Driehoekige Sirkel Notas Deel 2

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 9

KARAKTERS

HOOFKARAKTER (PROTAGONIS)
CARO
Caro is die hoofkarakter of protagonis in hierdie roman. Omdat die protagonis
voordurend ontwikkel in die roman word daar na so ‘n karakter verwys as ‘n ronde
karakter. Caro, as hoofkarakter, is aanvanklik ‘n buitestanderfiguur. Wanneer Steyn
haar die eerste keer op die skoolgrond kry, wens sy net dat hy asseblief moet weggaan.
Maar soos sy meer en meer betrokke raak by die gebeure in die skool, word sy deel
van die gemeenskap, alhoewel sy aanvanklik hewige teenstand kry.
Sy het teruggekom om vergelding te eis, maar word tog telkens vervul met onsekerheid.
Sy erken dat sy al vir baie jare probeer weghardloop van al haar seer en nooit vrede
ervaar nie. Sy probeer van die werklikheid ontvlug deur “van haar gedagtes weg te
hardloop”. Om die rede is sy byna verslaag aan draf, want dit is vir haar ‘n manier om
haar kop skoon te kry.
Caro word gereeld herinner aan haar verlede. Wanneer Steyn vir haar sê, “…kan ek
jou met iets help…” dink sy terug aan hoe sy gehelp is om uit die dorp te vlug toe sy
swanger geraak het.
Van skooldae af ervaar Caro ‘n gevoel van verwerping. Sy ervaar dit ook wanneer
Salome voel dit is nie ‘n goeie idee dat sy die krieketspan afrig nie.
Met Caro se terugkeer na haar alma mater raak sy teen haar wil betrokke by die
gemeenskap. Met die tyd verander haar gedagtes oor wraak. Sy besef dat Steve nie
alleen die skuld kan dra vir dit wat gebeur het nie. Sy het ook ‘n keuse gehad. Sy
wonder of die verandering in sienswyse nie dalk die rede is hoekom sy moes terug keer
nie?
Caro het haar voorgeneem om nie by mense se lewens betrokke te raak nie. Maar sy
het vergeet hoe naby plattelandse mense aan mekaar lewe. Sy raak betrokke by
Lauren, die krieketspan, die mense by die skool. Sy oorweeg dit om terug te keer na
die stad, maar sy het emosioneel by te veel mense betrokke geraak. Een van Caro se
sterkste kakartereienskappe is dat sy deursettingsvermoë het. Sy maak klaar waarmee
sy begin het.
Caro besef dat sy in haar leuens gaan vasdraai. Sy kan nie so voortgaan nie en is
bang dat Marcia haar sal herken. Hoe gaan sy verduidelik dat sy tot nou toe nie erken
het dat sy sekere van die mense ken nie? Het Marcia nie al genoeg gely a.g.v. haar
kinderloosheid nie? Caro is nie meer heeltemal oortuig dat die vergelding wat sy soek
die regte idee is nie. Waarvan sy wel oortuig is, is dat sy iewers met die waarheid
vorendag moet kom.

1
George en sy rassistiese uitlatings bring vir Caro net nog meer probleme. Sy weier om
die diskriminasie te aanvaar. Sy besef dat sy nie aan al haar probleme gelyk moet dink
nie, maar dat sy hulle een vir een moet probeer oplos.
Caro voel onseker oor haar familie en die rol wat hulle in haar lewe gespeel het. Sy
sukkel om die armoede te aanvaar waarmee sy groot geword het, maar nou besef sy
dat hulle vir haar baie meer as geld gegee het. Haar pa het haar probeer leer dat
vergifnis die beste geneesmiddel is, maar sy wou dit nie aanvaar nie. Vandag besef sy
die waarde daarvan en sy besef dat sy soveel meer as geld gehad het. Haar ouers het
dit wat gebeur het aanvaar en aangegaan met hulle lewens. Sy het ‘n lang pad geloop
voor sy op daardie punt gekom het.
Die mense en gebeure op die dorp maak dat Caro meer insig kry oor keuses wat sy in
die verlede gemaak het. Sy besef dat sy altyd ‘n keuse gehad het. Maar sy besef ook
dat mens nooit weet of jy reg kies nie. Miskien het sy gedink ‘n lewe saam met Steve
sou vir haar meer geluk en gemak (geld) bring.
Sy kom mettertyd tot die besef dat die uitdeel van seer haar nie laat beter voel nie.
Sy voel dat sy vir al die spanning in die skool verantwoordelik is: krieket, trompoppies,
rassisme, Salome, ens.
Haar pa het vir haar Marike de Klerk se woorde op ‘n papiertjie geskryf: Die verskil
tussen waardigheid en onwaardigheid is vergifnis. Die verskil tussen siek bly en
genesing is vergifnis. Sy besef sy moet haarself vergewe vir verkeerde keuses wat sy
gemaak het omdat sy ten alle koste aanvaar wou word. Sy moet Steve vergewe omdat
hy haar weerloosheid misbruik het. Sy kom tot die slotsom dat hulle albei skuld het aan
die gebeure.
Caro weet dat vergifnis en die neem van verantwoordelikheid vir haar eie verkeerde
keuses die verskil maak. I took the road less travelled by…And that has made all the
difference.

NEWEKARAKTERS
Newekarakters vervul nie so ‘n belangrike rol in die roman as hoofkarakters nie. Daar
vind ook nie noodwendig karakterontwikkeling plaas soos by die hoofkarakter nie.
Teenoor die hoofkarakter staan die antagonis. Dikwels wedywer hulle oor ‘n derde
persoon of mag, die tritagonis. Dit kan ‘n fisiese persoon wees, maar dit kan ook iets
wees soos ‘n familieplaas of ‘n sakeryk.
STEVE EN MARCIA
Caro het teruggekom na haar geboortedorp om wraak te neem op Steve (antagonis)
wat haar swanger gemaak het toe hulle nog op skool was.

2
Dit onstel Caro vreeslik wanneer Betsie vir haar vertel dat Steve en Marcia nie kan
kinders hê nie. Betsie besef dat dat daar iets in die verlede tussen Steve en Caro
gebeur het en dat dit vir Caro vreeslik pla.
Caro vra vir Steve om die krieketspan te borg nadat George se pa as borg onttrek.
Aanvanklik wou hy nie, want Paul Thompson is ‘n vriend van hom. Steve praat van ‘n
saak van lojaliteit en beginsels. Die ironie van hierdie uitlating is dat Steve nie daaraan
gedink het toe hy Caro swanger gemaak het op skool nie. Steve kon nie glo dis
Karolientjie van Blikkiesdorp wat voor hom staan nie.
Steve dink dat sy hom afpers en dreig haar om almal te vertel wat op skool gebeur het.
Caro was nooit van plan om Marcia te vertel nie. Sy wou hom net bewus maak van wat
hy aan haar gedoen het en sy het gehoop dat hy dalk ‘n gewete ontwikkel het en
skuldig voel oor wat gebeur het. Steve stem in om die krieketspan te borg op
voorwaarde dat sy nie vir Marcia vertel wat gebeur het nie. Waar is Steve se lojaliteit
en beginsels nou?
Caro voel eerder beter as slegter na haar ontmoeting met Steve. Sy besef dat sy nie vir
Marcia kan laat boet vir dit wat Steve gedoen het nie. Steve en Marcia kry reeds swaar
omdat hulle nie kan kinders hê nie. Caro dink terug aan Steve en sy pa wat haar
destyds gedreig het deur aan haar geld te gee en dan moet sy die dorp verlaat. Doen
sy wat Caro is nie nou dieselfde nie?
Caro wonder of Steve die ware storie aan Marcia gaan vertel en of hy vir haar ‘n
verdraaide weergawe gaan vertel?
Steve ontbied weer vir Caro na sy kantoor. Hy wil die kind aanneem en as sy eie groot
maak. Noudat hy die kind nodig het, is Caro goed genoeg. Vroeër het hy haar betaal
om te verdwyn. Hy beskuldig vir Caro van selfsugtigheid. Was hy nie vroeër meer
selfsugtig nie?
Steve is bang dat as Marcia uitvind dit die einde van sy vennootskap met sy skoonpa
sal wees. Weereens dink hy net aan homself. Hy vertel haar van die weddenskap met
sy vriende omdat sy so opdringerig was.
Ten slotte kom Steve ook tot die insig dat dit vir hom belangrik is dat Caro hom
vergewe. Hy is bang om vir Marcia te vertel. Caro wys hom daarop dat dit nie geluk
bring om in ‘n leuen te leef nie. Hy moet hulle liefde vertrou.

SALOME
Salome, as antagonis, is ‘n onderwyseres, beeldskoon en bevriend met Steve en
Marcia. Sy en Marcia kom beide uit ryk families.

3
Caro dink aanvanklik daar is ‘n verhouding tussen Steyn en Salome. Caro en Salome
kom glad nie goed oor die weg nie. Salome is bang dat daar ‘n verhouding tussen
Steyn en Caro kan ontwikkel.
Caro sien nie kans om ‘n vriendskap met Salome te smee nie. Sy verwerp Salome se
uitnodiging om saam na Polokwane te gaan.
Steyn nooi vir Caro vir ‘n naweek saam plaas toe en Salome is woedend daaroor. Sy
beskuldig Caro van agterbaksheid. Salome is lelik met almal wat dit waag om naby
Steyn te kom.
Salome gee vir Caro die skuld vir die probleme met die trompoppies omdat Amy nie
haar hare wil vasmaak nie. Sy meen as Caro nie so sterk standpunt ingeneem het by
die krieket nie, sou mnr. Buys haar ook nie verplig het om die meisies te dwing om hulle
hare vas te maak nie.
Caro dink dat Salome haar regtig haat, maar tog kry sy haar jammer toe Steyn vir haar
sê dat hy en Caro saam na Betsie se troue toe gaan. Steyn is van mening dat Salome
aanspraak maak op iets wat daar nooit was nie. Dis vir hom belangrik dat Caro dit sal
weet en onthou. Dit laat Caro skuldig voel, want hy is eerlik met haar en sy is nie eerlik
met hom nie.
Steyn praat alleen met Salome en vertel haar dat hy regtig nie in haar belang stel nie.
Salome kry baie seer en vra op haar aweregse manier vir Caro om verskoning. Sy vra
‘n oorplasing aan na ‘n ander skool. Caro het groot deernis vir Salome se seer.

STEYN
Steyn is ‘n boer wat uithelp in ‘n Wiskunde-aflospos. Salome is verlief op Steyn, maar
hy stel nie in haar belang nie. Wanneer Salome opmerk dat sommige mense (Caro)
enige iets sal doen om aandag te trek, wys Steyn haar daarop dat haar opmerking
ongevraagd en katterig is. As Salome negatief oor die plaas praat, wys Steyn haar
daarop dat mense verskil en almal nie van die dieselfde goed hou nie.
Caro ervaar hom as baasspelerig as hy vir haar sê om nie laat by die skool te bly nie,
want dit is gevaarlik. Eintlik is hy net besorg oor haar en bedoel dit nie so nie.
Reeds van die begin af het Steyn ‘n invloed op Caro. Sy bloos as sy agterkom hy hou
haar dop en sy gesig skuif voortdurend tussen haar en haar werk in.
Caro gaan aanvanklik teen haar sin saam met Steyn plaas toe. Hy sê vir haar dat sy
ma alle nuwe onderwyseresse plaas toe nooi. Sy was woedend toe sy agterkom dat hy
vir haar gejok het, maar het maar vrede gemaak met die gedagte omdat sy besef het sy
sou nie gegaan het as Steyn haar genooi het nie.
Hy beveel haar ook om haar mondfluitjie saam te neem plaas toe. Nadat sy vir hulle
gespeel het, ervaar sy ‘n vrede wat sy lanklaas ervaar het. Die plaas was vir haar ‘n

4
wonderlike tussenspel tussen die verlede en die hede wat toe tog ‘n positiewe
uitwerking op haar gehad het.
Caro het nie die moed om Steyn te vertel van haar verlede nie, maar dit vir haar baie
sleg om ‘n leuen te leef. Steyn sien dat sy ‘n berg saamsleep en stel haar gerus dat sy
vir hom kan vertel as sy reg is. Caro ervaar ‘n rustigheid in Steyn se teenwoordigheid
totdat tant Molly sê dat Salome vir Steyn gesoek het. Maar Steyn wys haar daarop dat
Salome presies weet waar hy met haar staan.
Caro het na haar geboortedorp teruggekeer om vergelding te soek, maar Steyn het
alles omvergewerp. Sy voel onmiddellik aangetrokke tot hom, maar weet nie of sy kans
sien om hom van haar verlede te vertel nie. Sy kom tot die slotsom dat sy of vir hom
alles moet vertel of haar onttrek, want sy sien nie kans om hulle “vriendskap” op leuens
te bou nie.
Steyn ondersteun Caro se besluit om George uit die krieketspan te laat. Sy voel dat sy
net probleme maak sover sy gaan. Steyn flankeer met haar en sê dit is nie al wat sy
veroorsaak nie.
Caro ervaar Steyn as arrogant omdat hy net aarvaar dat sy saam met hom na Betsie en
Dirk se troue sal gaan. Caro voel of sy beheer oor haar lewe verloor en erken later aan
haarself dat sy “bang” is om saam met hom na die troue te gaan.
Steyn ondersteun Caro in haar besluite. Hy dink dis wonderlik dat sy vir Steve as
krieketborg gekry het en kan nie verstaan waarom Salome so ontsteld is daaroor nie.
Steyn is altyd bereid om haar te help en dit plaas Caro nog meer onder druk om met
die waarheid na vore te kom. Hy sê vir Caro dat sy nie te lank moet wag om vir hom die
waarheid te vertel nie, want hy wil dit graag by haar hoor en nie by iemand anders nie.
Uiteindelik het Caro die moed om hom alles te vertel en al wat Steyn sê is: “Ek is so lief
vir jou.”

BETSIE
Betsie is ‘n vrolike spontane onderwyseres wat verloof is aan Dirk.
Betsie is baie selfbewus oor haar vetrolletjies en sê vir Caro dat julle skraletjies nie ons
molliges se frustrasies verstaan nie.
Betsie sê vir Caro dat Salome net jaloers is omdat Caro mooi is en Steyn in haar
belangstel.
Betsie is oulik, lojaal,‘n goeie mensekenner en eerlik in wat sy sê. Sy is ‘n goeie
vriendin vir Caro en besef dat Caro ‘n verlede het wat haar seermaak. Betsie
respekteer die feit dat Caro nog nie kans sien om oor haar verlede te praat nie.

5
Betsie bewonder Caro se moed om Paul Thompson en Salome so vreesloos aan te vat
en te staan by dit waarin sy glo.

LAUREN
Lauren word baie oor haar gewig gespot en kan maar net nie maats maak nie. Sy
probeer vriende maak deur hulle van haar ma se koekies aan te bied. Volgens die
ander leerders soek sy ook witvoetjie by die personeel deur vir hulle koekies aan te
bied. Sy kom uit ‘n goeie huis, maar haar ouers probeer hulle enigste kind se probleme
met kos regmaak.
Caro kan identifiseer met Lauren omdat sy ook oorgewig was op skool, maar sy wil nie
betrokke raak nie. Lauren maak haar hart oop teenoor Caro en vertel haar hoe lelik
Amy en haar vriendinne met haar is. Lauren dink dat kinders net van jou hou as jy
mooi, slim en ryk is. Lauren is ‘n onderpresteerder en het probeer gewigsstoot, maar
meneer Woodrow het gesê sy mors almal se tyd.
Caro ontferm haar oor Lauren en help haar met gewigstoot. Sy gee vir Lauren raad en
help haar om nie dieselfde paadjie te stap as sy wat Caro is nie.
Caro sê vir Lauren dat sy te veel redes soek om nie te wees wat sy wil en kan wees nie.
Lauren se groot droom is om mooi en maer te wees. Caro is van mening dat ‘n mens
sommige dinge kan verander en ander nie. Mooi lê binne ‘n mens. ‘n Mens kan uiterlik
beeldskoon wees, maar ‘n minder mooi persoonlikheid hê. Aan haar gewig kan sy wel
iets doen.
Caro se betrokkenheid by Lauren laat haar ook dink oor keuses wat sy moet maak. Sy
sê vir Lauren dat as jy regtig wil iets doen, kan jy. So Caro kan dus ook vir Steve
vergewe?
Lauren toon onwikkeling. Sy sit nie meer pouses alleen nie en haar klere begin losser
sit. Caro se raad help baie. Na Caro se gesprek met Steve sien sy amper nie meer
kans om vir Lauren te help nie, maar besluit om vas te byt. As iemand haar net kon
help soos sy vir Lauren probeer help…
Caro moedig Lauren voortdurend aan. Sy waarsku haar dat daar altyd mense in jou
lewe is wat jaloers is op jou deursettingsvermoë. Caro erken dat daar ook sulke mense
in haar lewe is, maar die verskil tussen siek wees en genesing, is vergifnis. Caro besef
dat haar ouers haar ook die dinge wou leer, maar sy was te hardkoppig en wou nie
luister nie.

6
DIRK
Dirk is effens valerig, met ‘n sterk gesig en ‘n rustigheid wat jou dadelik trek. Dirk is
verloof an Betsie. Hy is die stiller een van hulle hulle twee en vermaan haar kort-kort
om nie te vining te oordeel nie.
Dirk sê aan Caro dat sy niks het om oor sleg te voel na Salome se reaksie op haar kuier
op die plaas nie.
Dirk is nie so gelukkig in die die skool soos wat dit op die oog af lyk nie. Hy klink effens
bitter as hy sê: “ter wille van die skool en die ander leerders doen ons wat voorgeskryf
word.” Hy waarsku ook vir Caro dat sy dalk probleme kan kry omdat sy so regverdig wil
optree.
Hy is krities oor die manier wat Steyn Salome se beheptheid hanteer en voel dat Steyn
al lankal moes opgetree het.

GAWIE
Gawie is ‘n getroue krieketondersteuner wat aantekeninge maak oor die spel tydens
elke oefening en wedstryd. Hy dra ‘n diklensbril en giggel histeries toe hulle vir Caro die
eerste keer as krieketafrigter ontmoet. Hy is ‘n oulike kind en baie beïndruk met Caro
se kennis van die spel.
Gawie vertrou nie George se terugkeer na die die span nie.

GEORGE EN MENEER THOMPSON


George is die enigste seun van ryk ouers en baie bederf. Hy het min respek vir vrouens
en glo dat ‘n vrou ‘n man se hele persoonlikheid kan verander.
George is intelligent, maar spandeer nie veel tyd aan sy akademie nie, want hy dink sy
pa het genoeg geld vir hom ook en krieket is die belangrikste ding in sy lewe. Hy is
ook die krieketspan se enigste snelbouler en is volgens hom ook onmisbaar in die span.
George sukkel om Caro as krieketafrigter te aanvaar. Hy glo dat ander skole vir hulle
gaan lag en dat sy nie by hulle sal kan byhou nie. Caro daag hulle uit om by haar by te
hou. As sy nie by hulle kan byhou nie, kan hulle vir hulle ‘n ander afrigter kry. Sy moor
die krieketspan om vir hulle te wys wie in beheer is. George sukkel om Nabeel, Kulani
en Wilson in die span te aanvaar. Hy versnel merkbaar sy boulwerk as een van hulle
die kolf in die hand het.
George is ‘n rassis en beskou Nabeel, Wilson en Kulani as kwotaspelers. Hy weier om
saam met hulle te speel en verlaat die span. Sy pa onttrek as borg van die span. In ‘n
gesprek met Paul Thompson besef Caro dat George sy pa napraat. Die kind se
gesindheid word deur die pa gevorm. Caro dink dat dit vir George baie sleg is om nie te
7
speel nie, maar hy het nie die moed om teen sy pa op te staan nie. Volgens Caro kan
George enige tyd terugkom, maar dan moet hy haar gesag aanvaar.
Die krieketspan mis vir George omdat hy die enigste snelbouler in die span is. Caro wil
met hom gaan praat, maar besef dat sy niks gaan bereik nie omdat sy die aan George
se voorwaardes gaan toegee nie. Caro voel of sy net wil wegkom, maar besef dat sy
moet klaarmaak waarmee sy begin het.
George se pa konfronteer Caro oor sy weglating uit die span. Caro is eerlik met hom as
sy vir hom sê dat hy rassisties is en dit oordra aan sy seun met sy pragtige kriekettalent.
As Caro toegee aan hulle voorwaardes diskrimineer sy teen drie goeie spelers en kan
dit ook as rassisme gesien word. Hy leer ook nie vir George dat daar ruimte is vir almal
nie, dat geld nie alles kan koop nie en dat hulle mekaar nodig het.
George kom terug krieket toe, maar Caro vertrou dit nie heeltemal nie. In die wedstryd
teen Merensky merk hulle afrigter op dat George teen sy eie span speel. Caro verbied
George om verder te boul – anders gee sy die wedstryd aan Merenski. Sy beskuldig
Goerge se pa dat hy so verslaaf is aan sy geld en magsposisie dat hy nie besef wat hy
aan sy seun en die span doen nie. George kom tot insig en erken dat hy gemeen was
en dit wil regmaak. Hulle wen die wedstryd en swart, wit en bruin hande vind mekaar in
die oorwinning.

NABEEL
Nabeel is die Indiër-seun en paaltjiewagter. Hy het goeie reflekse en bied aan Caro sy
hulp aan. Caro dink dat hy ‘n besonderse kind is en uit ‘n goeie huis kom.
Na George se eise is die spanning in die krieketspan hoog en selfs Nabeel wil loop. Hy
beskuldig Caro dat sy George se kant gaan kies, want sy is ook wit.
Caro beskuldig al die spelers van rassisme en vra of hulle volwasse genoeg is om te
besef dat dit hier oor meer gaan as enkelinge? Hulle het mekaar nodig om ‘n wenspan
te word.

KULANI NETSIANDA
Kulani is ‘n goeie speler met ‘n baie akkurate balplasing. Hy ervaar die rassespanning
baie erg en vra om dit nie beter sal wees as hy uit die span gaan nie? Hy dink dat hy
net daar is a.g.v. die kwotastelsel. Caro oortuig hom dat hy daar is omdat hy dit verdien
en dat sy niks weer wil hoor van kwotastelsels nie.
Kulani is sarkasties as hy sê hy moet nou eers leer wat George al vergeet het, want hy
kom nou die dag eers uit die bos. Hy weier om te speel as George weer in die span is.
Maar op die ou einde speel almal weer saam.

8
OU DOK
Ou Dok is ‘n mentor vir Caro. Caro skrik toe sy die eerste keer sy naam hoor, want hy
is die persoon wat haar bygestaan het met haar swangerskap en die geboorte van haar
baba. Sy wonder of hy haar herken? Hy herken haar aan haar besonderse groen oë
en stel haar gerus dat sy vir Steyn en tant Molly kan vertel as sy reg is. Ou Dok wys
haar daarop dat genesing in haarself lê en dat haar terugkoms dalk die beginpunt is.
Op ‘n volgende keer ry Caro weer plaas toe om met Ou Dok te gaan praat. Sy vertel
hom van al haar seer en dat sy teruggekom het om Steve seer te maak. Sy soek raad
by Ou Do ken weet nie wat om te maak nie.
Sy raad is dat sy eers haarself en dan vir Steve moet vergewe. Ons maak almal foute.
Sy moet eerlik met Steyn wees. Hy waarsku haar dat sy moet vining optree, want daar
word gesnuffel.

You might also like