Gr9 - Slides - Tweede Wereldoorlog

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 50

DIE TWEEDE

WÊRELDOORLOG
(1939 – 1945)
EENHEID 1: DIE TOTSTANDKOMING
VAN NAZI-DUITSLAND
• Die Geallieerdes het Duitsland vir die Eerste Wêreldoorlog
blameer en die voorwaardes was so streng dat die Weimar
Republiek (die nuwe naam vir Duitsland) ernstige probleme
gehad het.
DUITSLAND WORD BLAMEER VIR DIE EERSTE
WÊRELDOORLOG
Die Verdrag van Versailles (1919), wat die Eerste Wêreldoorlog beëindig het, het die volgende voorwaardes vir
vrede gehad:
1. Duitsland moes betaal vir al die skade wat deur die Eerste Wêreldoorlog veroorsaak is.
2. Duitsland het die grond wat hy voor die Eerste Wêreldoorlog gehad het (sowel as sy vier kolonies in Afrika)
verloor.
3. Duitsland kon net ’n klein leër (weermag) en vloot hê en geen lugmag nie.
4. Duitsland moes erken dat hy alleen die Die Eerste Wêreldoorlog veroorsaak het. Baie Duitsers het gedink dis
baie onregverdig.
DUITSLAND IS IN DIE MOEILIKHEID

• Die Weimar Republiek het ongelooflik baie oorlogskuld gehad.


• Dit het beteken dat hulle finansieel gesukkel het: pryse van goedere en dienste het gestyg en hulle geldeenheid
was amper niks werd nie.
• In 1923 het Franse en Belgiese troepe Duitsland se belangrikste nywerheidsgebied – die Ruhr-vallei – beset omdat
Duitsland nie hulle oorlogskuld terugbetaal het en genoeg steenkool of staal gelewer het nie.
• Dit het die Duitse volk kwaad gemaak en hulle het ophou werk (ongeveer 30% werkloos).
• Die moraal (om in jouself of ander dinge of mense te glo) was ook laag, en die land was polities verdeel.
HITLER EN DIE NAZI’S

• Die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty (die Nazi-party), is in 1919 gestig.


• Adolf Hitler het in daardie jaar ‘n lid geword en teen 1921 het hy ’n groot rol in die party gespeel.
• Die Nazi’s het gewilde beloftes gemaak:
1. Om werk te skep.
2. Om Duitsland sterk te maak en te verenig.
3. Om op te staan teen die instruksies van die Verdrag van Versailles.
HITLER EN DIE NAZI’S

• Omdat Hitler opgestaan het teen die Weimar Republiek, is hy in


1923 tronk toe gestuur.
• Hier het hy ’n boek geskryf wat Mein Kampf (“My stryd”)
genoem is.
• Hy het sy plan vir Duitsland verduidelik: slegs die suiwer Duitse
ras (wat hy die Ariese ras genoem het) mag in Duitsland woon.
• Hy het geglo in Nasionalisme (om te glo dat jou land eerste kom
en trots te wees op jou land) en het Jode gehaat
(anti-Semitisme).
• In 1924 is hy uit die tronk vrygelaat en hy het belowe om op
wettige maniere mag te probeer kry oor Duitsland.
DUITSLAND KON NIE HULLE SKULD TERUG
BETAAL NIE
• Duitsland kon nie meer die oorlogskuld betaal wat deur die Verdrag van Versailles hulle gedwing het om te betaal
nie.
• Amerika het aan Duitsland geld geleen, maar in Oktober 1929 het die ineenstorting van die Wall
Street-aandelemark beteken dat Amerika se ekonomie platgeval het (Groot Depressie).
• Omdat Duitsland se ekonomie Amerikaanse lenings nodig gehad het, was dit vir Duitsland ’n groot probleem toe
Amerika die geld binne 90 dae wou terughê.
• Dit was onmoontlik om die geld so vinnig terug te betaal, wat beteken het dat Duitse maatskappye bankrot
gespeel het en miljoene werkers hulle werk verloor het.
• Al hierdie probleme het gemaak dat mense die meer radikale politieke partye in Duitsland (die Nazi’s- en
Kommunistiese Party) begin volg het.
DIE WEIMAR REPUBLIEK MISLUK

• Omdat die Weimar Republiek die Verdrag van


Versailles aanvaar het, het die Duitsers dit as swak
beskou.
• Nadat Wall Street platgeval het, het mense baie
swaar gekry, en die regering kon hulle nie help nie.
• Mense het van die Nazi’s se oplossings gehou.
• Die Nazi’s het verskeie keer probeer om beheer
by die Weimar Republiek oor te neem.
DUITSERS ONDERSTEUN DIE NAZI-PARTY

• Duitsland het vir meer as tien jaar lank baie finansiële


probleme gehad.
• Die Nazi’s het vir die mense baie hoop gegee deur ‘n
sterk, ryk en suksesvolle Duitsland te belowe.
• Die Nazi’s het baie propaganda (plakkate, radio,
saamtrekke) gebruik om die mense te oortuig.
• Hitler was ’n uitstekende openbare spreker en is
uitgebeeld as die Duitse volk se laaste hoop.
HITLER WORD KANSELIER

• Nadat die Groot Depressie Duitsland getref het,


het die regering gesukkel.
• Die Nazi’s het vinnig die geld gevind om vir drie
baie groot verkiesingsveldtogte tussen 1930 en
1932 te betaal.
• Met elke verkiesing het die Nazi’s meer en meer
mag in die Duitse regering gewen.
• In 1933 het Hitler kanselier geword.
1933 MAGTIGINGSWET EN DIKTATORSKAP

• Omdat die Nazi’s so goed in die verkiesing gedoen het, kon hulle onmiddellik ’n Magtigingswet deurdwing, wat vir
Hitler vier jaar lank diktatormag gegee het.
• Dit het beteken dat niemand teen hom kon opstaan nie. Hitler het alles en almal wat teen hom opgestaan het
verwyder deur:
1. die media te beheer
2. ander politieke partye te verbied
3. ander leiers in die tronk te stop
4. vakbonde te verbied
5. nie-Nazistiese boeke te verbrand
1933 MAGTIGINGSWET EN DIKTATORSKAP

• Hitler het dit reggekry om Duitsers weer trots te maak op hulle land, maar hy het geen opposisie geduld nie.
• In Junie 1934 gedurende die “Nag van die Lang Messe” het Hitler baie van sy opposisie en mense wat vir hom ‘n
bedreiging was laat doodmaak.
• Konsentrasiekampe is opgerig om die Nazi’s se politieke teenstanders op te sluit en te ondervra of soms te
martel.
• Toe die president van Duitsland in 1934 sterf, het Hitler die rol van president en kanselier gekombineer en
homself tot Führer verklaar.
• Die Duitse leër moes ’n eed van lojaliteit aan hom sweer.
NEURENBERG WETTE EN JODE VERLOOR HULLE
REGTE
• Die Neurenberg Wette van 1935 was anti-Semitiese wette (haat teenoor Jode) wat deur Hitler en die Nazi-party
bekendgestel is.
• Hierdie wette het Jode van Duitse burgerskap ontneem en het huwelike tussen Jode en ander Duitsers verbied.
• Die rede hiervoor was dat Hitler ’n suiwer Duitse Ariese ras van Ubermensch, ’n ‘meesterras’, wou hê.
• Die ideale Duitsland (die “Derde Ryk”) en die lande wat hulle oorgeneem het, moes deur dié “meesterras” regeer
word.
• Hulle het die sterk, gespierde, netjiese, blouoog, blonde tipe geïdealiseer.
VERVOLGING VAN POLITIEKE OPPONENTE: JEHOVAH GETUIES,
ROMA, HOMOSEKSUELE, SLAWIËRS, SWARTMENSE, GESTREMDES

• Buiten die Jode was daar ander mense wat ook as te


minderwaardig (nie goed genoeg nie) beskou is om in
Duitsland te woon.
• Hulle was onder andere Jehovah Getuies, die Roma (Gypses),
homoseksuele, Slawiërs (mense van die Slawiese ras),
swartmense en mense met gestremdhede.
• Daar was geen plek vir daardie mense in ’n Ariese tuisland
nie.
VERVOLGING VAN POLITIEKE OPPONENTE: JEHOVAH GETUIES,
ROMA, HOMOSEKSUELE, SLAWIËRS, SWARTMENSE, GESTREMDES

• Teen 1938 het die Nazi’s met ’n volskaalse program teen die Jode begin:
1. In die nag van 9 November 1938 het Hitler meer as 100 Jode doodgemaak en 30 000 ander na
konsentrasiekampe geneem.
2. Hulle het deur die hele Duitsland honderde sinagoges afgebrand en afgebreek en vensters van meer as 7 500
winkels en besighede wat deur Jode besit is, gebreek.
3. Hierdie nag staan bekend as Kristallnacht weens die glas wat gebreek is.
• Kristallnacht is deur Goebbels (Hitler se Minister van Propaganda) beplan as weerwraak (“revenge”/om iemand
terug te kry) vir ’n Duitse diplomaat wat geskiet is.
VERVOLGING VAN POLITIEKE OPPONENTE: JEHOVAH GETUIES,
ROMA, HOMOSEKSUELE, SLAWIËRS, SWARTMENSE, GESTREMDES

• Kristallnacht word oor die algemeen beskou as


die begin van stelselmatige vervolging van die
Jode.
• Ná Kristallnacht is baie wette ingebring om
Jode heeltemal uit die samelewing te dryf.
• Joodse mense is nie toegelaat om openbare
geriewe te gebruik of in enige beroep te wees
waar hulle met “nie-Joodse” mense te doen
gekry het nie; hulle is as minder as menslik
behandel.
NAZI-DUITSLAND: ’N FASCISTIESE STAAT (IN
VERGELYKING MET ’N DEMOKRASIE)
• In ’n fascistiese staat is die vooruitgang van die
nasie belangriker as alles anders.
• Teenstanders word gedreig met geweld.
• Dissipline is streng en almal moet daarby
inpas.
• Dit is die teenoorgestelde van ’n demokrasie
waar almal ’n stem het.
Eenheid 2: Die Tweede Wêreldoorlog:
Europa
• Die Nazi-beleid het gemaak dat die Duitse volk weer begin
saamwerk en nasietrots begin voel het.
• Nazi-idees is tot die uiterste geneem en ander nasies het Hitler
se ekspansionistiese beleid, wat geen minderheidsgroepe of
ander opinies geduld het nie, begin vrees.
Die Nazi’s se aggressiewe ekspansionistiese buitelandse
beleid vir Lebensraum
• Lebensraum beteken letterlik ”lewensruimte” in Duits.
• Die Nazi’s het geglo dat meer ruimte nodig was vir die
Duitse bevolking om te groei, in grond sowel as in
grondstowwe.
• In sy boek, Mein Kampf, het Hitler gesê dat
minderwaardige Slawiese bevolkings (wat Jode insluit) vir
die Duitse volk moet ruimte maak.
Die Nazi’s se aggressiewe ekspansionistiese buitelandse
beleid vir Lebensraum
• In 1938 het Hitler Oostenryk en Duitsland verenig.
• Die Geallieerdes, Brittanje en Frankryk, het niks gedoen om hom te stop nie, al het die Verdrag van Versailles dit
verbied.
• Hitler het toe ander gebiede waar baie Duitsers gewoon het oorgeneem.
• Toe Hitler die grens van Pole bereik, het die Geallieerdes gesê hulle gaan oorlog verklaar indien hy Pole aanval.
Uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog: Spil teen
bondgenote
• Die Spilverbond (net Spil), was ’n groep nasies wat teen die bondgenote geveg het.
• Die Spilverbond het in 1936 begin toe Duitsland verdrae met Italië en Japan onderteken het.
• Toe Duitsland Pole ingeval het, het die bondgenote (Brittanje en Frankryk) teen die Spilmoondhede (die lande wat
deel was van die Spilverbond) oorlog verklaar.
• Duitsland het Nederland en Frankryk binnegeval, maar het daarin misluk om Brittanje in te val.
Uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog: Spil teen
bondgenote
• In Junie 1941 het Hitler besluit om eerder Rusland in
te val.
• Dit was ’n fout: Duisende Duitse soldate het in
Rusland gesterf, veral in die koue winter.
• Die nederlaag word deur party geskiedkundiges
beskou as die draaipunt van die Tweede
Wêreldoorlog omdat die Duitse leër nou net in een
rigting kon gaan, en dit was terug na Duitsland.
Uitwissingskampe en volksmoord, die Holocaust en die
“Finale Oplossing”
• Die Groot Slagting (“Holocaust”) was Nazi-Duitsland se stelselmatige volksmoord op verskeie groepe gedurende
die Tweede Wêreldoorlog.
• Die Jode van Europa was die grootste slagoffers van die Groot Slagting.
• Die Nazi’s se “Finale Oplossing van die Joodse vraagstuk” was om alle Jode dood te maak.
• Die aantal Joodse slagoffers was omtrent 6 miljoen.
• Ander “ongewenstes”, veral Slawiërs (Pole, Russe en ander), Roma (Gypses), gestremdes, homoseksuele, Jehovah
Getuies en almal wat nie met Hitler saamgestem het nie is ook vervolg en vermoor.
• As hierdie ander groepe ook bygetel word, styg die totale dodetal tot ten minste 11 miljoen.
Uitwissingskampe en volksmoord, die Holocaust en die
“Finale Oplossing”
• Joodse mense en ander is met geweld geneem na “werkkampe” wat konsentrasiekampe was.
• Omdat baie min mense lewend uit hierdie kampe gekom het, is hierdie kampe ook doodskampe genoem.
• Gevangenes se besittings is van hulle afgeneem.
• Hulle koppe is kaal geskeer en hulle is gedwing om harde fisieke werk te doen.
• Hulle is uitgehonger, verneder en gemartel.
• Kinders en ouers is van mekaar geskei.
Uitwissingskampe en volksmoord, die Holocaust en die
“Finale Oplossing”
• Aan die begin is slagoffers geskiet of doodgeslaan,
maar later is hulle vergas en in groot kamers wat
krematoriums genoem is, verbrand, maar eers ná die
goud uit hul tande getrek is.
• Daar was 22 uitwissingskampe, waarvan Auschwitz
die grootste was.
• Dit word gesien as een van die grootste skandes ooit
in die geskiedenis van die wêreld.
Die verhaal van Anne Frank

• Anne Frank was ‘n Joodse kind wat oor haar ondervindinge geskryf het, en haar boek is later uitgegee as “The
Diary of Anne Frank”.
• Sy is in Duitsland gebore, maar het haar burgerskap as gevolg van die Neurenberg Wette verloor.
• Haar gesin het na Amsterdam getrek, waar hulle gevang en na konsentrasiekampe geneem is toe die Nazi’s
Nederland oorgeneem het.
• Anne Frank is na ‘n konsentrasiekamp geneem, waar sy aan tifus dood is.
• Otto Frank, die enigste oorlewende van die gesin, het ná die oorlog na Amsterdam teruggekeer en gevind dat Anne
se dagboek behoue gebly het.
Anne Frank
Voorbeelde van weerstand teen Nazisme in Duitsland

Sophie Scholl en die Witroosbeweging:


• Ná Kristallnacht was baie Duitsers geskok deur die feit dat Jode so wreed en in die openbaar aangerand is en dat
daar geweld in die strate was en soveel vernietiging van eiendom.
• Maar al het hierdie Duitsers dit nie goedgekeur nie, het hulle min gedoen om die Jode te help.
• Die Witroosgenootskap was ’n weerstandsbeweging in Duitsland wat gepleit het vir geweldlose weerstand teen die
Nazi-regime.
• Hans en Sophie Scholl en hulle vriend, Christoph Probst, was die leiers van ’n groep van vyf studente wat in 1942
en 1943 ses pamflette vrygestel het.
• Almal van die beweging is gevang en doodgemaak.
Sophie Scholl
Voorbeelde van weerstand teen Nazisme in Duitsland

Dietrich Bonhoeffer en die Belydende Kerk:


• Dietrich Bonhoeffer was ’n Duitse priester, anti-Nazi en ’n stigterslid van die Belydende Kerk.
• Bonhoeffer het bekend geword vir die weerstand teen die Nazi-diktatorskap deur ’n sterk standpunt in te neem teen
Hitler se genadedoodprogramme en die volksmoord op die Jode.
• Hy was ook betrokke by planne om Adolf Hitler te vermoor.
• Hy is deur die Gestapo in hegtenis geneem en is opgehang, 23 dae voor die Nazi’s oorgegee het.
Voorbeelde van weerstand teen Nazisme in Duitsland

Opstand in die Warskou-ghetto:


• Dit was die grootste opstand deur die Jode gedurende die Tweede Wêreldoorlog en was die eerste massa-opstand in
Nazi-besette Europa.
• Die Warskou-ghetto in Pole wat deur die Duitsers beset is, het 300 000 – 400 000 mense in ’n dig bevolkte sentrale
deel van Warskou gekonsentreer.
• In 1942 is duisende van hierdie mense na die uitwissingskamp by Treblinka gestuur.
Voorbeelde van weerstand teen Nazisme in Duitsland

Opstand in die Warskou-ghetto:


• Teen die einde van 1942 het inwoners van die ghetto uitgevind van die uitwissingproses.
• Baie van die oorblywende Jode het besluit om in opstand te kom.
• Die Poolse Verset het die Jode ondersteun deur Duitse eenhede naby die mure van die ghetto aan te val.
• Altesaam 13 000 Jode is gedurende die opstand in die ghetto doodgemaak en van die oorblywende 50 000 inwoners
is die meeste gevang en na konsentrasie- en uitwissingskampe gestuur.
Opstand in die
Warskou-ghet
to
Voorbeelde van weerstand teen Nazisme in Duitsland

Opstand in die Warskou-ghetto:


• Alhoewel die Warskou-opstand geëindig het met die moord van die Jode in die ghetto, was dit ‘n aanduiding dat dit
wat die Nazi’s besig was om te doen heeltemal onaanvaarbaar was en weerstaan moes word.
• Die Russe het hul land teen Hitler se invalsleër verdedig, en nadat Amerika by die oorlog aangesluit het, was
Brittanje en Amerika saam in ’n beter posisie om Hitler se troepe in die Duits-besette Europa te begin aanval.
Die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Europa

• Die Duitse leër is ernstig verswak deur die Russiese veldtog.


• Die Amerikaners het by die oorlog aangesluit en op D-dag, 6 Junie 1944, het die Geallieerdes Europa binnegeval
deur op die strande van Frankryk te land.
• Hulle het geleidelik deur Frankryk tot in Italië gevorder.
• Die Italianers het oorgegee en die Geallieerdes en die Russe het in Berlyn ontmoet.
• Die Duitsers is verslaan: hulle stede was stukkend, en Hitler het in sy bunker selfmoord gepleeg.
• Op VE-dag, 8 Mei 1945, het die Britse eerste minister, Winston Churchill, verklaar het dat die oorlog verby is.
• Krygsgevangenes en die mense wat nog in konsentrasiekampe was, is vrygelaat.
D-Dag
Eenheid 3: Die Tweede
Wêreldoorlog in die Stille
Oseaan
• Voor die Tweede Wêreldoorlog wou Japan sy ryk uitbrei om ’n
selfstandige supermoondheid te wees.
Japan maak oorlog • Japan kon dit doen omdat hulle ná die Eerste Wêreldoorlog beheer
om ‘n verkry het van voormalige Duitse kolonies in die Stille Oseaan-gebied.
supermoondheid te • Japan het hom ook geleidelik aan internasionale ooreenkomste onttrek
word en dit het die Westerse lande kwaad gemaak.
• Japan het staatgemaak op noodsaaklike invoer van rys en rubber van
lande soos Maleisië en China.
• Een van Japan se mededingers vir rys en rubber was Amerika, wat ’n
koloniale mag in die Filippyne geword het.

Japan maak oorlog • In 1940 is die Driemoondhedeverdrag tussen Duitsland, Italië en Japan
om ‘n onderteken.
supermoondheid te • Die Driemoondhedeverdrag het Japan se reg op ’n Nuwe Orde in Asië
word ondersteun.
• Nou kon Japan groot stappe neem om nuwe gebiede in te neem.
• Japan het gedurende die oorlog in die Stille Oseaan van 1941 tot 1945 teen
die Geallieerdes geveg vir beheer oor die hele Oos-Asië.
• Die Japannese lugmagaanval op Pearl Harbor was ’n verrassingsaanval
deur die Japannese Vloot op Amerika se vlootbasis by Pearl Harbor,
Hawaii, in Desember 1941.
Pearl Harbor
• Die aanval was bedoel om te keer dat die Amerikaanse Vloot inmeng
met militêre optrede wat Japan in Suidoos-Asië beplan het.
• Amerika en Brittanje het onmiddellik teen Japan oorlog verklaar, en
sommer vinnig het die VSA ook teen Duitsland en Italië oorlog gevoer.
Pearl Harbor
• In die Japannese lugmagaanval op Pearl Harbor, het
Japan het 353 Japanese vegvliegtuie, bomwerpers en
torpedovliegtuie vanaf 6 vliegdekskepe gestuur.
• Aangesien daar geen oorlogverklaring was nie, is
Amerika onkant betrap.
• 16 Amerikaanse skepe is beskadig of vernietig.
• Altesaam 2 402 Amerikaners is dood en 1 282 gewond,
terwyl Japannese verliese min was, met net 65 soldate
wat dood of gewond is.
• As gevolg van die aanval op Pearl Harbor het die Amerikaners in
Februarie 1942 omtrent 120 duisend mense van Japannese afkoms wat
Japannese Amerikaners in Amerika gewoon het, uit hulle huise verwyder en na
met geweld verskuif in interneringskampe gestuur in geval hulle vir die Japannese gespioeneer
die interneringskampe in het.
die VSA
• Die lewe in die kampe was swaar: Hulle het in afskuwelike
omstandighede gebly en moes gemeenskaplike areas gebruik om
hulleself en hulle klere te was en te eet. Hulle het almal swaargekry,
veral die kinders.
• Aan die einde van die oorlog het party in Amerika aangebly en hulle
lewens herbou.
• Maar ander het nie vergewe nie na Japan teruggekeer.
• Eers in 1983 het die VSA die onregverdigheid van die internering
erken.
• Japan het in Asië probeer uitbrei en het van 1931 af ’n wrede oorlog
teen China gevoer.

Japannese • Japan wou ekonomies selfstandig wees en wou ander lande beset wat
grondstowwe kon voorsien.
uitbreiding en
• Japan het China binnegeval, maar dit was ’n baie groot land en baie
gruweldade in soldate was nodig om beheer te behou en weerstand te onderdruk. Dit
China het in ’n volskaalse oorlog ontwikkel, wat die Chinees-Japanse oorlog
genoem is.
• Die Japannese het baie gruweldade gepleeg, soos in Nanking, waar 200
000 mans gebruik is vir bajonetoefening, met masjiengewere geskiet of
aan die brand gesteek is.
• Japan wou hê China moet oorgee, maar dit het nie gebeur nie.
Omstandighede in Nanking
• Japan het nie krygsgevangenes in ooreenstemming met internasionale
ooreenkomste behandel nie, want die Japannese het oorgawe as
oneervol beskou.
Japannese
gevangene-van- • Gevangenes van die Japannese is in kampe gehou in ander plekke wat
deur die Japannese beset is.
oorlog kampe
vir die • In die krygsgevangenekampe in Japan is militêre personeel aangehou
wat gevang is asook burgerlikes wat voor die oorlog uitgebreek het in
Geallieerde die Ooste was.
soldate
Japannese gevangene-van-oorlog kampe vir die
Geallieerde soldate
• Die Japannese het vir Geallieerde gevangenes baie min kos gegee, hulle
aangerand, vermoor en gedwing om baie harde arbeid te doen, soos om
hulle te dwing om die brug oor die Kwairivier te bou (deel van ‘n
Japannese spoorlyn wat gebou is om voorraad na die Japannese leër te vervoer).
gevangene-van- • Die dodetal van Westerse gevangenes was 7 keer hoër as dié wat in
oorlog kampe Duitsland of Italië gevange geneem is.
vir die • Krygsgevangenes het geen toegang tot die Internasionale Rooikruis
Geallieerde gehad nie en dit was moeilik vir hulle om te ontsnap omdat hulle
westers gelyk het en nie kon wegkruip tussen die Asiatiese mense, wat
soldate so anders gelyk het nie.
Internasionale Rooikruis

You might also like