Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Aktiwiteit 2:

2.1 : Openbare deelname

In ons demokrasie is dit ons reg en verantwoordelikheid om deel te neem aan


openbare bespekings oor sake wat vir jou belangrik is. Dis ons reg om ingelig
en betrokke te wees oor sake wat ons lewe beinvloed.

Ons almal stem in die verkiesing vir n eerlike regering. As ons regering eerlik en
opreg was sou die Gupta-familie nie die kans gehad het om sulke noue bande
met die Zuma – regering kon bou nie. Daar sou geen kans bestaan het dat die
geld in hulle Estina-maatskappy oorbetaal sou word nie.

Toe die Vrystaatse regering die R334miljoen bewillig het vir die suiwelplaas ,
wat 80 voorheen benadeelde mense moes bevoordeel,moes die projek
deursigtig gewees het. Prosedures vir openbare deelname moes plaasgevind
het. Die 80 mense moes deel van die besluitneming gewees het van hoe die
geld gespandeer word en dit sou verhoed het dat die regeing die geld in n
Gupta rekening kon oorbetaal.

2.2 : Oppergesag van die gereg/wet

Die oppergesag van die reg beskerm mense se regte. Dit hou ons veilig,help om
argumente optelos en suksesvol te lewe.

As die afwesigheid van korrupsie by ons oppergesag teenwoordig was, sou die
Vrystaat regering nie die geld in die Gupta-familie se Estina maatskappy se
rekening betaal het nie, al het hulle sterk bande met Jacob Zuma gehad.

Dit is n oop regering wat wette en regulasies afdwing. As ons oppergesag so


oop was sou hulle nie toegelaat het dat ons Waterkloof lugmagbasis gebruik
word vir die landing van die Gupta-familie se privaat vliegtuig.Dit was teen die
wette van die weermag. Die oppergesag moet toerekenbaar wees en kan nie
doen wat hulle wil nie.
2.3 : Deursigtigheid

Die regering moet oop wees,steek niks weg nie en wette en beleide moet
maklik verstaanbaar en verkrygbaar vir die publiek wees.

As die Vrystaat regering oop en deursigtig gewees het, sou die publiek en die
80 bevoordeeldes van die Vrede- suiwelplaas presies geweet het waarvoor die
R334miljoen gebruik word.Daar sou geen kans gewees het vir verskuilde
belange of agendas nie. Die misbruik van hierdie geld sou nie kon plaas vind
nie en die hegte bande tussen die Guptas en die Zumas sou bekend word.Die
Guptas sou nie op Waterkloof lugmagbasis land nie en sodoende ons
landswette oortree nie.

2.4 Verantwoordbaarheid/ Toerekenbaarheid

Toerekenbaarheid beteken dat diegene wat in mags posisies is moet


verantwoordelikheid neem vir hul dade.Hulle moet ook kan verduidelik en
redes gee vir hul aksies en beloftes kan hou.

Dit is elke landsburger se reg om te weet hoe sy belasting geld gebruik


word.Dit was die Vrystaat regering se verantwoordelikheid en deursigtigheid
wat moes bepaal het dat die R334 miljoen reg gebruik geword.Dit was die
regering wat nie sy mag moes misbruik het en omkopery en diefstal laat plaas
vind het nie. Die regering het ook sy belofte aan die 80 voorheen benadele
mense gebreek. Die belofte en vooruitsig van n beter lewe wat n suksesvolle
suiwel plaas sou bring is gebreek deur n korrupte regering.
Aktiwiteit 3:

3.1 Hoe sport n rol kan speel om n nasie te verenig.

Sport in Suid-Afrika is defnitief n nasiebouer. Die Suid-Afrikaanse sport


liefhebbers is n passievolle en emosionele nasie. Ons kan die passie in vele
gebeurtenisse sien bv.die wereldbeker rugby van 2019,wanneer daar goue
medaljes in die Olimpiese spele gewen word, wanneer ons protea krieketspan
wen.Die passie en emosie breek deur enige ras,kleur of godsdienstige grense
solank ons spanne net wen.

Hierdie passie bou ons gemeenskappe van alle vlakke af op. In skole begin
gemeenskappe teen mekaar kompeteur.Jong sportsterre word deur ouer
sportsterre gementor om op alle gebiede n positiewe bydrae tot n
gemeenskap te lewer.

Provinsiale spanne word betrokke by liefdadigheids organisasie om so terug


tegee aan die gemeenskappe.

Baie werksgeleenthede word deur sport geskep. Daar is van terrein opsigters
tot adminastrateurs. Daar is van skole afrigters tot nasionale afrigters.

As n nasie met baie verskille op politieke,sosiale en ekonomiese gebiede is dit


sport wat ons leer om al ons hindernisse en uitdagings te oorkom.Dit is sport
wat ons leer om saam te werk.

3.2 Noodsaaklike gedragskodes van enige sportspan.

Spelers moet daartoe verbind wees om die hele jaar of seisoen te oefen en sy
beste te gee. Hulle moet ook beskikbaar wees vir alle wedstryde.

Hulle moet ten alle tye optree dat dit tot eer en trots van die span,skool en
gemeenskap sal wees.

Stiptelik sal wees in die bywoon van oefeninge en wedstryde.

Die beslissing van skeidsregters en baanbeamptes sal aanvaar en met


nederigheid wen en met grasie verloor.
3.3 Aspekte wat kan aanleiding gee tot negatiewe toeskouergedrag.

Wanpraktyke op die sportveld bring aggressie by toeskouers. Dit gebeur veral


wanneer die toeskouers van een span voel dat daar onregverdig teenoor sy
span opgetree word. Daarom is dit noodsaaklik dat streng reels neergele word
en toegepas word.

Wanneer toeskouers se passie en emosies buite beheer raak en kru taal


gebruik word , dan volg negatiewe gedrag.

Enige misbruik van alkahol deur toeskouers by wedstryde lei tot


onaanvaarbare gedrag.

Die toeskouers is so passievol oor hulle sport en daarom dink elk een van
hulle,hulle is goeie of beter skeidsregters as diegene op die veld. Die
kommentaar oor die skeidsregter lei gevolglik tot negatiewe gedrag.

You might also like