Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 7

Die

Testament Radiodrama deur Rhona Peens

‘n Studiegids saamgestel deur

Dr. Sonia du Plessis

1|KOPIEREG VOORBEHOU DR S DU PLESSIS las@yebo.co.za


INHOUDSOPGAWE
1. WAT IS ‘N DRAMA? 1
2. DIE TESTAMENT AS EENBEDRYF 1
3. DIE TESTAMENT AS HOORSPEL / RADIODRAMA 2
4. DIE VOORDELE EN NADELE VAN DIE HOORSPEL 2
5. DIE BOU VAN DIE DRAMA IN DIE TESTAMENT 3
a. Die eksposisie (uiteensetting / aanloop) 3
b. Motoriese moment 4
c. Die verwikkeling en ontwikkeling 4
d. Hoogtepunt of klimaks 5
e. Ommekeer / wending 5
f. Ontknoping / afwikkeling 6
6. HANDELINGSFASES 6
7. DIE ROL VAN BYKLANKE IN DIE HOORSPEL 6
8. BOTSING / KONFLIK 7
9. TYD EN RUIMTE IN DIE TESTAMENT 8
a. Verteltyd 8
b. Vertelde tyd 8
c. Ruimte 8
10. HANDELING 8
a. Uiterlike handeling 9
b. Innerlike handeling 10
11. DIALOOG 10
12. TEMA 10
13. BOODSKAP 10
14. KARAKTERISERING 11
15. SOORTE KARAKTERS 11
a. Die protagonis(te) 11
b. Die antagonis 12
c. Die tritagonis 12
d. Figurante 12
16. HERMAN, KATINKA EN ZENOBIA EN OOM JOSEF AS KARAKTERS IN 12
DIE TESTAMENT
17. KONTEKSTUELE VRAE 16
18. OPSTELTIPE VRAE 21

KOPIEREG 2018

www.studiegidse.com las@yebo.co.za Sel 0832543906

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word in enige vorm of op
enige manier, elektronies of meganies, insluitende fotokopiëring, plaat- en bandopname of deur
enige inligtingbewaring- en ontsluitingstelsel, sonder die skriftelike verlof van die skryfster nie.

2|KOPIEREG VOORBEHOU DR S DU PLESSIS las@yebo.co.za


WAT IS ‘N DRAMA?
Die Griekse woord drama beteken handeling. Die handeling
boots menslike handeling na deur sprekende en handelende
akteurs.
1. As ‘n drama wat opgevoer word, kan die
handeling nie op te veel plekke laat plaasvind nie.
In die hoorspel sal dit die luisteraar
deurmekaarmaak.
2. Die handeling word in hierdie geval op hoorbare
wyse voorgestel.
3. Gebeure wat nie direk voorgestel kan word nie, moet op ander maniere weergegee
word. Die voorgeskiedenis sal deur middel van vertellings of geprekke meegedeel
word, byklanke suggereer rekwisiete en handeling. (Rekwisiete is die beweegbare
artikels of voorwerpe wat in die drama gebruik word. In die hoorspel word dit
gebruik om klanke te maak wat ’n illusie gee van die werklikheid).
4. Die drama bied ‘n hoogs gekonsentreerde weergawe van die verhaal.
5. Daarom speel handeling ‘n belangrike rol in die drama. Dit sluit ook die innerlike
handeling in, dit wil sê alles wat in die gemoedere van die karakters plaasvind. Die
innerlike handeling is genoeg om spanning op te wek.

3|KOPIEREG VOORBEHOU DR S DU PLESSIS las@yebo.co.za


DIE TESTAMENT AS HOORSPEL /
RADIODRAMA
Die hoorspel is ‘n drama wat deur middel van die
radio vir luisteraars uitgesaai word. Die testament is
‘n hoorspel (radiodrama) wat ‘n gedramatiseerde,
akoestiese uitbeelding van ‘n fiksionele wêreld is.
Dit het geen visuele komponent nie. Die gebeure
word
gedramatiseer en dis ‘n suiwer akoestiese
uitbeelding. Omdat dit geen visuele komponent
het nie, steun die radiodrama op
dialoog, musiek en byklanke om die luisteraar te help om die karakters te visualiseer en die
storielyn te volg. Alhoewel dit ouditief in die fisiese dimensie is, is dit in die psigologiese
dimensie ‘n sterk visuele krag: die luisteraar beleef dus die gebeure as’t ware in sy
verbeelding as ‘n werklikheid.

4|KOPIEREG VOORBEHOU DR S DU PLESSIS las@yebo.co.za


Die eksposisie (uiteensetting / aanloop)
In die eksposisie word die karakters wat by die situasie betrokke is, aan die luisteraar
bekendgestel. Die situasie word belig en die moontlike botsing tussen die karakters word ook
openbaar. Die dramaturg wil die toehoorders so gou as moontlik op hoogte bring van die
vernaamste feite wat hulle moet weet om die drama te kan volg. Sy moet hierdie inligting
deur middel van dialoog of byklanke verskaf, sy kan dit nie self aan die luisteraar / leser
meedeel nie. Die nodige besonderhede word in ‘n gesprek tussen twee of meer karakters
bespreek en op die manier aan die luisteraars oorgedra. In Die testament word die gehoor
ingelig dat Herman ‘n opportunis is wat vinnig geld wil maak omdat hulle dit finansieel nie
breed het nie, of finansiële probleme het. Hy speel die Pick Six en hoop nie dit is die
bankbestuurder nie, na aanleiding van die telefoongelui. Zenobia word ook bekendgestel as
‘n tipies egosentriese jongmens. Gideon Hansen, oom Josef se prokureur, het aangekondig
dat oom Josef oorlede is en die hele Rousseau-gesin moet hom die volgende dag in sy
kantoor gaan spreek. Die nuus laat Katinka onaangeraak en Zenobia is ook

5|KOPIEREG VOORBEHOU DR S DU PLESSIS las@yebo.co.za


HERMAN, KATINKA EN ZENOBIA EN OOM JOSEF AS KARAKTERS IN DIE
TESTAMENT
Oom Josef se testament het ten doel om karakterverandering by die onderskeie
rolspelers teweeg te bring.
Herman word as ‘n jansalie (‘n
lamlendige persoon) in die
opgawe beskryf. Sy ingesteldheid
is dié van materialisme en hy is
‘n opportunis. Hy wil op ‘n
maklike manier geld maak en
wed graag op perde. Sy vrees
vir ‘n oproep van die
bankbestuurder bevestig dat dit
met sy finansies nie goed gaan
nie.
Katinka is Herman se onvergenoegde vrou.
Dit blyk dat sy meer spaarsamig is as hy en
maak om dié rede self ‘n rok vir Zenobia se
jaareindfunksie. Oom Josef se dood laat haar
koud; selfs toe hy gelewe het, het sy tog
beskuit vir hom gebak, maar nooit uitgevind
of dit in sy smaak val nie. Sy erken dat hullle
net uit pligsbesef by oom Josef gaan kuier
het, al was hulle sy enigste oorblywende
familie.

6|KOPIEREG VOORBEHOU DR S DU PLESSIS las@yebo.co.za


KONTEKSTUELE VRAE
1. Wat is die funksie van die opgawe van die drama
(p.16)?
2. Hoe verskil die drama van die roman?
3. Hoe verskil die drama se tipografiese teks dus van die
roman se teks?
4. Wat is die funksie van die toneelaanwysings en
toneelinkleding?
5. Beskryf die aard van die drama waarin die
karakters optree en die gebeure afspeel, soos dit blyk uit die neweteks waarin die
agtergrond uiteengesit word voor spreekbeurt 1.
6. Wat is die funksie van die klank en byklanke in hierdie drama?
7. Watter kontekstuele ruimte word deur die byklanke (spreekbeurt 1) opgeroep?
8. Verduidelik die verskil tussen die hoofteks en die neweteks deur na
spreekbeurt 1 te verwys.
9. Waarna verwys die Pick Six? (Spreekbeurt 1).
10. Dink jy dat Herman suksesvol is in sy weddery? Motiveer jou antwoord.

OPSTELTIPE VRAE
1. In hierdie drama tree oom Josef Rousseau as een van die belangrikste karakters op.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 300–350 woorde deur aandag aan die
volgende aspekte te skenk:
 Die redes waarom oom Josef as een van die belangrikste karakters beskou
kan word (TWEE feite).
 Enige vier karaktereienskappe van oom Josef (VIER gemotiveerde feite) •
 Hoe oom Josef se karaktereienskappe met dié van Herman Rousseau
kontrasteer (DRIE gemotiveerde kontraste).
2. In die drama, Die testament, dra omstandighede daartoe by dat die hoofkarakters van
karakter verander. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 300–350 woorde.

7|KOPIEREG VOORBEHOU DR S DU PLESSIS las@yebo.co.za

You might also like