Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 6

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 10


KWARTAAL 1 Week 7
ONDERWERP Die bou van die drama (Die Testament- Rhona Peens)
DOEL VAN LES Die verkenning van die fases in die drama, Die Testament.
BRONNE Papierbron Digitale bron
Die dramateks, Die Klik op die onderstaande skakel om na die
Testament. radiodrama te luister:
https://iono.fm/e/615522
INLEIDING Dramas kan in drie groepe ingedeel word, naamlik:
• Televisie- en rolprentdrama
• Radiodrama (hoorspel)
• Verhoogdrama

Die Testament is ‘n radiodrama wat beteken dat jy dit net kan hoor en nie
kan sien nie. As jy die drama lees of daarna luister, maak seker dat jy die
gebeure visualiseer (in jou verbeelding sien).

In hierdie stadium het jy nou al Die Testament meer as een keer gelees en
moet jy goed vertroud wees met die inhoud, karakters, dialoog en die
neweteks.

Die drama kan in ‘n uiterlike en innerlike bou verdeel word. Die innerlike
bou van die drama verloop in fases.
KONSEPTE EN Die fases van die drama
VAARDIGHEDE ‘n Drama word tradisioneel in ses fases ingedeel, naamlik:
1. Die uiteensetting (eksposisie): In hierdie fase leer ken die luisteraar
die karakters en hul omstandighede. Jy raak ook bewus van die tyd
en ruimte in die drama.
2. Die motoriese moment: Dit is daardie oomblik wanneer die
handeling aan die gang gesit word.
3. Die ontwikkelingsfase: Hier word die handeling verder gevoer. Dit
beeld ook die botsings tussen die strydende partye uit.
4. Die krisisfase ontstaan as gevolg van die konflik tussen die
strydende partye. Die spanning neem toe.
5. In die klimaks of hoogtepunt bereik die botsing /konflik ‘n
breekpunt. ‘n Oorwinning (ommekeer of wending) word behaal.
6. In die ontknoping neem die drama ‘n wending na die een- of
anderkant toe. Daar is ‘n duidelike afname in die spanning.
Grafies kan die bou van die drama so voorgestel word:

Kyk weer na die bespreking en vergelyk dit met die grafiese voorstelling.

Kom ons kyk nou hoe die fases in Die Testament voorkom:
1. Die uiteensetting (ook die eksposisie)
Die leser word bekendgestel aan:
o die situasie / moontlike botsing (konflik) wat tot die spanningslyn lei -
 Oom Josef is oorlede en Herman Rousseau is sy enigste
erfgenaam;
o die karakters wat by die situasie betrokke is -
 Herman, sy vrou Katinka, Zenobia hulle dogter;
o die ruimte en tyd waarbinne die handeling plaasvind -
 die kontrasterende ruimte van die plaas en dorp en 3
maande in die hede.
Moontlike vraag: Die telefoonoproep in die uiteensettingsfase skep die
situasie waarop die intrige in hierdie drama gebaseer is. Verduidelik
kortliks.

Onthou, die intrige is die storielyn. In die drama gaan dit oor die lees van
oom Josef se testament en die voorwaardes wat hy aan sy erfgename stel
voordat hulle kan erf.
Antwoord: Die telefoonoproep was van Gideon Hansen, oom Josef se
prokureur. Hy het aangekondig dat oom Josef oorlede is en dat die hele
Rousseau-gesin hom die volgende dag moet kom spreek.

2. Die motoriese moment


Die motoriese moment dui op dié gebeurtenis wat die verdere
handelinge aan die gang sit (aktiveer).
 Die lees van oom Josef Rousseau se testament aktiveer die
gebeure en verdere intrige en die spanningslyn ontwikkel.

Moontlike vraag: Hoe reageer Katinka en Zenobia onderskeidelik op hulle


oom Josef se nalatenskap aan hulle?

Wenk: onderskeidelik beteken dat jy eers moet sê hoe Katinka reageer en


dan hoe Zenobia reageer.

Antwoord: Katinka is aangedaan oor die huisinhoud van oom Josef wat sy
geërf het. Zenobia is geskok omdat sy oom Josef se 1945 Willis-bakkie
geërf het nadat sy vroeër spottend na die bakkie verwys het.

3. Die ontwikkelingsfase
Tydens die ontwikkelingfase word die handeling verder gevoer: Die
situasie word meer gekompliseerd. Botsing tussen die opponerende
partye is onafwendbaar en die spanning neem toe.
 Daar is verskeie krisisoomblikke soos Herman se rugbesering, die
ontdekking van geld en die verhouding tussen Ruan en Zenobia
wat tot die krisisfase lei.
 As gevolg van konflik word die stygende spanningslyn hewiger en
dit lei tot die onvermydelike krisisfase.
 Die voorwaardes van oom Josef se testament skep spanning.

Moontlike vraag: Oom Josef het nege voorwaardes aan die Rousseau-
gesin gestel voordat hulle kon erf. Watter karaktereienskap word as een
van die voorwaardes gestel?

(Wenk: Maak seker dat jy die verskil tussen fisiese eienskap en


karaktereienskap verstaan.)

Antwoord: Hulle moes absoluut eerlik wees in alles wat hulle doen.
4. Die krisisfase
Die stygende spanningslyn wat hewiger word en lei tot die
onvermydelike krisisfase, as gevolg van konflik.
 Na die begrafnis ontdek Herman’n brief wat Jans, oom Josef se
seun, geskryf het.
 Hy verduidelik hoe hy per ongeluk sy vrou, Zelmarie, geskiet het.
Hy bely sy eie materialisme en suinigheid. Hy het homself daarna
geskiet.

Moontlike vraag: Wat het oom Josef gehoop om met Jans se brief te
bereik?
Antwoord: Hy het gehoop dat die Rousseau-gesin tot insigte sou kom oor
die waarde en die gevare van te veel geld.

5. Die klimaks
In die klimaks of hoogtepunt bereik die botsing ‘n breekpunt.
 Na drie maande lees Gideon Hansen, die prokureur, die tweede
deel van die testament. Die Rousseau-gesin het nie al die
voorwaardes nagekom nie. (Geldbedrae wat in ’Fielies’, die
buffet en gereedskapskas ontdek is.)
‘n Ommekeer of wending vind plaas by die karakters .
 Die familie besef dat erfporsie nie ʼn reg is nie, maar ʼn voorreg –
innerlike karakterverandering tree in.

Moontlike vraag: Wat is oom Josef se familie se reaksie op die feit dat hulle
die een-en-twintig miljoen rand verbeur het omdat hulle nie eerlik was nie?

Antwoord: Die familie begin dankbaarheid en erkenning toon oor wat


hulle wel geërf het. Hulle besef nou dat erfporsie nie ‘n reg is nie, maar ‘n
voorreg.

6. Die ontknoping of afloop


In die ontknoping neem die drama ‘n wending na die een of ander kant
toe:
 Die Rousseaus is met die ”skynontvoering” van Zenobia getoets.
(Oom Josef en die prokureur se plan.)
 Herman is bereid om die volle bedrag van die erfporsie vir haar
veiligheid te betaal.
 Die Rousseaus toon berou en dankbaarheid en is nie meer
materialities nie.
‘n Duidelike afname in die spanning is waarneembaar.
Moontlike vraag: Wat wou oom Josef bereik met die ”skynontvoering” en
watter les wou hy die familie leer?

Antwoord: Oom Josef wou seker maak dat hulle waardes reg is en hy wou
die familie leer dat geld ‘n mens se lewe kan verwoes.

AKTIWITEITE/ Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek. Probeer dit eers self
ASSESSERING beantwoord voordat jy die memorandum raadpleeg.

1. In die uiteensetting (eksposisie) ontmoet ons die verskillende


karakters. Kies nou wie aan die woord is in Kolom B om by die
karakter in Kolom A te pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die
vraagnommer neer.

KOLOM A KOLOM B
1.1 Herman Rousseau A My plaas, Nuutgevonde, een duisend
twee honderd hektaar, aan...
1.2 Katinka Rousseau B Verkoop die plaas ... ons huis in die stad.
Enigiets, kry haar net terug.
1.3 Zenobia Rousseau C U mag drie maande lank niks verkoop
nie.
1.4 Gideon Hansen D Ek ook? Cool! Ek hoop nie ek erf sy ou
bakkie nie. Daai ding was saam met
Noag in die ark.
1.5 Oom Josef E Ek het nie woorde nie. Daar was net een
oom Josef.

2. Watter twee groepe mense was in Gideon Hansen se kantoor vir


die lees van oom Josef se testament?
3. In watter mate verhoog Herman en Zenobia se weiering om die
geld wat hulle gevind het te verklaar, die spanning in die
ontwikkelingsfase?
4. Waarom kan die ontdekking van Jans se brief as ‘n krisisoomblik in
die ontwikkeling van die drama beskou word?
5. Watter opdrag het oom Josef aan Gideon Hansen gegee indien
die Rousseau-familie nie al die testamentvoorwaardes kon nakom
nie?
6. Wat is Herman en Katinka bereid om te doen om Zenobia terug te
kry en watter lewenswaarheid openbaar hulle daardeur?
Memorandum 1.1 B
1.2 E
1.3 D
1.4 C
1.5 A
2. Die Rousseau-gesin en Jantjie en Mieta.
3. Die Rousseau-gesin mag hulle erflating verloor indien hulle nie die
voorwaarde van eerlikheid nakom nie.
4. Die Rousseau-gesin besef nou dat hulle nie moeite gedoen het
om van oom Josef se persoonlike krisis kennis te neem nie. Hulle
verstaan nou die rede vir die voorwaardes in sy testament.
5. Gideon mag slegs een miljoen rand vir hulle belê waarvan net die
rente aan hulle uitbetaal sal word. Hulle mag wel die plaas,
huisinhoud en Fielies hou of verkoop.
6. Hulle is bereid om die plaas en hulle huis in die stad te verkoop om
Zenobia terug te kry. Die lewenswaarheid: ‘n Mens se lewe het
meer waarde as aardse besittings.

KONSOLIDASIE Jy het nou met die verskillende fases in ‘n drama kennis gemaak en dit
toegepas. Luister nou na die radio-uitsending van die drama en kyk of jy
die verskillende fases kan identifiseer deur net te luister en te visualiseer.
WAARDES Waardering vir die letterkunde
Selfgerigte leer

You might also like