Professional Documents
Culture Documents
AR - Wetenskapmannetjies - Almarie Veranderinge Bygesit
AR - Wetenskapmannetjies - Almarie Veranderinge Bygesit
Wetenskapmannetjies
Agtergrond
Die digteres, Antjie Krog, het die gedig geskryf toe sy nog op skool was.
• Sy was ‘n graad 11-leerder.
• Uit die gedig kan ons aflei dat sy nie wetenskaplik of wiskundig ingestel was
nie en glad nie daarvan gehou het nie.
Die gedig lewer kommentaar oor verskillende dinge in verband met wetenskap.
• Die spreker is meer taalkundig (woordmens) en verkies om dinge met emosie
te ervaar as om dit wetenskaplik te analiseer en te verklaar.
• Die moderne toerusting wat gebruik word om die heelal te verken, veroorsaak
dat mense so vasgevang raak en van die wêreld om hulle vergeet.
o Die onbereikbare/onmeetlike word deur jou bewonder en jy vergeet
van die alledaagse wat net so mooi is.
Die son is ongeveer 5 000 miljoen jaar oud en 1.4 km in deursnee. In vergelyking
met ander sterre in die heelal, is die Son baie klein. Die Son sal nie net krimp en
verdwyn nie, maar in ‘n uitbarsting van vlamme eindig. Soos die Son al warmer
word, sal ons klein planeetjie verbrand.
Titel
Stemming/Toon
Die toon is een van opstand/uitdagend/filosofies omdat die wetenskaplikes nie die
natuurskoon met hulle emosies ervaar nie – maar klinies is = alles analiseer.
• Die spreker is in verwondering oor die natuur, MAAR ook hartseer omdat
syfers die oorhand oor die skoonheid van die natuur kry.
Tipografie/struktuur/bou
Uiterlike bou:
21 Versreëls.
• 4 strofes
Herhaling
Assonansie
Progressie
Sintuiglike waarneming
Vrye vers
Ek-spreker
Die spreker is ‘n leerder (manlik/vroulik) wat nie van wetenskap en wiskunde hou
nie.
Aangesprokene = wetenskaplikes/sterrekundiges/die wetenskaponderwyser
Tema
Die natuur moet met verwondering beskou word en nie deur die koue oog van die
wetenskaplikes nie. / Wetenskap is nie alles nie.
Les/Boodskap
‘n Mens het nie altyd nodig om iets te verstaan om dit te geniet of te waardeer nie.
Strofe 1
Hier word die wetenskaplikes aangespreek en daar word vertel hoe die
wetenskaplikes die omgewing ervaar.
Dit is ironies dat die wetenskaplikes “swart” teleskope gebruik om hulle te help om
“ligjare” te bepaal.
• Die ‘swart” sluit aan by die wetenskaplikes wat vertel dat die son gaan
“inkrimp en verdwyn”, met ander woorde
o Die swart donkerte van die heelal gaan die son (die lig) as’t ware
“insluk”.
o “swart” kontrasteer met “son” en “ligjare”.
Die julle (wetenskaplikes) besef dat hulle nooit by die son sal uitkom nie.
“pateties” = lagwekkend/ellendig
• Nog ‘n negatiewe woord wat wys dat die spreker maar min van die
wetenskaplikes dink.
• Met die woord sê sy dat hulle nooit hulle doel sal bereik nie.
• Die toon hier in strofe 1 is neerhalend en sarkasties.
Die wetenskaplikes sê ook (kom tot die gevolgtrekking) dat die son as’t ware (as a
matter of fact) kleiner word (inkrimp) en eendag gaan verdwyn (vergaan).
• Die julle/wetenskaplikes maak hier ‘n voorspelling.
• Negatiewe gedagtes oor die son.
o Die wetenskaplikes waardeer dus nie die natuur nie.
o Hulle sit onder hulle teleskope en maak koue gevolgtrekkings van die
son wat eendag gaan verdwyn.
Hulle besin wetenskaplik oor die son en leef nie noodwendig in
die lig of die son nie.
Strofe 2
“ons” = die spreker en haar vriende (gewone mense / almal wat soos sy dink)
• hoog = verhewe maar = gevoelswoord
o die ons sit sommer net gewoonweg na die son en kyk.
o Die ons sit buite OP die windpomp en kyk na die son – in kontras
teenoor die julle wat ONDER hulle teleskope sit.
o Die ons is as’t ware nader aan die son – hoog op die windpomp.
o Die ons geniet die skoonheid/prag/mooiheid van die natuur en die
sonsondergang.
Die natuur is belangriker as die wetenskap.
10 hoe hy bloei
Personifikasie = die son bloei = dui op die rooi kleur van die son as hy ondergaan.
Antitese = teenstelling
• Vaal = grys/kleurloos – staan in kontras met gloei (dit het ‘n glans).
o Die kleurlose lug word pragtig rooi.
As die son verdwyn word die kleur van die bome donkerder.
• Dit lyk asof dit gebrand het – verskroei (die son het dit verbrand) MAAR
o dit is net die swart silhoeët / skaduwee - dit het nie regtig gebrand nie.
Reël 10, 11 en 12 begin elke keer met die woord “HOE” – anafora
Anafora is die herhaling van ‘n woord of frase aan die begin van versreëls.
• Dit word gebruik om die versreëls aan mekaar te verbind en
• om die gedagtes van die spreker te beklemtoon en te versterk.
• “hoe” word 3x herhaal.
o Dit beklemtoon hoe belangrik die son is en hoe mooi die son in die
natuur vertoon.
o Met sonsondergang verander die son die natuur in iets skouspelagtigs.
Die son gloei bloedrooi en verander die vaal lug.
Dit veroorsaak dat die bome swart teen die rooi aandlug
lyk.
Die ons kyk hier met waardering en bewondering na die natuur terwyl die
wetenskaplikes die son probeer ontleed.
“bloei”, ”verskroei” = assonansie: die mooi van die sonondergang word beklemtoon.
Strofe 3
Daarom = Alles wat vooraf genoem is, is die rede waarom die spreker klawertjies
tussen sy/haar huiswerk teken en gevolglik ‘n lae punt vir die toets kry.
o Dit mag dalk vir haar/hom ‘n klein bietjie geluk bring en haar/hom dalk
help met haar/sy Wetenskaphuiswerk waarmee sy/hy so sukkel.
kry ek 26% = die gevolg van die feit dat sy nie in wetenskap belangstel nie.
• Sy druip haar toets.
• Sy hou nie van wetenskap nie.
Die gebruik van die komma (,) dui aan dat ‘n woord weggelaat is – daarom/en.
• Die weglating van die voegwoord word asindeton genoem.
o Die funksie is om die teken van klawertjies te verbind met die feit dat
die spreker 26% kry.
Sy kry 26% juis omdat sy eerder blomme in haar boek teken as
om aandag in die klas te skenk of om haar huiswerk te voltooi.
Strofe 4
Die woord “want” sluit aan by die woord “daarom” in strofe 3 – sy brei uit op die
redes / motiveer waarom haar punte so laag is.
• Haar weersin in die studie van wetenskap word hier beklemtoon want
o sy sal eerder na die geskree van die korhaan luister as na die stem van
haar onderwyser.
want = nou gee sy die rede waarom sy nie goed in wetenskap is nie en nie soos die
wetenskapmannetjies na die wêreld kyk nie.
• Sy wil liewer (eerder) die natuur met haar sintuie ervaar.
o Gehoorsintuig – sy hoor die korhaan (bustard/heath-cock)
verdwaalde korhaan
• Hulle word nie maklik gesien nie (hoort nie daar by die tennisbaan nie),
daarom luister sy / hoor sy hom.
o Diè soort voëls is alleenlopers.
Sy deel die alleen gevoel van die korhaan, omdat sy nie haar
wetenskap deurkom nie asook die eensaamheid wat feite en
syfers bring.
Die pyn van die korhaan is nader aan haar eie emosies
(vreugdes en hartseer).
Sy vind eerder haar plesier/geluk/vreugde in die natuur wat sy
met haar emosies ervaar as in syfers en logiese feite.
Metafoor: versreël 18
Kontras / Teenstelling: “vreugdes” & “hartseer” = Die spreker beklemtoon hoe sy WIL
voel en hoe Wiskunde en Wetenskap haar LAAT voel.
Niemand (geen mens) kan die hartseer/eensaamheid keer wat die syfers (Wiskunde
en Wetenskap) bring nie.
• Dit is onafwendbaar/onkeerbaar.
• Dubbel NIE ontbreek ter wille van die rym – digterlike vryheid
o Hartseer / keer = dra by tot die stemming van hartseer/alleenheid.
Die leerder vermenigvuldig eerder haar vreugdes en verkies die ervaring van
emosies bo die logiese feite en verklarings van die heelal.
In die slotstrofe is ‘n antitese tussen die vreugde oor die wonder van die natuur
teenoor die hartseer wat die syfers veroorsaak.
• Die wetenskap neem dus die verwondering van die natuur weg, want dit word
koud en feitlik/onpersoonlik gestel.
Kontras tussen die “ons” (die leerder en die gewone mense) en die “julle
(wetenskaplikes).
• Wetenskap = koud/klinies/feitlik en neem die wonder van die natuur weg.
o Wetenskaplikes kyk deur teleskope na die son en maak negatiewe
voorspellings dat die son eendag gaan verdwyn.
• Die “ons” ervaar die natuur warm/met liefde/emosies/sintuiglik (gehoor en sig)
en beleef die verwondering van die natuur.
o Hulle geniet die prag en grootheid van die natuur (sonsondergang).
VRAE:
1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en letter neer.
Die verkleinwoord in die titel van die gedig, beeld ‘n spesifieke gevoel uit. Dit
is ‘n gevoel van ...
A beskeidenheid.
B versagting.
C minagting.
D empatie. (1)
4.1 Wie is die “julle” na wie daar in strofe 1 verwys word? (1)
4.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 4.1 deur EEN WOORD uit strofe 1 aan te
haal. (1)
9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en letter neer.
Die woord “swart” gee die idee dat die teleskoop ... is.
A gevoelloos
B pateties
C klinies
D doods (1)
10 Wat sal die wetenskapmannetjies, volgens versreël 3, nooit regkry nie? (1)
14 Tot watter besef kom die wetenskaplikes terwyl hulle die son bestudeer? (1)
15 Wat word deur die wetenskaplikes in verband met die son voorspel? (1)
17 Gee ‘n WOORD uit strofe 1 wat daarop dui dat die spreker nie baie respek
vir wetenskaplikes het nie. (1)
18 Haal EEN WOORD uit strofe 1 aan wat wys dat die wetenskaplikes se
pogings lagwekkend is. (1)
20 Wat doen die wetenskaplikes, volgens die gedig, as hulle na die son onder
hulle teleskope kyk? (1)
21 Wat vind die wetenskaplikes uit wanneer hulle na die son kyk? (2)
22 Haal EEN WOORD uit strofe 1 aan wat daarop dui dat die son kleiner
word. (1)
23 Watter WOORD wys daarop dat die son glad nie meer daar gaan wees
nie? (1)
24 Hoekom sou die spreker die woord “swart” in versreël 1 gebruik? (1)
26 Oor watter verskillende sake word die “julle” in strofe 1 aangespreek? (4)
27 Watter emosie assosieer jy met die son? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)
28 Dink jy die “julle” waardeer die son? Motiveer jou antwoord deur na
strofe 1 te verwys. (1)
29 Gee EEN WOORD uit strofe 1 waaruit ons kan aflei dat die spreker nie die
“julle” waardeer nie. (1)
30 Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit strofe 1 aan wat daarop dui dat
die spreker nie die wetenskaplikes glo nie. (1)
38.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 38.1 deur die reël in jou eie woorde
te verduidelik. (1)
42 Gee EEN WOORD uit strofe 2 wat wys dat die bome swart/donker lyk. (1)
43 Watter WOORD in strofe 2 beteken dat mens net die buitelyne van die
bome kan sien? (1)
44 Haal EEN WOORD uit strofe 2 aan wat met die platteland geassosieer
word. (1)
45 Gee EEN WOORD uit strofe 2 wat dieselfde as “bult” of “koppie” beteken. (1)
47 Verduidelik die betekenis van die woord “verskroei” in versreël 12. (1)
49 Die woord “hoe” word drie keer herhaal. Wat is die doel? (1)
52 Kies die korrekte woord tussen hakies om die sin korrek te voltooi. Skryf net
die vraagnommer en antwoord neer.
53 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en woord tussen hakies neer.
55 Bespreek die ironie wat in die woord “liewe” na vore kom. (2)
57 Hoekom, dink jy, teken die spreker liewer klawertjies tussen haar
huiswerk? (1)
58 Wat is die gevolg van die klawertjies wat sy liewer tussen haar huiswerk
teken? (1)
59 Waaruit kan jy aflei dat die spreker nog op skool is? (1)
60 Haal EEN WOORD aan wat verwys na ‘n plant met drie blaartjies. (1)
62 Bespreek die TWEE sintuiglike waarnemings van die natuur wat vir die
spreker vreugde bring. (2)
63 Strofe 4 begin met die voegwoord “want”. Wat wil die spreker hier
verduidelik? (1)
67 Wat is die spreker se waarneming oor die invloed van syfers op die
mens? (1)
69 Hoe sluit die laaste twee versreëls van die gedig by die begin van die
gedig aan? (2)
70.1 Wat is die funksie van die lang klanke in versreëls 15 en 16? (1)
70.2 Watter stemming word deur die lang klanke geskep? (1)
75 Vergelyk die persoonlikhede van die “julle” en die “ons”. Gee DRIE
verskille. (3)
78 Voltooi die paragraaf deur telkens EEN WOORD in te vul. Skryf net die
vraagnommer en woord neer.
Die spreker 78.1 ... eerder na die korhaan en kyk na die ondergaande 78.2 ...
as om wetenskap te doen en teken eerder 78.3 ... as om huiswerk te doen.
Met die gevolg dat sy haar Wetenskaptoetse 78.4 ... . (4)
80 Met wie kan jy identifiseer: Die spreker of die wetenskaplikes? Motiveer jou
antwoord. (1)
ANTWOORDE:
1 C – minagting (1)
2 Dit dui daarop dat die spreker hulle gering ag/min dink van hulle. (1)
3 Wetenskaplikes/sterrekundiges/wetenskaponderwyser (1)
9 A – gevoelloos (1)
11 Dat hulle nooit by die son sal uitkom nie en hulle sal nooit die son
heeltemal begryp/verstaan nie. (1)
13 Die swart teleskope teenoor die son wat lig is. Swart is donker en morbied
en die son is lig en vriendelik. (1)
14 Dat hulle nooit tot by die son sal kan kom nie. (1)
15 Hulle dink dat die son sal inkrimp en eendag gaan verdwyn. (1)
17 “Pateties” (1)
18 “Pateties” (1)
22 “inkrimp” (1)
23 “verdwyn” (1)
28 Nee. Hulle besin wetenskaplik oor die son en leef nie in die lig/son nie.
Hulle probeer net om die son te analiseer en geniet nie die natuur nie. (1)
29 “pateties” (1)
33 Die wetenskaplikes kyk ONDER hulle teleskope na die son terwyl die “ons”
HOOG op die windpomp sit en die sonsondergang geniet. / Die
wetenskaplikes probeer om die son te analiseer/kyk wetenskaplik
na die son. Die “ons” waardeer die son en die natuur en kyk met die
blote oog en met verwondering na die son. (2)
34 “maar” (1)
38 Konnotatief (1)
39 Die son gaan onder/verdwyn agter die rant/koppie. (1)
40 Sonsondergang (1)
41.2 Dit dui op die rooi kleur van die son as hy ondergaan. (1)
42 “silhoeëtte” (1)
43 “silhoeëtte” (1)
44 “windpomp” (1)
45 “rant” (1)
46 “silhoeëtte” (1)
48 Nee. Dit lyk net of die bome gebrand het, maar dit is net die swart silhoeët.(1)
49 Dit is anafora. Dit word gebruik om die versreëls aan mekaar te verbind en
om die gedagtes van die spreker te beklemtoon en te versterk. Dit beklem-
toon hoe belangrik die son is en hoe mooi die son in die natuur vertoon. (1)
51 In versreël 5&6 verwys dit na die wetenskaplikes wat dink dat die son gaan
inkrimp en later gaan verdwyn TEENOOR versreël 11&12 waar die spreker
verwys hoe kragtig die son is. (2)
52.1 laatmiddag
52.2 sak (2)
53 wending (1)
55 Die woord het “liewe” het ‘n betekenis van liefdevol, maar dit is nie wat die
spreker bedoel nie. Sy is sarkasties met die gebruik van die woord. (2)
56 Die spreker voel nie dis belangrik om die natuur wetenskaplik te ontleed
nie; sy wil die natuur met haar sintuie en emosies ervaar. Sy fokus daarom
nie in die klas nie en teken klawertjies wat ‘n simbool van geluk is. Dit is
die rede waarom sy swak doen in haar toets. (2)
60 “klawertjies” (1)
63 Sy brei uit op die redes waarom haar punte so laag is. (1)
66 Hulle word nie maklik gesien nie en hoort nie by die tennisbaan nie. (1)
67 Mense wat net met syfers besig is, kan baie eensaam wees. (1)
68 Wiskunde (1)
69 In die begin van die gedig praat die spreker van die vervelige wetenskaplikes
wat net onder hulle teleskope sit en in die laaste strofe praat die spreker
van die eensaamheid wat deur syfers veroorsaak word. Mense wat dus net sit
en met wiskunde of wetenskap werk, kan baie eensaam wees. (1)
70.1 Dit vertraag die tempo. ‘n Hartseer en weemoedige stemming word geskep.
(1)
70.2 Hartseer/Weemoedig (1)
71 Daar is ‘n antitese tussen die vreugde oor die wonder van die natuur teenoor
die hartseer wat die syfers veroorsaak. (1)
72 Syfers sluit ander mense uit, want wanneer jy met syfers werk, werk jy
gewoonlik alleen. (1)
73 Eensaamheid (1)
74 Die verkleining in die titel is ‘n direkte bewys oor hoe die spreker oor weten-
skaplikes voel en sluit aan by die gevoelens wat in die gedig bespreek word.
(1)
76 Rooi (bloei/gloei)
Swart (teleskope/silhoeëtte)
77 Die natuur moet met verwondering beskou word en nie deur die koue oog
van die wetenskaplikes nie. (1)
78.1 luister
78.2 son
78.3 klawertjies
78.4 druip (4)
79 * Die “julle” kyk na die son wat eendag gaan verdwyn, terwyl die “ek” op die
windpomp sit en die sonsondergang geniet.
* Vir die julle is die wetenskap belangrik en hulle presteer/doen goed in die
vak, terwyl die “ek” 26% vir wetenskap kry.
* Die “julle” konsentreer op syfers en is eensaam, terwyl die “ek” op vreugdes
en hartseer (emosiesen die lewe) konsentreer. (3)