Professional Documents
Culture Documents
Afrikaans HT Graad 10 Kwartaal 1 Week 1 - 2021
Afrikaans HT Graad 10 Kwartaal 1 Week 1 - 2021
Afrikaans HT Graad 10 Kwartaal 1 Week 1 - 2021
Hierdie les handel oor die verskillende soorte klanke en ook oor hoe
woorde in klankgrepe en lettergrepe verdeel kan word.
Konsonante (medeklinkers):
Die onderstaande klanke is almal konsonante:
b; d; gh; h; j; l; ch (China); f; g; k; p; s; m; n; ng;
r; w; v; s; sj; t; x; z
Diftonge (tweeklanke).
’n Diftong word gevorm wanneer twee vokaalklanke saamgevoeg
word om een klank weer te gee. Onthou asseblief dat dit nie twee
vokaalletters is nie, maar wel twee vokaalklanke. Die onderstaande
vetgedrukte klanke is almal diftonge:
2. Klankgrepe
Klankgrepe hou verband met hoe ’n mens
die klanke uitspreek.
As jy ’n woord in klankgrepe moet verdeel, verdeel jy dit volgens die
verskillende klankgroepe wat jy hoor wanneer jy die woord korrek
uitspreek.
Wenk: skryf net wat jy hoor, bv. a-se-blief en har-kie. (Jy hoor net een s-
klank in asseblief. Jy hoor ’n k-klank in hartjie, alhoewel die letters tj
geskryf word.)
3. Lettergrepe:
Wanneer jy ’n woord in lettergrepe moet verdeel, doen jy dit op grond
van hoe die woord gespel word. Kom ons verduidelik dit deur die
woord asseblief as voorbeeld te gebruik:
Die lettergrepe van die woord is as+se+blief is.
Wanneer ons in skryfwerk woorde aan die einde van ’n reël moet
verdeel, doen ons dit volgens die lettergrepe van die woord.
In Afrikaans is daar sekere reëls oor hoe woorde in lettergrepe verdeel
moet word:
• voor ’n medeklinkerletter wat tussen klinkers staan, bv. be-ker
• tussen twee medeklinkerletters wat tussen vokale staan, bv. ek-sa-
men
• tussen twee eenderse letters, bv. pa-raf-fien
• tussen n en g, bv. in-ge-ni-eur; an-gel
tussen s en j as dit aparte klanke verteenwoordig, bv. as-jas (Indien
s en j as een klank uitgespreek word, word die twee letters nie
verdeel nie, bv. ma-sjien)
ASSESSERING Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek. Raadpleeg die
boekie Afrikaans HT Graad 12 Hersiening K1_2020 indien jy vashaak.
3.
3.1. in+te+re+san+te
3.2. par+ty+kie
3.3. a+si+stent
4. Vokaal/ klinker (Oppas: Daar is twee vokaalletters , maar slegs een
vokaalklank. Lees asseblief weer die verduideliking van hoe ’n
diftong gevorm word.)
KONSOLIDASIE Hier onder is ander maniere waarop vrae oor Klankleer in ’n eksamen
gestel kan word. Maak seker dat jy hierdie soort vrae verstaan en
korrek kan beantwoord:
• Identifiseer die onderstreepte klank in die woord …
• Verdeel die woord in lettergrepe/ klankgrepe of in lettergrepe
én in klankgrepe
WAARDES Toewyding