Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Simboliek

DIE SLANG
● In Greg se huis is ‘n donker, drukkende gevoel soos ‘n opgekrulde slang. Hy en sy ma is
hartseer oor sy broer se selfdood en die pa se tronkstraf.
● Greg sien by die Basilica Cistern ‘n reusekop van ‘n vrou met hare van slange. Volgens die
Griekse mitologie was sy ‘n vroulike monster en as jy na haar gekyk het, het jy in klip
verander. Dit verwys na Valkyrie wat soos Medusa eintlik ‘n vroulike monster is en die
dood meebring.
● Hierdie beeld herinner Greg aan ‘n slangbeeld in Stellenbosch waar die slange so
oormekaar krul dat jy nie weet wie is wie nie. Dit is ‘n verwysing na die Butcher, die Baker
en die Candlestick-maker, Valkyrie en ook al die verbintenisse wat Thomas Lawson met
mense het.
● In die Christendom verwys die slang na verraad. (vgl. Die Paradys, Satan).
● Dr. Stadler is soos ‘n giftige slang. Hy eksperimenteer met gif van kleins af.
● Greg sê op een stadium aan Ayla dat Xander ‘n slang is en nie vertrou kan word nie.
● Die kanale in Venesië is soos slange wat bote in die Grande Canale uitspoeg en die dood
bring, soos Plank wat sterf.

Water
● Water dui op reinheid/skoonmaak.
● Water kan ook die dood meebring, bv. Tom se liggaam wat in die Eersterivier gevind is en
Plank se dood in die Venesiese kanaal.
● Die heilige waterfont wat eens by die Hagia Sophia in Turkye gestaan het, het die inskripsie
gehad: “Was die sondes af, nie net die gesig nie.”
● Jy moet nie net jouself skoon was nie, maar jou ook reinig van jou sondes, d.w.s. innerlik
skoonmaak. Jou sondes bely.
● Xander het die Griekse palindroom aan Greg in Stellenbosch gestuur voordat hy besluit
het om Greg te help.
● Hiermee wou hy gehad het dat Greg moes bely en verantwoordelikheid neem vir sy pa se
sondes voordat hy hom sou help
● Aan die einde maak dr. Stadler ‘n stelling dat hulle nou letterlik en figuurlik hulle sondes
gaan afwas en hulleself (sielkundig en geestelik) skoonmaak.
Eers moet hulle begin by die sondes van die vaders. Daar is Xander se pa, Greg se pa en dr.
Stadler se pa se sondes wat gevolge vir die volgende geslag sal inhou.

Prometheus, die vuursteler


● Hy het die magiese vuur van die gode gesteel om die gewone mense te help. As straf het
Zeus hom aan ‘n rots vasgeketting. Elke dag eet ‘n reuse arend sy lewer en in die aand groei
die lewer terug.
● Dit dui op ‘n kringloop wat nie eindig nie, ‘n ewige marteling.
● Prometheus is ‘n simbool vir Xander wat oor en oor sy pa se marteling en moord herleef.
● Dit dui ook op die skuldgevoel wat die heeltyd aan hom vreet oor wat hy vir Greg en sy
familie aangedoen het.

Die Valkyrie
● Sy is vroulike oorlogsgodinne wat besluit oor die lot van die soldate in ‘n geveg: wie sou
lewe en wie sou sterwe.
● In die boek is Valkyrie dr. Stadler se vrou, wat eintlik die ware mag agter die troon was. Sy
het dr. Stadler ondersteun en het die mag van lewe en dood oor die regter gehad.
● Greg kom ook agter dat sy dieselfde vrou was wat by sy pa se hofsaak was en dat sy in
Stellenbosch was en Plank oor hom uitgevra het.
● Sy het die teenmiddel in haar hand nadat Greg vergiftig was. Sy kan soos die oorlogsgodin
besluit wat met Greg gaan gebeur.

Die half versteekte klip en slingervel by die Dawidbeeld


● Dit is ‘n simbool dat oorwinning nie in jou fisieke krag lê nie, maar in jou denke. Greg en
Xander is niks in vergelyking met die Baker se mag nie, maar deur hulle hacking kan hulle
die Baker oorwin.
● Die stuk marmer waaruit die Dawidbeeld gemaak is, wou niemand hê nie, omdat dit
onperfek was. Uit die onperfekte marmer het Michelangelo perfeksie geskep.
● Die Baker en Valkyrie het op dieselfde tyd as Greg die Accademia galery in Florence
besoek. Die Baker vertel Greg dat Michelangelo uit die onperfekte die perfekte geskep het.
● Met ander woorde; wat hulle nou doen word dalk as boos en sleg beskou en die pyn wat
hulle nou veroorsaak word gekritiseer, maar ter wille van die wetenskap kan dit voordelig
wees, bv. die eksperimente om babas se breine te beheer.

Die Gordiaanse knoop


● Dit is ‘n antieke Griekse legende wat met Alexander die Grote geassosieer word. Dit word
dikwels gebruik as ‘n metafoor vir ‘n onoplosbare problem
● Dit is simbolies van Greg en Xander se soektog na die Baker.
● Dit is moeilik om los te maak. Xander en Greg moet sistematies te werk gaan om die Baker
op die Donker Web te soek en te vind.
● Volgens navorsing het Alexander die knoop met sy swaard deurgesny en so die oplossing
gevind.
● Xander het, soos sy naamgenoot, deur Ransomware en Doxware ‘die knoop deurgehaak’
en die Baker en Valkyrie ontbloot.

You might also like