Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Onderwêreld: Memorandum van kontekstuele oefening

1. S: Greg
A: Nicole
K: Sy het hom gebel en hy maak hierdie uitspraak nadat sy gesê het sy is lief vir hom
B: Greg beskou woorde soos sy “Selfde” as Polyfilla: dit dien slegs om stiltes te vul
en is nie ware kommunikasie nie

2. S: Plank (Mark Gibbons)


A: Greg
K: Plank het Greg wakker gemaak waarop Greg gesê het dat hy sal laat slaap as hy
wil omdat hy nie homself as hoofseun gekies het nie.
B: Plank voer aan dat die “uitverkorenes” slegs die leiersposisies by die skool beklee
Omdat hul ouers bereid was om geldelike bydraes tot die skool te maak. Hy sê
ook die wapens wat die leiers dra, is soos kwitansies van die saketransaksies.
Hierdie uitspraak sluit aan by die onderwêreld van geld en korrupsie.
3. S: Eckardt
A: Greg
K: Greg het op sy skootrekenaarv gewerk en hulle het oor hul streng pa’s gesels.
B: Eckard voer aan dat die seuns van Lawson Kollege gebreinspoel word om die
regte dinge te sê en doen; hulle moet klone van hul pa’s wees. Hierdie uitspraak
ondersteun die tema van verset teen gesag en sosiale instansies.

4. S: Rina Owen (Greg se ma)


A: Greg
K: Sy het hom gebel en hy kon aan haar stemtoon agterkom dat dit nie goed gaan
met haar nie.
B: Sy onderdruk haar gevoelens en behoeftes om haar ma tevrede te stel. Sy is tree
minderwaardig op en is eensaam. Hierdie uitspraak sluit aan by die onderwêreld
van geld: weens sy gejaag na geld het Greg se pa nie sy gesin se gevoelsnin ag
geneem nie.

5. S: Greg se pa
A: Greg
K: Hy het Greg gebel nadat Dok Pinaar hom gesê het Greg het geweier om rugby te
Speel. Sy pa het hom geskel omdat hy die skoolhoof se gesag ondermyn het en
hom gedwing om vir Dok Pienaar om verskoning te vra.
B: Hierdie uitspraak sluit aan by die temas van ouer-kindverhoudings en die verset
teen gesag.

6. S: Greg
A: Nicole
K: Hulle was by ‘n nagklub (Secrets and Lies) en Nicole het vir hom ecstacy
aangebied. Hy het dit geweier omdat hy nie hou van hoe dit hom laat voel nie.
B: ‘n Mens kan aflei dat Greg al voorheen ecstacy gebruik het. Ook dat hy daarvan
hou om in beheer van ‘n situasie te wees. Dwelmmisbruik is een van die taboe-
onderwerpe wat in die roman voorkom.
7. S: Joan Gibbs, een van Dr Pienaar se persoonlike assistente by Lawson Kollege
A: Greg
K: Hy het hom voorgedoen as ‘n sisteemadministrateur van Harrismith Technologies
wat ‘n sekuriteitspak op Dok Pienaar se rekenaar wou installeer.
B: Greg het sosiale manipulasie gebruik om Dok Pienaar se sleutelwoorde van Joan
Gibbs te verkry. Hierdie uitspraak ondersteun die tema van sosiale manipulasie
en sluit aan by die onderwêreld van kuberkrakery.

8. S: Greg
A: Eckardt
K: Tydens die vakansie in Jeffreysbaai konfronteer Greg een aand vir Eckardt omdat
hy vermoed Eckardt was in Nicole se kamer.
B: Die agterdog oor of wat werklik daardie aand In Jeffreysbaai gebeur het,
bly aan Greg knaag. Hy is wantrouig, veral wanneer Nicole tydens hul
telefoongesprekke na Eckardt verneem. Hierdie konfrontasie is ‘n vooruitwysing
na die werklike bakleiery tussen Greg en Eckardt teen die einde van die roman.

9. S: Eckardt
A: Greg
K: Nadat Greg gesê het die heldeverering van die ander seuns raak soms vir hom te
veel en hy wens hy was liewer Eckardt, sê Eckardt hy wens soms hy was Greg.
Hy voeg dan ‘n bedekte waarskuwing by dat iets slegs in die toekoms met Greg
kan gebeur en dan is hy nie seker of hy nog in Greg se skoene sal wil staan nie.
B:

10. S: Greg
A: Sy ma, Rina Owen
K: Hulle is in Clarens nadat Greg in hegtenis geneem is en ‘n polisieverklaring afgelê
het wat tot Dr Pienaar se arrestase gelei het.
B: Die magsrolle in die gesin het nou verander: Greg is in beheer. Dit is ook
duidelik dat hy nog steeds lief is vir sy pa. Sy ma ondergaan ook ‘n
rolverandering, want sy moet nou na haar man kyk, terwyl hy voorheen die enigste
broodwinner was en vir haar moes sorg. Greg se pa is noun nie meer die sterk
mediamagnaat wat sy gesin met ‘n ysterhand regeer nie; hy kom swak voor en
moet deur sy vrou versorg word.

You might also like