Professional Documents
Culture Documents
Gedig (Krisis)
Gedig (Krisis)
Krisis Crisis
1. Dis hier wat ons twee skei – jy, Hart, en 1. This is what separates the two of us - you,
ek, Heart, and I,
3. Die weg was lieflik waarlangs jy gelei’t 3. The way was lovely along which you led
4. maar dis verby, al staar jy terug. Nou 4. but it's over, even if you stare back. Now
trek stretch
5. die pad langs klowe, afgrond en 5. the road along ravines, precipice and swamp.
moeras.
6. Impetuous and a coward as always
6. Voortvarend en ʼn lafaard soos altyd
7. and never capable of any decision
7. en nooit in staat tot enige besluit
8. and sick on top of that, you're just a burden
8. en siek daarby, is jy nou net ʼn las. now.
9. Jy was die gas en gasheer by die fees, 9. You were the guest and host at the festival,
10. die seremoniemeester en die nar: 10. the master of ceremonies and the clown:
11. jou dwase raad kan net die Hoof verwar 11. your foolish advice can only confuse the
Head
12. waar elke tree die laaste tree mag
wees. 12. where every step may be the last step.
13. Kyk, dit word laat, die kermis is verby, 13. Look, it is getting late, the fair is over,
14. kan jy dit nie begryp? Hier moet ons 14. can't you understand it? Here we must part.
skei.
Titel
Dui op die stryd tussen die “Hart” wat verwys na die spreker se emosies en die “Hoof” wat verwys
na die spreker se verstand/rede.
Die spreker praat met haar hart asof dié 'n mens is waarvan sy moet afskeid neem. Sy sê die hart
het haar na mooi plekke gelei, maar was dwaas (dom) en het haar nie goeie raad gegee nie. Die
hart was ook lafhartig (cowardly) – dit kon nooit 'n besluit neem nie. Die hart het eintlik die hoof (die
spreker se verstand) verwar (confuse) en veroorsaak dat sy nie nugtere besluite kon neem nie.
Tema
Die tema is die dieper boodskap van die gedig. Die tema verwys na die innerlike krisis wat die
spreker beleef tussen die hart en die verstand (hoof).
Boodskap
Die "boodskap" sluit aan by die tema. Dit is die universele waarheid dat ʼn mens besluite moet
neem met jou verstand of jou hart.
Bou (Tipografie)
Uiterlike bou: 2 strofes.
Strofe 1 – 8 reëls (oktaaf) 2x 4 reëls (kwatryn)
Strofe 2 – 6 reëls (sestet) 2x 3 reëls (tersine)
Die gedig word gekenmerk as ʼn Italiaanse sonnet.
Innerlike bou: Die gesukkel tussen die spreker se hart en verstand
Stemming
Dui op die aanvanklike twyfel/tweestryd wat die spreker ervaar met besluite wat sy met haar hart
in plaas van die verstand geneem het. Dan neem die spreker ʼn finale besluit en kies haar verstand
bo haar emosies.
Toon
Somber/donker/ernstig/treurig/verdrietig
Omdat die wete van skeiding tussen rede en emosie aangespreek word.
Opsomming
Krisis (titel) dui op die stryd tussen die “Hart” wat verwys na die spreker se emosies en die “Hoof”
wat verwys na die spreker se verstand/rede. ʼn Allegorie in die gedig is ʼn metafoor wat deur die
hele gedig volgehou word naamlik die hart wat met emosie vergelyk word en die hoof wat met
die verstand vergelyk word. Hierdie allegorie beeld die innerlike stryd/krisis van die spreker uit.
Strofe 1
Strofe 1 beskryf die krisis van die spreker en gee die redes vir die spreker se besluit.
Versreël 5 – die pad wat die “jy” gelei het was lekker, maar dis nou klaar, al kyk die “jy” terug.
Klowe = 'n Kloof of ravyn is 'n rivier dal met steil (rots)wande wat deur erosie diep uitgedolwe
is. Groot klowe word dikwels met die term canyon aangedui.
Afgrond = Denotatiewe betekenis (letterlik) - 'n Diepte wat steil na benede loop.
Konnotatiewe betekenis (figuurlik) - 'n Groot ellende.
Moeras = 'n Groot gebied met vlak water wat nie wegloop nie en papperige grond waarin in
mens in kan wegsink.
Klowe, afgrond en moeras verwys na moeilike omgewings.
Gelei’t = Elisie (gelei het) – funksie - vir rympatroon en ritme.
Maar dui op wending (Skielike of onverwagte verandering wat 'n situasie in 'n ander rigting
stuur.) Dit is nou verby, dis klaar. Gaan nie weer gebeur nie.
Nou strek = Enjambement – maak gedagte 'n eenheid. Funksie - maak die tempo vinnig
Strofe 2
Die slegte/emosionele besluite laat die spreker besef dat die lewe te kort is om verkeerde besluite
te neem.
Enjambement: Reël 11. Om die gedagte as geheel te verbind naamlik dat die hart se raad
die hoof gaan verwar m.a.w. emosies gaan rede of logika(verstand) verwar.
“Hoof” is met ʼn hoofletter geskryf, personifikasie van spreker.
“waar elke tree” = verwys na die mens se lewensweg.
“die laaste tree mag wees” = die mens kan doodgaan.
≈ Dit is voorbeeld van die beeldspraak: eufemisme, waar doodgaan versag word met die
woorde, “laaste tree”.
Samevatting:
In Hierdie gedig lees ons van ‘n innerlike konflik wat die spreker tussen hart en verstand beleef. Sy
hou van wat haar hart vir haar sê, maar sy besluit dit is beter om na haar verstand te luister.
In die titel word hierdie konflik (hart en hoof) as ‘n krisis beskryf. ‘n Krisis ontstaan as die manier
waarop ons altyd probleme hanteer, nie wil werk nie. Dan laat dit ons verward voel en ons dink nie
logies nie. Gevoelens wat met ‘n krisis saamloop, is: verwardheid, angstigheid, woede, gevoel van
hopeloosheid en hulpeloosheid.
Die krisis in hierdie gedig is die feit dat die spreker besef sy kan nie op haar hart staat maak om die
pad voortaan te stap nie. Maar die pad sonder die hart is ongekaart.
In hierdie Italiaanse sonnet identifiseer die ek-spreker van die begin af met die rede/verstand/hoof.
Sy maak haar besluit baie duidelik: sy en die hart (emosies) moet skei. Hierdie skeiding sal moeilik
wees, juis omdat hulle nie daarop voorbereid is nie. Dis onverwags. Die spreker erken dat dit lekker
was met die hart in beheer. Die toekoms sonder die hart word voorgestel as iets minder
aangenaams: ‘n lang gevaarlike pad, selfs onbegaanbaar (“klowe”, “afgrond”, “moeras”). Maar die
besluit is nou geneem en terugverlang sal nie help nie. Die rede vir hierdie besluit word gegee: Die
hart het teleurgestel. Hy was impulsief, ‘n lafaard, besluiteloos en siek. Dit maak van hom ‘n las!
Let op hoe die hart in strofe 2 gekontrasteer word: die hart is soos ‘n:
o Gas: iemand wat gratis onthaal word
o Gasheer: iemand wat gratis onthaal
o Seremoniemeester: Iemand wat seker maak dat dinge volgens plan verloop.
o Nar: Iemand wat planne deurmekaar krap met lawwe grappe.
Hierdie beskrywing sluit aan by die eerste strofe, waar die hart beskryf word as impulsief en
besluiteloos. Dis hierdie teenstrydigheid of dom/onverstandige raad van die hart wat die
spreker/hoof/rede deurmekaar maak.
Ten slotte sê die spreker dat hierdie dinge, hoe lekker dit okal was, nou iets van die verlede is.
Maar die spreker klink minder beslis as in die eerste versreël: “hier moet ons skei”. Met ander
woorde sy weet wat gedoen moet word, maar of sy dit gaan/kan doen, is ‘n ope vraag.
Spreker: Tipe – Ek- spreker wat haar duidelik aan die kant van die hoof skaar. Die gebruik van die
ek-spreker maak die gedig geloofwaardig.