WETENSKAPMANNETJIES Werkkaart

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 18

MrsAlbertsClassroom

GEDIG 3
WETENSKAPMANNETJIES – Antjie Krog LITTLE SCIENCE MEN

1. Julle sit onder swart teleskope 1. You sit under black telescopes
2. and look at the sun
2. en kyk na die son
3. until you realize that you’ll never get there.
3. tot julle besef dat julle nooit daar sal kom.
4. Pathetically you determine the light years
4. Pateties bepaal julle dan die ligjare
5. and tell that the sun is in fact
5. en vertel dat die son as 't ware 6. shrinking and will one day disappear
6. inkrimp en eendag gaan verdwyn
7. We are sitting high on the windmill

7. Ons sit maar hoog op die windpomp 8. and watching how the sun bumps his head

9. against the ridge


8. en kyk hoe die son sy kop stamp
10. how he bleeds
9. teen die rant
11. how the pale sky glows
10. hoe hy bloei
12. how the trees scorch to silhouettes.
11. hoe die vaal lug gloei

12. hoe die bome tot silhoeëtte verskroei. 13. therefore, dear gentlemen, I draw shamrocks

14. among my homework, get 26%

13. daarom, liewe menere, teken ek klawertjies 15. because I would rather listen to
16. the stray bustard
14. tussen my huiswerk, kry ek 26%
17. between the bushes at the tennis court
15. want ek luister eerder na
18. I prefer to quadrate my joys
16. die verdwaalde korhaan
19. find the logarithm of my heartache
17. tussen die bossies by die tennisbaan 20. because numbers bring loneliness
18. ek kwadreer liewer my vreugdes 21. which no man can stop.

19. en vind dan die logaritme van my hartseer

20. want syfers bring eensaamheid

21. wat geen mens kan keer.


(Uit: Dogter van Jefta. Human & Rousseau, 1970)

Whether you enjoy science or Nature in


its purest form, always remember to do
what makes you HAPPY!

1
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
NOTAS
AGTERGROND
Antie Krog is in Kroonstad in die Vrystaat gebore. Sy het op 'n plaas grootgeword - haar pa was 'n boer en

haar ma die bekende skrywer, Dot Serfontein. Die gedig Wetenskapmannetjies kom uit Antjie Krog se

debuutbundel, Dogter van Jefta, wat in 1970 gepubliseer is terwyl sy nog op skool was. In hierdie bundel vind

ons gedigte wat met hul eenvoud en praattoon die wêreld van die skoolkind met sy adolessensie, jeug, liefde en

besondere atmosfeer van klaskamers en onderwysers as grondslag het.

TITEL
• Na analogie van 'ruimtemannetjies'. Sterrekundiges is wetenskaplikes wat die buitenste ruim bestudeer om

te bepaal wat uiteindelik met ons planeet gaan gebeur.

• Die titel verwys na hoeveel en hoekom die spreker Wetenskap haat.

• Die verkleinwoord in die titel is verkleinerend (derogatory) en wys klaar wat die spreker van wetenskaplikes

dink.

STEMMING
Filosofies (philosophical). Sy kan ook nogal veglustig (in a fighting mood)/uitdagend (provoking) voorkom. Die

spreker voel opstandig teenoor die wetenskaplikes en bewonder die natuur se skoonheid.

TOON
ernstig, neerhalend, verkleinerend, negatief.

BOU
Uiterlike bou: 'n Vrye vers met drie strofes van verskillende lengtes.

Bindingselemente is die volgende:

• Daar is nie 'n vaste rympatroon nie, maar tog rymwoorde.

• Enjambement, alliterasie en assonansie bind gedagtes in die gedig.

Innerlike bou: Die gedig het die vorm van 'n beredenerende (argumentative) toespraak.

Strofe 1 beskryf die wetenskapmannetjies en hoe hulle na die son kyk/hulle omgewing ervaar.

Strofe 2 beskryf hoe die spreker dit doen.

Strofe 3 bring ‘n wending wanneer die spreker sê hoekom sy haar manier van kyk na die natuur verkies en die

gevolgtrekking, waarin die spreker sê presies hoe sy oor wetenskap voel.

RYMSKEMA
Vrye Vers
BOODSKAP
Moenie altyd wetenskaplik na die son kyk nie. In die gedig toon die spreker haar liefde vir die natuur. Volgens

die spreker sal jy nooit eensaam wees solank jy in voeling met die natuur is en jou lewenslesse en kennis uit die

natuur verkry nie. Alhoewel die spreker Wetenskap op skool gedruip het en geen belangstelling daarin getoon

het nie, beskou sy haarself as baie gelukkiger as die eensame wetenskaplikes wat voortdurend agter teleskope

sit.

TEMA
Negatiwiteit teenoor Wetenskap en wetenskaplikes.

2
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
STROFE 1 ADDISIONELE NOTAS

STROFE 1 vervolg ADDISIONELE NOTAS

3
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
STROFE 2 ADDISIONELE NOTAS

STROFE 2 vervolg ADDISIONELE NOTAS

4
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
STROFE 3 ADDISIONELE NOTAS

STROFE 3 vervolg en 4 = koeplet. ADDISIONELE NOTAS

5
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 1
Leer die volgende woordverklarings om jou woordeskat uit te brei. Doen daarna die
inskerpingsoefening.

WOORDVERKLARINGS
Afrikaans English
eensaamheid loneliness
hartseer sorrow
inkrimp shrink/dwindle
klawertjies shamrock
korhaan bustard, heath-cock
kwadreer quadrate
ligjaar light year
logaritme logarithm
pateties pathetic
rant/bult hill/ ridge
silhoeët silhouette
verdwaalde lost
verskroei scorch/singe/sear

INSKERPINGSOEFENING – Woordeskat

Skryf die AFRIKAANSE woorde wat jy nie verstaan het nie in die gegewe kolom neer. Soek dan
die Engelse vertaling in ‘n woordeboek en vul dit in die regoorstaande kolom in. .

WOORDESKAT
AFRIKAANS ENGELS AFRIKAANS ENGELS

6
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 2
INSKERPINGSOEFENING – Literêre Terme

Vul die korrekte LITERêRE TERME in die blokkiesraaisel hieronder. Gebruik die beskrywings as
leidrade.

DWARS

AF

7
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 3
KONTEKSTUELE VRAE
1. Na wie word daar in die titel van die gedig verwys? (1)
___________________________________________________________________________
2. Wie is die “julle” waarna die spreker in strofe 1 verwys? (1)
___________________________________________________________________________
3. Verduidelik die gebruik van die VERKLEININGSVORM van die woord “wetenskapmannetjies”. (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
4. Verduidelik waarom die wetenskaplikes onder “swart teleskope” sit? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
5. Lees weer versreël 3.
5.1. Wat sal die wetenskaplikes volgens versreël 3 nooit regkry nie? (1)
_______________________________________________________________________
5.2. Verduidelik waarom jy so sê. (1)
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
6. Lees die aanhaling en beantwoord die vrae wat volg:
“Son as’t ware inkrimp en eendag verdwyn.”
6.1. Watter gevolge gaan dit vir die aarde inhou? (1)
________________________________________________________________________
6.2. Gee EEN WOORD uit die aanhaling wat verwys na ‘n onbepaalde tyd. (1)
_______________________________________________________________________
6.3. Wat is die verskil in betekenis tussen die woord definitief en “as’t ware” wat in die (1)
versreël voorkom?
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
7. Die spreker gebruik ‘n NEGATIEWE WOORD in strofe 1 om te wys dat sy nie veel van die (1)
wetenskaplikes dink nie. Haal dié woord aan.
___________________________________________________________________________
8. Na wie verwys die “ons” in versreël 7? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
9. Hoekom, dink jy, sal ‘n mens op ‘n windpomp sit om na die sonsondergang te kyk? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
10. Gee DRIE voorbeelde van PERSONIFIKASIE in strofe 2 EN gee ‘n verduideliking vir elkeen. (3)

8
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
11. Verduidelik waarom daar PROGRESSIE in die spreker se beskrywing van die sonsondergang (2)
is.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
12. Wat bedoel die spreker as sy sê dat die son sy kop “stamp” en waarteen “stamp” die son sy (2)
kop?
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
13. Verduidelik die VOORPLASING (ANAFORA) van die woord “hoe” in versreël 10-12. (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
14. Strofe 1 begin met die woord “julle” en strofe 2 met die woord “Ons”. Waarin lê die groot (1)
KONTRAS tussen die “julle” en “ons” in die gedig?
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
15. Lees die aanhaling en beantwoord die vrae wat daarop volg.
“Daarom, liewe menere, teken ek klawertjies tussen my huiswerk, kry ek 26%”
15.1. Wat is “klawertjies”? (1)
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
15.2. Waarvan is klawertjies ‘n simbool? (1)
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
15.3. Wat vertel die klawertjies vir ons van die spreker se gevoel teenoor wetenskap? (1)
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
15.4. Watter negatiewe effek het die spreker se gebrek aan belangstelling op haar resultate? (1)
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
15.5. Haal EEN WOORD aan wat vir ons sê dat die spreker nog op skool is. (1)
_______________________________________________________________________

9
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
15.6. Wie is die “liewe menere” van wie die spreker praat? (1)
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
15.7. Kies die korrekte beskrywing vir die woord “liewe”. (1)
Die spreker (bewys respek / is minagtend) teenoor die wetenskaplikes.
_______________________________________________________________________
16. Waarom gebruik die spreker die woord “want” aan die begin van versreël 15? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
17. Waarvoor gebruik die spreker die wetenskaplike en wiskundige formules? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
18. Met watter emosie assosieer die spreker die volgende wiskunde terme:
18.1. Kwadreer (1)
_______________________________________________________________________
18.2. Logaritme (1)
_______________________________________________________________________
18.3. Syfers (1)
_______________________________________________________________________
19. Die spreker hou nie van syfers nie. Wat is haar rede? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
20. Watter vorm van BEELDSPRAAK is “en vind dan die logaritme van my hartseer” ‘n voorbeeld? (1)
___________________________________________________________________________
21. Die woorde “bloei”, “gloei” en “verskroei” rym met mekaar. Wat is die funksie daarvan? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
22. Die verkleinwoorde “mannetjies” en “klawertjies” dra elkeen ‘n boodskap oor.
22.1. Dui aan watter woord ‘n positiewe of negatiewe boodskap oordra. (1)
POSITIEF -
_______________________________________________________________________
NEGATIEF -
_______________________________________________________________________
22.2. Verduidelik waarom jy so sê. (1)
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
23. Watter WOORD in die gedig sê dat die spreker nie veel respek vir die wetenskaplikes het nie? (1)
___________________________________________________________________________

10
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
24. Watter aanduiding kry ons in die laaste strofe dat sy eintlik jammer vir hulle voel? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
25. In die gedig word klem gelê op die sintuie: sig en gehoor. Haal voorbeelde van SINTUIGLIKE (1)
WAARNEMING uit die gedig aan.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
26. Die slotstrofe is ‘n ANTITESE. Verduidelik die stelling. (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
27. Stem jy saam met die spreker dat die mens liewer die mooi van die bekende wêreld moet (1)
waardeer in plaas daarvan om dit te probeer ontleed? Motiveer jou antwoord.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________

11
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 4
TOETS JOUSELF
Lees die gedig weer deur en beantwoord die vrae.

1 Verduidelik die gebruik van die verkleinwoord in die titel? (1)

2 Watter EEN woord in strofe 1 bewys dat die spreker nie positief oor die wetenskaplikes is nie? (1)

3 Watter TWEE groepe mense word teenoor mekaar gestel? (2)

4 Wat bedoel die spreker moontlik wanneer sy sê “Julle sit onder swart teleskope”? (versreël 1) (1)

5 Haal TWEE aparte woorde aan om te bewys wat, volgens die wetenskaplikes, met die son
gaan gebeur. (2)

6 Hoekom dink jy, sit die spreker en haar maats “hoog op die windpomp”? (versreël 7)
Gee TWEE moontlike redes. (2)

7 Die spreker en haar maats sit “maar” op die windpomp. Wat suggereer die woord “maar”? (1)

8 Watter tyd van die dag sit die spreker en haar maats op die windpomp? (1)

9 Verduidelik die progressie van die kleur in strofe 2. (3)

10 Noem TWEE sintuie wat die spreker gebruik om haar waarneming van die natuur te beskryf? (2)

11 Watter gevoelens is vir die spreker belangrik? Noem TWEE. (2)


[18]

12
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 2 MEMORANDUM

13
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 3 MEMORANDUM
1. Na wie word daar in die titel van die gedig verwys?

Wetenskapmannetjies
2. Wie is die “julle” waarna die spreker in strofe 1 verwys?

Die Wetenskaplikes wat die son bestudeer.


3. Verduidelik die gebruik van die VERKLEININGSVORM van die woord “wetenskapmannetjies”.

Dui daarop dat die spreker nie respek vir die wetenskapmannetjies het nie / sy minag
hulle.
4. Verduidelik waarom die wetenskaplikes onder “swart teleskope” sit?

Hulle kyk na die son op ‘n wetenskaplike manier en hoop dat hulle eendag daar sal kom.
(“swart” is ‘n negatiewe woord.)
5. Lees weer versreël 3.
5.1. Wat sal die wetenskaplikes volgens versreël 3 nooit regkry nie?

Nooit tot by die som kom nie.


5.2. Verduidelik waarom jy so sê.

Die son is te ver.


6. Lees die aanhaling en beantwoord die vrae wat volg:
“Son as’t ware inkrimp en eendag verdwyn.”
6.1. Watter gevolge gaan dit vir die aarde inhou?

Alle lewe op aarde sal verdwyn.


6.2. Gee EEN WOORD uit die aanhaling wat verwys na ‘n onbepaalde tyd.

Eendag (een woord)


6.3. Wat is die verskil in betekenis tussen die woord definitief en “as’t ware” wat in die versreël
voorkom?

Die son sal definitief eendag inkrimp en verdwyn, tog twyfel hulle in die teorie.
7. Die spreker gebruik ‘n NEGATIEWE WOORD in strofe 1 om te wys dat sy nie veel van die
wetenskaplikes dink nie. Haal dié woord aan.

Pateties; swart teleskope


8. Na wie verwys die “ons” in versreël 7?

Natuurkinders / kinders wat eerder in die natuur tyd wil spandeer.


9. Hoekom, dink jy, sal ‘n mens op ‘n windpomp sit om na die sonsondergang te kyk?

Jy sit hoog en kan ver en wyd kyk.

14
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
10. Gee TWEE voorbeelde van PERSONIFIKASIE in strofe 2 EN gee ‘n verduideliking vir elkeen.

“Die son (1) stamp sy kop teen die rant en hy (2) bloei.”
Die son se ronde gelaat woord met ‘n mens se kop vergelyk en dit lyk wanneer hy
ondergaan of hy sy “kop” teen die rant gaan stamp. Die son is rooi van kleur en dus lyk
dit of dit bloei.
11. Verduidelik waarom daar PROGRESSIE in die spreker se beskrywing van die sonsondergang is.

Elke reël is langer as die vorige een. Dit versterk die beeld van die son wat ondergaan.
Die skaduwees word langer en die lug rooier.
12. Wat bedoel die spreker as sy sê dat die son sy kop “stamp” en waarteen “stamp” die son sy kop?

Die son raak (visueel) met sy ronding aan die horison / aarde.
13. Verduidelik die VOORPLASING (ANAFORA) van die woord “hoe” in versreël 10-12.

“Hoe” beklemtoon telkens hoe belangrik die son is / dit beklemtoon die proses van die
sonsondergang. Dit dui die progressie aan. Word in die voorste posisie geplaas om die
woord te beklemtoon.
14. Strofe 1 begin met die woord “julle” en strofe 2 met die woord “Ons”. Waarin lê die groot KONTRAS
tussen die “julle” en “ons” in die gedig?

JULLE ONS

is pateties waardeer die natuur

bepaal ligjare bewonder die son en die


uitwerking daarvan op die natuur

gebruik teleskope kyk met die blote oog

ingestel op die ongewone sien die gewone / alledaagse raak

maak nuwe ontdekkings ervaar die natuur met emosie

sit onder op die grond sit hoog op ‘n windpomp

dit is hulle werk dit is ontspanning en waardering

15. Lees die aanhaling en beantwoord die vrae wat daarop volg.
“Daarom, liewe menere, teken ek klawertjies tussen my huiswerk, kry ek 26%”
15.1. Wat is “klawertjies”?
Plantjie met groen drietallige blaartjies.
15.2. Waarvan is klawertjies ‘n simbool?
Simbool van geluk.

15
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
15.3. Wat vertel die klawertjies vir ons van die spreker se gevoel teenoor wetenskap?
Wetenskap is vervelig, sy hou nie van die vak nie.
15.4. Watter negatiewe effek het die spreker se gebrek aan belangstelling op haar resultate?
Sy druip Wetenskap, kry net 26%.
15.5. Haal EEN woord aan wat vir ons sê dat die spreker nog op skool is.
“huiswerk”
15.6. Wie is die “liewe menere” van wie die spreker praat?
Wetenskaplikes
15.7. Kies die korrekte beskrywing vir die woord “liewe”.
Die spreker (bewys respek / is minagtend) teenoor die wetenskaplikes.
16. Waarom gebruik die spreker die woord “want” aan die begin van versreël 15?
Sy gee ‘n rede waarom sy nie goed vaar in Wetenskap nie EN nie soos wetenskaplikes
na die wêreld kyk nie.
17. Waarvoor gebruik die spreker die wetenskaplike en wiskundige formules?
Om haar emosies uit te beeld.
18. Met watter emosie assosieer die spreker die volgende wiskunde terme:
18.1. Kwadreer
vreugde
18.2. Logaritme
hartseer
18.3. Syfers
eensaamheid
19. Die spreker hou nie van syfers nie. Wat is haar rede?
Syfers bring vir haar eensaamheid
20. Watter vorm van BEELDSPRAAK is “en vind dan die logaritme van my hartseer” ‘n voorbeeld?
Metafoor / jargon
21. Die woorde “bloei”, “gloei” en “verskroei” rym met mekaar. Wat is die funksie daarvan?
Bind die versreëls saam en bind die idee tot ‘n eenheid.
22. Die verkleinwoorde “mannetjies” en “klawertjies” dra elkeen ‘n boodskap oor.
22.1. Dui aan watter woord ‘n positiewe of negatiewe boodskap oordra.
Mannetjies = negatief
Klawertjies = positief
22.2. Verduidelik waarom jy so sê.
Mannetjies – die spreker sien op hulle neer / is minagtend en gebruik die verkleining
om die idee te versterk.
Klawertjies – is ‘n simbool van geluk. Die spreker hoop dat die klawertjies sal help
dat sy Wetenskap sal slaag.
16
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
23. Watter WOORD in die gedig sê dat die spreker nie veel respek vir die wetenskaplikes het nie?
Pateties / mannetjies / as’t ware
24. Watter aanduiding kry ons in die laaste strofe dat sy eintlik jammer vir hulle voel?
Hulle ervaar nie die mooiheid van die natuur nie, volgens spreker is hulle gedoem tot
eensaamheid omdat syfers vir hulle belangriker is.
25. In die gedig word klem gelê op die sintuie: sig en gehoor. Haal voorbeelde van SINTUIGLIKE
WAARNEMING uit die gedig aan.
Sig:
“en kyk hoe die son sy kop stamp”
“hoe die vaal lug gloei”
“hoe die bome tot silhoeëtte verskroei”
Gehoor:
“want ek luister eerder na die korhaan”
26. Die slotstrofe is ‘n ANTITESE. Verduidelik die stelling.
Dit gaan hier oor vreugdes teenoor hartseer en eensaamheid. Die spreker beklemtoon
hoe sy voel - ervaar natuur wat vir haar vreugde bring teenoor die wetenskap /
wetenskaplikes wat sy met eensaamheid vereenselwig.
27. Stem jy saam met die spreker dat die mens liewer die mooi van die bekende wêreld moet waardeer in
plaas daarvan om dit te probeer ontleed? Motiveer jou antwoord.
Ja/Nee en goeie motivering.

17
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

WERKKAART 4 MEMORANDUM
Moontlike antwoorde

1 Sy verkleineer hulle/sy dink nie hulle is belangrik nie.


Sy gebruik die woord vernederend.
(Enige EEN of soortgelyk) (1)

2 “Pateties” (1)

3 Wetenskaplikes/”Julle” (1)
Mense wat lief is vir die natuur/die spreker en haar maats/”Ons” (1)

4 Dit beklemtoon hoe min sy van hulle dink, want mens sit nie “onder” ʼn teleskoop nie. (1)

5 “inkrimp”
“verdwyn” (2)

6 Hulle sit hoog op die windpomp om beter te sien. (1)


Die spreker sien hulle as verhewe/beter as die wetenskaplikes wat onder die teleskope sit.
(Of soortgelyk) (1)

7 Die spreker beklemtoon dat hulle nederig/net op ʼn ou instrument soos die


windpomp sit en nie die nuutste tegnologie (teleskoop) gebruik om na die son te
kyk nie. (1)

8 Laatmiddag/wanneer die son ondergaan. (1)

9 As die son begin ondergaan, is die son ʼn rooi kleur – dit lyk asof die son “bloei”.
Hoe meer die son ondergaan, hoe verder versprei die rooi kleur en dit lyk asof
die lig “gloei”.
As die son ondergaan, word dit donker en net skaduwees is sigbaar. Dit lyk of
die bome swart gebrand, “verskroei” is. (3)

10 sig/wat sy sien (2)


gehoor/wat die spreker hoor

11 geluk en hartseer (2)


[18]

18
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte

You might also like