Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 6

C MARAIS NOTAS WVES 222

04. HISTORIESE HERMENEUTIESE BEWUSTHEID:


KOLONIALE, POSTKOLONIALE EN DEKONOLIALE
MENTALITEITE
LEERUITKOMSTE

➢ Verstaan die behoefte om bewus te wees van ‘n mens se besighede en kliënte se


historiese, kulturele situasies.
➢ Om die historiese, kulturele konteks van Afrika beter te begrip deur die koloniale,
postkoloniale en huidige dekoloniale mentaliteit te betrek.
➢ Om belangrike Afrika-denkers voor te stel en ‘n algemene oorsig van onlangse
hermeneutiese ontwikkels te gee.
➢ Verstaan die impak van kolonialisme op die Suid-Afrikaanse ekonomie.
➢ Verstaan die behoefte om bewus te wees van die historiese, kulturele situasie van ‘n
mens en ‘n klant.
➢ Begryp die Afrika-historiese konteks beter deur die koloniale, postkoloniale en
huidige dekoloniale mentaliteit te betrek.
➢ Stel sleuteldenkers in Afrika voor en bied ‘n algemene oorsig van onlangse
hermeneutiese ontwikkelings.

1. SLEUTELTERME

Historiese,
’n Proses om ander se wêreldbeskouings te interpreteer deur meer aandag te
hermeneutiese
gee aan die kulturele en historiese kontekste waarin ’n mens betrokke raak.
bewustheid
’n Gedagtegang waar die koloniseerder die kultuur van die gekoloniseerdes
Koloniale delegeer en sodoende onderdruk word deur ’n gevoel van minderwaardigheid
mentaliteit binne hulle te skep.
Postkoloniale ’n Tradisionele mentaliteit waar ’n nou-bevryde gekoloniseerde volk die
mentaliteit outoritêre logika voortduur wat gebruik is om die koloniale mentaliteit te skep.
’n Proses om die nalatenskap van kolonialisme krities te ondersoek om
sodoende die outoritêre logika en gevoel van minderwaardigheid te
Dekolonialisering
bewerkstellig wat deur kolonialisme ingestel is en deur postkolonialisme
voorgesit word.
’n Denkwyse waar ’n mens so goed as moontlik bewus word van die koloniale
Dekoloniale en postkoloniale nalatenskappe wat hul historiese, kulturele konteks gevorm
mentaliteit
het. Hierdie denkwyse is voortdurend besig om te ontwikkel.
Geskep deur Steve Biko, en dit is ’n konsep en ’n beweging waardeur diegene
wie se kulture deur kolonialisme gedelegaliseer is, hulself wil bemagtig deur
Swart bewussyn die skoonheid en sterkte van hulle kultuur te omhels en dit te doen deur aktiewe
betrokkenheid teen nalatenskappe van kolonialisme en postkolonialisme.

KOPIEREG VOORBEHOU 1
C MARAIS NOTAS WVES 222

2. INLEIDING: KOLONIESE DENKWYSE

• Die konteks verander konstant en moet konstant her-geëvalueer word.


• Hierdie is ontwikkkelende konstruksies en daar is geen vaste datums of gebeure wat
kenmerkend is aan hulle verandering nie; dit is ‘n kulturele of persoonlike manier van
berig en nie ‘n historiese era nie.
• Hierdie denkwyse het ‘n vloeiende oorgang oor kontekste en ‘n persoon of groep
kan twee of drie daarvan op een oomblik ervaar.
• Hulle word as afhanklike denkwyses voorgedra, maar is vloeiebare denkwyses.

3. KOLONIESE DENKWYSE: NGUGI WA THIONG’O EN STEVE BIKO

A. NGUGI WA THIONG’O (1938 -, KENYA)


• Ngugi het ‘Decolonizing the Mind’ geskryf en dit het ‘n impak gemaak oor die begrip
van die effek van kolonialisme op die Afrika-kultuur.
• Die grootste impak van kolonialisme was nie die diefstal van hulpbronne of
forseerde arbeid nie, maar wat Ngugi na verwys het as ‘n “kulturele bom”.
• Kulturele bom: die wegmaking van jou kultuur and die skepping van ‘n
‘minderwaardige’ groep mense wat wil deel wees van hul koloniseerder se kultuur
om eie waardigheid terug te kry.
• Ngugi fokus op die koloniale buitelandse tale as die beste voorbeeld van hierdie
‘kulturele bom’.

Belangrike punte om Ngugi te verstaan:


a. Kolonialisme is nie net die diefstal van hulpbronne nie, maar ook ‘n kulturele
uitwissing en dominering.
b. Kulturele uitwissing is ‘n doelbewuste daad wat uitgevoer word deur die
kolonialiseerder.
c. Die denkwyse word ingewortel in die koloniseerde tot die punt waar hulle dit begin
aanmoedig.

• Hierdie denkwyse word ook aangemoedig deur hoe Afrika-nasies hulle ekonomie en
algemene welstand meet deur sogenoemde internasionale maatstawwe wat deur
Westerse lande gestig was.
• Hy lig ‘n koloniale denkwyse uit wat binne meeste Afrika nasies en kulture gesien
kan word.
• Hy is belangrik vir die (ver)teenwoordiging van hierdie idees in ‘n intellektuele
raamwerk en gee mense ‘n toegangspunt om die impak van kolonialisme behoorlik
te begrip.
• Hy kritiseeer Afrika literatuur vir die verheffing, selfs die aandring, van die gebruik
van koloniale tale.
• Sommige argumenteer dat ‘n kultuur nooit werklik uitgewis kan word nie, want ons
vind tog steeds artefakte en tradisies wat van daardie kultuur bestaan.

KOPIEREG VOORBEHOU 2
C MARAIS NOTAS WVES 222

• Die impak van die kulturele bom het die mense verander tot die punt waar hulle
nooit sal kan terugkeer van hulle oorspronklike kulturele praktyke nie; geen
herwinning sal herbou of hernu kan word wat verlore was nie.
• Deur die lens van taal, lig hy uit hoe kulturele dominasie in jou denkraamwerk
plaasvind en die gekoloniseerde as minderwaardig ag.
• Hierdie word nie net geïmplementeer deur die koloniseerder nie, maar word
aangemoedig en in stand gehou nadat die koloniseerder geloop het.

B. BANTU STEPHEN (STEVE) BIKO (1946 – 1977, SA)


• Biko was gebore in 1946 in ‘n Xhosa-familie in Tarkastad, Oos-Kaap.
• Biko het ingeskryf by die Universiteit van Natal Mediese Skool in 1966 waar hy ‘n lid
van die Studente Raad (SR) geword het.
• Hy was betrokke by verskeie student groep wat probeer het om ‘n multi-ras platvorm
te skep om kulturele harmonie aan te moedig binne die apartheidsera – groepe was
oneffektief, spesifiek omdat hierdie groepe ‘n gevoel van wit superioriteit behou het.
• Swart lede was net daar om die indruk van harmonie te gee.
• Biko het gehelp om die Suid-Afrikaanse Studente Organisasie (SASO) in 1968-1969
te organiseer.
• Biko en ander het ‘n organisasie gesoek wat help om “‘n vaste identiteit onder die
nie-blanke studente” te vestig.
• Waar hulle “hanteer word met die waardigheid en respek wat hulle verdien” om “vas
te stel die behoeftes en aspirasies van die nie-blanke studente en om te poog om
hulle klagtes bekend te maak”.
• D.m.v. SASO het Biko waarna hy verwys as ‘n Swart Bewussyn, ontwikkel om die
ideaal dat nieblank Suid-Afrikaners nie minderwaardig is nie aan te moedig en dat
hulle eie erfinis en wereldbeskouings beeldskoon, belangrik en noodsaaklik is.
• Die konsep van Swart Bewussyn was deel van ‘n pad vir swart mense om ‘n vorm
van trots en eie waardigheid terug te eis.
• Waar Ngugi se ‘kulturele bom’ en hoe dit poog om ‘n kultuur te vernietig deur dit te
delegitimeer, maak dat die kolonialiseerde hulle eie kultuur as minderwaardig, in
vergelyking met die gekoloniseerde, beskou.
• Biko se Swart Bewussyn veg terug teen hierdie soort verstandelike kolonialisasie
deur die kolonialiseerde te laat besef dat hulle gebom is en ook ‘n pad te bou oor
hoe hulle hulle eie kultuur kan terug eis en waardeer.
• Franz Fanon is een van die skrywers wat ‘n primêre invloed op Biko se Swart
Bewussyn gehad het.
• Fanon praat van die “feit van swartheid” en hoe hy nie die Westerse perspektief kan
ontsnap wat altyd sy swartheid beklemtoon nie.
• Biko het wit liberale mense gekritiseer wat miskien onbewustelik steeds ‘n gevoel
van meerwaardigheid behou, tenspyte van die feit dat hulle aandring dat hulle anti-
rasisties of antiapartheid is.
• Welmenende blankes het onbewustelik gedink hulle weet wat die beste vir nie-
blankes is.

KOPIEREG VOORBEHOU 3
C MARAIS NOTAS WVES 222

• Selfs mense met die beste bedoelings kan die idee aanmoedig dat hulle meer weet
oor wat reg of verkeerd is vir ‘n ander kultuur.
• Ons moet bewus wees van ons eie konteks en van ander mense se kontek, bv. Is
hierdie werklik die beste vir ander of is dit meestal wat die beste is vir my?
• Steve Biko se belangrikste bydra was ‘n intellektuele dryfkrag agter verskeie protes
aksies.
• Ongelukkig was Steve Biko in gevangenis geneem deur die regering en op 12
September 1977 was hy oorlede na hy geweldig geslaan en gemartel was.
• Na sy dood het hy ‘n globale simbool geword vir die geweldadigheid van die
geweldadigheid van die Suid-Afrikaanse, Apartheid-era regering.
• Dit het absolute woede in Suid-Afrika ontlok. Sy begrafnis was ‘n nasionale
gebeurtenis en hy het ‘n martelaar geword vir die ideale wat nie-blankes die reg van
self-determinasie en vryheid toelaat.
• Deur Biko se lewe sien ons hoe kolonialisme en die forseeerde denkwyse Afrikaners
hanteer het en hoe hierdie instelling streng en sistematies toegepas was.
• Hierdie vasgevangheid sal ook ‘n kern faktor in die post-koloniale denkwyse wees
wat ook na verwys word as die voorstelsel van ‘n koloniale denkwyse.

4. DIE POST-KOLONIESE DENKWYSE: FRANTZ FANON EN ACHILLE MBEMBE

• Post-koloniese denkwyse - dit wys ‘n kultuur op soek na ‘n ideniteit na kolonialisme


se ‘kulturele bom’.
• Dit is ‘n oorgangsdenkwyse, een waar dié wat self-determinasie soek, onwetend die
logika van koloniale outoriteit aanmoedig.
• Dit is ‘n oorgansdenkwyse, want dit is op een slag self-regverdigend, maar doen dit
terwyl dit steeds onderhewe aan kolonialisme se logika en onderliggende outoritere
voorveronderstellings is.
• Byvoorbeeld: die idee van Afrika nasies en Afrika nasionalisme.
• Die konsep van nasionalisme is ‘n Europese idee van hoe hierdie samelewings
spesifieke politiese grense vorm (fisies en ideologies) om mense saam te bind vir
die onthalwe van ‘n outoriteit se ekonomiese en persoonlike belange.
• Afrika nasies het grense wat Europeërs vir hulle eie politieke belange geskep het;
van hierdie grense vandag kan teruggetrek word na die Treaty of Berlin in 1884, die
so-genoemde “Carving of Africa’.
• Frantz Fanon fokus op Afrika nasionalisme as die kern konsep wat die konoliale
denkwyse aanmoedig.

A. FRANTZ FANON (1925-1961)


• In “The Wretched of the Earth”, argumenteer Fanon dat die nasies wat agter gelaat
is na kolonialisme dieselfde logika van mag – of sisteem van outiriteit – behou het as
tydens kolonialisme.

KOPIEREG VOORBEHOU 4
C MARAIS NOTAS WVES 222

• Primêre verandering: sekere swart elite aan die bo-punt van die magstryd sit, maar
steeds aan die westerse nasies antwoord wat hulle daar geplaas het na hulle die
land afhanlikheid gegun het.
• Fanaon volg Marx se kritiek en noem hierdie groep “die nasionale bourgeoisie”, of
die klas van die elite wat die illusie van beheer oor die lande se hulpbronne gee.
• Net soos met kolonialisme, doen die nasionale bourgeoisie dit om in ‘n magsposisie
te bly en hulle rykdom en beheer te behou.
• Na die kulturele bom, is die vraag nie “wat is” of “wat is ‘African’ nie”, maar dis ‘n
vraag van outoriteit: wie bepaal wat ‘Afircan’ is?
• Vir Fanon is dit die nasionale elite wat hierdie outoriteit het en dit uitbuit.
• Alhoewel hierdie elite die leiers van koloniale Vryheid was, het hulle doelwitte
verander toe hulle in magsposisies kom.
• Fanon sien dit in die toename van diktatorskappe regdeur Afrika, maar ook is so-
genoemde demokratiese lande.
• Dus, is dit nie net ‘n gelokaliseerde probleem nie, maar ‘n probleem regoor post-
koloniale Afrika.

B. ACHILLE MBEMBE (1957-)


• Hy was grootliks beïnvloed deur Fanon en in sy 2001 boek “On the Postcolony”, brei
hy uit oor die vraag van outoriteit.
• Hy let op dat “post-koloinale Afrika regerings het nie wat hulle weet van regerings
self ontdek nie”, argumeteer Mbembe dat post-koloniale staat-soewereiniteit
(heerskappy) altyd eensydig was.
• “In die gesig van [outoriteit], kan daar net “verkeerd” en “oortreding” wees. Enigiets
wat die geweld in outoriteit raakgesien het wat hierdie prosedures teengestaan het,
was barbaars en verban”.
• Mbembe noem hierdie sin van geweld en outoriteit “bevel” (“commandment”).
• Die “elite of nasionale bourgeoisie” was uitsonderings vir die reëls, dit is hoekom dit
‘n “bevel” is: een groep bevel die ander oor hoe om te werk, te lewe en dikteer wat
hulle kultuur is.
• Hierdie logika van kultuur, vir Mbembe, omsluit mense, gewoonlik deur geweld en
selfs volksmoord.
• Nadat die onderdruktes die post-koloniale regering omverwerp het, het hulle begin
om dieselfde soewereiniteit (heerskappy) teen die ander voorheen dominante groep
uit te oefen. Die siklus duur voort.
• Die logika van mag wat Fanon uitlig en wat Mbembe kristaliseer deur sy konsep van
bevel openbaar hoe ‘n gevestigte en klein geselekteerde groep elite hulself met
outiriteit verhewe om te bepaal wat aanvaarbaar en onaanvaarbaar is, sonder om dit
te bevraagteken.
• Hierdie outoriteit is kultureel, polities en ekonomies.
• Dié wat nie hierdie sisteem wil nakom nie, word as verraaiers en uitgeworpenes
beskou en word soms as gewelddadig gedemp.

KOPIEREG VOORBEHOU 5
C MARAIS NOTAS WVES 222

• Post-koloniale denkwyse is ‘n produk van kolonialisme. Baie in die Westerse lande


sien mislukte Afrka-state as ‘n Afrika problem, maar dit is ‘n produk van Koloniale
ryke wat bewustelik die bestaande sosiale orders uitgewis het.
• Dit beteken nie dat post-koloniale state kritiek kan vryspring nie; Fanon, Mbembe en
ander gee baie sterk kritiek teen hierdie state.
• Deur hierdie verlede te verstaan, kan ons histories, kontekstueel en hermeneuties
beter bewus wees van luister, om self-krities te wees en om te leer.

5. KONKLUSIE: WAARDERING IN DIE MARK

• Waardeer die historiese konteks waarin jou verbruikers of potensiële kliënte lewe,
want dit gee geleentheid om van mekaar te leer.
• Waardering is die kern van Biko se konsep van Swart Bewussyn, en Biko wil hê dat
mense hulle erfinis en kultuur moet liefhê.
• Selfs al moet blankes en mense van die westerse kontekste passief wees, kan ons
van hierdie soort gesprekke leer dat hulle steeds kan waardeer wie hulle is en met
wie hulle in aanraking kom.
• Etiek is die strewe om op te tree op maniere wat toelaat dat jy jouself en ander kan
laat groei en ‘n goeie lewe kan hê. Deel daarvan is om te leer van ander en van
jouself.
• Die beste manier om dit te doen is om te waardeer van waar iemand kom en hoe
hulle opinie gevorm word. Deur bewus te wees van koloniale en post-koloniale
denkwyses is om bewus te wees van die menslikheid binne daardie styd (jouslef
ingesluit).
• Maatskappye en besighede as werknemers en as produseerders van goedere en
dienste, is noodsaaklik vir die strewe vir ‘n beter toekoms.

NOTAS
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________

KOPIEREG VOORBEHOU 6

You might also like