Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 9

Siener: ’n misvuur brand in Johannesburg

Iemand skryf aan my en sê hy stem saam met prof. Andries Raath dat my idee van ’n ‘nag
van lang messe’ net ’n wolhaarstorie is wat nooit sal gebeur nie. As dit so is, verduidelik dan
vir my wat beteken die misvure en mieliestronke wat Siener in Johannesburg sien brand het
en wat in verskeie van sy gesigte voorkom. Hy het dit self verklaar as tekens van rewolusie,
bloedige geweld of selfs ’n oorlog.

Ten eerste wil ek dit hier net kategories stel dat nóg Siener van Rensburg nóg ek ooit van ’n
‘nag van lang messe’ gepraat het. Dis ’n uitdrukking wat in die volksmond ontstaan het nadat
hulle sekere van Siener en Johanna Brandt se visioene onder oë gehad het.

Terwyl Johanna Brandt in Desember 1916 ’n nagaanval op Johannesburg deur swartes


visueel voor haar sien afspeel het (sien Engele Boodskap), het Siener dit weer in simbole
waargeneem (sien Boodskapper van God). Hier is enkele voorbeelde:

Hy sien ’n misvuur brand in Johannesburg in die aand (6 Maart 1914). Volgens sy eie
verklaring beteken dit dat geweld (misvuur) in die aand/nag deur swartes in Johannesburg
gepleeg sal word.

’n Doodskis sak af in ’n graf, vure slaan uit en hardloop oor die land, met een groot vuur wat
voor uitkom (4 April 1915). Geweld en bloedvergieting kom landswyd voor en die ‘groot
vuur’ wat hy vooruit sien kom het, is ’n seker aanduiding van oorlog.

Op 1 Oktober 1917 sien hy mieliestronke wat by Johannesburg aan die brand is. En
andermaal is dit ’n teken van bloedige geweld wat daar sal plaasvind.

Op 12 Julie 1923 sien hy in die weste kom ’n groot hoop mieliestronke uit wat aan die brand
is. Hy was van mening dat dit die begin van die Tweede Rebellie of ’n burgeroorlog kan
wees.

(Die visioene van Siener wat ek in my publikasies vertolk het en wat reeds bewaarheid is of
nog in vervulling moet gaan, word later in hierdie artikel behandel).

Selfs al laat ons Johanna Brandt en Siener se visioene buite rekening, is daar oorgenoeg
bewyse dat swart terroriste groepe in Afrika sowel as Suid-Afrika al by verskeie geleenthede
blankes aangeval en uitgemoor het. En die wyse waarop Ramaphosa, maar veral Julius
Malema en sy EFF-kamerade, voortdurend haat teen die blankes aanblaas, lyk ’n
gewelddadige konfrontasie onafwendbaar.

Hierdie grenslose haat vir God se uitverkorenes het reeds begin kort nadat Adam en Eva die
Tuin van Eden moes verlaat, en Kain vir Abel doodgeslaan het.

Swart geweld teen blankes in Suid-Afrika dateer al vanaf Jan van Riebeeck se dae. Die eerste
blanke seuntjie, die jong skaapwagtertjie, Dawid Janz, is op Sondag 19 Oktober 1653 deur ‘n
strandloper vermoor, terwyl Van Riebeeck-hulle ’n erediens in die Fort bygewoon het.

En hoewel die blanke vanuit die staanspoor alles in sy vermoë gedoen het om die wedersydse
verhoudinge te verbeter, kon hy nie daarin slaag nie; vele male is ’n hand van broederskap
tevergeefs na swartes uitgereik; daar is selfs probeer om ooreenkomste met hulle aan te gaan,
vriendskapsbande te sluit, toegewings te maak, dog sonder enige sukses. Sedert die vroegste
tye al word daar ook gepoog om swartes se lewenstandaard gratis en teen groot koste te
verbeter; daar is selfs huise en skole vir hulle gebou, maar ook dit was tevergeefs. En oplaas
het die blanke alles prysgegee en homself verneder deur aan die swarte die reg te gee om oor
hom te heers; maar ook dit het hoegenaamd niks verander nie. Inteendeel, die swarte se
venynige haat en veragting is daardeur net verder aangeblaas…

Die geskiedenis vertel sy eie verhaal


Daar is oorgenoeg bewyse uit die geskiedenis van die swartman se ewige en diepgewortelde
haat, wrok en venyn teenoor die blanke:

 In die sestigerjare van die vorige eeu is blanke gemeenskappe in Afrika herhaaldelik
en wreedaardig deur swart terroriste aangeval en uitgemoor. Skrikwekkende geweld
het destyds losgebars toe Mau-Mau terroriste die blankes in afgeleë dorpe in Noord-
Angola en die Belgiese Kongo stelselmatig begin uitwis het. ’n Houtryer Saggarias,
was op 15 Maart 1961 met sy helper op pad na die saagmeule by die Primavera-
plantasie, toe hulle skielik die bekende strydkreet: “Mata! UPA! Mata! UPA!” hoor,
en byna terselfdertyd het die wilde angskrete van blankes opgeklink. Paniekbevange
het Saggarias en sy helper in ’n leë krat op die vragmotor gaan skuiling soek en
beangs en magteloos meer as ’n uur lank aanskou hoedat ’n horde van sowat 300
swart terroriste blanke inwoners in die strate van Luvo aanval; ander is uit hul huise
gesleep, met pangas doodgekap, of op een van die reuse meganiese bandsae lewend
aan stukke gesaag. Blankes is ook in Duits-Oos (Tanganjika) en daarna in Noord- en
Suid-Rhodesië vermoor.
 In 1962 het ’n gewelddadige insident in die Paarl plaasgevind wat vir ons kan dien as
waarskuwing van ’n smeulende bedreiging wat vroeër of later dwarsoor die land kan
uitbars. Dit was as ‘t ware ’n ‘nag van die lang messe’ in die kleine, en stem baie
ooreen met Johanna Brandt se ‘nagaanval op Johannesburg’, asook Siener van
Rensburg se ‘gees van verskrikking’ wat oor die land gaan beweeg en waarin
duisende blankes kan sterf. (Hy het gesien dit begin net na afloop van ’n baie
belangrike persoon se begrafnis). Johanna Brandt het swartes weer in Johannesburg
‘in die geheim bymekaar sien kom’, en nadat die aanval begin het, het sy ons mense
soos ‘blare voor die wind sien wegwaai (op die vlug slaan), maar ook gesien hulle
word ingehaal…’ Gedurende die nanag van 21/22 November 1962 omstreeks 02h00
het sowat 200 Poqo-aktiviste in die Paarl, gewapen met byle, pangas, sabels en
rewolwers, in die geheim bymekaargekom en in twee groepe die gevangenis en
polisiestasie bestorm. Drie aanvallers is voor die polisiestasie doodgeskiet, ander is
gewond en talle gearresteer. Die res het op die vlug geslaan, en aangesluit by sowat
100 makkers wat toe nog op pad was tronk toe. Hulle het ’n nuwe groep gevorm en op
die blanke huise in Loopstraat begin toegesak. Inwoners is uit hulle beddens gesleep,
genadeloos aangerand en selfs doodgeslaan.
Die 18-jarige Rencia Vermeulen en haar vriend, Frans Richard, is in die straat deur
skreeuende Poqo-lede oorval en wreedaardig doodgekap. Die polisie het net te laat
opgedaag, maar tog nog daarin geslaag om vyf aanvallers dood te skiet. Die res het
toe al skreeuende die winkels in die hoofstraat bestorm, vensters gebreek en ook ander
inwoners wreed aangerand.

 Met die verskyning van Volksverraad (1996) deur adv. PJ Pretorius, is ek deur dr.
Ferdi Hartzenberg van die KP gedagvaar, en moes na Pretoria gaan vir die hofsaak.
My broer het my op Jan Smuts-lughawe kom ontmoet en terwyl ons na sy motor
gestap het, het ’n polisieman ons daar ingewag. Hy vertel toe aan ons hoedat hy ’n
telefoongesprek tussen twee swart kollegas afgeluister het terwyl hulle ’n nagaanval
op Johannesburg se blankes bespreek. Hy het ’n blanke kolonel van Pretoria daaroor
ingelig en dié het ingegryp en die aanval is gefnuik. Maar volgens die kolonel het die
terroriste bende nie van hulle plan afgesien nie en dit eenvoudig net uitgestel na ’n
dag in die toekoms waarop hulle die blankes heeltemal onkant wil betrap.
 Die gewese Nasionale Intelligensie-agent, Des Bernado, het onlangs self op ’n video
oor Siener bevestig dat hy as lid van NIA ook bewus was van so ’n beplande aanval
op blankes.
 Onthou u nog die liberale teoloog, wyle dr. Nico Smith wat voortdurend vir sy die
barbaarse swart broers in die bresse te tree het deur blankes van rassehaat te
beskuldig? (Hy en sy gesin was enkele jare gelede jare gelede in die nuus toe hulle ’n
jaar lank tussen die swartes in Mamelodi gaan woon het). Volgens Nico Smith het ’n
skatryk swart sakeman en goeie vriend aan hom gesê: “Ons is moeg, moeg vir die
vernederende wyse waarop wittes ons behandel, en ek wil weet of wit mense in
hierdie land, in besonder Afrikaners, besef in watter ‘kwesbare posisie’ hulle hulself
bevind?” En toe het hy Smith openlik gewaarsku dat ’n massa-aanval op blankes
onvermydelik is, “want versoening tussen wit en swart in hierdie land sal nooit
plaasvind nie! Die gevoelens teen julle wittes is besig om breekpunt te bereik, en ek
vrees vir die dag wanneer swart mense in ’n massa-stormloop op die wit dorpe gaan
toesak en alle ondernemings van wit mense aan die brand steek. Sulke massa-opstote
is immers nie onbekend in Afrika nie,” het hy gewaarsku, en toe bygevoeg: “En sou
die wit mense dan hoop dat die polisie of weermag tot hul redding sal kom, moet
hulle maar daarvan vergeet.” Hoekom? Want ons weet reeds die polisie en weermag
sal hulle swart makkers bystaan en ondersteun!
 Op 20 Mei 1983 het ’n spesiale taakmag van die ANC se Umkhonto we Sizwe onder
leiding van Aboobaker Ismail ’n motorbom met 40 kg plofstof net buite Nedbank
Plein in Kerkstraat-Wes, Pretoria, gelaat om teen 4:30 nm op ’n Vrydagmiddag te
ontplof. Die aanslag was gemik teen blanke lede van die Suid-Afrikaanse Lugmag
(SALM) wat meeste van die kantore in die gebou gehuur het. Omdat dit teen spitstyd
afgegaan het, is verskeie burgerlike persone egter ook gedood en beseer. Hierdie
spesiale taakmag is in 1979 deur Oliver Tambo, ANC-president, in die lewe geroep.
Maar ten tye van die aanval moes hulle aan Joe Slovo, die personeelhoof, rapporteer.
Nelson Mandela het vanuit die tronk die aanval goedgekeur en toestemming gegee vir
die operasie. Altesaam 19 mense is gedood en 217 beseer. Dit word as een van die
grootste aanvalle deur ANC terroriste beskou. Die hanteerders van die bom, Freddie
Shangwe en Ezekial Maseko, sterf ook in die ontploffing, nadat dit 10 minute te vroeg
afgegaan het. Ten minste 20 ambulanse is ingespan om die dooies en gewondes af te
voer.
 In Oktober 2020 spreek Julius Malema sy volgelinge toe in verband met die gebeure
by Senekal na die moord op die 21-jarige Brendin Horner. Daar was toe reeds 400
plaasaanvalle en die koelbloedige moord op Brendin Horner was as’t ware die laaste
strooi vir baie blankes; en hulle het ’n optog na Senekal gereël met ’n duidelike
boodskap: “Stop die plaasmoorde!” Maar Malema het dit beskou as uittarting en wit
mense openlik uitgedaag en gesê hulle soek konfrontasie: “Ons sal wittes nie toelaat
om te doen wat hulle wil in hierdie land nie!” het hy gesê. “Laat ons hulle wys wié
besit hierdie land. Dit is óns land en ons sal dit verdedig met alles tot ons beskikking,
en as dit moet, selfs met ons lewes. En laat ons kyk as die Boere kom aan wie se kant
die polisie gaan wees.” Hy is later in ’n TV-onderhoud daarvan beskuldig dat hy met
sy uitsprake besig is om oorlog in Suid-Afrika te stook. Sy antwoord was: “So what?
So be it!” By ’n vorige geleentheid het hy gesê as die grondkwessie nie opgelos word
nie, is daar oorlog. M.a.w. blanke boere moet hulle grond sonder vergoeding aan
swartes afstaan of dit sal met geweld van hulle afgeneem word.

Ook ander het gewaarsku


Maar Siener en Johanna Brandt was nie die enigste persone wat gewaarsku het dat daar ’n
gewelddadige botsing tussen swart en wit in Suid-Afrika gaan plaasvind nie. Twee
Amerikaanse kerkleiers, Rick Joyner en Roger Teale, het dit ook voorspel.

Op 16 Mei 1993 het Rick Joyner van Amerika ’n visioen gehad van “rasse geweld wat op ’n
ongekende skaal in Suid-Afrika uitbreek. Blankes het swartes doodgemaak en swartes het
duisende blankes doodgemaak. Die regering het sy gesag heeltemal verloor en daar was
regdeur die land anargie.

Rick Joyner van Morningstar Ministries

“Die moordorgie was so wydverspreid oor die hele land dat die Verenigde Nasies hulpeloos
erken het dat die situasie buite die vermoë van enigiemand was om in te gryp, die orde te
herstel en die moorde stop te sit. Die hele wêreld het dag na dag in ongeloof toegekyk terwyl
berigte oor die slagting ingekom het, en elkeen het skynbaar die gruwels van die vorige dag
oortref.”

Selfs MI6 (die Britse Geheime Diens) het verwag dat geweld sal uitbreek wanneer Mandela
sterf; en in November 2007 het MI6 in ’n vertroulike dokument al die buitelandse
ambassades in Suid-Afrika gewaarsku om, wanneer Mandela sterf en begrawe is, onmiddellik
ná afloop die begrafnis, die land te verlaat, aangesien geweld gaan uitbreek, alle lughawens
sal dan gesluit word; en slegs persone wie se name op Mandela se begrafnislys verskyn, sal
die land kan verlaat.

(MI6 was destyds vas oortuig daarvan dat Mandela se dood die sneller sou wees vir swart op
wit geweld in Suid-Afrika. Maar omdat ek dit ook as ’n moontlikheid beskou het, word ek tot
vandag toe nog daarvan beskuldig dat ek leuens versprei het).

Op die aand van 4 April 1994 het die Amerikaanse prediker, Roger Teale, in Durban voor ’n
groot gehoor voorspel dat ongekende geweld nog in Suid-Afrika gaan plaasvind. Hy het
blankes soos volg gewaarsku:

“Wees voorbereid op die geweld wat sál uitbreek…Bloed gaan in die strate loop…Alles in
die land sal afgebrand word…Ek kan in die moeilikheid kom deur dit te sê, maar ek gee nie
om nie, ek is reeds tot by my ore in die moeilikheid…Hulle sal al julle lughawens sluit…Dit
sal gesluit wees vir álmal, behalwe hulle wat toegang het op grond van verdienste, herkoms,
outoriteit, ens. Maar as jy nie ’n nommer het nie, as jy nie op hulle naamlys verskyn nie, sal
jy nie die land mag verlaat nie…”

Die Australiese eerste minister Scott Morrison, het pas aangekondig dat geen Aussies voor
2022 die land mag verlaat nie.

En juis noudat dat daar nog kans is om ons mense betyds te waarsku, kom iemand soos prof.
Andries Raath met sy polities-korrekte uitsprake dat daar geen swart op wit geweld sal wees
nie, en dat Siener net gesê het “daar wag swaar tye op ons, maar as ons die geloof behou, sal
alles ten goede meewerk.” Hy ag dit nie nodig om die volk in te lig oor al die onheile waaroor
Siener die basuin geblaas het nie, onheile wat hy breedvoerig en in die fynste besonderhede
vir ons beskryf het.

Prof. Raath het egter die maklike en ook die polities-korrekte uitweg gekies deur eenvoudig
al die rampe, ellendes, armoede, droogtes, kragonderbrekings, plundering, voedselskaarste,
moord en doodslag, wat ons moet verduur, onder die vae dekmantel van ‘swaar tye’ saam te
vat.

Maar Siener het nie net gepraat van ‘swaar tye’ nie, hy het elkeen afsonderlik vir ons beskryf.
Sy hoofdoel met die blaas van die basuin, was tog immers om ons nie net te waarsku en aan
te moedig om die geloof te behou nie, maar veral om ons in te lig oor presies watter onheile
daar op ons wag as ons sou weier om die knie voor God te buig en tot Hom terug te keer.

Ook is prof. Raath se vertolking van sekere visioene soms heeltemal absurd. Soos bv. die
gesig van 4 April. 1915 waarin ’n belangrike persoon sterf en ‘vure’ dan rondom sy graf
uitslaan. (In Siener se gesigte is ‘vuur’ altyd ’n teken van geweld en bloedvergieting).

In die dagblad Beeld beweer prof. Raath dat hierdie visioen betrekking het op Siener se seun
Willie wat in Kimberley in 1915 aan maagkoors gesterf het, terwyl hy (Siener) in
Johannesburg in die tronk was. Willie was egter geen ‘belangrike persoon’ nie, maar slegs
een van die 600 honderd rebelle wat Duitswes toe gegaan het om die traktate met Duitsland te
teken. Met sy begrafnis het daar ook géén vure uitgeslaan nie; ook was daar géén geweld óf
bloedvergieting nie — die begrafnis het stil, rustig en byna ongesiens verloop, en net ’n paar
vriende was by sy graf teenwoordig.

’n Ander visioen waarmee Raath ook heeltemal mistas, is die een wat Siener se dogter op 1
Oktober 1917 opgeteken het: Hy sien daar is mieliestronke by Johannesburg aan die brand en
dan kom ’n ry kafferassegaaie te voorskyn. Mieliestronke wat brand dui op bloedige geweld
en die ry assegaaie wat verskyn, wys vir ons wié vir daardie geweld verantwoordelik sal
wees.

Maar volgens prof. Raath het hierdie visioen betrekking op die 1922-mynstaking in
Johannesburg.

Hoe hy by daardie staking uitkom, weet nugter. Want slegs blanke mynwerkers was daarby
betrokke en Jan Smuts se blanke polisie- en weermag het dit met geweld onderdruk — Siener
se ry kafferassegaaie kom nêrens in die prentjie voor nie!

Die staking het begin toe die Kamer van Mynwese besluit het om 2 000 wit werkers af te
dank en met goedkoper swart arbeiders te vervang. Vir die blanke vakbonde was dit
onaanvaarbaar en hulle het begin staak. Op 10 Maart kondig Smuts krygswet af. Hy neem
persoonlik die beheer oor en loods ’n onverbiddelik en genadeloos veldtog teen sy eie mense.
Vanaf 10 tot 14 Maart het meer as 20 000 blanke troepe, ondersteun deur tenks en selfs
vliegtuie, na Johannesburg opgeruk. Die gevolge van die regeringsoptrede was katastrofies.
Altesaam 214 mense is dood, die meeste van hulle was stakers, en 42 van die wat gedood is,
was onskuldige bystanders.

’n Groter staking is dié van 1922


In nog ’n gesig sê Siener die dag wanneer ons die ergste droogte in ons geskiedenis beleef (en
dit was waarskynlik die afgelope 5 jaar die geval gewees), “…dan sien ek in Johannesburg ’n
baie groter staking as wat daar in 1922 was.”

Hierdie reuse-staking sal begin nadat die land reeds deur die een kragonderbreking na die
ander geteister is. Dit gaan nog so erg word, sê Siener, dat party mense vuurmaakhout sal
soek om kos mee gaar te maak, terwyl andere weer koue pap sal moet eet. Op verskeie plekke
sal daar ook geen drinkwater wees nie.

Die stakings en kragonderbrekings sal geleidelik al hoe groter raak en al hoe ernstiger
afmetings vir die ekonomie aanneem. Volgens die Siener sal niks hierdie groot staking kan
keer nie.

Die een salarisverhoging na die ander word geëis totdat die staat en besighede dit nie meer
kan bekostig nie, en talle besighede gedwing sal word om hul deure te sluit.

Hierdie massa-optrede vorm dan ook deel van die georganiseerde manier waarop die
Kommuniste die land totaal onregeerbaar wil maak, sodat hulle volle beheer kan oorneem.

(Cyril Ramaphosa se skorsing van Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC, het
as ’t ware die ANC in twee geskeur en Magashule se ondersteuners dreig nou om die land
vanaf Maandag 17 Mei lam te lê totdat Ramaphosa en sy kabaal kabinet hul posisies ontruim
het. Daar is al dikwels in die verlede sulke dreigemente gemaak, maar hierdie keer lyk dit
baie, baie ernstig. En ek dink ons moet ons maar vir die ergste voorberei).

In een van sy ander visioene vertel Siener ons hoe dinge in die toekoms gaan verloop nadat
blankes op elke moontlike manier eers deur die ANC regime en daarna die doringbos- of
tussentydse baster regering verneder, verguis, vertrap en van alles beroof is.

Hierdie visioen is in 1920 in ’n muur van ’n huis in Alberton-Noord versteek, en in 1961 deur
mnr. Gabriël Heroldt ontdek toe hy ’n deurkosyn in sy huis uitgebreek het om die
deuropening te vergroot — (’n artikel hieroor het op 22 Januarie 1993 in Die Transvaler
verskyn). Onderstaande is ’n uittreksel daaruit:

“Oom Klasie sê hy sien in die verre toekoms die parlementslede in Kaapstad as ’n ‘bontspan’
(m.a.w. hulle is van verskillende rasse). En alles wat nou bo is, sal dan onder wees en die wat
nou baas is, sal dan klaas wees.

“In daardie tyd sien hy sal die volk leierloos wees. Dan sal hulle (die volk) dinge in sy eie
hande neem. Daar sal ’n groot stilte heers net vóór die storm wat geweldig, maar kort van
duur sal wees, losbars. In die storm sien hy een emmer bloed omval (geweld en
bloedvergieting). Die Vierkleur word daarin gedoop en dan wapper die bloedvlag oor ons as
’n vrye volk …”

Siener het hierdie gesig in 1920 ook aan ’n predikant, dr. Servaas Rossouw van Swellendam,
bevestig toe hy gesê het hy sien ’n emmer bloed in die noorde van ons land omval en die
‘rooi kielhouer’ (smeltkroes — gees van verskrikking) oor ons gaan.

Nog elke keer wat Siener ’n emmer bloed sien omval het, het dit op ’n groot menseslagting
uitgeloop.

Dus, as daar nou één visioen van Siener is wat bo alle twyfel hard en duidelik vir ons sê dat
die pad na ons uiteindelike vryheid ’n diep bloedspoor sal agterlaat, dan is dit daardie emmer
bloed wat omval en waarin ons vlag gedoop word, want ongetwyfeld gaan dit groot, baie
groot bloedoffers vra.

En om dit nou bloot as net ‘swaar tye’ af te maak, is misleidend en onverantwoordelik, want
‘swaar tye’ sê vir ons niks, absoluut niks van die bloedoffers wat van die volk gevorder sal
word nie.

Ongelukkig gaan baie van ons mense wat nog met pêrels op die oë sit, na die Raath-grashalm
gryp en vas glo dat daar geen geweld of bloedvergieting tussen wit en swart sal plaasvind nie
en dat alles ten goede sal meewerk solank hulle net die geloof behou. Maar daar staan tog
geskrywe dat ‘geloof sónder die werke dood is’. Dus, die ‘rooi kielhouer’ gaan hulle
onverhoeds oorval, en hulle sal deur vrees en paniek beetgepak word wat sal maak dat hulle
verwilderd en angsbevange op die vlug gaan slaan, soos Siener gesê het.

Tot dusvêr het daar van prof. Raath se kant nog géén vermaning, géén woord van
waarskuwing gekom nie. Ook swyg hy oor Siener se voorspellings van erge armoede,
werkloosheid, die verlies van ons taal en standaard onderwys, verwoeste paaie,
kragonderbrekings, waterbesoedeling, ’n ontploffing by Jan Kempdorp se wapenopslagplek,
of die ineenstorting van die aandelebeurs. En wat van sy gesig van die bloedbad by ’n bult
(Marikana-koppie) naby Rustenburg? (16 Aug. 2011). Geen woord daaroor nie!

Maar probeer jy die duisende ‘Christene’ hieroor inlig, beroep hulle hul gou op die professor
se trooswoord: “Glo net en alles sal ten goede meewerk!”

Siener self het nooit net gepraat van ‘swaar tye’ wat vir ons voorlê nie. Hy het die onheile
wat daarmee gepaardgaan, elkeen by die naam genoem en noukeurig vir ons beskryf. Net so
ook het die Bybelse profete wat die basuin moes blaas nie net aan die volk gesê “Kyk, daar
kom ‘swaar tye’ en julle moet net die geloof behou nie.” Nee, ook hulle het elke onheil
vermeld en aan ons uitgewys. Gaan lees maar gerus Deut. 28 verse 16 tot 45 waar al die
strafgerigte een vir een opgenoem en in detail beskryf word.

Hieronder is ’n lys van sommige gesigte wat ek met behulp van die simbole in die visioene
kon verklaar en waarvan talle reeds bewaarheid is, asook dié wat nog in vervulling moet
gaan.

Sovêr ek kon vasstel, het meer as die helfte van Siener se visioene betrekking op ons eietydse
politiek, landsbeleid, ekonomiese situasie en toekomstige gebeure.

Behalwe die droomgesig wat hy as sewejarige gehad het, het sy visioenêre vermoëns eers met
die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog volle wasdom bereik.

Die onderstaande lys is maar net ’n fraksie van die belangrikste gebeurtenisse wat hy
vooruitgesien het, en dit vind ook nie noodwendig plaas in die volgorde waarin dit hier gegee
word nie:

 Die begin en einde van die Tweede Vryheidsoorlog


 Uniewording
 Die Eerste Wêreldoorlog en gepaardgaande Rebellie
 Die Groot Griep en die opkoms van Kommunisme
 Die 1933-Depressie
 Die Tweede Wêreldoorlog
 Stigting van die VVO
 Die NP-oorwinning in 1948

Siener se gesigte vir ons dag


Die moord op dr. Verwoerd het Siener reeds in 1922 voorspel. En kort hierna, het hy gesê, sal
die regering van die dag sy landsbeleid stelselmatig aanpas sodat hy ook ander
bevolkingsgroepe in sy geledere kan opneem. Daar sal dan begin word om samesprekings
met swart leiers te voer. Voorts het hy ’gesien’ dat daar in hierdie tyd ’n uitgerekte oorlog op
ons noordelike grens in Angola woed (die Grensoorlog).

Hy het die koms van ’n swart meerderheidsregering reeds tydens die 1914-Rebellie gesien.
Toe hy die gesig aan sy mede-rebelle meedeel, was hulle so ontsteld en woedend dat party
selfs gedreig het om hom dood te skiet. Maar presies 80 jaar later (1994) het dit na afloop van
’n verkiesing ’n werklikheid geword.
Hy het ook ‘gesien’ hoe dinge na daardie verkiesing gaan verloop:

 Die NP sou dan nog net in Kaapland regeer.


 Kort hierna sien hy die NP leier (FW de Klerk) bedank.
 Die nuwe leier (Martinus van Schalkwyk) verander die NP se naam. (Dit word die
Nuwe Nasionale Party).
 Dan sien hy die NP verdwyn heeltemal.
 Die spoorlyn tussen Prieska en Lüderitzbaai word herstel.
 Duitsland vergroot Lüderitzbaai se hawe.
 Die kloof wat die volk verdeel, raak al hoe groter.
 Bloedvergieting breek uit in Rustenburg.
 Werkloosheid neem toe, blankes verarm by die dag.
 Swart opstande en stakings dreig om die politieke en ekonomiese strukture lam te lê.
 Xenofobiese aanvalle vind oral plaas.
 Mynstakings en ander stakings kom gereeld voor.
 Daar is voortdurend kragonderbrekings.
 Weerlose blankes word tuis en op die plase vermoor.
 Blanke boere sal nog hulle plase verloor.
 Paaie verkrummel, elektrisiteitsvoorsiening, hospitalisasie en gesondheidsdienste
gaan tot niet.
 Landerye lê onbewerk weens ’n kwaai en uitgerekte droogte.
 ’n Tweede, veel erger griep-epidemie as dié van 1918 wis miljoene mense uit.
 Wall Street en wêreldekonomieë stort in duie.
 Die wapenopslagplek by Andalusië (Jan Kempdorp) ontplof.
 ’n Belangrike swart leier sterf.
 Uitbreek van die 3de Wêreldoorlog.
 Kommunistiese magte vanuit die Oos-Kaap val blankes aan, terwyl swartes in die
state ten noorde van Suid-Afrika hulle hierin sal steun. (In hierdie verband het hy
spesifiek na Zimbabwe verwys).
 Ons staan voor ’n Tweede Bloedrivier.
 ’n VN interimregering neem oor by die ANC.
 Daar volg ’n staatsgreep (met die hulp van Duitsland).
 Verdeeldheid in Afrikanergeledere kom op ‘n end — die kloof val toe
 Die Zoeloes en Xhosas raak betrokke by ’n bloedige stryd en ‘verdwyn dan agter ’n
newel’.
 Politieke partye ontbind.
 ’n Sterk, gelowige volksleier tree in die bres vir sy mense.
 Duitsland, voorsien Suid-Afrika van wapens via Lüderitz.
 ’n Kort, maar uiters gewelddadige militêre konflik vind plaas.
 Ons gaan laaste in en kom eerste daaruit.
 Duisende swart en blanke uitlanders gee inderhaas pad.
 Dinge gaan vir die Boervolk ’n skielike en verrassende wending neem. In die oë van
die buitewêreld sal dit ’n grootse wonderwerk wees.
 Die Vierkleur wapper oor ’n vrye, onafhanklike Boervolk.

In die video hieronder word Siener se ‘nag van onheil’ meer breedvoerig behandel:

https://www.youtube.com/watch?v=CtL_uf4Wy7E

You might also like