Slange Van Suid Afrika

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 32

slange

’n Volledige Gids tot die

van Suider-Afrika

opgedrra aan
Molleen en Melissa
slange
’n Volledige Gids tot die

van Suider-Afrika

Johan Marais
Erkennings
E erst e u itgaw e
Ek is dank verskuldig aan verskeie amateur- en beroepsherpetoloë wat my oor die jare advies
en inligting gegee het. ’n Magdom inligting is verkry uit verskillende nuusbriewe en tyd-
skrifte van die Herpetologiese Vereniging van Afrika – my dank aan al die bydraers.
Verskeie mense het met fotosessies gehelp. My dank aan Brandon Borgelt, Timothy
Simpkins, Crawford Coulsen, Dave Morgan, Mike Glynn, John Neeves en veral Theuns Eloff vir
hul hulp. Wyle Gody Kunzi, Wulf Haacke, Malcolm Paterson, wyle John Lougher, John Vorster,
Frans Meyer, Kierie Botha, Gavin Carpenter, Donald Strydom, Barry en Karen Stander en
Keith Walters het eksemplare vir foto’s beskikbaar gestel. Sommige van die slange is by
die Transvaalse Slangpark en die Durbanse Slangpark afgeneem. Ek is ook dank verskuldig
aan Rod Patterson en Fritz Muller.
Atherton de Villiers, Richard Boycott, Marius Burger, Peter Dawson, Wulf Haacke, wyle
Leonard Hoffmann, Niels Jacobsen, Steve Spawls, Colin Tilbury en Bill Branch het uitmun-
tende foto’s verskaf. Peter Fuhri het met die noodhulpfoto’s gehelp.
Angelo Lamibiris het goedgunstig die lyntekening van Naja nigricollis nigricincta, Naja n.
woodi en illustrasies vir die hoofstuk oor klassifikasie en verwantskappe verskaf.
Dr O Bourquin het die spesiebeskrywing, verspreidingskaart en lyntekeninge van
Montaspis gilvomaculata verskaf.
My dank aan die direkteure van Jonathan Ball en Ad Donker Uitgewers en dr Donald
Broadley vir toestemming om lyntekeninge uit FitzSimons’ Snakes of Southern Africa
te gebruik.
Die verspreidingskaarte is deur my vrou Molleen met die hulp van Theuns Eloff geteken.
Dr Mark Verseput, dr Ev Cock en dr Chris Foggin het kommentaar gelewer op die
artsenymiddelkaart in die afdeling oor reptielteelt.
Spesiale dank kom Lynn Raw, Angelo Lambiris en Mike Bates toe wat die moeisame taak
gehad het om die manuskrip te lees en verbeterings voor te stel. Ondanks hul bedrywige
skedules, het hulle tyd ingeruim om te help en ek waardeer hul bydraes. Ek vertrou dat
die eindproduk hul moeite sal loon. Lynn Raw het ook die hoofstuk oor klassifikasie en
verwantskappe geskryf. Dr L Schrire, hoof van die serum-en-entstof-departement van die
Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing, het die hoofstuk oor slangbyt en noodhulp-
behandeling gelees en daarop kommentaar gelewer.
My opregte dank aan Gordon Setaro vir al die goeie tye wat ons saam in die veld deurge-
bring het en vir sy gewilligheid om sy magdom inligting met my te deel. Sy kennis en begrip
van die reptiele en amfibieë van Suider-Afrika is ongeëwenaar. Ek wil ook my baie goeie
vriend, prof. Gerrie Smith, vir al sy geesdrif en aanmoediging bedank.
My werkverhouding met die uitgewer was altyd baie aangenaam en ek bedank Rita
van Dyke (voorheen van Southern Books) en Louise Grantham vir hul moeite, geduld en
bystand.
’n Laaste woord van dank gaan aan my vrou Molleen, dogter Melissa en my pa. Hierdie
boek is die resultaat van baie naweke se fotosessies en ure in my studeerkamer – tye wat my
gesin sonder my moes klaarkom of my aktief moes vermy. Sonder hul aanmoediging, steun
en begrip sou hierdie boek nie moontlik gewees het nie.
JOHAN MARAIS
1992
T wee de u itgaw e
Meer as ’n dekade het verloop sedert die eerste uitgawe van ’n Volledige Gids tot die Slange
van Suider-Afrika verskyn het en baie het sedertdien op die gebied van slange gebeur.
Ek was druk besig met die uitbou van my sakeonderneming en moet my kollegas en
sakevennote vir hul steun bedank. Talle vriende, heeltemal te veel om op te noem, het my
deur die jare advies, aanmoediging en steun gegee. My dank aan Donald Strydom, Randy
Babb, Paul Moler, die Madhav-gesin, Nush Goncalves, Marius Burger, en Graham en Natasha
Alexander vir al hul steun.
Prof Graham Alexander het baie ure van sy kosbare tyd opgeoffer om op die manuskrip
kommentaar te lewer en verbeterings voor te stel. Dr Bill Branch was nog altyd ’n groot hulp
en sy uitmuntende boek Veldgids tot die Slange en ander Reptiele van Suider-Afrika was ’n
uiters nuttige bron, veral met betrekking tot inligting oor gedrag en tegniese aspekte, sowel
as die verspreidingskaarte. Dr Don Broadley word ook bedank vir al sy hulp en advies.
Lynn Raw het goedgunstig die hoofstuk oor klassifikasie en verwantskappe geskryf. Die
meeste van die lyntekeninge is deur Randy Babb gedoen en dit is ’n voorreg om kunswerk
deur so ’n uitmuntende kunstenaar te kan insluit. Hy het die lyntekeninge van die kop
geteken met behulp van verskillende verwysingsbronne insluitende verskeie tegniese verhan-
delings, foto’s en die tekeninge in Broadley se FitzSimons’ Snakes of Southern Africa. Hy het
ook foto’s van bewaarde eksemplare in die Port Elizabethse Museum en Transvaalse Museum
as verwysing gebruik.
Dr Colin Tilbury en dr Roger Blaylock het die afdelings oor noodhulp en slangbyt gelees
en daarop kommentaar gelewer. Hulle word vir hul tyd en moeite bedank.
Uitmuntende foto’s is verskaf deur prof Graham Alexander, Randy Babb, Richard Boycott,
dr Bill Branch, Marius Burger, S Davies, Peter Dawson, dr Niels Jacobsen, Warren Schmidt,
Steve Spawls, dr Bruce Taubert, dr Colin Tilbury, Andrew Turner en Atherton de Villiers.
Ek het dit geniet om saam met Pippa Parker en Emily Bowles van Struik Uitgewers te werk
en sien uit na toekomstige projekte, en ek bedank Janice Evans en Robin Cox vir hul harde
werk en die moeite wat hulle met die ontwerp van die tweede uitgawe gedoen het.
Aan almal hierbo, dankie vir jul insette. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid vir die boek
en vertrou dat die eindproduk algemene goedkeuring sal wegdra.
Laaste, maar beslis nie die minste nie, my dank aan my gesin. My pa het my nog altyd
ondersteun en ek bedank hom vir al sy liefde, wysheid en geduld. My vrou Molleen en dogter
Melissa, aan wie hierdie boek opgedra word, word bedank vir al hul liefde, geduld, entoe­
siasme, ondersteuning en begrip. Ek het baie tyd weg van die huis af deurgebring en, wanneer
ek by my gesin is, werk ek selfsugtig aan manuskripte en bestee ure aan die neem van foto’s.
Sonder hul ondersteuning, sou baie van wat ek in die lewe aangepak het, nooit gebeur het
nie.
JOHAN MARAIS
2004

Groenmamba
Skrywer se voorwoord
Daar is ruim 170 slangspesies en -subspesies in Suider-Afrika. waarvan baie nog nie
genoegsaam bestudeer is nie en swak verstaan word. Die doel met hierdie boek is nie net
om te help met die uitkenning van Suider-Afrika se groot verskeidenheid slange nie, maar
ook om die leek, insluitende slangentoesiaste, ’n vars begrip van en waardering vir hierdie
fassinerende wesens te gee.
Die reaksie op A Complete Guide to the Snakes of Southern Africa, wat in 1992 die eerste
keer verskyn het, was oorweldigend positief en het baie nuttige kommentaar ontlok. Hierdie
nuwe uitgawe is hersien in die lig van hierdie kommentaar en die talle navrae en voorstelle
wat ek ontvang het. Die teks is bygewerk en sluit beskrywings van minstens 11 nuwe spesies
en subspesies in, terwyl meer as 30 spesies en subspesies hertoegewys is. Slange soos die
Rooiadder (Bitis rubida), die Albanie-adder (Bitis albanica) en die Suidelike adder (Bitis armata)
is redelik onlangs beskryf, terwyl ander soos die voël- of takslange van die genus Thelotornis
heringedeel is. Met die snelle vooruitgang van herpetologie in Suider-Afrika het nuwe ver-
spreidingsdata ook bekend geword. Herpetoloë is nou ook in nouer aanraking met kollegas
wêreldwyd en meer navorsing as voorheen word gedoen, sowel plaaslik as deur oorsese
navorsers. Daarby blyk nuwe tegnieke van DNS-analise uiters nuttig te wees, veral op die
gebied van taksonomie.
Soveel bykomende inligting as moontlik met betrekking tot gedrag, dierkunde, voort-
planting en slanggif is in die spesiebeskrywings opgeneem. Daar is nou kleurfoto’s by die
spesiebeskrywings en dit, tesame met die eenvoudige ikone wat wesenlike inligting met ’n
oogopslag oordra, sal hopelik die gids verbeter en dit nog meer gebruikersvriendelik maak.
In die lig van die vrees en bygeloof rondom slange wil ek dit graag duidelik stel dat
betreklik min slangbytgevalle noodlottig is. Slangbyte kan van baie gevaarlik tot bloot pynlik
of selfs heeltemal onskadelik wissel.
Verskeie gesaghebbende boeke is al geskryf oor slangbyte en hoe dit benader en
gehanteer moet word. Artikels verskyn in wetenskaplike en mediese tydskrifte, populêre
tydskrifte en koerante, terwyl kleurbrosjures oor die onderwerp van tyd tot tyd verskyn. Baie
van hierdie bydraes is egter baie tegnies en is ingestel op die mediese behandeling van
slangbyt, die gebruik van teengif saam met steroïede, adrenalien, ens. Hierdie boek vermy
waar moontlik tegniese terme en is ’n meer algemene gids wat by die leek byval sal vind: die
boer, huisvrou, tuinier, voetslaner, jagter, hengelaar of enigiemand anders wat tyd in die
buitelug deurbring.
Hoewel dit lewensbelangrik is dat die korrekte prosedure gevolg word as ’n slang iemand
byt, hou mense ’n veel groter gevaar vir slange in as hulle vir ons. Stedelike ontwikkeling,
industrialisasie en grootskaalse vernietiging van natuurlike habitats om vir landbou plek te
maak het ’n ernstige bedreiging vir verskeie spesies geword. Verdere studie van die uitwer­
king van hierdie aktiwiteite op slangbevolkings is dringend nodig. Ek hoop hierdie boek sal
daartoe bydra dat hierdie sensitiewe en bedrewe roofdiere met meer agting bejeën sal word
en dat dit sal help om ’n beter begrip van hul belangrikheid in die natuur te kweek.
Die skrywer met ’n onvolwasse Birmese luislang.
Uitgegee deur Struik Nature
(’n drukkersnaam van Random House Struik (Pty) Ltd)
Reg. Nr. 1966/003153/07
The Estuaries Nr. 4, Centurylaan (Oxbowsingel),
Century City, 7441
Posbus 1144, Kaapstad, 8000 Suid-Afrika

Besoek ons by www.randomstruik.co.za


en skryf in op ons nuusbrief vir maandlikse
nuus en veranderinge

Eerste Afrikaanse uitgawe in 2004

9 10

Kopiereg © teks 2004: Johan Marais


Kopiereg © illustrasies 2004: Johan Marais
Kopiereg © kaarte 2004: Johan Marais
Kopiereg © gepubliseerde uitgawe. 2004:
Random House Struik (Pty) Ltd
Kopiereg © foto’s: Johan Marais
tensy anders vermeld

Publikasiebestuurder: Pippa Parker


Besturende redakteur: Helen de Villiers
Redakteur: Emily Bowles
Ontwerpredakteur: Janice Evans
Konsepontwerp: Janice Evans
Ontwerper: Robin Cox
Kartograaf & Illustreerder: David du Plessis;
Pofadder Randy Babb; Dr Angelo Lambiris
Vertaler: Jan Moodie
Indekseerder: Jeanne Cope

Reproduksie deur Hirt & Carter Cape (Pty) Ltd


Gedruk en gebind deur Times Offset (M) Sdn Bhd

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie


publikasie mag gereproduseer, in ’n ontsluitstel­
sel bewaar of weergegee word in enige vorm of op
enige manier, hetsy elektronies of
meganies, deur fotokopiëring en die maak van
opnames of andersins, sonder die skriftelike
toestemming van die kopiereghouers nie.

ISBN: 978 1 86872 933 3 (druk)


ISBN: 978 1 77584 229 3 (ePUB)
ISBN: 978 1 77584 230 9 (ePDF)

Ook beskikbaar in Engels as


A Complete Guide to the Snakes of Southern Africa
ISBN: 978 1 86872 932 6 (druk)
ISBN: 978 1 92054 464 5 (ePUB)
ISBN: 978 1 92054 465 2 (ePDF)

Voorblad: Natalse groenslang


Bladsy 1: Oos-Afrika-eiervreter (Wulf Haacke)
Bladsy 2: Swartspoegkobra
Bladsy 3: Anchieta se dwergluislang

Hoewel alles moontlik gedoen is om seker te maak dat die inligting wat in die boek
verskaf word korrek is, kan die skrywer en uitgewers geen verantwoordelikheid aanvaar
vir enige verlies, besering of sterfgeval wat voorkom weens gebruik van hierdie gids nie.
Gewone bruinwaterslang
Marius Burger

Inhoud
Inleiding 10

hoe om die boek te gebruik 14

Hoofstuk 1: Biologie en gedrag 16

Hoofstuk 2: Klassifikasie en verwantskappe 24

Hoofstuk 3: Slangbyt 34

Hoofstuk 4: Slange in aanhouding 48

Hoofstuk 5: Spesiebeskrywings 60

Adders 62

Mambas, kobras en hul verwante 94

Agtertand- en ander giftige slange 134

Giftandlose en niegiftige slange 210

Blinde- en erdslangetjies 278

Woordelys 301

Bibliografie 304

Indeks 308
Inleiding
Slange is nog altyd beskou as slymerige,
afstootlike en aggressiewe wesens wat mense
sonder enige aanleiding sal aanval. As ’n
slang vasgekeer of seergemaak word, sal
hy hom wel verdedig, maar selfs dan sal
die meeste slange verkies om vinnig en stil
pad te gee as hulle die kans kry. Ander slange sal
roerloos bly en hoop dat hul uitstekende kamoeflering sal
help dat hulle nie gesien word nie.
Die slang is ongetwyfeld een van die natuur se doeltreffendste en mees
bedrewe roofdiere. ’n Knaagdier, as hy eers in sy doolhof tonnels verdwyn
het, is byvoorbeeld veilig teen die meeste roofdiere – maar nie teen slange nie.
Met sy lang, pootlose liggaam kan ’n slang maklik deur die tonnels beweeg en
nie net ’n enkele knaagdier doodmaak nie, maar kan dikwels ’n hele familie
op een slag uitroei.
Sommige slange maak op spierkrag staat om die prooi dood te maak terwyl
ander ’n gifapparaat ontwikkel het. Die gif is gemodifiseerde speeksel en word
vervaardig en geberg in speekselkliere wat min of meer agter die oë weers­
kante van die kop geleë is. Die gif maak nie net die slang se prooi dood nie,
maar help ook met die vertering daarvan. Speeksel is een van die spysver­
teringsappe wat diere afskei en is vir slange besonder belangrik, omdat hulle
nie hul kos kan kou nie.

so lank was dat dit van die een kant van die
F eite en wanop v attings
pad tot die ander kant gestrek het? ’n
Min lewende wesens is so fassinerend soos Ander gunstelingstorie is dat pofadders hul
slange, maar al is daar so baie oor hulle kleintjies eet. Die mees algemene vrae oor
geskryf, weet ons eintlik nog maar bitter slange word hier beantwoord:
min omtrent hierdie interessante en mis-
­verstane diere. Is slange nat en slymerig?
Wanopvattings word van geslag tot Nee, hulle is nie nat of slymerig nie, maar heel-
geslag oorgedra en dieselfde ou stories temal droog. ’n Slang wat uit die water kom,
word eindeloos herhaal. Het jy gehoor van sal natuurlik nat wees, maar nie slymerig
die man te perd wat kilometers ver deur ’n nie. Die blink, weerkaatsende vel kan die
swartmamba gejaag is? Of van die slang wat indruk wek dat ’n slang nat is.

Ons weet maar baie min omtrent die gewoontes


en gedrag van die meeste slange
In l e idi ng 11

Spoeg alle slange hul gif? Lek slange hul prooi voordat hulle dit sluk?
Die meeste slange in die wêreld en Suider-Afrika, ’n Slang kan dooie prooi met ’n flitsende tong
insluitende die kobras, kan nie gif spoeg nie. Ons ondersoek, maar lek dit nie. As dit kort ná ’n maal
het twee algemene slange wat spoeg, die Rinkhals gesteur word, kan ’n slang die maaltyd opbring,
(Hemachatus haemachatus) en die Mosam­biekse wat vol slym sal wees. Mense neem dan verkeer­
spoegkobra (Naja mossambica). Die ander spoeg- delik aan dat dit gelek is voordat dit gesluk is.
kobras in ons streek is die Swartkeel­spoegkobra
(Naja nigricollis nigricollis), die Swartspoegkobra Moet ’n luislang sy stert anker voor of
(Naja nigricollis woodi) en die Sebraslang (Naja terwyl dit die prooi doodmaak?
nigricollis nigricincta). Hoewel die term ‘spoeg’ Dit is nie nodig nie, aangesien die slang net een of
algemeen gebruik word, spoeg hulle nie juis hul gif twee kronkels om die prooi hoef te draai om dit te
nie, maar spuit dit eerder. onderwerp. Die stert hoef nie geanker te wees nie,
maar dit kan ’n voordeel wees wanneer groot
Kan ’n slang se gevurkte tong steek? prooi versmoor word. Luislange hou wel die prooi
Die gevurkte tong word net gebruik om te ruik en met talle skerp, teruggekromde tande vas om te
kan nie steek of skade doen nie. verhoed dat dit ontsnap.

Pik die Pofadder agtertoe? Beweeg slange in pare rond?


In teenstelling met die algemene opvatting, kan die Slange kom gewoonlik net bymekaar om te paar;
Pofadder (Bitis arietans) nie agtertoe pik nie. Soos op ander tye is hulle alleenlopers. As jy ’n slang in
die meeste ander slange kan dit vorentoe of na jou tuin kry, is dit hoogs onwaarskynlik dat jy ’n
die kante of, as dit eers omgedraai het, in die tee- tweede een naby sal kry. As jy ’n slang doodmaak,
noorgestelde rigting pik, maar nie agtertoe nie. Die hoef jy beslis nie bang te wees dat ’n maat gaan
geloof het waarskynlik ontstaan as gevolg kom om wraak te neem nie
van die slang se gewoonte om ’n opgekrulde of
pikhouding in te neem as dit gesteur word, wat Het slange neste?
die indruk kan wek dat dit agtertoe pik. Hoewel baie eiers kan uitbroei uit ’n broeisel wat
in ’n gat of op ’n ander geskikte plek gelê is, is
daar nie so iets soos ’n nes vol slange nie. Verskeie
slange kan dieselfde skuilplek gebruik of saam
hiberneer, maar as jy ’n slang in ’n heining vind,
beteken dit nie dat daar ’n nes vol slange in die
heining is nie. ’n Uitsondering, wat nie in ons
land voorkom nie, is die Koningkobra (Ophiophagus
hannah) van Asië. Die wyfie van hierdie slang bou
wel ’n slordige nes.

Gaan slange net ná sononder dood?


’n Slang gaan onmiddellik dood as dit doodgemaak
word. Weens die normale prikkelbaarheid van spier­
weefsel wanneer daar nie bloedtoevoer is nie, kan
daar beweging wees lank nadat die slang dood is.

’n Slang se gevurkte tong is ’n


reuk­orgaan en kan nie steek of
kwaad aandoen nie.
12 ’n V oll e di ge g ids t o t di e sla nge va n suid e r -a frika

moontlikheid groter dat slange jou huis sal


binnekom. Probeer dit vermy.
As jy wel ’n slang in jou tuin sien en dit
gee nie vanself pad nie, vra iemand om dit
op ’n veilige afstand van agt meter of verder
dop te hou terwyl jy ’n bekwame slangver-
samelaar skakel. Hou kinders en troeteldiere
goed uit die pad uit. As jy nie van ’n slang-
vanger weet nie, skakel die plaaslike departe-
ment van bewaring, slangpark, museum,
dieretuin, brandweer, verkeersdepartement,
gesondheidsdepartement of polisiestasie en
vra dat hulle dit laat verwyder.
As daar niemand is wat die slang kan ver-
wyder nie en jy kan dit nie laat wegseil nie,
is al uitweg dalk om dit dood te maak.
Moenie ’n vuurwapen gebruik nie, want
koeëls kan wegskram. ’n Slang is nie ’n
maklike teiken nie en as jy een wil doodskiet,
is ’n haelgeweer die beste keuse. Selfs dan
moet jy versigtig wees en goed dink voor jy
Slange soos die Swartmamba sal verwaarloosde skiet. Skote uit ’n haelgeweer rig dikwels
plekke as skuilplek gebruik. groot skade aan. Hou ook in gedagte dat
daar wette is wat die gebruik van vuurwap-
M ense en slange ens, veral in stedelike gebiede, beheer.
Slange word na donker en verwaarloosde
plekke gelok en sal onder sinkplate, asbes­
plate, boupuin, vuurmaakhout, grashope en
rommelhope in tuine skuiling soek. Die mees­
te slange jag knaagdiere, akkedisse, paddas
en skurwepaddas en sal na tuine gelok word
waar sulke diere leef. Om slange weg te hou,
moet jy jou eiendom skoon en netjies hou.
Druppende krane en visdam­me sal paddas en
skurwepaddas lok, asook slange wat kom
water drink of kos soek. Hoender- en voël-
hokke en hase sal ook slange lok.
Digte struike en heinings of ’n kombi-
nasie van ’n muur, heining en nabygeleë
dammetjie sal ook van die slange wat in
bome leef, aanmoedig om te kom, en as
plante naby of teen vensters groei is die

Dodelike slange soos die Swartmamba word


dikwels in tuine aangetref. In so ’n geval moet
’n bedrewe slangvanger ontbied word.
In l e idi ng 13

Anders kan jy, maar net as jy dink dat uitgeken kan word. Dit sal waarskynlik die
dit absoluut nodig is, die slang baie versigtig volopste slang in jou omgewing wees en
nader (dit kan ’n spoegslang wees) en dit vroeër of later sal jy waarskynlik op nog een
een of twee harde houe met ’n voorwerp afkom. Kyk goed na die dooie slang sodat jy
soos ’n gholf- of besemstok oor die voorste die spesie in die toekoms sal kan uitken.
derde van die liggaam toedien. Die idee is Onthou dat daar net ’n paar gevaarlike
om die slang dood te maak deur sy rug te slangsoorte in jou omgewing is en dit is
breek. Moenie met kaal hande aan die slang daarom goed om hulle te leer ken.
vat nie, want dit kan maak of dit dood is. Sommige mense het ’n lewendige belang­
Vee dit eerder in ’n kartondoos of emmer. stelling in slange en weet hoe om baie van
Slange beweeg normaalweg nie in pare nie hulle uit te ken en te hanteer. Probeer ’n
en daarom hoef jy nie bang te wees dat ’n plaaslike slangentoesias opspoor en hou sy
maat sal kom om wraak te neem nie! of haar telefoonnommer byderhand ingeval
Neem die dooie slang na die plaaslike jy ooit met ’n slang in jou onmiddellike
slangpark, museum of universiteit waar dit omgewing te doen kry.

H AB ITATS VAN SU I D E R - A F R I K A
’n Habitat is die besondere omgewing waarin ’n organisme leef. Suider-Afrika
het agt onderskeibare habitats of plantegroeitipes waarin slange (en ander diere)
aangetref word. Hulle word op die kaart hieronder aangedui.

ANGOLA ZAMBIË

Harare

ZIMBABWE IEK
N

Beira
MB
A

NAMIBIË KALAHARI-
SA
M

WOESTYN
MO

BOTSWANA
I

Windhoek
B

Walvisbaai
W O

ATLANTIESE Gaborone Polokwane


OSEAAN
E S

Johannesburg
T Y

Maputo
SWAZI-
LAND
N

INDIESE
Karoo OSEAAN
Vogtige savanne Bloemfontein

Dorre savanne LESOTHO


Durban
Namibwoestyn SUID-AFRIKA

Laaglandwoud

Fynbos
Oos-Londen
Grasveld
Kaapstad Port Elizabeth
Knysna
Bergwoud
Hoe om die boek te gebruik
Die slange wat in hierdie boek beskryf word, is in vyf hoofgroepe verdeel,
naamlik adders (bladsye 62–93), kobras, mambas en hul verwante (bladsye
94–133), agtertand- en ander giftige slange (bladsye 135–209), giftandlose
en niegiftige slange (bladsye 210–277) en blinde- en erdslangetjies
(bladsye 278–300).

1 2 3 4
AGTER TAND- EN ANDE R G IFT IG E S LA N G E 135

Boomslang
BAIE
Dispholidus typus
GEVAARLIK 5
ANDER NAME
Boomslang (E)

gemiddeld 1,5 m
Lengte: Volwassenes gemiddeld 1,2–1,5 m, met ’n maksimum van
byna 2 m.
Skubtelling: Middellyfskubbe is in 19 rye (af en toe 17 of 21), met
164–201 pensskubbe en 104–142 gepaarde onderstertskubbe. Die 6

maksimum 2 m
anale skild is verdeel. Daar is 7 (af en toe 6 of 8) bolipskilde – die 3de
en 4de (soms 4de en 5de) raak aan die oog – en 8–13 onderlipskilde,
sowel as 1 vooroogskild (soms 2) en 3 (soms 2 of 4) agteroogskilde.
Temporale skilde is 1 + 2, maar dit wissel.
Kleur: Die kleur wissel baie meer as enige ander Suid-Afrikaanse
slang s’n. Onvolwassenes se rugkant is liggrys tot bruin met fyn blou
stippels, veral aan die voorste dele. Die kop is bo bruin tot grys en
die keel kan heldergeel tot oranje wees. Die onderkant is wit tot
gelerig met donker spikkels. Die enorme oog is ’n helder smarag- 7
groen. Wanneer die slang ongeveer 1 m lank is, kry dit die kleur van
die volwassene.
Die meeste wyfies is lig- tot olyfbruin met ’n vuilwit tot bruin
pens. Mannetjies kan die volgende kleurkombinasies hê: (a) groen
8
tot olyfgroen met of sonder swart vel tussen die skubbe; die pens is
ligter; (b) heldergroen, en skubbe het swart rande wat dit laat lyk of
die slang dwarsbande het; (c) donkerbruin tot swart met ’n helder-
geel pens; (d) rugkant is swart met donkergrys pensskubbe met swart 9
rande. Baksteenrooi slange kom in sekere gebiede voor.
Richard Boycott

Die Boomslang het


die grootste oë van
alle slange in Afrika.
H oe om di e b o ek te geb ruik 15

l Foto’s verskyn by die meeste spesies, sover gedoen is, hoewel dit bekend is dat sekere
moontlik ook van enige kleurvariante of slangspesies daar voorkom. Vir meer presiese
subspesies. Om verwarring te beperk word ­inligting word lesers verwys na museums met
foto’s van soortgelyke of maklik verwar­ herpetologiese versamelings en FitzSimons’
bare spesies ook verskaf. Snakes of Southern Africa (kyk bibliografie).
l Om uitkenning te vergemaklik, word elke
spesie bespreek onder verskeie opskrifte 2Volksnaam: Die volksnaam word bo-aan
en met ’n reeks ikone (kyk onder). elke spesiebeskrywing gegee. Dieselfde slang
l ’n Afsonderlike ‘Kyk uit vir’-kassie lig kan verskeie volksname hê, en name kan ook
elke slang se opvallendste kenmerke vir van streek tot streek verskil. Kommentaar oor
vinnige uitkenning uit. volksname word verwel­kom en kan per e-pos
l Noodsaaklike tegniese terme word in die aan johan@inkbooks.com gerig word.
woordelys op bladsy 301 verduidelik.
3 Wetenskaplike naam: Elke spesie se
1 Verspreidingskaart: By wetenskaplike naam word gegee. Dit
elke spesie verskyn ’n ver­- be­staan uit twee dele, die eerste dui die
sprei­dingskaart wat die genus aan waartoe die slang behoort, en die
gebiede aandui waarin die tweede is die spesienaam. As daar drie name
slang aangetref kan word, is, dui die derde naam aan dat die slang ’n
eerder as dat dit gebaseer is op museum­ subspesie of subgroep van ’n spesie is.
rekords, wat nie altyd volledig is nie. Dit is ’n
voorsorgbenadering, aangesien daar in 4 Ander name: Die Engelse, Zulu- en
verskeie gebiede min museumversameling Xhosa-name (waar bekend) word gegee.

Gids tot ikone ding tot ’n gemiddelde op die grond of enige kom-
man van 1,8 m lank, of binasie van die drie leef.
5 Gevaarbalkie: Dui aan gemid­delde arm van 60 cm.
of die slang onskadelik, 8 Nagslang/Dagslang:
gemiddeld 90 cm

matig giftig, gevaarlik of Dui aan of die slang bed-


baie gevaarlik is. ’n Slang ags of snags, of bedags en
soos die luislang word as snags aktief is.
gevaarlik beskou al het dit
maksimum 1,4 m

nie gif nie, omdat dit ’n


pynlike byt kan toedien.
Waar die gif van die spesie
onbekend is, word die
beoordeling gebaseer op 9 Kopskilddiagram:
naverwante spesies en 7 Habitat: Hierdie tekeninge van die
anekdotiese inligting. Dui aan of die kopskilde is baie nuttig as jy
slang meestal in ’n slang wil uitken.
baie bome, struike,
gevaarlik

6 Gemiddelde grootte:
Wys die grootte in verhou­
ngadder groenmamba auroraslang gevelkte slakvreter gestreepte m
lakvreter boomslang gaboenadder swartkeelspoegkobra suider-afr
tompkopblindeslang woestynbergadder swazirotsslang angolavylsla
lang namibwolfslang haakneusslang suidelike wouderdslangetjie
ostelike gestreepte sandslang schlegel se haakneusblindeslang ro
oëlslang blompotslang pungwe-erdslangetjie veelhoringadder groe

Slangetjies wat uitbroei, gebruik


’n fyn ‘eiertand’ aan die punt
van die snoet om die leeragtige
eierdop van binne te sny
moerasslang distant se erdslangetjie pofadder swartmamba gewon

1 Biologie
rikaanse luislang rooistreepgroenslang oos-kongolese sypikslan
ang olyfsweepslang langsterterdslangetjie boskobra geelpenshuis

en gedrag
bergadder geelslang anchieta se dwergluislang groenwaterslan
ooiadder gewone skildneusslang gewone persglansslang kuneneslan
enmamba auroraslang gevelkte slakvreter gestreepte moerasslang
disvoorouers ont­
S
lange is verwant
aan ander reptiele,
maar daar word
aanvaar dat hulle uit akke­
wikkel het en die
nouste verwant is aan akkedisse en amfis­
beniërs (wurmakkedisse). Die fossielrekord is
egter nog onvolledig en daar word nog hewig oor die
slang se evolusie gedebatteer. Die eerste slange het ongeveer 100
tot 150 miljoen jaar gelede, iewers op die suidelike kontinente, verskyn.
Slange word die duidelikste omskryf op grond van hul hoogs aangepaste
en delikate skedels. Die onderste kakebene is nie voor saamgegroei nie,
wat hulle onafhanklik kan laat beweeg. Die boonste kakebene is ook effens
geartikuleer en, saam met verskeie ander aanpassings, stel dit die slang in
staat om groot prooidiere te verorber al kan hulle nie maklik hanteerbare
stukke afbyt nie. Alle slange is, in
’n sekere mate, lank en dun, en
hul inwendige anatomie is ook
verleng. Die meeste spesies het
net ’n regterlong, wat by dun spe­
sies baie verleng is, maar sommige
primitiewe spesies soos luislange
het ’n gereduseerde linkerlong.

Slange werp die hele vel, van die punt van die neus tot die punt van die stert, en ook die oogdoppe, af.
Biologie en gedrag 19

Slangbiologie Gehoor
Gesig Omdat uitwendige ooropeninge afwesig is,
Slange se gesigsvermoë is goed, maar word kan slange die meeste geluide wat deur
hoofsaaklik gebruik om beweging raak te die lug gedra word, nie hoor nie. Hulle het
sien. ’n Slang wat deur gras beweeg, kan egter ’n gehoorsenuwee en kan geluide
ongetwyfeld sien en sal, as dit wil, selfs die hoor wat deur ’n digte medium trek. Slange
kleinste voorwerpe in sy pad versigtig vermy. is gevoelig vir trillings en kan dikwels ’n
Vandaar die ou maar waar gesegde: die beste mens of dier voel aankom.
ding wat jy kan doen as jy ’n slang teëkom,
is om doodstil te staan. Slange pik nie na Reuk
stilstaande voorwerpe nie, tensy hulle mis­ ’n Slang se gevurkte tong kan op geen
kien soos prooi lyk. Twee Suider-Afrikaanse manier skade doen of steek nie en word
slange het blykbaar uitstekende gesigskerpte net as reukorgaan gebruik.
en kan stilstaande prooi sien – die Boom­- Die slang druk sy tong deur ’n groef voor
slang (Dispholidus typus) and voëlslange in die bek en dit word geflits om deeltjies
(Thelotornis-spp.). Daarby het hierdie spesies, in die lug op te vang. Wanneer dit in die
om redes wat nie ten volle verstaan word nie, bek teruggetrek word, word hierdie
binokulêre gesigsvermoë, terwyl die meeste deeltjies na ’n orgaan teen die verhemelte,
ander slange net monokulêr kan sien. bekend as Jacobsen se orgaan, oorgedra.
Slange het nie beweegbare ooglede nie; Hier­die orgaan se epiteel werk op dieselfde
in plaas daarvan word die oog bedek deur ’n manier as die mens se reukepiteel. Dit
vaste deursigtige skild, wat tydens vervelling beteken dat ’n slang se reuksin soortgelyk
saam met die res van die vel afgewerp word. aan ons eie is.

Anders as akkedisse, het slange nie beweegbare ooglede nie en hulle kan nie die oë knip nie. Die oë
is met ’n vaste deursigtige skild bedek.
20 ’n Volledige gids tot die slange van suider-Afrika

Vervelling
Die afwerping van die buitenste laag van die
vel gebeur, na gelang van die groeitempo,
tot 15 keer per jaar by onvolwasse slange en
een tot vier keer per jaar by volwassenes. Die
buitelaag groei nie en word daarom perio­
diek afgewerp, ongeag die tyd van die jaar.
Die hele vel, van die punt van die snoet tot
die punt van die stert, insluitende die doppe
wat die oë bedek, word afgewerp. Voor
vervelling word die oë ondeursigtig en kan
die slang gaan skuil omdat die gesigsvermoë
beperk en die slang meer weerloos teen
roofdiere is. Die neus word teen ’n growwe
oppervlak gevryf totdat ’n deel van die vel
losraak. In die meeste gevalle word die hele
Die gevurkte tong wat aanhoudend flits, word vel in een stuk afgewerp en kom dit soos
gebruik om te ruik. ’n omgedopte sokkie af. By ouer en groter
slange, sowel as slange in aanhouding, word
Die tong is gevurk sodat die slang die vel dikwels stuk vir stuk afgewerp. Voor
reukspore kan volg. Die punte staan weg vervelling sal slange dikwels warmer plekke
van mekaar sodat dit verskille in die sterkte soek, wat die ontwikkeling van nuwe vel sal
van reuke kan onderskei wat dit in staat stel versnel en die kwesbare tyd wanneer hulle
om prooi gou op te spoor. nie goed kan sien nie, sal verkort.
Marius Burger

’n Rooilipslang met ’n stuk afgewerpte vel op die kop. Let op die helder kleure onmiddellik
ná vervelling.
Biologie en gedrag 21

S la n g g ed r ag een tot drie maande later, uit te broei. Die


Voortplanting kleintjies is toegerus met ’n ‘eiertand’ wat uit
In die vroeë lente kom slange bymekaar om ’n skerp rif aan die punt van die snoet bestaan,
te paar. Die mannetjie spoor gewoonlik ’n en dit word gebruik om die eierdop van binne
wyfie op deur ’n reukspoor te volg wat sy af oop te sny. Kort nadat dit uit die eier kom,
agterlaat. Sodra hy haar gevind het, sal hy word die eiertand afgewerp. Pas uitgebroeides
haar met ’n flitsende tong ondersoek en lyk gewoonlik soos die volwassenes en is
uiteindelik die onderkant van sy stert onder dikwels volmaakte ewebeelde van hul ouers.
hare omdraai om te paar. Mannetjies het Giftige spesies se kleintjies is van geboorte af
twee penisse, wat as hemipenisse bekend met giftande en -kliere toegerus.
staan, en een van die penisse sal uitsteek Eierverlies is dikwels hoog, want eiers kan
sodat paring kan plaasvind. oorstroom word, deur aasdiere geëet word,
Na regte broei alle slange uit eiers uit, die uitdroog of op ’n ander manier beskadig
meeste uit eiers wat gelê en gelaat word om word. Dit is waarskynlik hoekom sommige
uitwendig uit te broei. Hierdie slange is ovi­ slange die eiers in hul liggame behou en die
paar of eierlêend en hulle eiers is leeragtig. lewe skenk aan kleintjies wat bedek is deur ’n
Sommige slange, soos die Suider-Afrikaanse fyn membraan wat kort na geboorte geskeur
luislang (Python natalensis) en die Gevlekte word. Daar is geen vaste reël wat bepaal
skaapsteker (Psammophylax rhombeatus), watter slange ovipaar of vivipaar is nie.
krul deur die hele inkubasietyd om hul eiers. Mambas, kobras, die Boomslang (Dispholidus
Dit help nie net om die eiers te beskerm nie, typus) en huisslange lê eiers, terwyl die meeste
maar laat ook hul temperatuur styg, wat help adders, die Molslang (Pseudaspis cana) en die
om hulle te laat uitbroei. Rinkhals (Hemachatus haema­chatus) lewende
Ander slange hou hul eiers in die kleintjies baar.
liggaam en bring ten volle ontwikkelde Wanneer die eiers gelê of die kleintjies
kleintjies in die wêreld. Hierdie slange is gebore is, toon die meeste slange geen
vivipaar of lewendbarend, maar dit moenie verdere belangstelling in hul nakomelinge
verwar word met die lewendige geboorte nie. Onlangse studies het getoon dat pas
by soogdiere nie. Hierdie eiers het nie die uitgebroeide luislange (Python natalensis) ’n
gewone leeragtige dop nie en die kleintjies hele paar dae nadat hulle uitgebroei het by
kan deur ’n fyn membraan omhul wees wat die wyfie sal bly. Hoewel hulle die nes bedags
maklik geskeur kan word. sal verlaat om te bak, sal hulle saans na die
Tussen vier en agt weke na paring sal ’n wyfie se beskermende kronkels terugkeer.
wyfie ’n geskikte plek kies om haar eiers te lê.
Bill Branch

Die eiers word gewoonlik in ’n hol boomstam,


in verrottende plantegroei of op ’n ander
geskikte beskermde plek gelê. Die getal
eiers, wat van die grootte van die wyfie en,
natuurlik, die spesie afhang, wissel van een of
twee tot soveel as 60, of selfs meer. Die eiers
het sagte, leeragtige doppe en het ’n mate
van hitte en humiditeit nodig om, gewoonlik

Erdslangetjies se eiers is dikwels


soos worsies aan mekaar vas.
22 ’n Volledige gids tot die slange van suider-Afrika

Martin Harvey / SIL


Voortbeweging en snelheid
Daar is vier basiese maniere waarop
slange voortbeweeg:

Horingsmanne hou hul eiers in die liggaam en


skenk die lewe aan lewendige kleintjies.

Hibernasie
Slange word as koudbloedige (ektotermiese)
diere beskou. Dit beteken nie dat hul
bloed koud is nie, maar eerder dat hulle
geen inwendige meganisme het om
liggaams­ temperatuur te beheer nie en
van die on­ middellike omgewing vir hul
liggaamshittebehoeftes afhanklik is.
In gebiede waar daar ’n aansienlike 1 2 3
verskil tussen die somer- en wintertempe­
ratuur is, sal slange tot ’n winterslaap
oorgaan terwyl die koue toestande
voortduur. Gedurende hierdie tyd leef hulle
van opgegaarde liggaamsvet en toon hulle
weinig, of geen, aktiwiteit. Op ’n warm
wintersdag sal sommige slange egter naby
die skuilplek gaan lê en bak. Die meeste
slange hiberneer in diere se gate, onder
klippe, of in verlate termiethope. Slange
van sekere spesies sal soms op dieselfde plek
bymekaarkom en saam hiberneer.

4
Slange is vir hul hittebehoeftes
van die omgewing afhanklik.
Biologie en gedrag 23

1 KRONKELBEWEGING: Dit is die normale manier wat die meeste slange gebruik, veral wanneer
hulle gesteur word of prooi agtervolg. Die liggaam kronkel heen en weer, die stertgedeelte kom met
voorwerpe in aanraking en die liggaam word vorentoe gedryf in die rigting waarin die slang wil gaan.
Hierdie beweging word ook gebruik wanneer die slang swem.

2 RUSPERBEWEGING: Die slang beweeg in ’n reguit lyn en gebruik net die pensskubbe. Swaarlywige
slange, veral die Pofadder (Bitis arietans) gebruik dikwels hierdie manier om voort te beweeg.

3 KONSERTINABEWEGING: Die slang anker sy kop en sleep die res van die liggaam agterna. Dit kan
soms in bome gesien word waar slange dit moeilik vind om teen of op gladde stamme en takke te
beweeg. Sommige grawende slange se sterte eindig in ’n skerp stekel wat aan die kante van gate
ingegrawe word terwyl die slang hom vorentoe stoot.

4 SYDELINGS SEIL: Sekere slange het ’n sydelingse manier van beweging ontwikkel om op onstabiele
sandduine te beweeg. Net een of twee dele van die liggaam raak die grond op enige gegewe tydstip.
’n Gedeelte van die liggaam word sywaarts gegooi en dit word deur die volgende gedeelte gevolg.
Een voordeel is dat die grootste deel van die liggaam nie met die warm sand in aanraking is terwyl
die slang beweeg nie.

Die snelheid waarteen slange kan beweeg, is in die verlede erg oordryf. Dit is hoogs onwaarskynlik
dat selfs ’n vinnige slang soos die Swartmamba (Dendroaspis polylepis), ooit 20 km/h sal kan oorskry.
Slange (en die meeste ander reptiele) het nie ’n goeie toevoer suurstofryke bloed soos voëls
en soogdiere nie en hulle raak dus makliker moeg wanneer hulle hulle ’n tyd lank moet inspan.
Slange sal nooit mense agternasit nie en ’n mens kan maklik vir ’n slang weghardloop as altwee in
dieselfde rigting beweeg.
ofadder swartmamba gewone slakvreter boomslang gaboenadder swar
os-kongolese sypikslang stompkopblindeslang woestynbergadder
etjie boskobra geelpenshuisslang namibwolfslang haakneusslang
wergluislang groenwaterslang oostelike gestreepte sandslang sc
ewone persglansslang kuneneslang voëlslang blompotslang pungwe
lakvreter gestreepte moerasslang distant se erdslangetjie pofa
Die vermoë om te klassifiseer,
is een van die fundamentele
kenmerke van menslike
intelligensie

rtkeelspoegkobra suider-afrikaanse luislang rooistreepgroenslan


swazirotsslang angolavylslang olyfsweepslang langsterterdslan
2 Klassifikasie
g suidelike wouderdslangetjie bergadder geelslang anchieta s

en verwantskappe
chlegel se haakneusblindeslang rooiadder gewone skildneusslan
e-erdslangetjie veelhoringadder groenmamba auroraslang gevelkt
deurgaboenadder
adder swartmamba gewone slakvreter boomslang Lynn Raw swart
D ie vermoë om te klassifiseer
is een van die fundamen­
tele kenmerke van menslike
intelligensie. Selfs nog voordat ’n
woordeskat ontwikkel is, was dit
vir die mens nodig om te identifi­
seer wat goed was om te eet en wat
nie, wat gevaarlik en wat goedaar­
dig was, wat nuttig was en wat nie.
Klassifikasiestelsels word beperk deur die omvang van ons kennis.
Hulle probeer soortgelyke voorwerpe of be­grip­pe volgens ’n beson­
dere doel of ontwerp groepeer. Hulle som op en dien as liasseer- of
ontsluitstelsels vir ons kennis van die dinge wat ons klassifiseer.
Vroeë dierkundiges was geneig om slange saam met ander lang,
slanke, ledemaatlose diere soos wurms en palings te klassifiseer. Namate ons
kennis omtrent die slang se anatomie toegeneem het, het wetenskaplikes
ontdek dat slange baie meer met akkedisse as met palings of wurms gemeen
het. Op ’n meer gedetailleerde vlak word slange verder in subkategorieë ver­
deel. Omdat sommige slange giftig is, sommige selfs lewensgevaarlik giftig, is
hul tande en gifapparaat as ’n gids tot klassifisering gebruik. In ’n mate word
hierdie kenmerke steeds gebruik, maar vroeëre klassifikasies moes gewysig
word nadat ontdek is dat sommige ooreenkomste nie nou verwantskappe nie,
maar eerder saamlopende aanpassings aangedui het.
Toe VFM FitzSimons se klassieke boek Snakes of Southern Africa in 1962
verskyn het, was slangklassifikasie nog gegrond op die tandstelsel en is slange
soos volg gegroepeer: blindeslange (Typhlopidae), draad- of wurmslange
(Leptotyphlopidae), luislange (Pythonidae), die Colubridae-slange, die kobras,
rinkhals en mambas (Elapidae), en die adders (Viperidae).
Namate die kennis omtrent die biologie van slange toegeneem het, het
twee dinge duidelik geword. Die eerste was dat hierdie ouer klassifikasies
spesies saamgegroepeer het wat nie nou verwant is nie, en ander geskei het
wat wel nou verwant is. Tweedens is daar nog steeds nie genoeg inligting
beskikbaar om ’n betroubare klassifikasie te vestig nie, en ons is steeds nie
seker van die verwantskappe van sommige groepe nie.
Vir die doeleindes van hierdie boek, het ons die algemene riglyne van die
ou struktuur behou, omdat geen nuwe klassifikasie nog stewig gevestig is nie.

Die binominale stelsel van naamgewing is in 1758 deur


Carolus Linnaeus (Carl von Linné) ingestel.
Klassifi k asie e n verwants k appe 27

Linnaeus- of binominale wer se naam (Smith) en datum (1840) tussen


klassifikasiestelsel hakies is. Die hakies word gebruik om aan
Die binominale stelsel van naamgewing is in te dui dat Smith hierdie nuwe spesie oor­
1758 deur Carolus Linnaeus (Carl von Linné) spronklik in ’n ander genus (in hierdie geval
ingestel en het sedertdien die grondslag was dit Dendrophis) geplaas het wat later na
vir soölogiese wetenskaplike name gevorm. Philothamnus verander is.
Die meeste spesies het net twee Latynse of In sommige gevalle word drie name
Griekse name bekend as ’n binomen of twee­ in plaas van die gewone twee gebruik en
term. Die eerste woord begin altyd met ’n dan begin die tweede en derde name nie
hoofletter en is die genusnaam wat aan ’n met hoofletters nie en is daar geen hakies nie.
groep spesies gegee word, terwyl die tweede Die derde naam dui aan dat dit ’n subspesie is,
met ’n kleinletter begin en die spesienaam is. d.w.s. ’n subgroep van ’n spesifieke spesie wat
Albei hierdie name word altyd kursief geskryf deur ’n spesifieke kenmerk, bv. kleur, onder­
(of onderstreep as kursiewe skrif in die situ­ skei word. ’n Voorbeeld van ’n sub­ spe­sie­-
asie nie moontlik is nie), bv. die Natalse naam is Philothamnus natalensis occidentalis
groenslang word benoem as Philothamnus Broadley, 1966, waar ‘occidentalis’ aandui dat
natalensis of Philothamnus natalensis. Die dit ’n subspesie van die Natalse groenslang is.
volledige vermelding van die naam sal ook Dit is ook gebruiklik om, in die geval van ’n
die naam insluit van die persoon (of per­ subspesie, die genus- en selfs die spesienaam
sone) wat die spesie die eerste keer beskryf af te kort sodat na die subspesie verwys word
en benoem het, bv. Philothamnus natalensis as P. n. occidentalis. Die eerste verwysing na
(Smith, 1840). Hier sien ons dat die beskry­ die spesie word egter altyd voluit geskryf.

Die volgende omskrywings sal jou ’n idee gee van die kategorieë en name wat in soölogiese
taksonomie of klassifikasie gebruik word.
l TAKSONOMIE – die vertakking van biologie wat te make het met die klassifisering van plante
en diere in groepe op grond van hul ooreenkomste en verskille.
l TAKSON – ’n inklusiewe groep organismes in ’n klassifikasie. ’n Takson kan byvoorbeeld ’n
groep op spesie-, genus- of familievlak wees.
l FAMILIE, ORDE, KLAS EN FILUM – dit is taksonomiese groepe wat hiërargies gerangskik
word (d.w.s ’n filum bestaan uit verskeie klasse, ’n klas bestaan uit verskeie ordes, ens.). Die lede
van enige van hierdie eenhede word gegroepeer op grond daarvan dat hulle unieke kenmerke of
groepe kenmerke deel wat nie gedeel word deur taksons wat nie behoort nie (bv. alle voëls en
slegs voëls het vere).
l GENUS (meervoud genera) – ’n groep spesies met gemeenskaplike eienskappe uniek aan die
lede van die genus.
l SPESIE – ’n bevolkingsgroep plante of diere wat sekere permanente gemeenskaplike eienskappe
het en kan kruisteel. Spesies kan kruisteel om hibriede en soms ’n hibriedgebied op ’n punt van aan-
raking met ander nou verwante spesies voort te bring. Nou verwante spesies in geografiese afson-
dering is, sal makliker kunsmatig hibridiseer as dié met oorvleuelende verspreidingsgebiede. Let daarop
dat omskrywings van wat ’n spesie is verskil en dat die een wat hier gegee word op algemene oor-
wegings gegrond is en moontlik nie heeltemal met ander omskrywings ooreenstem nie.
l SUBSPESIE – ’n onderskeibare subbevolking binne ’n spesie wat baie van die unieke eienskappe
van die spesie het maar ook morfologiese verskille toon wat gewoonlik deur geografiese afsonde­
ring teweeg gebring word. Dit is die laagste vlak waarvoor wetenskaplike name gegee word.
l STAM – ’n Taksonomiese groep tussen familie en genus.
28 ’n Volle dige g id s tot die Slange van suider-afri ka

Hier is ’n voorbeeld van ’n sistematiese klas- liggend is, is dit moeiliker om sommige
sifikasie. Die voorbeeld hierbo word gebruik: slange tot op spesievlak uit te ken. Dit is in
KLAS hierdie stadium waar spesifieke skubtellings
Reptilia ’n spesie kan onderskei.
ORDE Die maklikste en veiligste is om dooie
Lepidosauria (of Squamata) eksemplare te ondersoek. ’n Mens moet
SUBORDE natuurlik versigtig wees as jy ’n lewendige
Serpentes (of Ophidia) slang hanteer. As die kopskubbe uit baie
SUPERFAMILIE klein, gewoonlik gekielde skubbe bestaan,
Colubroidea (of Xenophidia is die slang waarskynlik ’n adder; en as die
= Caenophidia) loreale skild afwesig is (’n skild weerskante
FAMILIE van die kop tussen die neus- en voor­ oog­
Colubridae skilde), is dit waarskynlik ’n kobra of een van
SUBFAMILIE sy voortandverwante.
Colubrinae
GENUS Hoe om skubbe te tel
Philothamnus Kopskilde

SPESIE Tel die bo- en onderlipskilde (d.i. die skubbe


P. natalensis aangrensend aan die lippe) aan elke kant,
SUBSPESIE en kyk watter bolipskilde aan die oog raak.
P. natalensis occidentalis Kyk of die neusskild enkel, halfverdeel of
ten volle verdeel is. Kyk of daar ’n loreale
skild is. Tel die aantal vooroog- en agter-
In die bogenoemde klassifikasie verskyn daar oog­skilde. Kyk na die rangskikking van die
alternatiewe name tussen hakies. Dit dui skilde oor die slape, d.i. die temporale for­
aan dat wetenskaplikes verskil oor watter mule. Let op enige saamgegroeide skubbe.
name korrek is. Dit is ’n heeltemal normale Kyk na die relatiewe grootte van die interna­
toedrag van sake in sistematiese klassifikasie sale, prefrontale, frontale en pariëtale skilde
en hierdie verskille is een van die dryfkragte (kyk kopskildtekeninge). Let op die vorm en
agter wetenskaplike ondersoek en die soeke verhoudings van die rostrale skild vooraan
na wetenskaplike waarheid. die neus.
Warren Schmidt

Uitkenning en skubtellings
Selfs met min kennis van die onderwerp, is
dit moontlik om sommige slange op grond
van sekere kenmerke uit te ken (of ten min­
ste in breër groeperings te plaas). Adders het
byvoorbeeld kenmerkende kleure; kobras
maak die kop tipies bak as hulle ontstel is;
sommige spesies is besonder algemeen in
sekere gebiede, ens. Maar, hoewel die groep
of selfs die genus betreklik voor die hand

Nagadders kan aan die V-merke op die kop


uitgeken word sonder dat die skubbe
getel word. Hulle kan egter vir
eiervreters aangesien word.
K la ssifik a si e e n ve r wa ntsk a pp e 29

R
IN Bokant
PF
R
M Onderkant KOPSKILDTELLING

L
U
LL

UL
LL

F LL

UL
SUO SL
LL

UL
T LL
SL Sykant

UL
T LL
T P P
LL T SUO
T
V PO

PRO
T
T PO L

PON
O
V

PRN
PR
T SBO R
SBO
V UL UL UL UL
UL UL UL
LL LL
M
V LL LL LL
LL LL

SLEUTEL
RUGSKUBTELLINGS
F = frontale
IN = internasale
11
L = loreale 10 10

LL = onderlip 9 9

M = mentale 8 8

P = pariëtale 7 7

6 6
PF = prefrontale
5 5
PO = agteroog 4
4
PON = postnasale 3 3
PRN = prenasale 2 2
PRO = vooroog 1 1

R = rostrale
SBO = onderoog V V V

SL = ondertong
SUO = bo-oog
T = temporale
UL = bolip Tel die skubbe om die lyf een koplengte
V = pens agter die kop, een koplengte voor die
anale skild en by die middellyf. Moenie
die pensskubbe insluit nie. Ondersoek die
rugskubbe. Kyk of hulle gekiel of glad is.
Sommige slange het dubbele kiele op die
skubbe oor die middel van die rug. Dik-
wels het slange baie klein holtetjies aan
die agterpunt van die rugskubbe. Hulle kan
gepaard of enkel wees.

Wetenskaplikes verskil oor watter name korrek is. Hierdie


verskille is een van die dryfkragte agter wetenskaplike
ondersoek en die soeke na wetenskaplike waarheid.
30 ’n Volle dige g id s tot die Slange van suider-afri ka

Pensskubtelling (Dowling-stelsel) Onderstertskubtelling


Om die pensskubbe te tel, moet jy begin Die eerste onderstertskub is die enkele skub
deur die eerste pensskub te vind. Om dit te of paar skubbe wat weerskante aan die late­
doen, moet jy agter die kop kyk. Die eerste rale skubbe grens. Tel terug teen die stert
pensskub is die eerste skub wat weerskante af tot en met die skub, of paar skubbe,
aan die eerste ry rugskubbe grens. Van daar­ net voor die keëlvormige punt. As dit lyk
die skub af tel jy die pensskubbe dan terug of die punt van die stert verloor is of weer
tot die een onmiddellik voor die anale skild. aangegroei het, moet jy dit met ’n ‘+’ ná die
Hierdie totaal is die getal pensskubbe. Let totaal aandui. Let op of die anale skild enkel
op of die pensskubbe met ’n skerp rif weer­ of verdeel is.
skante van die lyf gekiel is. Kyk of dit ook tot
op die onderstertskubbe loop. Gekielde rugskubbe

PENSSKUBTELLING
(Dowling-stelsel)

11 11
1 11
1 11
1 11 11
1 11
1
1

5 Gladde rugskubbe
4 3 2 1

ONDERSTERTSKUBTELLING
SLEUTEL
A = anale
SC = onderstert
enkelonderstertskubbe met anale skild heel
V = pens

SC SC SC A V V

gepaarde onderstertskubbe met anale skild verdeel

SC SC SC
A
V V
A

In die praktyk is dit nie altyd nodig om


al die genoemde tellings te doen nie.

You might also like