HAAR UITVAART Werkkaart

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 13

MrsAlbertsClassroom

GEDIG 8
HAAR UITVAART – P.J. Philander HER FUNERAL

1. Al oor my dak het hul gemaal... 1. All over my roof they flew around...

2. dié voëltjies het vir haar kom haal. 2. the little birds came to fetch her.

3. Half-folded small fists


3. Half-toegevoue vuisies klein
4. (grasped) hurriedly at death’s curtain
4. het ylings na die doodsgordyn

5. grasped and then tired again relaxed...


5. gegryp en dan weer moeg verslap...
6. the sweat poured down her temples.
6. die sweet het langs haar slapies afgetap.

7. I can still see her eyes clearly,


7. Haar ogies sien ek duidelik nog, 8. they begged me to please
8. hul het vir my gesmeek om tog

9. help... to ease the pain,

9. te help... die pyn te stil, 10. but I was powerless against His will,

10. maar ek was magteloos teen Sy wil,


11. and halfway to the hospital

11. en halfweg na die hospitaal 12. death, breathless, caught up with us.

12. het, asemloos, die dood ons ingehaal.

WARNING: This is truly


the most emotionally
difficult poems that I have
ever done.

Please, speak to
someone if you have
experienced loss.

1
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

NOTAS
AGTERGROND
P. J. Philander is op 5 November 1921 in Caledon in die Wes-Kaap gebore. Hy het onderwyser geword in
Genadendal, 'n sendingdorpie naby Caledon. Toe die digter se dogtertjie, Elsa, twee jaar oud was, is sy in sy
arms oorlede. Hulle was op pad na die hospitaal vanaf Genadendal, maar dit was te laat. Hierdie gedig vertel vir
ons die storie van haar dood. Dit vertel ook vir ons van die magteloosheid (powerlessness) van 'n ouer om ‘n kind
teen die dood te beskerm.
TITEL
Die titel vertel die leser waaroor ‘n gedig gaan. Hier word van 'n uitvaart gepraat. "Uitvaart" beteken "vertrek"
(departure), en word vir die dood of 'n begrafnis gebruik. Dit berei ons voor (prepare) op 'n tema van verlies
(loss).
TOON
Die digter skep spanning met die manier waarop hy die naderende dood visualiseer.
STEMMING
Somber/hartseer
BOU
Uiterlike bou:
Ses strofes van koeplette.
Innerlike bou:
Daar is progressie in die gebeure, want die spreker vertel hoe die dogtertjie teen die dood baklei en uiteindelik
doodgaan. Die gedig het 'n vaste ritme met eindrym in al die versreëls.
RYMSKEMA
Paarrym: aa bb cc. Dit bind die gedig mooi tot ‘n eenheid saam.
BOODSKAP
Die dood is onvermydelik. ‘n Ouer beleef baie pyn en magteloosheid wanneer ‘n kind stadig voor hom sterf.
TEMA
Die dood van 'n kind en die invloed daarvan op 'n ouer.

2
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

STROFE 1 en 2 ADDISIONELE NOTAS

STROFE 3 ADDISIONELE NOTAS

3
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

STROFE 4 en 5 ADDISIONELE NOTAS

STROFE 6 ADDISIONELE NOTAS

4
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

WERKKAART 1
Leer die volgende woordverklarings om jou woordeskat uit te brei. Doen daarna die
inskerpingsoefening.

Woordverklarings
Afrikaans English
gemaal flying around
gesmeek begged/ pleaded
halfweg half way
magteloos powerless
slapies temples (head)
toegevoue folded closed
uitvaart departure/death
verslap weaker
ylings hasty
yl delirious (fever)

INSKERPINGSOEFENING – Woordeskat

Skryf die AFRIKAANSE woorde wat jy nie verstaan het nie in die gegewe kolom neer. Soek dan
die Engelse vertaling in ‘n woordeboek en vul dit in die regoorstaande kolom in. .

WOORDESKAT
AFRIKAANS ENGELS AFRIKAANS ENGELS

Colouring in is like a
small holiday for your
brain…take time to process
difficult emotions by
changing the picture into
something beautiful and
colourful.

5
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

WERKKAART 2
KONTEKSTUELE VRAE
1. Verwys na die titel.
1.1. Die woord “uitvaart” beteken letterlik begrafnis of lykdiens. Waarom pas die woord (1)
“uitvaart” beter as die woord “begrafnis”?
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
1.2. Benoem die BEELDSPRAAK wat in die titel voorkom. (1)
______________________________________________________________________
1.3. Verduidelik die doel van hierdie beeldspraak in die titel. (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
1.4. Watter woord in die titel gee ‘n aanduiding van die geslag van die oorledene? (1)
______________________________________________________________________
1.5. Wat is die doel van die ASSONANSIE in die titel? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
2. Die ELLIPSTEKEN/BELETSELTEKEN kom baie in die gedig voor.
2.1. Verduidelik die doel van die ellipsteken/beletselteken in versreël 1. (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
2.2. Waarom maak die spreker hier gebruik van die ellipsteken/beletselteken? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
3. Die spreker gebruik die VERKLEINING in die woord “voëltjies” in versreël 2. Verduidelik die (1)
effektiwiteit daarvan.
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
4. Bespreek die INVERSIE wat in reël 3 gebruik word. (1)
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
5. Verduidelik die betekenis van die woord “ylings” in versreël 4. (1)
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
6. Waarna verwys die “doodsgordyn” in versreël 4? (1)
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________

6
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

7. Verduidelik die gebruik van die ENJAMBEMENT in versreël 5 en 6. (1)


_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
8. Verwys na strofe 3.
8.1. Wat is die doel van die ELLIPSTEKEN/BELETSELTEKEN in versreël 5? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
8.2. Haal TWEE APARTE WOORDE uit versreël 6 aan wat sê dat sy erge koors gehad het. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
8.3. Waarop word klem gelê deur die gebruik van die verkleiningsvorm “slapies”? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
8.4. Wat was die oorsaak van haar hoë koors? (1)
______________________________________________________________________
9. Sê in jou eie woorde hoe ons kan bewys uit strofe 4 dat die dogtertjie nie kon praat nie. (1)
_________________________________________________________________________
10. Wat sien die spreker in strofe 4 in sy kind se oë? (1)
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
11. Daar word weer ‘n ruspouse in versreël 9 geneem.
11.1. Wat word hierdie ruspouse genoem? (1)
______________________________________________________________________
11.2. Wat is die doel van die ruspouse in die sin? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
11.3. Gee EEN woord uit reël 10 wat sê dat die pa niks kon doen nie. (1)
______________________________________________________________________
12. Die spreker is “magteloos teen Sy wil”.
12.1. Dink jy die spreker het besef dat hy niks kon doen om die dood van sy dogtertjie te (1)
keer nie?
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
12.2. Motiveer jou antwoord. (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________

7
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

13. Waarheen was hy met sy dogtertjie op pad? (1)


_________________________________________________________________________
14. Haal EEN woord aan wat bewys dat hulle nooit hulle bestemming bereik het nie. (1)
_________________________________________________________________________
15. Verduidelik die FUNKSIE van die twee kommas in versreël 12. (1)
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
16. Lewer kommentaar oor die rympatroon in die eerste en laaste versreël. (1)
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
17. Dui die PROGRESSIE in die gedig aan. (2)
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
18. Waarom verander die voornaamwoord van “my” (reël 1) en “ek” (reël 7 en 9) na “ons” (reël (2)
12) in die slotvers?
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
19. Wat is die tema van die gedig? (1)
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________

8
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

WERKKAART 3
TOETS JOUSELF
Lees die gedig weer deur en beantwoord dan die vrae:

1 Wat beteken die woord “uitvaart” volgens die gedig? (1)

2 Waarmee word die ruspouses in die gedig uitgebeeld? (1)

3.1 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord
neer.

Reël 2 is ʼn voorbeeld van (denotatiewe/konnotatiewe) taalgebruik. (1)

3.2 Motiveer jou antwoord by vraag 3.1. (1)

4 Waarom word inversie in reël 3 gebruik? (1)

5 Waarop dui die verkleinwoorde wat in versreël 2, 3, 6 en 7 gebruik word? (1)

6 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer neer.

(Reël 12) “het, asemloos, die dood ons ingehaal” is ʼn voorbeeld van …

A ellips
B metafoor
C personifikasie
D vergelyking (1)

7 Haal die TWEE woorde aan wat dieselfde betekenis in strofe 6 het. (2)

8 Haal ʼn voorbeeld van alliterasie uit strofe 1 aan. (1)

9 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord
neer.

Die (ambulans/dood) het die resies na die hospitaal gewen. (1)

10 Die volgende stelling is ONWAAR. Skryf ʼn reël neer om dit te bewys.

Die pa kon die dogtertjie help om haar pyn minder te maak. (1)

11 Die gedig word in twee verdeel, nl. reëls 1–6 en reëls 7–12. Bespreek die kontras in hierdie
twee dele. (2)

12 “hul het vir my gesmeek om tog te help” (reëls 8 en 9). Wat sou jy doen as jy die dogtertjie se
pa was? (1)

13 Watter gevoel sal jy ervaar as iemand na aan jou sterf? Motiveer. (2)
[17]
9
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

WERKKAART 2 MEMORANDUM
1. Verwys na die titel.
1.1. Die woord “uitvaart” beteken letterlik begrafnis of lykdiens. Waarom pas die woord “uitvaart” beter
as die woord “begrafnis”?

“uitvaart” verwys na “vertrek. Dit is beter om te dink dat sy na ‘n beter plek gevaar
het, as die feit dat sy dood is.
1.2. Benoem die BEELDSPRAAK wat in die titel voorkom.

Eufemisme
1.3. Verduidelik die doel van hierdie beeldspraak in die titel.

Die leser word voorberei op haar “vertrek”. Die leser word ingelig dat hierdie ‘n
moeilike gedig oor die dood gaan wees.
1.4. Watter woord in die titel gee ‘n aanduiding van die geslag van die oorledene?

“haar”
1.5. Wat is die doel van die ASSONANSIE in die titel?

Om ‘n treurige stemming te skep.


2. Die ellips / beletselteken kom baie in die gedig voor.
2.1. Verduidelik die doel van die ELLIPS / BELETSELTEKEN in versreël 1.

Dit dui ‘n ruspose aan.


2.2. Waarom maak die spreker hier gebruik van die ellips / beletselteken?

Dit is moeilik vir die spreker om oor hierdie gebeure te praat.


3. Die spreker gebruik die VERKLEINING in die woord “voëltjies” in versreël 2. Verduidelik die effektiwiteit
daarvan.

Om te beklemtoon hoe klein sy nog was, sy kon nog nie praat nie.
4. Bespreek die INVERSIE wat in reël 3 gebruik word.

Om te beklemtoon hoe klein / jonk sy nog was. Slegs twee jaar oud.
5. Verduidelik die betekenis van die woord “ylings” in versreël 4.

Sy is besig om te yl (koors hallusinasies). Sy sien dinge wat nie bestaan nie en gryp
blindelings daarna.
6. Waarna verwys die “doodsgordyn” in versreël 4?

Die onsigbare skeiding tussen die lewe en die dood.


7. Verduidelik die gebruik van die ENJAMBEMENT in versreël 4 en 5.

10
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

Dit versnel die gedagte en praat vinnig verby die doodsgordyn. Dit dui ook op die
dringendheid van die oomblik.
8. Verwys na strofe 3.
8.1. Wat is die doel van die ELLIPS / BELETSELTEKEN in versreël 5?

Die spreker vind die vertelling vreeslik moeilik en rus eers voor hy voortgaan. Dit lê
klem op die seer wat hy ervaar.
8.2. Haal TWEE APARTE WOORDE uit versreël 6 aan wat sê dat sy erg koors gehad het.

“sweet”; “afgetap”
8.3. Waarop word klem gelê deur die gebruik van die verkleiningsvorm “slapies”?

Beklemtoon hoe klein / jonk sy was.


8.4. Wat was die oorsaak van haar hoë koors?

Witseerkeel
9. Sê in jou eie woorde hoe ons kan bewys uit strofe 4 dat die dogtertjie nie kon praat nie.

“Haar ogies het om hulp gesmeek” – Sy vra met haar oë om hulp. Sy kon moontlik nie
praat nie a.g.v. die seer in haar keel of sy was al moontlik te moeg.
10. Wat sien die spreker in strofe 4 in sy kind se oë?

Hy sien haar pyn.


11. Daar word weer ‘n ruspouse in versreël 9 geneem.
11.1. Wat word hierdie ruspouse genoem?

Ellips / beletselteken
11.2. Wat is die doel van die ruspouse in die sin?

Die woorde voor en na die ellips kry meer klem.


11.3. Gee EEN woord uit reël 10 wat sê dat die pa niks kon doen nie.

“magteloos”
12. Die spreker is “magteloos teen Sy wil”.
12.1. Dink jy die spreker het besef dat hy niks kon doen om die dood van sy dogtertjie te keer nie?

Ja
12.2. Motiveer jou antwoord.

Hy het besef sy is reeds besig om te sterf en kon niks van sy kant af doen om haar
te help nie. Hy was magteloos teen God se wil om haar op daardie stadium te neem.
13. Waarheen was hy met sy dogtertjie op pad?

Na die hospitaal.

11
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

14. Haal EEN woord aan wat bewys dat hulle nooit hulle bestemming bereik het nie.

“halfweg”
15. Verduidelik die FUNKSIE van die twee kommas in versreël 12.

Die twee kommas beklemtoon die woord “asemloos”. Dis nie die dood wat asemloos is
nie, maar die dogtertjie wat letterlik sonder asem is. (Witseerkeel veroorsaak dood deur
versmoring.)
16. Lewer kommentaar oor die rympatroon in die eerste en laaste versreël.

Dit is paarrym. Die eerste en die laaste strofe het dieselfde rymklanke – “aa”. Dit bind
die gedig tot ‘n eenheid.
17. Dui die PROGRESSIE in die gedig aan.

Reël 1 en 2: Spreker sê dadelik dat die voëltjies haar kom haal het.
Reël 3-9: Spreker beskryf haar laaste ure. Hoe sy gely het en die spreker wat voor sy eie
magteloosheid te staan gekom het. Hy besef hy is magteloos teen God se wil.
Reël 11-12: Die dood het haar halfpad na die hospitaal kom haal.
18. Waarom verander die voornaamwoord van “my” (reël 1) en “ek” (reël 7 en 9) na “ons” (reël 12) in die
slotvers?
In strofe 1 praat hy van “my” dak – moontlik omdat hy wou beklemtoon hoe hy haar in
sy huis teen die dood wou beskerm het.
Reël 7 -9: “ek” Hy word gekonfronteer met sy magteloosheid om haar te help – voel
moontlik bitter alleen, terwyl hy van die dood probeer ontsnap / wegjaag.
Reël 12: “ons” Alhoewel hy sy bes probeer het om haar te beskerm kon hy niks vir haar
doen nie en die dood het hulle ingehaal. Albei word hier deur die dood geaffekteer, sy
sterf en hy verval in smart as gevolg daarvan.
19. Wat is die tema van die gedig?

Die dood van ‘n kind en die invloed daarvan op ‘n ouer.

12
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte
MrsAlbertsClassroom

WERKKAART 3 MEMORANDUM
1 Dood/sterf (1)

2 Ellips (1)

3.1 konnotatiewe (1)


3.2 Dit wys op die dogtertjie se dood wat al hoe nader kom. (1)

4 (Ter wille van) rymdwang (1)

5 Dit dui op ʼn dogtertjie/kind wat nog klein is.


ʼn Mens praat in verkleinwoorde as jy met ʼn klein kindjie praat.
ʼn Mens gebruik soms verkleinwoorde om iets sagter te stel of te troos.
(Of soortgelyk) (1)

6 C/personifikasie (1)

7 asemloos en
dood (2)

8 dié voëltjies het vir haar kom haal. (1)

9 dood (1)

10 Reël 10: “maar ek was magteloos teen Sy wil” OF


Reël 12: “Het, asemloos, die dood ons ingehaal.”
(Enige EEN) (1)

11 Aan die begin van die gedig lewe die dogtertjie nog.
Aan die einde van die gedig sterf/gaan sy dood. (2)

12 Ek sou die dokter gebel het om die dogtertjie te kom help.


Ek sou die dogtertjie al vroeër hospitaal toe gevat het.
(Of soortgelyk) (1)

13 Hartseer.
Daardie persoon sal nie meer in my lewe wees nie/Ek sal hom/haar mis.
(Of soortgelyk) (2)
[17]

13
©Mikpunt vir Afrikaans - Gedigte

You might also like