Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Study Opportunities Rekenaars, deel van jou lewe – Graad 11, 2e Uitgawe

Module 2.2 Jou belewenis van die web


Skriftelike module-aktiwiteit
1. Leesbaarheid, navigasie, konsekwentheid en uitleg is almal faktore wat die bruikbaarheid van
webblaaie beïnvloed. Beskryf kortliks wat elkeen behels.
1. a) Leesbaarheid – Die kwaliteit van die ervaring wat die gebruiker met die lees van die webblad
ondervind, m.a.w. hoe verstaanbaar en aantreklik dit is. Dit sluit aspekte in soos die gebruik van
opskrifte, kort paragrawe en kolomme; die gebruik van lyste; groepering van verwante idees;
aandag aan font-tipe en -grootte en agtergrondkleur.
b) Navigasie – Die gebruik van kieslysstelsels en hiperskakels om toegang tot verskillende
onderafdelings of bronne op ’n webblad te kry, en om weer na vorige blaaie of die tuisblad terug
te beweeg, word ‘navigasie’ genoem. Wanneer ’n webtuiste so ontwerp is dat gebruikers vinnig,
maklik, en intuïtief na die dele kan beweeg wat hulle nodig het, sê ons die webtuiste het ‘goeie
navigasie’.
c) Konsekwentheid – Die beginsel wat bepaal dat styl, uitleg, tipografie en ontwerp op ’n webtuiste
deurgaans dieselfde gehou behoort te word.
d) Uitleg – Die manier hoe die verskillende elemente (teks, grafika, knoppies, ens.) op ’n webblad
geplaas word. Dit sluit aspekte soos ontwerp vir teikenmark in asook oorweging ten opsigte van
die resolusie van grafika en die tyd wat dit neem om ’n webblad te laai.
2. Daar word beweer dat Google se sukses deels aan die eenvoudige ontwerp van hulle tuisblad te danke
is.
Kyk na die Google-tuisblad en skryf drie beginsels van goeie, eenvoudige bruikbaarheid wat deur die
ontwerpers van hierdie tuisblad toegepas is, neer.
2. Aspekte soos eenvoud, minimalisme, maklike navigasie, slegs een hokkie, duidelik sigbaar, vir die intik
van soekwoorde /frase, laai vinnig, fokus op die ervaring van die gebruiker, algemene ‘look-and-feel’.
3. Gee ’n moontlike rede hoekom dit soms beter sou wees om inligting/teks in kolomme te plaas, eerder
as om dit van links na regs oor die hele webblad te vertoon.
3. Kolomme lei tot korter teksreëls wat makliker is om te lees.
4. Onderskei tussen spyware en adware.
4. Die term spioenware (spyware) verwys na enige tegniek of sagteware wat probeer om rekord te hou
van die manier hoe jy jou rekenaar gebruik, om hierdie inligting dan aan ’n derde party deur te gee.
Advertensieware (adware) is kamstige ‘gratis’ sagteware wat nie werklik gratis is nie – dit word deur
advertensies geborg. Dit beteken dat die program jou met opwip-advertensies bombardeer.

You might also like