Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

DIE MESSIAS: DIE GESALFDE

BYBK511
Semesteropdrag
Louise van Schalkwyk
35074833

1
INHOUDSOPGAWE

Inleiding ………………………………………………………………………………………….3
Messias: Ou Testament…………………………………………………………………………3
Jode verwerp die Messias……………………………………………………………………...3
Jode getuig Jesus as Messias…………………………………………………………………4
Slot………………………………………………………………………………………………..4
Bronnelys…………………………………………………………………………………………5

2
INLEIDING
In verskeie studies is dit duidelik dat die Messias wat die Joodse geloof geken het baie
anders as die Christelike verteenwoordiging van die Messias is(Den Heyer 1998:412). Hier
volg insigte oor die Messias uit die Ou Testament , Sy verwerping deur die Jode en
getuigskrifte van Jode wat Hom vandag erken as Messias.
MESSIAS: OU TESTAMENT
Indien daar na die Ou Testament gekyk word sien ons dat dit problematies raak in die
manier hoe Jode die tekste gelees het, maar tot ander insigte gekom het oor die Messias.
Waarvan Jesus Christus/Die Messias as die kern gesien word in die Ou Testament en so
verkondig was aan die kerk. Dus die interpretasie van verskeie tekste binne die
geloofsraamwerk, het die beeld en doel van Die Messias grootliks bepaal.
Die Messias is aan Christene bekend as die gesalfde een (Fitmyer 2007:1) , ‘n figuur uit die
verlede uit en dat Hy gekom het om Sy volk te red. Met die klem op alreeds gekom en dat
die verwagting nie is dat hy nog oppad is nie, soos baie skrifte van Die Messias interpreteer
nie. Dit is belangrik om daarop te let dat die idee van die koms van Die Messias as hoop
moes dien vir die eindtye wat oppad was en dat die hoop in Hom met tyd kon ontwikkel.
Ongelukkig het hierdie ontwikkeling te veel tyd opgeneem en min klem was gelê op Die
Messias en eerder meer gefokus op die uitkomstes en verlossing van Die Konings in die Ou
Testament. In gevalle was die begrip ‘messias’(măšîăh) in die Ou Testament vir beide
Konings en hoëpriesters gebruik omrede hulle as gesalfdes gesien was. Vir die Joodse
messiaanse verwagting is ‘n pluriforme gestalte hulle op ‘n politiese, ekonomiese en en
spirituele manier verlossing sou bring.
Ongelukkig het verskeie tekste oor die Messias in die Ou Testament ondubbelsinnig net in
een rigting gewys en die verwagting van ‘n verlosser geskep, maar een wat dalk nie tot
vervulling sou kom nie. Ons sien later in die Nuwe Testament se skrifte dat hierdie
verwagtings vanuit die Ou Testament in vervulling gaan in Matteus 1:1 wat lui: ”Die
geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham.” Wat
vervulling gee aan die Christelike geloof oor Die Messias figuur wat hulle van gehoor het in
die Ou Testament.
JODE VERWERP DIE MESSIAS
Die verwerping van die Messias in vandag se tyd kan grootliks toegeskryf word aan die
onkunde van die Jode en hul optrede tydens die Lukasevangelie en in die boek van
Handelinge. Lukas skryf reeds in Handeling 3:17: ‘Nou weet ek, broers, dat julle net soos
julle leiers in onkunde gehandel het.’
As ons na Handelinge 3:19 kyk blyk dit die Jode word geroep tot bekering en dit impliseer
dat daar onvergeeflike sondes gepleeg is en dat hulle moet bekeer(De Villiers 1997:76).
Menende ons kry die indruk dat die Joodse leiers eintlik geweet het wat hulle doen en die
verwerping kom omdat hulle nie Jesus die Messias wou sien nie. Hulle wou nie die
profetiese getuienis erken nie en tot vandag sien ons hoe Jode(en ander ongelowiges) God
verwerp oor hulle Hom nie wil ken/aanvaar as verlosser nie.
Tweedes weet meeste Joodse mense vandag nie regtig waaroor dit gaan om Jesus te volg
nie. Baie glo dat Jesus die stigter was van 'n nuwe godsdiens genaamd Christendom, 'n
afgodiese godsdiens vir die heidene wat drie gode aanbid in plaas van een.

3
Hulle sien hom dikwels as 'n valse profeet, die buite-egtelike seun van 'n timmerman, wat 'n
nuwe godsdiens gestig het ter wille waarvan baie Jode vervolg en doodgemaak is. Hulle ken
hom as die Jesus van die moorddadige Kruistogte en die wrede Katolieke Inkwisisie en dit
maak dat verwerping tot vandag nog aangaan.
Laastens is daar groot druk in gesinne en gemeenskappe op diegene wat Jesus as die
Messias aanvaar. Die koste om Jesus te volg behels dikwels skeiding van vriende en
gesinne, intimidasie, vernedering, eensaamheid, en om 'n verraaier van jou eie mense
genoem te word.

JODE GETUIG JESUS AS MESSIAS


Die Jode wat vandag getuig dat Jesus die Messias is staan bekend as Messiaanse
Judaïsme wat Joodse en Christelike oortuigings kombineer en Jesus as hulle beloofde
Messias aanvaar. Messiaanse Jode poog om hul Joodse erfenis te behou en 'n Joodse
leefstyl te volg, terwyl hulle terselfdertyd Christelike teologie omhels.
Hulle erken die Nuwe Testament as deel van hul heilige Skrif, en hulle glo dat verlossing uit
genade kom deur geloof in Jesus Christus as die beloofde Verlosser wat van God gestuur is.
Die groep bekeerders meen dat Jesus Christus die beloofde Messias is en 'n
versoeningsdood vir die sondes van die mensdom gesterf het. Hulle erken die Bybel as die
onfeilbare, geïnspireerde Woord van God, en in teenstelling met die meeste Christelike
denominasies, glo dat die Jode "'n verbondsvolk is deur wie God aanhou om Sy
voornemens te bereik."
Die storie van Vered Birnbaum vanuit Jews for Jesus(2022) is ‘n ongelooflike getuines van
hoe Jode vandag erkenning gee aan Jesus as die ware Messias. Sy het in haar tienerjare
begin dagga gerook het en op ‘n dag hallusinasies gekry. Daarna het sy geweier om die huis
te verlaat en wou nie eers met ander mense praat nie. Sy kon nie slaap nie en het nie geëet
nie en selfs stemme begin hoor.
Sy het toe haar ouers gevra of sy haar suster wat in Jerusalem gewoon het, kon besoek. Sy
het vir 'n maand lank by haar suster gewoon, en sy het Skrif oor haar gespreek en haar
gebid. Sy het toe eendag uit Spreuke 3:7–8 gelees: “Moenie wys wees in jou eie oë nie;
vrees die Here en vermy die kwaad. Dit sal gesondheid na jou liggaam bring en voeding aan
jou bene.” Sy het gevoel hoe iets in haar hart roer en Yeshua as haar Verlosser aangeneem
en die Skrif daagliks begin bestudeer.

SLOT
Ten slote kon ons sien die tendens om aan die koninklike messias ʼn bonatuurlike karakter
toe te ken reg deur die Ou Testament. Daar was deur die Jode die verwagting van ʼn
eskatologiese priester of profeet maar nie so pertinent soos die hoop op ʼn ‘messiaanse
koning’ nie. Een ding bly egter duidelik: Die Joodse messiaanse verwagting was en is steeds
gefokus op die toekoms – ʼn messias wat nog sal kom, terwyl die Christelike geloof
erkenning gee aan die Messias, Jesus Christus wat alreeds verlossing gebring het.

4
BRONNELYS
Den Heyer, C.J. 1998. De messiaanse weg. Van Jesjoea van Nazaret tot de Christus van de
Kerken [Die messiaanse weg. Van Jesjoea van Nasaret tot Christus van die kerk], Kok,
Kampen.
Fitzmyer, J.A. 2007. The one who is to come [Die een wat sal kom], Eerdmans, Grand
Rapids.
Groenewald, A. 2010. ‘Die een wat sal kom: ‘Messiaanse tekste’ in die Ou Testament en
ander Joodse geskrifte’, Verbum et Ecclesia 31(1), Art. #396, 7 pages. DOI: 10.4102/
ve.v31i1.396.
One For Israel. 2016. Oneforisrael.org. Available at: https://www.oneforisrael.org/bible-
based-teaching-from-israel/why-dont-many-jewish-people-accept-jesus-as-messiah/.
Accessed : 24 April 2023.

Jews for Jesus. 2022. The road to Yeshua: Vered Birnbaum’s story. Available at:
https://jewsforjesus.org/our-stories/vered-birnbaums-story. Accessed: 26 April 2023.

You might also like