Fabulous Fabrics25 PUNTE

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Fabulous Fabrics 25 PUNTE

Die Belasting op Toegevoegde-waarde (BTW) koers is 15%.


Fabulous Fabrics (Edms) Bpk (‘FAB Fabrics’) is ʼn elegante klein ondermening wat trourokke
en formele drag ontwerp en verkoop. Addisioneel daartoe, word materiaal ook soms gekoop
en verkoop aan spesiale klante. Die maatskappy is in Kaapstad geleё en spog met hulle
uitstaande elegansie. Hulle klante varieer van hooggeplaaste regerings amptenare tot
GR(SA)’s, dokters en ander welgestelde persone in en rondom Suid-Afrika. Die finansiële
jaareinde van die maatskappy is 28/29 Februarie en Internasionale Finansiёle
Verslagdoening Standaarde word deur die onderneming toegepas. FAB Fabrics is vir BTW
geregistreer en doen sover moontlik, slegs besigheid met ander BTW ondernemers.
FAB Fabrics pas die deurlopende voorraadstelsel toe. Hulle voldoen aan IAS 2 en voorraad
word waardeer teen die laagste van kosprys of netto realiseerbare waarde. Voorraadkoste
word bepaal deur die eerste-in-eerste-uit metode toe te pas. Sover moontlik maak Fab
Fabrics altyd van beskikbare vereffeningskortings gebruik om koste van voorraad so laag as
moontlik te hou.
Addisionele inligting:
Die volgende saldo’s verskyn in die finansiële rekords van FAB Fabrics op
28 Februarie 2021:
R
Krediteurskontrole 110 500
Toelaag vir vereffeningskorting: krediteure 6 900
Suid Afrikaanse Inkomste Diens (BTW: krediet saldo) 18 900
Huur inkomste 88 800

Die volgende addisionele inligting is beskikbaar:

 Op 25 Februarie 2021 is voorraad aangekoop van MGM Bpk (‘MGM’) wat op


26 Februarie 2021 afgelewer by FAB Fabrics. Die faktuur wat uitgereik is beloop
R9 000. MGM het FAB Fabrics op 26 Februarie 2021 ingelig dat die faktuur uitgereik is
sonder om ʼn handelskorting van 6% in berekening te bring, maar dat hulle ʼn
regstelling op die krediteure staat sal doen, wat op maand-einde uitgestuur word.
Die goedere is afgelewer deur Cargo Transporters vir ʼn bedrag van R7 245 en is
betaal, op dieselfde dag as wat die goedere afgelewer is, by wyse van ʼn elektroniese
oordrag van fondse.
Geeneen van hierdie transaksies is geboekstaaf nie, aangesien die krediteure klerk
onder die indruk was dat hy eers die opgedateerde maandstaat van MGM moet
ontvang, alvorens hy enige inskrywings moet prosesseer. MGM is al vir ʼn baie lang tyd
ʼn leweransier van hoё kwaliteit materiaal aan Fab Fabrics en dit is seker dat ʼn
vereffeningskorting van 8% ontvang sal word, indien die faktuur binne 30 dae na die
faktuurdatum vereffen word.
 Goedere met ʼn faktuurwaarde van R7 360 is op 14 Januarie 2021 aangekoop van
MGM. Hierdie faktuur was in die finansiële rekords van Fab Fabrics geboekstaaf en ʼn
toelaag is geskep om die vereffeningskorting in die toekoms te benut. Die hele
besending is aan ʼn klant in Standerton verkoop. Die boekhouer het eers op
27 Februarie 2021 onthou om ʼn betaling aan MGM te maak, maar hy was so besig
met jaareinde voorbereidings dat hy skoon vergeet het om die betalingstransaksie te
boekstaaf in die finansiële rekords van FAB Fabrics.
 Materiaal met ʼn faktuurwaarde van R9 700 is aangekoop vanaf Silk (Edms) Bpk
(‘Silk’), wie nie ʼn BTW ondernemer is nie, op 12 Februarie 2021. Silk se beleid is om ʼn
vereffeningskorting van 5% toe te staan indien betaling binne 45 dae vanaf die
faktuurdatum geskied. FAB Fabrics het op 15 Februarie 2021 die helfte van hierdie
besending materiaal verkoop aan een klant. Die klant het die hele besending
teruggestuur aan FAB Fabrics op 20 Februarie 2021 omdat rotte die materiaal so
beskadig het, dat dit onbruikbaar was.
FAB Fabrics het gevolglik die hele besending materiaal op 24 Februarie 2021 aan Silk
teruggestuur en het terselftertyd ‘n debietnota geskep. Silk het op 28 Februarie 2021
nog nie ‘n kredietnota uitgereik nie en as gevolg hiervan het die krediteure klerk nog
nie die terugsending van die goedere in die rekeningkundige rekords geprosesseer
nie.
 Goedere met ʼn kosprys van R8 000, BTW uitgesluit, is deur FAB Fabrics teruggestuur
aan RG Suppliers op 20 Februarie 2021, twee dae nadat die aankoopstransaksie
plaasgevind het. RG Suppliers, wie vir BTW geregistreer is, het ʼn beleid om ʼn
vereffeningskorting van 5% toe te staan indien klante hulle fakture vereffen binne 40
dae na die faktuurdatum. Die kredietnota is per ongeluk in die krediteure joernaal
(FAKTUUR) geboekstaaf op die datum wat die goedere teruggestuur is.
 Die telefoonrekening vir Februarie vir R874 is op 2 Maart 2021 ontvang en is op
dieselfde dag betaal by wyse van ʼn elektroniese fondsoordrag.
 Een van die personeellede van FAB Fabrics het op 1 Februarie 2021 diens aanvaar.
Haar salaris is R8 000 per maand, maar wanneer sy oortyd sou werk, sal sy
addisioneel vergoed word daarvoor teen R75 per uur. Die personeellid het een
Saterdag gewerk en 7 ure oortyd geboek. Haar inkomste is onder die inkomste
belastingdrempel, maar daar moet van haar bruto salaris ʼn pensioenbydrae van 5% op
die bruto bedrag verdien afgetrek word, sowel as die wetlike bydrae van 1% van die
bruto inkomste tot die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF). FAB Fabrics dra op ʼn
rand tot rand basis by tot die pensioenfonds en die WVF. Die persoon verantwoordelik
vir salarisse het vergeet om die nuwe persoon op die salaris-lopie in te sluit en sy is
gevolglik eers op 2 Maart 2021 betaal.
 FAB Fabrics besit sy eie gebou en huur oortollige kantoorruimte uit aan Galleria
Properties vanaf 1 Maart 2020. Die maandelikse huur word op 1 Januarie van elke jaar
eskaleer met 10%. Galleria het hulle huur aan FAB Fabrics op 28 Februarie 2021
betaal vir Februarie en Maart 2021. Die BTW is korrek hanteer, maar daar is geen
aansuiwerings-inskrywing gemaak om die vooruitbetaling van Maart 2021 te boekstaaf
nie.
Punte
VERLANG Sub- Totaal
totaal
(a) Openbaar en toon ‘Handels- en ander krediteure’ in die
finansiële state van Fabulous Fabrics (Edms) Bpk soos op
28 Februarie 2021 in ooreenstemming met Internasionale 23
Finansiële Verslagdoening Standaarde. Toon alle berekeninge.
Kommunikasie vaardighede – aanbieding en uitleg 2 25

TOTALE PUNTE 25

You might also like