. Vir al hierdie aksies gebruik ons die
internet.

Die internet kan beskryf word as ‘n wêreldwye rekenaarnetwerk wat bestaan “uit rekenaars en
netwerke wat deur middel van kommunikasiemedia verbind is. Die kommunikasiemedia kan
telefoonlyne, veselkabels, ondersese kabels, satelliete, sellulêre tegnologie en mikrogolwe insluit.”
(Jacobs et al:97)

17

Studiegids vir RGL1151


2. Die wêreldwye web

Dikwels verwar mense die wêreldwye web (www) met die internet en dink dat die twee begrippe
dieselfde is. In der waarheid is die wêreldwye web (www) net een van die vele dienste wat deur die
internet verskaf word.

Die wêreldwye web is saamgestel uit ‘n menigte dokumente wat aan mekaar gekoppel is en
onderling met mekaar skakel. Meer as een webblad wat tot dieselfde webadres behoort vorm ‘n
webwerf.

Leeraktiwiteite

Maak vir uself ’n opsomming van die terme en definisies in die “Toets en verbeter”-afdelings op pp.
109, 121, 130 - 132 in Jacobs et al. (2017).

Selfassesseringsaktiwiteit(e)

Beantwoord die vrae op bl. 110, 122 en 132 skriftelik in Jacobs et al.

Selfassessering

Assesseer uself deur die aktiwiteite tussen die inhoudsteks van die voorgeskrewe werk te doen (bv.
Skriftelike module-aktiwiteite op pp. 93 en 99; Aktiwiteite 1 – 2 op pp. 104 – 108; Aktiwiteite 1 – 3 op
pp. 116 – 120; Aktiwiteite 1 op p. 128.

Doen soveel as moontlik van hierdie aktiwiteite en kies ook vir hierdie doel aktiwiteite uit al
bogenoemde groepe (wat u kennis aangaande verskillende onderafdelings van die werk toets). U
stuur die antwoorde van hierdie aktiwiteite nie in vir formele assessering deur u dosent nie teensy
daarvaar gevra word en gebruik dit om uself te assesseer of u die werk verstaan en die uitkoms(te)
van die leereenheid bereik het, nadat u dit bestudeer het.

Indien u tydens die doen van hierdie aktiwiteite probleme ervaar of iets nie verstaan nie,
kontak gerus u dosent.

18

Studiegids vir RGL1151


LEEREENHEID 2

DIE MY.APA-WEBBLAD, MOODLE-STELSEL EN DRUKKERS

Onderwerp

In leereenheid 1 het u kennis gemaak met die teorie van netwerke, die internet en die wêreldwye
web. Hierdie leereenheid handel oor die toepassing en gebruik van hierdie tegnologie by die AP
Akademie.

Tydsindeling

Die tyd wat u aan hierdie leereenheid behoort te bestee is 5 ure.

Leeruitkomste

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om die volgende te kan
doen:

• Demonstreer dat die student oor die vaardighede van ‘n spesifieke webblad as deel van
inligtings- en kommunikasietegnologie beskik

Assesseringskriteria

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om:

✓ Die beskikking van vaardighede met verwysing tot ‘n spesifieke webblad (die my.APA-webblad)
demonstreer as deel van inligtings- en kommunikasietegnologie

- Die my.APA-webblad as bron van inligtings-en kommunikasietegnologie te kan verstaan en


benut

19

Studiegids vir RGL1151


- Die vereistes en gebruiksaanwysings om werksopdragte met behulp van die myapa webblad
te hanteer, kan verduidelik

- Oor vaardighede beskik in verband met die gebruik van die internet, webblad, netwerk en
drukkers by die AP Akademie

Studiemateriaal

Bestudeer die voorgeskrewe werk:

• Die handleiding van die my.apa-webblad

http://www.apa.ac.za/wp-content/uploads/2018/12/MyAPA-Handleiding-vir-studente-2017.pdf

Ekstra studiemateriaal

• Handleiding om PaperCut te installeer (hieronder)

http://www.apa.ac.za/wp-content/uploads/2018/02/APA-Handleiding-vir-registrasie-op-
Papercut-Kopieerdiens-weergawe-1.4.pdf

Klankopname

Luister na die klankopname wat op die webblad beskikbaar is.

Inhoud van leereenheid 2

Soos u reeds weet, maak navorsing ‘n groot deel van enige student se studies uit. Hiervoor is die
internet tot u beskikking. Die AP Akademie bied ook aan u (gratis) internetgebruik deurdat u op ons
kampus u rekenaar, tablet of selfoon deur middel van ‘n koordlose konneksie kan koppel.

Deur deel van die AP se netwerk te wees bied u nie net toegang tot die internet nie, maar dus ook
tot ons webblad en die moodle-stelsel.

Op die webblad kan u inligting bekom oor die instansie en die moodle sisteem is ontwerp is om u in
u studies te ondersteun. Hier kan u vakke besigtig, u studiegidse en studiebriewe vir al u
geregistreerde modules aflaai. By die AP Akademie word daar ook ‘n klankopname tydens die
behandeling van elke leereenheid gemaak wat op die moodle stelsel gelaai word. Internet en

20

Studiegids vir RGL1151


webbladgebruik stel u dus in staat om hierdie klankopnames af te laai sodat u kan luister na die
dosent se aanbieding van elke leereenheid.

Die koppeling tot die netwerk gee u ook toegang tot die drukker en skandeerder van die Akademie.
Wanneer u deel van die netwerk op kampus is, installeer u die program PaperCut op u toestel
(skootrekenaar of slimfoon). Die handleiding om hierdie program en die drukkers te installeer kan u
hier besigtig.

Leeraktiwiteite

Luister na die klankopname en maak vir uself ’n opsomming van al die belangrike inligting wat aan
u deurgegee word wat nie onder “Inhoud” hierbo verskyn nie.

Assesseringsaktiwiteit(e)

Hierdie leereenheid bevat geen formele assesseringsaktiwiteite nie.

Selfassessering

Maak seker dat u vertroud is met die my.apa-webblad en die inhoud van hierdie leereenheid.

21

Studiegids vir RGL1151


LEEREENHEID 3

WOORDVERWERKING - MICROSOFT WORD

Onderwerp

Hierdie leereenheid handel oor ‘n inleiding tot woordverwerking. Die program wat ons hiervoor
gebruik is Microsoft Word.

Tydsindeling

Die tyd wat u aan hierdie leereenheid behoort te bestee is 8 ure.

Leeruitkomste

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om die volgende te kan
doen:

• Beskik oor die toepaslike basiese vaardighede om rekenaartoepassings doeltreffend en


oordeelkundig aan te wend vir sy/haar studies en/of daaglikse werk.

• Selekteer standaard metodes, prosedures en tegnieke tydens die gebruik van Microsoft Word

Assesseringskriteria

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om:

✓ Oor die toepaslike basiese vaardighede te beskik om rekenaartoepassings doeltreffend en


oordeelkundig aan te wend vir sy/haar studies en/of daaglikse werk.

✓ Standaard metodes, prosedures en tegnieke te selekteer tydens die gebruik van Microsoft
Word

22

Studiegids vir RGL1151


- ‘n Dokument te skep deur karakter, paragraaf, bladsy formatering, formatering met style
en tabelle
- Teks in dokumente te redigeer sodat dit sonder spelfoute is en professioneel vertoon.
- Die belangrike terme en konsepte te definieer wat betrekking het op woordverwerking.
- Tabelle te skep en te formateer, asook inligting te sorteer en te bereken in ‘n tabel en
tabelle na teks en teks na tabelle te verander.
- Bladsy-uitlegte met kolomme te skep.
- Kommentaar by ‘n dokument by te voeg.
- Beskerming teen ongemagtigde toegang tot die inhoud van ‘n dokument te kan voeg.
- Hiperskakels (verwysings) na ander dokumente en grafika te kan invoeg in ‘n dokument
- Grafiese elemente en grafika te kan invoeg, formateer en redigeer by ‘n dokument.
- Grafiese teken-objekte te gebruik en te manipuleer in Microsoft Word dokumente.
- SmartArt te gebruik om sekere soorte inligting met behulp van diagramme voor te stel.
- Die belangrike terme en konsepte te definieer wat betrekking het op die gebruik van
grafika in woordverwerking.
- Wenke en aanbevelings te gee vir die oordeelkundige gebruik van grafika in dokumente.

Studiemateriaal

Bestudeer bladsye 134 – 138, 140 – 141, 145 – 151, 155 – 162, 165 – 175, 179 – 191, 196 – 208
en 212 - 218 in die voorgeskrewe werk:

• Jacobs, S. et al. 2011. Rekenaars, deel van jou lewe Graad 10: ʼn Handboek vir
Rekenaartoepassingstegnologie –Study Opportunities, Dorandia: CAPS-uitgawe.

Ekstra studiemateriaal

• www.professorteaches.co.uk

Klankopname

Luister na die klankopname wat op die webblad beskikbaar is.

23

Studiegids vir RGL1151


Inhoud van leereenheid 3

‘n Woordverwerker is ‘n program wat hoofsaaklik dokumente te skep wat uit teks bestaan. Hierdie
teks kan egter in verskillende skriftipes, skrifpuntgroottes, formatering ens. wees. Die dokument kan
ook grafika soos diagramme, foto’s, grafieke of prentjies bevat. Tabelle word ook heel dikwels in
dokumente gebruik. Voorbeelde van dokumente is bv.: hierdie studiegids, tydskrifartikel,
omsendbrief, of ‘n kontrak. Alhoewel daar baie kunstige programme op die mark beskikbaar is, is dit
heel moontlik en maklik om stylvolle en kunstige dokumente soos verjaarsdagkaartjies, kleurvolle
advertensies en spyskaarte op ‘n woordverwerker te skep.

Deur middel van ‘n woordverwerker, soos Microsoft Word, kan u dus netjiese, visueel aantreklike
dokumente skep, redigeer, stoor en indien noodsaaklik, die finale produk uitdruk.

In hierdie leereenheid leer u dus om van nuuts af ‘n dokument op Microsoft Word te skep deur
karakters, paragrawe, bladsyformatering, teksformatering, verskillende teksstyle en tabelle, asook
die meer gevorderde en kunstige funksies van hierdie program, soos SmartArt te gebruik. U leer ook
verder hoe om dokumente te stoor en gestoorde dokumente te herroep en te redigeer.

Die praktiese assesseringsopdragte hieronder stel u aan die program bloot waar u fisies die
praktiese werk doen en bogenoemde funksies uitvoer. U bestudeer dus net nie die teorie van die
bepaalde rekenaarprogram in hierdie module nie, maar leer die program telkens ken deur ‘n meer
praktiese benadering.

Die kennis wat u, veral in hierdie leereenheid, gaan opdoen gaan vir u van onskatbare ware wees
in u studies in al u vakke, wanneer daar van u verwag gaan word om getikte opdragte, take,
navorsingsprojekte ens. te doen. U voorgeskrewe werk sê tereg dat die voorkoms (uitleg, ens.) van
‘n dokument, net so belangrik as die inhoud (woorde, betekenis) daarvan is. ‘n Baie goeie opdrag
sal slordig vertoon indien die dokument slordig voorberei is, selfs al is die inhoud briljant. Die
ontvanger of leser van ‘n dokument neem egter eers die voorkoms van ‘n dokument waar (wat
dadelik ‘n bepaalde indruk spek) voor hy/sy die inhoud daarvan lees of bestudeer.

Leeraktiwiteite

Maak vir uself ’n opsomming van die terme en definisies in die “Toets en verbeter”-afdelings op pp.
143, 153, 163, 176, 191 – 192, 209 en 219 in Jacobs et al. (2017).

24

Studiegids vir RGL1151


Selfassesseringsaktiwiteit(e)

Doen die “Praktiese module-aktiwiteit(e)” op pp. 144, 154, 164, 177 – 178, 192 – 195, 210 – 211 en
220 in Jacobs et al.

Selfassessering

Assesseer uself deur die aktiwiteite tussen die inhoudsteks van die voorgeskrewe werk te doen (bv.
Aktiwiteite 1 – 5 op pp. 138 – 143; Aktiwiteite 1 – 4 op pp. 146 – 152; Aktiwiteite 1 – 5 op pp. 157 –
163; Aktiwiteite 1 – 7 op pp. 167 – 176; Aktiwiteite 1 – 9 op pp. 180 – 191; Aktiwiteite 1 – 8 op pp.
197 – 208 en Aktiwiteite 1 – 6 op pp. 213 – 218.

Doen soveel as moontlik van hierdie aktiwiteite en kies ook vir hierdie doel aktiwiteite uit al
bogenoemde groepe (wat u kennis aangaande verskillende onderafdelings van die werk toets). U
stuur die antwoorde van hierdie aktiwiteite nie in vir formele assessering deur u dosent nie teensy
daarvoor gevra word, en gebruik dit om uself te assesseer of u die werk verstaan en die uitkoms(te)
van die leereenheid bereik het, nadat u dit bestudeer het.

Indien u tydens die doen van hierdie aktiwiteite probleme ervaar of iets nie verstaan nie,
kontak gerus u dosent.

25

Studiegids vir RGL1151


LEEREENHEID 4
SIGBLADVERWERKING – MICROSOFT EXCEL

Onderwerp

Hierdie leereenheid handel oor sigbladverwerking. Die program wat ons hier gebruik en leer ken is
Microsoft Excel.

Tydsindeling

Die tyd wat u aan hierdie leereenheid behoort te bestee is 8 ure.

Leeruitkomste

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om die volgende te kan
doen:

• Beskik oor die toepaslike basiese vaardighede om rekenaartoepassings doeltreffend en


oordeelkundig aan te wend vir sy/haar studies en/of daaglikse werk.

• Selekteer standaard metodes, prosedures en tegnieke tydens die gebruik van Microsoft Excel

Assesseringskriteria

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om:

✓ Oor die toepaslike basiese vaardighede beskik om rekenaartoepassings doeltreffend en


oordeelkundig aan te wend vir sy/haar studies en/of daaglikse werk.

- Definieer die doel en gee voorbeelde van die gebruik van sigblaaie.
- Skep en formateer ‘n basiese sigbladtabel met die Excel program.
- Tik en formateer data doeltreffend in ‘n sigbladtabel.

✓ Standaard metodes, prosedures en tegnieke selekteer tydens die gebruik van Microsoft Excel
26

Studiegids vir RGL1151


- Gebruik enkele van die elementêre numeriese funksies van Excel.
- Skep, redigeer en stoor sigbladlêers.
- Gee wenke en aanbevelings vir die toepaslike aanwending van sigbladverwerking vir die
manipulasie van numeriese data.

Studiemateriaal

Bestudeer bladsye 222 – 268 in die voorgeskrewe werk:

• Jacobs, S. et al. 2011. Rekenaars, deel van jou lewe Graad 10: ʼn Handboek vir
Rekenaartoepassingstegnologie –Study Opportunities, Dorandia: CAPS-uitgawe.

Ekstra studiemateriaal

• www.professorteaches.co.uk

Klankopname

Luister na die klankopname wat op die webblad beskikbaar is.

Inhoud van leereenheid 4

In leereenheid 3 het ons kennis gemaak met die woordverwerker – ‘n program wat hoofsaaklik op
teks, dus woorde fokus. U sal egter onthou dat dit heel moontlik is om hier ook getalle en selfs tabelle
met getalle te gebruik, veral indien dit nie so baie is nie, of ingewikkelde berekenings vereis nie.

In hierdie leereenheid skenk ons aandag aan die sigbladverwerker. U kan dit miskien beter onder
die Engelse naam “spreadsheat” ken. Sigbladverwerkers is programme wat ontwerp is om met
getalle te werk (alhoewel hier natuurlik ook woorde voorkom en gebruik kan word). Dink aan
dokumente wat baie getalle bevat soos rekeningkundige state, begrotings, puntestate ens.

Veronderstel u moet ‘n dokument saamstel waar daar baie getalle op voorkom. Hierdie getalle moet
ingesleutel word, maar dan moet sommiges bymekaar getel word, waar ander getalle van sekeres
moet afgetrek word. In plaas van om die getalle in te tik in ‘n tabel en die berekeninge met ‘n
sakrekenaar uit te werk en die antwoorde in te tik, is die sigbladverwerker só ontwerp dat indien u
die instruksies gee, die program vir u die berekeninge kan doen.

27

Studiegids vir RGL1151


Leeraktiwiteite

Maak vir uself ’n opsomming van die terme en definisies in die “Toets en verbeter”-afdelings op pp.
237, 247, 259 en 266 in Jacobs et al. (2017).

Selfassesseringsaktiwiteit(e)

Doen die “Praktiese module-aktiwiteit(e)” op pp. 239, 248 – 249, 261 en 267 - 268 in Jacobs et al.

Selfassessering

Assesseer uself deur die aktiwiteite tussen die inhoudsteks van die voorgeskrewe werk te doen (bv.
Aktiwiteite 1 – 11 op pp. 223 – 236; Aktiwiteite 1 – 6 op pp. 241 – 247; Aktiwiteite 1 – 8 op pp. 251 –
258 en Aktiwiteite 1 – 4 op pp. 264 – 266.

Doen soveel as moontlik van hierdie aktiwiteite en kies ook vir hierdie doel aktiwiteite uit al
bogenoemde groepe (wat u kennis aangaande verskillende onderafdelings van die werk toets). U
stuur die antwoorde van hierdie aktiwiteite nie in vir formele assessering deur u dosent nie teensy
daarvoor gevra word, en gebruik dit om uself te assesseer of u die werk verstaan en die uitkoms(te)
van die leereenheid bereik het, nadat u dit bestudeer het.

Indien u tydens die doen van hierdie aktiwiteite probleme ervaar of iets nie verstaan nie,
kontak gerus u dosent.

28

Studiegids vir RGL1151


LEEREENHEID 5

VOORDRAGTE – MICROSOFT POWERPOINT

Onderwerp

Hierdie leereenheid handel oor voordragte. U ken voordragte moontlik onder die Engelse naam
“slide shows”. Om voordragte saam te stel gebruik ons die program Microsoft PowerPoint. In hierdie
leereenheid sal u hierdie program leer ken sodat u dit enige tyd kan benut wanneer u dit in u studies
of werk mag nodig kry.

Tydsindeling

Die tyd wat u aan hierdie leereenheid behoort te bestee is 8 ure.

Leeruitkomste

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om die volgende te kan
doen:

• Beskik oor die toepaslike basiese vaardighede om rekenaartoepassings doeltreffend en


oordeelkundig aan te wend vir sy/haar studies en/of daaglikse werk.

• Selekteer standaard metodes, prosedures en tegnieke tydens die gebruik van Microsoft
PowerPoint

Assesseringskriteria

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om:

✓ Oor die toepaslike basiese vaardighede beskik om rekenaartoepassings doeltreffend en


oordeelkundig aan te wend vir sy/haar studies en/of daaglikse werk

- ’n Basiese eenvoudige PowerPoint vertoning skep en redigeer.

29

Studiegids vir RGL1151


- Objekte gebruik, formateer en manipuleer op ‘n skyfie

- Skyfiereekse doeltreffend te ontwerp en uit te lê ter ondersteuning van ‘n voordrag/


lesing.

- Die belangrike terme en konsepte definieer wat betrekking het op die gebruik van grafika
in woordverwerking.

✓ Standaard metodes, prosedures en tegnieke selekteer tydens die gebruik van Microsoft
PowerPoint

- ‘n Skyfiereeks doeltreffende aanbied aan ‘n teikengehoor deur effektiewe animasie en


skyfiewisseling.

- Wenke en aanbevelings gee vir die oordeelkundige gebruik van ‘n skyfiereeks deur die
teikengehoor in ag te neem.

Studiemateriaal

Bestudeer bladsye 269 – 285 in die voorgeskrewe werk:

• Jacobs, S. et al. 2011. Rekenaars, deel van jou lewe Graad 10: ʼn Handboek vir
Rekenaartoepassingstegnologie –Study Opportunities, Dorandia: CAPS-uitgawe.

Ekstra studiemateriaal

• www.professorteaches.co.uk

Klankopname

Luister na die klankopname wat op die webblad beskikbaar is.

Inhoud van leereenheid 5

Voordragte is baie nuttig wanneer dit nodig is om vir ‘n groep mense inligting visueel deur te gee.
Dit help die aanbieder ook deurdat die hoofpunte, skemas en/of prente/diagramme ens. vir sowel
hom/haar, asook vir die toeskouers sigblad is. U is heeltyd bewus van waar u in u aanbieding of
voordrag trek en sal dus nie per ongeluk ‘n punt oorslaan of die volgorde van punte omruil nie.

30

Studiegids vir RGL1151


Visuele voordragte kan ‘n monotone aanbieding van ‘n aangename en dinamiese energie voorsien.
In plaas van om net na die aanbieder te luister, kan die toeskouer nou ook sy visuele vermoëns
benut.

Die program wat ons as voorbeeld behandel is Microsoft PowerPoint wat u gaan leer ken en kan
gebruik om skyfievertonings (slide shows) te skep, wat dinamies en doeltreffend is deur animasie,
grafika en formatering te gebruik.

Leeraktiwiteite

Maak vir uself ’n opsomming van die terme en definisies in die “Toets en verbeter”-afdelings op pp.
280 en 285 in Jacobs et al. (2017).

Selfassesseringsaktiwiteit(e)

Doen die “Skriftelike module-aktiwiteit” en die “Praktiese module-aktiwiteit” op p. 281 in Jacobs et al.

Selfassessering

Assesseer uself deur die aktiwiteite tussen die inhoudsteks van die voorgeskrewe werk te doen (bv.
Aktiwiteite 1 – 3 op pp. 271 – 280 en Aktiwiteite 1 – 3 op pp. 283 – 285.

Doen soveel as moontlik van hierdie aktiwiteite en kies ook vir hierdie doel aktiwiteite uit al
bogenoemde groepe (wat u kennis aangaande verskillende onderafdelings van die werk toets). U
stuur die antwoorde van hierdie aktiwiteite nie in vir formele assessering deur u dosent nie teensy
daarvoor gevra word, en gebruik dit om uself te assesseer of u die werk verstaan en die uitkoms(te)
van die leereenheid bereik het, nadat u dit bestudeer het.

Indien u tydens die doen van hierdie aktiwiteite probleme ervaar of iets nie verstaan nie,
kontak gerus u dosent.

31

Studiegids vir RGL1151


LEEREENHEID 6

INTEGRERING I.V.M. MICROSOFT WORD, EXCEL EN POWERPOINT

Onderwerp

Tydens leereenhede 3, 4 en 5 het u die programme Microsoft Word, Excel en PowerPoint bestudeer.
In hierdie leereenheid skenk ons aandag aan integrasie tussen hierdie drie programme, m.a.w. hoe
gebruik ek hierdie drie programme in samewerking, of dra ek inligting vanaf een van hierdie
programme na ‘n ander een toe?

Tydsindeling

Die tyd wat u aan hierdie leereenheid behoort te bestee is 8 ure.

Leeruitkomste

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om die volgende te kan
doen:

• Identifiseer, evalueer en los bepaalde, roetine en nuwe probleme binne die konteks van
integrasie tussen Microsoft Word, Excel en PowerPoint op

• Selekteer standaard metodes, prosedures en tegnieke tydens die gebruik van Microsoft Word,
Excel en PowerPoint

Assesseringskriteria

Na bestudering van hierdie leereenheid behoort studente in staat te wees om:

✓ Bepaalde, roetine en nuwe probleme te identifiseer, evalueer en op te los binne die konteks
van integrasie tussen Microsoft Word, Excel en PowerPoint

- Dit wat integrering van toepassingsprogramme beteken, verduidelik.


- Voorbeelde gee van die integrering van Microsoft toepassingsprogramme.

32

Studiegids vir RGL1151


- Tussen probleemoplossing by en probleemoplossing met toepassingsprogramme te
onderskei.

✓ Standaard metodes, prosedures en tegnieke selekteer tydens die gebruik van Microsoft Word,
Excel en PowerPoint

- ‘n Verskeidenheid van template (meestervorms) te skep.


- Wenke en aanbevelings vir die effektiewe integrering van toepassings te noem.

Studiemateriaal

Bestudeer bladsye 311 – 312, 315 – 316, 318 – 319 en 321 – 324 in die voorgeskrewe werk:

• Jacobs, S. et al. 2011. Rekenaars, deel van jou lewe Graad 10: ʼn Handboek vir
Rekenaartoepassingstegnologie –Study Opportunities, Dorandia: CAPS-uitgawe.

Ekstra studiemateriaal

• www.professorteaches.co.uk

Klankopname

Luister na die klankopname wat op die webblad beskikbaar is.

Inhoud van leereenheid 6

In leereenhede 3, 4 en 5 het u die drie programme Microsoft Word, Excel en PowerPoint bestudeer.

Soms gebeur dit egter noodsaaklik is om inligting wat byvoorbeeld vir u in Word gegee is, in Excel
te gebruik. Veronderstel u is besig om ‘n groot sigblad in Excel saam te stel met rye en rye getalle,
baie berekenings, ens. Die inligting (getalle) wat u benodig word egter deur verskeie persone apart
versamel en aan u in verskillende formate gestuur. Een stuur vir u sy getalle in Excel, ‘n ander stuur
haar getalle vir u ‘n tabel wat sy in Word saamgestel het.

In plaas van om ure te neem om alles oor te tik in u Excel sigblad en die kans te staan om tikfoute
te maak, is daar maniere om inligting (in hierdie geval die getalle of tabelle) van een program na ‘n
ander toe te skuif. Dit spaar baie tyd en verseker ‘n groter kans tot akkurate werk.

33

Studiegids vir RGL1151


In hierdie leereenheid gaan u nie net leer om probleme soos bogenoemde te identifiseer en op te
los nie, maar u sal ook vaardighede soos metodes en tegnieke leer wat u ure se moeitevolle tikwerk
sal spaar.

Leeraktiwiteite

Maak vir uself ’n opsomming van die terme en definisies in die “Toets en verbeter”-afdelings op pp.
317 en 285 in Jacobs et al. (2017).

Selfassesseringsaktiwiteit(e)

Doen die Aktiwiteit 1 – 3 op pp. 313 – 314 en Aktiwiteit 7 op p. 322 in Jacobs et al.

Selfassessering

Assesseer uself deur die aktiwiteite tussen die inhoudsteks van die voorgeskrewe werk te doen (bv.
Aktiwiteite 4 op p. 317 en Aktiwiteite 1 – 6 op pp. 318 – 321.

Doen soveel as moontlik van hierdie aktiwiteite en kies ook vir hierdie doel aktiwiteite uit al
bogenoemde groepe (wat u kennis aangaande verskillende onderafdelings van die werk toets). U
stuur die antwoorde van hierdie aktiwiteite nie in vir formele assessering deur u dosent nie teensy
daarvoor gevra word, en gebruik dit om uself te assesseer of u die werk verstaan en die uitkoms(te)
van die leereenheid bereik het, nadat u dit bestudeer het.

Indien u tydens die doen van hierdie aktiwiteite probleme ervaar of iets nie verstaan nie,
kontak gerus u dosent.

34

Studiegids vir RGL1151

You might also like