Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Hoërskool - CharlieHofmeyr - High School

Posbus / P.O. Box 49  : (023) 3121130


11 Van Riebeeck admin@charlie.org.za
Ceres, 6835 www.charlie.org.za

Geagte Ouers 16 April 2024

Ons is geweldig opgewonde oor ons sportprogram vir 2024 en die geleenthede wat ons leerders kry
om deel te neem.

‘n Groot aantal spanne speel op Saterdag 4 Mei teen Langenhoven Gimnasium (Oudtshoorn) en as
gevolg van die afstand wil ons graag op Vrydag 3 Mei reeds na Oudtshoorn vertrek. Vertrektyd sal
later direk aan die spanlede en afrigters gekommunikeer word.

Die spanne wat gaan deelneem is:


• Rugby: o. 19A en B, o. 16A, o. 15A en o. 14A
• Netbal: o. 19A en B, o. 17A en B, o. 16A en B, o. 15A en B en o.14A en B
• Hokkie: o. 18A, o. 16A en o. 14A-seuns en -meisies
• Skaak: 10 spelers

Ons neem die vrymoedigheid om te vra of u kind (wat vir die betrokke span gekies is), deel van
hierdie geleentheid mag wees. Die leerders sal met Jafta busdienste vervoer word.

Datum: 3 – 4 Mei 2024


Plek: Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn
Koste: R500.00 (hierdie bedrag sluit in: vervoer, verblyf en etes)
Verblyf: Langenhoven Gimnasium Koshuise

Etes wat by hierdie bedrag ingesluit word:


- Ontbyt en aandete word verskaf deur koshuise waar ons leerders gaan woon.
- Middagete 5 Mei met terugkeer.

Ons wil hiermee net ouerbevestiging kry dat u wel toestemming gee om hierdie koste te dra.

Die koste van R500.00 sal op die D6-app gelaai word per leerder en is betaalbaar voor of op
26 April 2024.
Vir enige finansiële navrae, kontak asb. vir mev. Tia Nagel by finansies@charlie.org.za

Indien u kind op die toer mag gaan, sal ons dit waardeer as u so gou moontlik vir ons die volgende
inligting sal stuur:

- Afskeurstrokie.

Vir enige navrae: JR Foreman by sport@charlie.org.za

Baie dankie

JR Foreman D Le Roux
Sportorganiseerder Skoolhoof

Dankie aan al ons borge!

Skoolhoof: SD le Roux
“Verdraagsaam dog beslis!”
Hoërskool - CharlieHofmeyr - High School
Posbus / P.O. Box 49  : (023) 3121130
11 Van Riebeeck admin@charlie.org.za
Ceres, 6835 www.charlie.org.za

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hiermee gee ek toestemming dat my kind na die Oudtshoorn sportdag mag gaan en dat
ek die koste hiervan sal dra.

Bedrag: R500.00

Naam van leerder: ................................................. Span: ......................................


(bv. netbal o. 18A)

Naam van ouer: ................................................... Kontaknommer: .........................

Mediesetoestand/Allergië: ……………….……………… Dieetvoorkeure: ………………..

Handtekening: ..........................................................

(Vorms moet asb. voor of op Vrydag 19 April 2024 na die skool teruggestuur word.)
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dankie aan al ons borge!

Skoolhoof: SD le Roux
“Verdraagsaam dog beslis!”

You might also like