SPROEIREëN Werkkaarte

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 10

MrsAlbertsClassroom

GEDIG 7
SPROEIREËN FINE MIST

1. My nooi is in 'n nartjie, 1. My love is in a naartjie,

2. my ouma in kaneel, 2. my grandmother in cinnamon,


3. there's someone... someone in aniseed,
3. daar's iemand ... iemand in anys,
4. there's a woman in every scent!
4. daar's 'n vrou in elke geur!

5. When some naartjie peel I bend


5. As ek 'n stukkie nartjieskil
6. bend or snap between my fingers,
6. tussen my vingers buig of knak,
7. there breaks out the fine spray
7. breek uit die klein sproeireën
8. which drizzles fragrantly around my hand,
8. wat geurend om my hand uitsak,
9. once again the orchards of Black Umfolozi
9. die boorde weer van Swartfoloos 10. and with the naartjies around me
10. en met die nartjies om my heen 11. I know how a woman can comfort.
11. weet ek hoe dat 'n vrou kan troos.
12. Oh my love is in a naartjie,

12. O my nooi is in 'n nartjie, 13. my grandmother in cinnamon,

13. my ouma in kaneel, 14. there's someone... someone in aniseed,

14. daar's iemand ... iemand in anys, 15. there's a woman in every fragrance!

15. daar's 'n vrou in elke geur!


(Uit: Versamelde poësie. Human & Rousseau, 1987)

Which smell reminds you of


someone special?

NOTAS
AGTERGROND
D.J.Opperman is in KwaZulu-Natal gebore. Hierdie gedig verwys na die Swart Umfolozi, 'n rivier wat 'n sytak van
die Umfolozi-rivier is. Die manier waarop dit hier geskryf is, naamlik "Swartfoloos" is 'n fonetiese sametrekking
(contraction) van die gekombineerde Afrikaanse en Zulu-uitspraak. Die "Swartfoloos" verteenwoordig die spreker
se kinderjare of grootword jare. Die spreker sê dat hy die "boorde" van die "Swartfoloos" onthou wanneer hy 'n
nartjie ruik. Dit is duidelik dat die boorde vir hom aangename herinneringe inhou.
TITEL
Die titel vertel waaroor die gedig gaan. Dit is in hierdie geval eenvoudig "Sproeireën", wat hier verwys na die
sagte, mistige reën (fine mist) wat sitrusvrugte maak wanneer jy die skil druk. Wanneer dit gebeur, kry 'n mens
natuurlik die reuk van die vrug. Buig 'n lemoenskil of nartjieskil en kyk hoe dit lyk en ruik.

1
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
STEMMING
Vrolik
TOON
Positief. Goeie herinneringe aan vroue in spreker se lewe.
BOU
Hierdie is 'n liedjie. Die eerste en laaste strofes herhaal en vorm die koorgedeelte of die refrein. Uiterlike bou:
Drie strofes. Die eerste en laaste strofe is kwatryne.
Die tweede strofe het sewe versreëls.
Die eerste en laaste strofes is ingekeep, wat daarop dui dat dit 'n refrein is.
Innerlike bou: Die eerste en laaste strofe besing die lof van die vrou. Die enigste verskil tussen die twee strofes is
dat daar 'n "O" as uitroep aan die begin van die derde strofe staan. Die gedig het 'n vaste ritme met eindrym in
sekere versreëls. Versreël 5 staan op sy eie, terwyl versreël 6 en 8, 7 en 10, en 9 en 11 met mekaar rym.
TIPOGRAFIE
Tipografie beklemtoon die ingekeepte eerste en laaste strofe wat soos 'n refrein herhaal word.
RYMSKEMA
Vrye vers.
TEMA
Die spreker eer (celebrates) die vrou. Hy het positiewe assosiasies van geure met vroue.
BOODSKAP
Mense koppel spesifieke geure aan spesifieke mense, veral vroue. Vroue is spesiaal en moet vertroetel en
gerespekteer word.
STROFE 1 ADDISIONELE NOTAS

2
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
STROFE 2 ADDISIONELE NOTAS

STROFE 3 ADDISIONELE NOTAS

3
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 1
Leer die volgende woordverklarings om jou woordeskat uit te brei. Doen daarna die
inskerpingsoefening.

Woordverklarings
Afrikaans English
boord orchard
geur fragrance
geurend fragrant
kaneel cinnamon
knak crack/ bend
nartjie naartjie/mandarin/tangerine
skil peel
nooi girlfriend
sproeireen fine mist
Swartfoloos Black Umfolozi river
troos comfort

INSKERPINGSOEFENING – Woordeskat

Skryf die AFRIKAANSE woorde wat jy nie verstaan het nie in die gegewe kolom neer. Soek dan
die Engelse vertaling in ‘n woordeboek en vul dit in die regoorstaande kolom in. .

WOORDESKAT
AFRIKAANS ENGELS AFRIKAANS ENGELS

fill in the AFRIKAANS


DWARS
words that match the
explanations given.

AF

4
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 2
KONTEKSTUELE VRAE
1. Waarna verwys die titel? (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
2. Is die eerste twee versreëls DENOTATIEWE of KONNOTATIEWE taalgebruik? Motiveer jou (2)
antwoord.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
3. Noem die vroue wat ‘n belangrike rol in die spreker se lewe gespeel het. (3)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
4. “Daar is ‘n vrou in elke geur”. Verduidelik wat die spreker daarmee bedoel. (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
5. Watter reuk assosieer hy met sy nooi? (1)
___________________________________________________________________________
6. “My ouma is in kaneel”. In watter TWEE geregte, dink jy, het sy ouma kaneel gebruik? (2)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
7. Verduidelik die ELLIPSTEKEN/BELETSELTEKEN in versreël 3. (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
8. Skryf die WOORDHERHALING neer wat daarop dui dat die spreker nie seker is aan wie die (1)
geur van anys hom laat dink nie.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
9. Verduidelik die gebruik van die UITROEPTEKEN aan die einde van versreël 4 en 15. (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
10. Haal ‘n voorbeeld van ELISIE aan en gee die korrekte vorm van die woord. (1)
___________________________________________________________________________
11. Watter SINTUIG speel ‘n groot rol in hierdie gedig? (1)
___________________________________________________________________________
12. Verduidelik volledig wat gebeur wanneer die spreker die skil van die nartjie knak. (2)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________

5
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
13. Verduidelik die gebruik van INVERSIE in versreël 7. (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
14. Haal EEN woord uit strofe 2 aan wat vir jou sê dat die reuk van die nartjieskil aangenaam is. (1)
___________________________________________________________________________
15. Gee EEN woord vir ‘n klomp bome wat in netjiese rye geplant is. (1)
___________________________________________________________________________
16. Na watter rivier verwys die spreker as hy van die Swartfoloos praat? (1)
___________________________________________________________________________
17. Noem die DRIE sintuie waarmee die spreker die “klein sproeireën” in strofe 2 ervaar. (3)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
18. ‘n Nartjie se geur laat die spreker aan sy meisie dink. Waaraan herinner hierdie geur die (1)
spreker nog volgens strofe 2?
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
19. Hierdie gedig is ‘n ballade en het ‘n refrein.
19.1. Wat is die doel van die refrein in die gedig? (1)
_______________________________________________________________________
19.2. Hoe word die refrein in die gedig aangedui? (1)
_______________________________________________________________________
19.3. Verduidelik waarom ‘n refrein jou aan ‘n liedjie laat dink. (1)
_______________________________________________________________________
19.4. Waarop dui die “O” uitroep in versreël 12? (1)
_______________________________________________________________________
20. Gee ‘n voorbeeld van ALLITERASIE uit die gedig. (1)
___________________________________________________________________________
21. Verduidelik waarom ons kan sê dat hierdie gedig ‘n vrye vers is. (1)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
22. Dink jy die spreker voel positief of negatief oor die vroue in sy lewe? Motiveer jou antwoord (1)
deur na die gedig te verwys.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
23. Watter geur herroep goeie herinneringe by jou en aan wie laat dié geur jou dink? (2)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________

6
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 3
TOETS JOUSELF
Lees die gedig weer deur en beantwoord dan die vrae:

1 Watter sintuig word hoofsaaklik in die gedig gebruik? (1)

2 Wat is die doel van die herhaling van die 1ste strofe? (1)

3 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en korrekte antwoord
neer.

Reël 1 is ʼn voorbeeld van (konnotatiewe/denotatiewe) taalgebruik. (1)

4 Twee van die geure laat die spreker aan spesifieke vroue dink. Verwys na die geure en die
vroue. (4)

5 Gee ʼn voorbeeld van assonansie in die gedig. Skryf die woorde en onderstreep die assonerende
klanke neer. (1)

6 Wat is die funksie van die ellips in reël 3? (1)

7 Haal EEN woord uit strofe 2 aan om te wys dat die druppels van die nartjieskil nie groot was
nie. (1)

8 Watter woord in strofe 2 verwys na baie vrugtebome wat saam geplant is? (1)

9 In watter provinsie is die klomp nartjiebome waaraan die spreker dink? (1)

10 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter( A–D) langs die vraagnommer neer.

Die stylfiguur wat in reël 4 gebruik word, word … genoem.

A ellips
B alliterasie
C elisie
D inversie (1)

11.1 Beskryf die tipografie in strofe 1 en 3. (1)

11.2 Wat is die doel van die gebruik van dié tipografie? (1)

12 Volgens die spreker is alle vroue dieselfde. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)

13 Stem jy saam dat die spreker goeie herinneringe van die vroue in sy lewe het? Motiveer jou
antwoord in jou eie woorde. (1)
[17]

7
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 2 MEMORANDUM
1. Waarna verwys die titel?

Die titel verwys na die fyn sproei wat uit die skil van ‘n sitrusvrug / nartjie kom wanneer
jy die skil druk / buig / knak.
2. Is die eerste twee versreëls DENOTATIEWE of KONNOTATIEWE taalgebruik? Motiveer jou antwoord.

Konnotatief. Die reuk van die nartjies en kaneel – hy sê hulle is in die reuk, deel van die
reuk.
3. Noem die vroue wat ‘n belangrike rol in die spreker se lewe gespeel het.

Nooi, ouma en iemand anders


4. “Daar is ‘n vrou in elke geur”. Verduidelik wat die spreker daarmee bedoel.

Verskillende reuke laat hom aan ‘n vrou dink.


5. Watter reuk assosieer hy met sy nooi?

Nartjie
6. “My ouma is in kaneel”. In watter TWEE geregte, dink jy, het sy ouma kaneel gebruik?

Pannekoek; souskluitjies; pampoenkoekies.


7. Verduidelik die ELLIPSTEKEN/BELETSELTEKEN in versreël 3.

Die ellips teken dui aan dat hy sukkel om te dink aan ‘n spesifieke vrou/ ‘n spesifieke
vrou te onthou.
8. Skryf die WOORDHERHALING neer wat daarop dui dat die spreker nie seker is aan wie die geur van
anys hom laat dink nie.

“iemand...iemand”
9. Verduidelik die gebruik van die UITROEPTEKEN aan die einde van versreël 4 en 15.

Hy beklemtoon dat daar vir hom ‘n vrou se herinnering in elke geur skuil.
10. Haal ‘n voorbeeld van ELISIE aan en gee die korrekte vorm van die woord.

“daar’s” = daar is
11. Watter SINTUIG speel ‘n groot rol in hierdie gedig?

reuk
12. Verduidelik volledig wat gebeur wanneer die spreker die skil van die nartjie knak.

Wanneer die nartjieskil se skil gebuig of geknak word, dan is daar ‘n sproei (fyn
klammigheid / nattigheid) wat ‘n reuk vrystel.
13. Verduidelik die gebruik van INVERSIE in versreël 7.

Inversie beklemtoon die sproeireën wat die spreker op sy hand voel sowel as die reuk
wat hy ervaar.
8
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
14. Haal EEN woord uit strofe 2 aan wat vir jou sê dat die reuk van die nartjieskil aangenaam is.

“geurend”
15. Gee EEN woord vir ‘n klomp bome wat in netjiese rye geplant is.

“boorde”
16. Na watter rivier verwys die spreker as hy van die Swartfoloos praat?

Die Swart Umfolozi-rivier


17. Noem die DRIE sintuie waarmee die spreker die “klein sproeireën” in strofe 2 ervaar.

Reuksintuig, tas (gevoel) en sig


18. ‘n Nartjie se geur laat die spreker aan sy meisie dink. Waaraan herinner hierdie geur die spreker nog
volgens strofe 2?

Die nartjieboorde, een hy het ervaar hoe ‘n vrou (sy meisie) kon troos.
19. Hierdie gedig is ‘n ballade en het ‘n refrein.
19.1. Wat is die doel van die refrein in die gedig?

Om te beklemtoon watter geur hom aan vroue herinner. Hy dink met verlange terug.
Dit skep ook ‘n bepaalde ritme.
19.2. Hoe word die refrein die gedig aangedui?

inkeping
19.3. Verduidelik waarom ‘n refrein jou aan ‘n liedjie laat dink.

Dit is sangerig en klankryk. Die rym en ritme laat jou aan ‘n liedjie dink.
19.4. Waarop dui die “O” uitroep in versreël 12?

Die “O” dui op bewondering wat die spreker vir ‘n vrou het. Volgens hom het alle
vroue ‘n geur aan hulle gekoppel en hul tree vertroostend op.
20. Gee ‘n voorbeeld van ALLITERASIE uit gedig.

“My nooi is in ‘n nartjie”


21. Verduidelik waarom ons kan sê dat hierdie gedig ‘n vrye vers is.

Daar is geen vaste rympatroon nie.


22. Dink jy die spreker voel positief of negatief oor die vroue in sy lewe? Motiveer jou antwoord deur na die
gedig te verwys.

Eie antwoord. Moet na gedig verwys.


23. Watter geur herroep goeie herinneringe by jou en aan wie laat dié geur jou dink?

Leerder se eie antwoord met verwysing na persoon.

9
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom
WERKKAART 3 MEMORANDUM
Moontlike antwoorde
1 Reuk/ruik (1)

2 Dit laat jou aan ʼn liedjie dink/om die gedig sangerig te maak.
Dit beklemtoon dat die spreker reuke met vrouens assosieer.
(Enige EEN of soortgelyk) (1)

3 konnotatiewe (1)

4 Die nartjie laat die spreker aan sy meisie dink. (2)


Kaneel laat hom aan sy ouma dink. (2)

5 “die boorde weer van Swartfoloos” (1)

6 Om die woord “iemand” te beklemtoon/Beklemtoon die persoon wat die spreker nie kan
onthou nie.
(Of soortgelyk) (1)

7 “klein” (1)

8 “boorde” (1)

9 KwaZulu-Natal (1)

10 C/elisie (1)

11.1 Inkeping (1)

11.2 Beklemtoning van die refrein. (1)

12 Verskillende geure stel verskillende vroue voor.


“daar’s ʼn vrou in elke geur!”
(Enige EEN off soortgelyk) (1)

13 Ja. Hy vergelyk vroue met positiewe/aangename reuke en smake.


(Of soortgelyk) (1)
[17]

10
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte

You might also like