Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 20

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

Totaal: 80
Mei 2017  Tyd: 2 uur

INSTRUKSIES:
• Begin afdeling A, B en C elkeen op ʼn nuwe kant van die bladsy.
• Laat ʼn reël oop ná elke antwoord.
• Skryf netjies en leesbaar.
• Gebruik slegs blou of swart ink.
• Skryf jou naam en van, die datum (Mei 2017), die opskrif (Vraestel 1), die Afdelingnommer
(Afdeling A of B of C) en jou onderwyser se voorletters bo-aan elke afdeling:

AFDELING A: BEGRIP
VRAAG 1

JA! VIR SELFONE IN DIE KLAS


DIS ʼn feit dat moderne leerders in ʼn ander wêreld as leerders van 10 jaar gelede leef. En
1.
tegnologie soos selfone en rekenaars speel ʼn baie belangrike rol hierin.
Onderwysers kla dikwels dat selfone van die grootste probleme in die klas is. Hulle sê dat
die leerders se skoolwerk ly omdat hulle skelm in die klaskamer onder die tafel met hulle
2.
vriende oor WhatsApp probeer gesels. Die leerders se aandag word ook by die huis afgelei
deur die selfone en daarom kan hulle nie hulle aandag aan leerwerk of huiswerk gee nie.
Olga Channing, adjunkhoof en Afrikaans-onderwyseres van Hoërskool Tuine in Pretoria, wil
3. hierdie negatiewe siening van selfone verander. Hier deel sy haar raad vir onderwysers oor
die gebruik van selfone in die klas.
Onderwysers moet aanpas by veranderende tye. Ek het baie min probleme met leerders
en hul selfone in my klas, want ʼn mens kan dit tot hul voordeel gebruik. Wanneer ek ʼn
gedig of kortverhaal behandel, kry die leerders die kans om op hul selfoon ʼn sekere deel
4.
van die werk of plek te google om inligting te kry. Hulle geniet dit baie. Of wanneer hulle
ʼn beredeneerde opstel moet skryf of ʼn mondeling moet doen, mag hulle hul selfone vir
navorsing gebruik.
Ek het onlangs weer gesien hoe selfone tot voordeel van die leerders gebruik kan word.
Die leerders moes ʼn beredeneerde toespraak skryf. Een van die seuns wat nou nie juis
“akademies gemotiveerd” is nie, het aandagtig na die instruksies geluister en toe sy foon
uitgehaal en navorsing oor sy onderwerp begin doen. Hy het soveel inligting gekry dat hy
5. sommer dadelik aan sy praatjie begin skryf het. Die volgende dag het hy die klas met ʼn
groot glimlag binnegestap en vertel hoe lekker hy aan sy mondeling voorberei het, want
hy het so baie bronne gehad om sy standpunt te motiveer. En hy hét toe ʼn baie goeie
toespraak gelewer, wat hy voorheen nie eintlik wou doen nie en wat hy gewoonlik sommer
vinnig afgejaag het.
Hoekom moet onderwysers dit wat die leerders so geniet, voor die voet met streng reëls
6.
verbied en ʼn bron van baie konflik maak?

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


1
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

Toe ek die eerste keer vir hulle gesê het om hul fone uit te haal en in die klas te gebruik,
is ek deur verbaasde gesigte aangestaar. Maar toe het hulle fluks aan die werk gespring
7. en dit baie geniet. Natuurlik was daar hier en daar ʼn kansvatter wat met ʼn kontak op die
foon gesels het en nie gewerk het nie, maar selfs hulle het later die nut van hul selfoon vir
navorsingsdoeleindes begin insien.
Wanneer leerders se selfoon op hul lessenaar lê terwyl hulle werk, is dit nie nodig om hulle
8.
te straf en verskree nie.
Baie onderwysers kan met my verskil, maar dié gebruik van selfone het klasgee vir my
baie makliker gemaak. Die leerders sit nie skelm en chat terwyl ek besig is nie. As ʼn foon
in klastyd lui, sal ek rustig vra dat dit afgeskakel en gebêre word, en die leerder sal dadelik
9.
om verskoning vra. Die leerders vra my soms dinge soos: “Juffrou, my ma gaan my netnou
bel. Kan ek asseblief gou buite die klas met haar reël hoe laat sy my ná die wedstryd moet
kom oplaai?” En so werk respek albei kante toe.
Ons almal weet dat kinders juis dit wil hê wat verbied word. As iets dus soms toegelaat
10.
word, het dit nie meer so ʼn groot aantrekkingskrag nie ...
Verwerk uit: http://www.huisgenoot.com/blogs/ja-vir-selfone-in-my-klas/
Afgelaai: 17 Maart 2017

1.1 Waarom is die wêreld, volgens die artikel, vir leerders anders as die wêreld 10 jaar gelede?
Antwoord in EEN volsin. (1)
1.2 Watter TWEE redes gee die skrywer van die artikel in paragraaf 2 waarom onderwysers kla oor
selfone in die klas? (2)
1.3 Die leerders se aandag word ook by die huis afgelei deur die selfone en daarom kan hulle nie
hulle aandag aan leerwerk of huiswerk gee nie.
1.3.1 Is die bogenoemde stelling ʼn FEIT of ʼn MENING? (1)
1.3.2 Motiveer jou antwoord by 1.3.1 met EEN volsin. (1)
1.4 Watter vak gee Olga Channing? (1)
1.5 Wat is die “probleme in die klas” waarna Olga Channing in paragraaf 4 verwys?  (1)
1.6 Vir watter TWEE doeleindes mag leerders, volgens paragraaf 4, hulle selfone in die klas gebruik?
Antwoord in TWEE APARTE volsinne. (2)
1.7 Verwys na die sin: Een van die seuns wat nou nie juis “akademies gemotiveerd” is nie ...
(paragraaf 5).
1.7.1 Waarom dink jy is die woorde “akademies gemotiveerd” tussen aanhalingstekens
geskryf? (1)
1.7.2 Skryf die sin by 1.7 in jou eie woorde oor sodat die betekenis duidelik is. (1)
1.8 Verwys na die uitdrukking “voor die voet” (paragraaf 6).
1.8.1 Word hierdie uitdrukking DENOTATIEF of KONNOTATIEF gebruik? (1)
1.8.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord by 1.8.1. (1)
1.9 Waarom dink jy veroorsaak dit konflik wanneer onderwysers selfone in die klas verbied? (1)
1.10 Haal EEN woord aan uit paragraaf 7 wat sê dat die leerders dadelik hard begin werk het. (1)

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


2
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

1.11 Waarom, dink jy, was die leerders so verbaas toe Olga Channing vir die eerste keer gesê het
dat hulle hul selfone mag gebruik? (1)
1.12 Wat doen die leerders sodat hulle as “kansvatters” beskryf word? (1)
1.13 Wat het klasgee, volgens paragraaf 9, vir Olga Channing makliker gemaak? Haal VIER
OPEENVOLGENDE WOORDE aan. (1)
1.14 Hoe bewys die leerders, volgens paragraaf 9, respek aan Olga Channing wanneer hulle hul
selfone gebruik?  (1)
1.15 Stem jy saam dat tieners dít wil hê wat verbied word? Motiveer jou antwoord.  (1)
1.16 Gee ʼn ander voorbeeld van iets wat minder aantrekkingskrag kan hê sou dit meer toegelaat
word.  (1)
1.17 Dink jy jou onderwyser moet die gebruik van selfone in jou klas toelaat? Motiveer jou
antwoord.(1)

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


3
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

TEKS B: MATRIEKAFSKEID-UITGAWES
Bestudeer die teks hier onder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Verwerk uit: www.grafika24.com

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


4
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

1.18 Wie spandeer, volgens die grafiek, die meeste geld aan die matriekafskeid? (1)
1.19 Waarom, dink jy, moet daar spesiale nommerplate verkry word vir die matriekafskeid-motor?  (1)
1.20 Rangskik van duurste tot goedkoopste:
A – Verbruiningsmiddel
B – ʼn Stel nommerplate
C – Vals wimpers (3)
1.21 Kies die korrekte antwoord: Die totale koste, volgens hierdie grafiek, vir die huur van die
Cadillac CTS 3.6 is (R1 555; R1 500; R1 855). Skryf slegs die bedrag neer. (1)
1.22 Dink jy dit is reg dat matrikulante so baie geld aan een aand moet spandeer? Motiveer jou
antwoord.(1)
1.23 Waarom, dink jy, spandeer meisie meer geld as seuns aan die matriekafskeid? (1)
 TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2:
• Skryf SEWE wenke vir matrikulante neer om suksesvol tydens die eksamen te wees.
• Skryf die sinne puntsgewys en in VOLSINNE onder mekaar.
• Onthou om ʼn reël ná elke feit oop te laat.
• Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
• Skryf die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming neer.

TEKS C: MATRIKULANTE: WENKE VIR JOU SUKSESVOLLE EKSAMEN


Jy het weke omgeswoeg om al daardie voorbeelde vir jou Wiskunde-eksamen te oefen en nou is dit
uiteindelik die groot eksamen. Moenie toelaat dat senuwees die oorhand kry nie. Hier is raad oor wat om
tydens die eksamen te doen.
Maak seker jy het al die skryfbehoeftes wat jy tydens die eksamen gaan nodig kry. Sit altyd ʼn ekstra pen
in jou potloodsakkie vir ingeval joune opdroog.
As jy laat is, kan dit jou paniekerig maak. Maak seker jy is dus vroeg genoeg by die eksamenlokaal.
Beplan hoeveel tyd jy aan elke vraag wil afstaan en doen jou bes om daarby te hou. Gee jouself sowat 20
minute aan die einde van die vraestel sodat jy jou antwoorde kan deurlees.
Beantwoord die maklike vrae eerste. As jy te lank by een vraag vashaak, beweeg aan na die volgende een.
Moenie paniekerig raak as jy nie dadelik ʼn vraag kan beantwoord nie. Gaan aan na ʼn volgende vraag.
Lees die vrae versigtig deur. Moet jy verduidelik, beskryf, vergelyk of lys? Dit is veral belangrik wanneer jy
opstelvrae beantwoord. Breinkaarte werk nie vir almal nie, maar jy moet beplan wanneer jy langer vrae
beantwoord. Maak ʼn kriptiese lysie of skryf die hoofgedagtes van jou argument neer. Dit sal baie help om
jou op die regte spoor te hou.
Skryf so netjies moontlik en gee aandag aan spelling, taalgebruik en leestekens.
Gee jouself genoeg tyd aan die einde van die vraestel sodat jy weer deur jou antwoorde kan lees.
Moenie ná die eksamen die vraestel met jou vriende bespreek nie. Dis nou verby; konsentreer liewer op
die voorbereiding wat jy vir die volgende eksamen moet doen.
Verwerk vanuit: www.huisgenoot.com
 TOTAAL AFDELING B: 10
© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za
5
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Teks: D
Die taalvrae wat volg, is op die volgende advertensie gebaseer.

Meer musiek minder bek

3.1 Wie is die adverteerder? (1)


3.2 In hierdie advertensie is musiekliefhebbers die teikengroep.
Hoe beklemtoon die advertensie dit? (1)
3.3 Identifiseer die slagspreuk in die advertensie. (1)
3.4 Skryf “Meer musiek minder bek” oor in Standaardafrikaans. (1)
3.5 Kies die korrekte Afrikaanse woord:
KFM is ʼn (gewilde/populêre) radiostasie. (1)
3.6 Noem TWEE tegnieke waarmee die adverteerder die leser se aandag probeer trek.  (2)
3.7 Gee die oortreffende vorm van die woord tussen hakies:
KFM is die (goed) radiostasie in die Kaap. (1)
3.8 Meer mense moet na KFM luister.
Begin só: Meer mense behoort ... (1)
3.9 Gee die korrekte vorm van die woord:
KFM het die mees lojale (mense wat luister). (1)

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


6
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

AFDELING C: TAAL
VRAAG 4: STROKIE
Teks E
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hier onder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit

Meester
Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3

Verwerk uit: www.daniecronje.co.za


4.1 Wat is die funksie van die ellips in raampie 2? (1)
4.2 “Haai, weet een van julle dalk hoe save ʼn mens Solitaire?”
Gebruik die HOMONIEM van “Haai” in ʼn volsin sodat die betekenis duidelik is. (1)
4.3 Gee die korrekte Afrikaanse woord vir “save”. (1)
4.4 Verwys na raampie 1.
4.4.1 Watter twee tekens is daar dat die onderwyser kwaai is? (2)
4.5 Wat is ironies aan die seun se woorde in raampie 3? (2)
4.6 Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:
Die periode is egter nou verby. Save julle werk sodat julle more daarmee kan
aangaan (aangesien). Begin so: Aangesien die periode... (2)
4.7 Kies die woord wat die volgende stelling KORREK sal voltooi. Skryf net die vraagnommer
(4.7) en die antwoord (A – D) neer, byvoorbeeld 4.6 E.
Neelsie se woorde in raampie 3 maak die meneer se woorde in raampie 1 vir die leser ...
A komies.
B tragies.
C realisties.
D romanties. (1)
[10]

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


7
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

Vraag 5: Artikel en prent


Teks F
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel hier onder gebaseer
• Opsetlike taal- en spelfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.

Bethlehem-skrywer se boek word prent


ʼn 5.1.1 (Iemand wat in die Vrystaat woon) se boek wat byna 5.1.2 20 jaar gelede in 1997 uitgereik is,
gaan nou in ʼn fliek verfilm word.
Die Pro, deur Leon de Villiers, is ʼn 5.1.3 (boek wat voorgeskryf is) Afrikaanse boek vir gr. 9- en
gr. 10-leerlinge in staatskole. De Villiers het in 1997 die Sanlam-boekeprys vir die jeugliteratuur
5.1.4 (kategorië / kategories / kategorieë) gewen. Dit is deur Tiaan van Niekerk, een van die prent
se vervaardigers, in ʼn rolprent omskep en sal die eerste Afrikaanse rolprent wees 5.1.5 (wat+in)
branderplankry ʼn groot deel van die prent is.
ʼn Herdruk van die boek word ook deur die vervaardigers beplan. Die plakkaat van die film gaan as
voorblad gebruik word.
Baie van die tonele is in Jeffreysbaai verfilm. ʼn Paar van die akteurs het 5.1.8 (lank) as ʼn maand spesiaal
lesse ontvang om branderplank te ry.
Die saadjie vir ʼn rolprent is geplant toe Van Niekerk die boek as deel van sy skripsie vir sy 5.1.11
(doktor+graad) in teologie gebruik het.
“Dat die boek bekend is het ons as vervaardigers gehelp om beleggers te vind om in die rolprent te
belê. Dit is ʼn drama met ʼn lewensles”, het Bouwer gesê.
Verwerk vanuit: http://www.netwerk24.com/

5.1.1 Gee die korrekte PERSOONSNAAM vir iemand wat in die Vrystaat woon. (1)
5.1.2 Skryf die getal 20 in woorde neer. (1)
5.1.3 Gee die korrekte BYVOEGLIKE NAAMWOORD.
Die Pro, deur Leon de Villiers, is ʼn (boek wat voorgeskryf is) Afrikaanse boek vir gr. 9- en
gr. 10-leerlinge in staatskole.  (1)
5.1.4 Kies die korrekte spelling van die MEERVOUD tussen hakies.
De Villiers het in 1997 die Sanlam-boekeprys vir die jeugliteratuur 5.1.4 (kategorië / kategories /
kategorieë) gewen. (1)
5.1.5 Vorm ʼn BETREKLIKE VOORNAAMWOORD met die woorde tussen hakies:
Dit sal die eerste Afrikaanse rolprent wees 5.1.5 (wat+in) branderplankry ʼn groot deel van
die prent is. (1)
5.1.6 Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies:
Baie van die tonele is in Jeffreysbaai verfilm. ʼn Paar van die akteurs het ʼn maand lank spesiaal
lesse ontvang om branderplank te ry. (daarom). (1)
5.1.7 Verander die volgende stelsin na ʼn VRAAGSIN.
Baie van die tonele is in Jeffreysbaai verfilm. (1)

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


8
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

5.1.8 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies:
ʼn Paar van die akteurs het (lank) as ʼn maand spesiaal lesse ontvang om branderplank te ry. (1)
5.1.9 Skryf die volgende sin in die INFINITIEF oor:
Beleggers moet in die boek belê.
Begin so: Beleggers behoort …. (1)
5.1.10 Skryf die sin van die LYDENDE na die BEDRYWENDE vorm oor:
ʼn Herdruk van die boek word ook deur die vervaardigers beplan. (1)
5.1.11 Vorm die korrekte SAMESTELLING van die woord. (1)
5.1.12 Skryf die sin oor en vul die ontbrekende LEESTEKEN in.
Dat die boek bekend is het ons as vervaardigers gehelp om beleggers te vind om in die
rolprent te belê. (1)
5.1.13 Skryf die sin in die INDIREKTE REDE oor.
“Dit is ʼn drama met ʼn lewensles”, het Bouwer gesê.  (1)
5.1.14 Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM oor.
Lees Die Pro! (1)

Teks G
Die taalvrae hier onder is op die prent hier onder gebaseer.
Voer die instruksies by elke vraag uit.

Bron: www.google.com

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


9
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

Kies die korrekte woorde tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord neer.
5.2 Busi, sy suster en sy ma en pa is vir (5.2.1 veertien/viertien) dae in Durban.
Hulle het (5.2.2 met/per) motor gereis om met (5.2.3 verkansie/vakansie) te gaan. Hulle hoop dat
die (5.2.4 wolke/volke) nie reën bring nie. (4)
5.2.5 Vorm die TEENWOORDIGE DEELWOORD van die woord tussen hakies. Skryf slegs die woord as
antwoord neer.
Die (speel) kinders geniet die strand. (1)
5.2.6 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies
Busie se (ma, pa en sussie) is saam met hom. (1)
 TOTAAL AFDELING C: 40
 GROOTTOTAAL: 30 + 10 + 40 = 80

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


10
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

MEMORANDUM
AFDELING A: BEGRIPSTOETS ASSESSERINGSRIGLYNE
· Spelfoute in eenwoord-antwoorde word NIE gepenaliseer NIE, behalwe as die spelling die
woordbetekenis verander.
· Penalisering geskied slegs as die spelling van die kernwoord die antwoord se betekenis verander.
· As I taalfout die betekenis van die antwoord verander, word geen punt toegeken nie.
· Indien I spelfout die betekenis van I eenwoord-antwoord verander, word geen punt toegeken nie.
· Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
· By oop vrae verdien die rede/motivering die punt. GEEN punt word toegeken vir JA / NEE / EK STEM
SAAM / EK STEM NIE SAAM NIE. Kandidate hoef nie laasgenoemde te skryf indien die motivering JA /
NEE / EK STEM SAAM / EK STEM NIE SAAM NIE insluit/impliseer nie.
· Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word NIE GEPENALISEER indien die aanhalingstekens
ontbreek NIE.
· Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat gee I volsin, is dit korrek MITS die korrekte
woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word. Die kandidaat kan ook die antwoord begin
met: Die woord is ...
· By vrae wat een feit/punt of twee/drie feite/punte vereis en die kandidaat gee I hele reeks:
- Sien SLEGS die vereiste feit(e)/punt(e) na.
- Indien die feit(e)/punt(e) met merkers aangedui is, word die eerste antwoord(e) per merker nagesien.
· Indien I antwoord in meer as een sin aangebied word en die sin/sinne lei direk tot die antwoord, word
die punt vir die korrekte feit toegeken.
· Indien die kandidaat woorde uit I ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn, word
daardie vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder daardie vreemde woorde sinvol in
Afrikaans is, word die kandidaat NIE GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord
vereis word, is dit aanvaarbaar.
· Aanvaar dialektiese variasies.
· Vir meervoudigekeusevrae word sowel die letter as die korrekte antwoord aanvaar.

AFDELING A: BEGRIP
VRAAG 1
1.1 Waarom is die wêreld, volgens die artikel, vir leerders anders as die wêreld 10 jaar gelede?
Antwoord in EEN volsin. (1)
Daar is meer tegnologie tot die leerders se beskikking (of soortgelyke antwoord).
Leerder moet verband toon dat tegnologie soos selfone en rekenaars meer vrylik beskikbaar
is.

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


11
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

1.2 Watter TWEE redes gee die skrywer van die artikel in paragraaf 2 waarom onderwysers kla oor
selfone in die klas? (2)
Leerders se skoolwerk ly daaronder.
Leerders konsentreer nie op hulle skoolwerk nie.
Leerders WhatsApp skelm
Leerders gebruik sosiale media skelm.
Leerders se aandag word by die huis afgelei deur selfone en rekenaars.
Leerders spandeer eerder tyd aan hulle selfone en rekenaars as aan hulle skoolwerk.
(Enige TWEE antwoorde)
1.3 Die leerders se aandag word ook by die huis afgelei deur die selfone en daarom kan hulle nie
hulle aandag aan leerwerk of huiswerk gee nie.
1.3.1 Is die bogenoemde stelling ʼn FEIT of ʼn MENING? (1)
Mening
1.3.2 Motiveer jou antwoord by 1.3.1 met EEN volsin. (1)
Dit is nie waar vir al die leerders nie. / Nie almal het selfone by die huis nie. / Navorsing is nie
daaroor gedoen nie. Dit is mense se opinie.
1.4 Watter vak gee Olga Channing? (1)
Afrikaans
1.5 Wat is die “probleme in die klas” waarna Olga Channing in paragraaf 4 verwys?  (1)
Die probleme waarna sy verwys, is dat leerders skelm hulle selfone in die klas gebruik.
1.6 Vir watter TWEE doeleindes mag leerders, volgens paragraaf 4, hulle selfone in die klas gebruik?
Antwoord in TWEE APARTE volsinne. (2)
Hulle mag dit gebruik om inligting oor ʼn plek te Google.
Hulle mag dit vir navorsing gebruik.
Hulle mag dit gebruik om vir ʼn mondeling voor te berei.
1.7 Verwys na die sin: Een van die seuns wat nou nie juis “akademies gemotiveerd” is nie ...
(paragraaf 5).
1.7.1 Waarom dink jy is die woorde “akademies gemotiveerd” tussen aanhalingstekens
geskryf? (1)
Die onderwyser gebruik ʼn eufemisme.
Die onderwyser wil nie sê die kind is lui nie.
Die skrywer bedoel iets anders as wat daar geskryf staan.
1.7.2 Skryf die sin by 1.7 in jou eie woorde oor sodat die betekenis duidelik is. (1)
Een van die seuns wat lui is. Een van die seuns wat nie hul werk doen nie. Enige
soortgelyke antwoord.
1.8 Verwys na die uitdrukking “voor die voet” (paragraaf 6).
1.8.1 Word hierdie uitdrukking DENOTATIEF of KONNOTATIEF gebruik? (1)
Konnotatief
1.8.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord by 1.8.1. (1)
Die skrywer bedoel dit nie letterlik nie. Dit is ʼn idioom wat beteken jy doen iets
sonder om na raad of rede te luister. (Enige soortgelyke antwoord)
1.9 Waarom dink jy veroorsaak dit konflik wanneer onderwysers selfone in die klas verbied? (1)
Onderwysers verbied dit, want hulle is nie gemaklik met tegnologie nie.
Onderwysers verbied dit, want hulle is bang die kinders speel net en werk nie.
Leerders probeer die onderwysers se gesag uitdaag.
Leerders is gewoond daaraan om hulle selfone vir alles gebruik.
© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za
12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

1.10 Haal EEN woord aan uit paragraaf 7 wat sê dat die leerders dadelik hard begin werk het. (1)
“fluks”
1.11 Waarom, dink jy, was die leerders so verbaas toe Olga Channing vir die eerste keer gesê het
dat hulle hul selfone mag gebruik? (1)
Onderwysers gee nie gewoonlik aan leerders toestemming om hulle fone in die klas te
gebruik nie.
1.12 Wat doen die leerders sodat hulle as “kansvatters” beskryf word? (1)
Dit is ʼn leerder wat nie doen wat hy/sy moet nie en probeer wegkom met ander dinge
doen in plaas van werk.
1.13 Wat het klasgee, volgens paragraaf 9, vir Olga Channing makliker gemaak? Haal VIER
OPEENVOLGENDE WOORDE aan. (1)
Die gebruik van selfone
1.14 Hoe bewys die leerders, volgens paragraaf 9, respek aan Olga Channing wanneer hulle hul
selfone gebruik?  (1)
Hulle vra haar of hulle gou ʼn oproep in die klas kan ontvang.
1.15 Stem jy saam dat tieners dít wil hê wat verbied word? Motiveer jou antwoord.  (1)
Ja, tieners is van nature nuuskierig en wil grense toets.
OF
Nee, tieners sal by die reëls hou van iemand wat hulle respekteer.
(Leerders moet hulle EIE mening SINVOL lig.)
1.16 Gee ʼn ander voorbeeld van iets wat minder aantrekkingskrag kan hê sou dit meer toegelaat
word.  (1)
Leerders se eie voorbeeld
1.17 Dink jy jou onderwyser moet die gebruik van selfone in jou klas toelaat? Motiveer jou
antwoord.(1)
Ja, leerders kan dit in die leerproses gebruik.
OF
Nee, leerders se aandag gaan afgelei word deur hulle selfoon.
(Aanvaar enige sinvolle VERDUIDELIKING. Geen punt net vir ja of nee nie.)

TEKS B: MATRIEKAFSKEID-UITGAWES
Bestudeer die teks hier onder en beantwoord dan die vrae wat volg.
1.18 Wie spandeer, volgens die grafiek, die meeste geld aan die matriekafskeid? (1)
Meisies
1.19 Waarom, dink jy, moet daar spesiale nommerplate verkry word vir die matriekafskeid-motor?  (1)
Motors is vir seuns belangrik. Hulle wil belangrik voel. (Enige SINVOLLE antwoord)
1.20 Rangskik van duurste tot goedkoopste:
A – Verbruiningsmiddel
B – ʼn Stel nommerplate
C – Vals wimpers (3)
B
A
C

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


13
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

1.21 Kies die korrekte antwoord: Die totale koste, volgens hierdie grafiek, vir die huur van die
Cadillac CTS 3.6 is (R1 555; R1 500; R1 855). Skryf slegs die bedrag neer. (1)
R1 855.00
1.22 Dink jy dit is reg dat matrikulante so baie geld aan een aand moet spandeer? Motiveer jou
antwoord.(1)
Nee, ek dink nie dit is reg nie. Dit is net een aand.
OF
Ja, ek dink dit is reg. Mens was lank op skool en verdien die bederf.
(Aanvaar enige sinvolle VERDUIDELIKING. Geen punt net vir ja of nee nie.)
1.23 Waarom, dink jy, spandeer meisie meer geld as seuns aan die matriekafskeid? (1)
Diensverskaffers probeer meer geld uit meisies maak as seuns.
 TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2:
• Skryf SEWE wenke vir matrikulante neer om suksesvol tydens die eksamen te wees.
• Skryf die sinne puntsgewys en in VOLSINNE onder mekaar.
• Onthou om ʼn reël ná elke feit oop te laat.
• Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
• Skryf die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming neer.

TEKS C: MATRIKULANTE: WENKE VIR JOU SUKSESVOLLE EKSAMEN


ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
• Lees die hele opsomming om ʼn geheelindruk te kry.
• Beplanning is nie nodig nie.
• Indien rofwerk/beplanning gedoen word, let op die volgende:
· Indien die beplanning in potlood aangebied word, word dit as rofwerk beskou en die tweede
aanbieding word nagesien.
· Indien die eerste poging in pen aangebied word, word daardie poging as die finale antwoord beskou.
• Indien daar twee feite in een sin gegee word, word slegs die eerste feit nagesien. Die tweede feit word
geïgnoreer.
• Indien daar twee sinne by een koeëlpunt gegee word, word slegs die eerste sin nagesien.
• Som die feite sovêr as moontlik in jou eie woorde op.
• Kandidate hoef nie ʼn TITEL te verskaf nie.
• Indien afkortings in die opsomming voorkom, word elke afkorting volgens die getal woorde wat dit
voorstel, getel, byvoorbeeld, d.w.s. = 3 woorde.
• Indien die kandidaat die opsomming in paragraafvorm aanbied, word die eerste sewe sinne van die
paragraaf nagesien.
LET DAAROP DAT DIE OPSOMMING MEER AS EEN MOONTLIKHEID IN ʼn PARAGRAAF BEVAT. DIE NASIENER
MOET DUS NOUKEURIG LEES!

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


14
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

KEN DIE TAALPUNTE SÓ TOE VIR NIEDIREKTE AANHALINGS:


Die hoofgedagte kan in ʼn volsin of in ʼn sinsnede aangebied word, solank dit sinvol is.
Puntetoekenning:
1–3 feite korrek: 1 punt
4–5 feite korrek: 2 punte
6–7 feite korrek: 3 punte
KEN DIE TAALPUNTE SÓ TOE VIR DIREKTE AANHALINGS:
LW: Die hoofgedagte kan in ʼn volsin of in ʼn sinsnede aangebied word, SOLANK
DIT SINVOL IS.
Puntetoekenning:
6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
1–5 aanhalings: 1 punt vir taal word toegeken
SKRYF DIE PUNTE SOOS VOLG NEER (horisontaal/vertikaal)
Feit 7
Taal 3
Totaal 10
FORMAAT:
• Selfs al word die opsomming in die verkeerde formaat aangebied, moet dit geassesseer word.
• Kandidate word nie gepenaliseer indien die opsomming in die verkeerde formaat aangebied is nie.
WOORDTELLING:
• Nasieners tel die getal woorde indien dit te lank lyk.
Wenke vir jou suksesvolle eksamen
Teks Moontlike antwoorde
Maak seker jy het al die skryfbehoeftes wat jy Jy moet al jou skryfbehoeftes reg hê.
tydens die eksamen gaan nodig kry. Sit altyd ʼn
ekstra pen in jou potloodsakkie vir ingeval joune
opdroog.
As jy laat is, kan dit jou paniekerig maak. Maak
seker jy is dus vroeg genoeg by die eksamenlokaal.
Beplan hoeveel tyd jy aan elke vraag wil Beplan jou tyd.
afstaan en doen jou bes om daarby te hou. Gee
OF
jouself sowat 20 minute aan die einde van die
vraestel sodat jy jou antwoorde kan deurlees. Jy moet jou tyd beplan.

Beantwoord die maklike vrae eerste. As jy te Jy moet die maklikste vrae eerste beantwoord.
lank by een vraag vashaak, beweeg aan na die OF
volgende een. Moenie paniekerig raak as jy nie
dadelik ʼn vraag kan beantwoord nie. Gaan aan Bly kalm as jy nie ʼn vraag kan beantwoord nie.
na ʼn volgende vraag. Jy moet die vrae versigtig deurlees.

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


15
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

Lees die vrae versigtig deur. Moet jy verduidelik,


beskryf, vergelyk of lys? Dit is veral belangrik
wanneer jy opstelvrae beantwoord. Breinkaarte
werk nie vir almal nie, maar jy moet beplan
Skryf die hoofgedagtes van jou argument neer.
wanneer jy langer vrae beantwoord. Maak ʼn
kriptiese lysie of skryf die hoofgedagtes van
jou argument neer. Dit sal baie help om jou op
die regte spoor te hou.
Skryf so netjies moontlik en gee aandag
Jy moet netjies skryf.
aan spelling, taalgebruik en leestekens.
Gee jouself genoeg tyd aan die einde van die
vraestel sodat jy weer deur jou antwoorde kan Jy moet deur jou antwoorde lees.
lees.
Moenie ná die eksamen die vraestel met jou
vriende bespreek nie. Dis nou verby; konsentreer Jy moenie ná die eksamen die vraestel met mense
liewer op die voorbereiding wat jy vir die volgende bespreek nie.
eksamen moet doen.
 TOTAAL AFDELING B: 10

AFDELING C: TAAL
ASSESSERINGSRIGLYNE
WOORD- EN SINSTRUKTURE
· Spelling vir eenwoord-antwoorde moet korrek wees om punte te verdien.
· Die standaardvariant geld.
· Wanneer slegs een woord as antwoord gevra word, kry die kandidaat geen punte indien die opdrag nie
uitgevoer is nie. (Kandidate moet nie die hele sin skryf nie indien daar gevra word om net die woord te
skryf.)
· Wanneer verlede tyd getoets word, moet ge- as EEN WOORD met die werkwoord geskryf word.
· Wanneer die infinitief getoets word, moet te in verbinding met die infinitief as TWEE WOORDE geskryf
word.
· Verder tel spelling glad nie indien anders vereis word nie – veral met eenwoord-antwoorde; behalwe
waar spelling getoets word.
· Taalfoute word gepenaliseer waar taalstrukture gevra word.
· Waar afkortings getoets word, moet die punktuasie ook korrek wees om I punt te verdien.
· Vir meervoudigekeusevrae word sowel die letter as die korrekte antwoord aanvaar.
· Streekstaal kan nie in ag geneem word nie.
· Indien die opdrag lui dat die kandidaat die sin soos volg moet begin, moet die hele sin uitgeskryf word.
· LET WEL: Waar advertensie- en strokiesprenttegnieke gevra word, tel taal- en spelfoute nie, tensy dit
die betekenis van die sin beïnvloed.
· Indien die opdrag lui dat die kandidaat die sin moet oorskryf, moet die hele sin uitgeskryf word.

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


16
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

VRAAG 3: ADVERTENSIE
Teks: D
Die taalvrae wat volg, is op die volgende advertensie gebaseer.
3.1 Wie is die adverteerder? (1)
KFM 94.5
3.2 In hierdie advertensie is musiekliefhebbers die teikengroep.
Hoe beklemtoon die advertensie dit? (1)
Met die vet gedrukte woorde “La La La”
3.3 Identifiseer die slagspreuk in die advertensie. (1)
“Meer musiek, minder bek”
3.4 Skryf “Meer musiek minder bek” oor in Standaardafrikaans. (1)
Meer musiek, minder praat
3.5 Kies die korrekte Afrikaanse woord:
KFM is ʼn (gewilde/populêre) radiostasie. (1)
gewilde
3.6 Noem TWEE tegnieke waarmee die adverteerder die leser se aandag probeer trek.  (2)
Die vet gedrukte woorde
Die “B” wat doodgetrek is
Die verskillende lettertipes
(Enige TWEE tegnieke)
3.7 Gee die oortreffende vorm van die woord tussen hakies:
KFM is die (goed) radiostasie in die Kaap. (1)
beste
3.8 Meer mense moet na KFM luister.
Begin só: Meer mense behoort ... (1)
Meer mense behoort KFM te luister.
3.9 Gee die korrekte vorm van die woord:
KFM het die mees lojale (mense wat luister). (1)
luisteraars

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


17
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

AFDELING C: TAAL
VRAAG 4: STROKIE
Teks E
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hier onder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit
4.1 Wat is die funksie van die ellips in raampie 2? (1)
Dit wys die spreker se gedagtes gaan aan. Dit wys hy wil nog iets sê.
4.2 “Haai, weet een van julle dalk hoe save ʼn mens Solitaire?”
Gebruik die HOMONIEM van “Haai” in ʼn volsin sodat die betekenis duidelik is. (1)
Die haai in die see het my gebyt. (Enige antwoord waar die haai in die see duidelik is.)
4.3 Gee die korrekte Afrikaanse woord vir “save”. (1)
Berg/stoor
4.4 Verwys na raampie 1.
4.4.1 Watter twee tekens is daar dat die onderwyser kwaai is? (2)
Hy frons.
Hy swaai sy vinger.
Sy wenkbroue is afgetrek.
(Enige TWEE)
4.5 Wat is ironies aan die seun se woorde in raampie 3? (2)
Die leser sou verwag dat hy besig is met belangrike werk soos wat die onderwyser sê, maar
Solitaire/rekenaarspeletjies is nie belangrik nie.
4.6 Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:
Die periode is egter nou verby. Save julle werk sodat julle more daarmee kan
aangaan (aangesien). Begin so: Aangesien die periode... (2)
Aangesien die periode egter nou verby is, save julle werk sodat julle môre daarmee kan
aangaan.
4.7 Kies die woord wat die volgende stelling KORREK sal voltooi. Skryf net die vraagnommer (4.7) en
die antwoord (A – D) neer, byvoorbeeld 4.6 E.
Neelsie se woorde in raampie 3 maak die meneer se woorde in raampie 1 vir die leser ...
A komies.
B tragies.
C realisties.
D romanties. (1)
A komies
[10]

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


18
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

Vraag 5: Artikel en prent


Teks F
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel hier onder gebaseer
• Opsetlike taal- en spelfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1.1 Gee die korrekte PERSOONSNAAM vir iemand wat in die Vrystaat woon. (1)
Vrystater
5.1.2 Skryf die getal 20 in woorde neer. (1)
twintig
5.1.3 Gee die korrekte BYVOEGLIKE NAAMWOORD.
Die Pro, deur Leon de Villiers, is ʼn (boek wat voorgeskryf is) Afrikaanse boek vir gr. 9- en
gr. 10-leerlinge in staatskole.  (1)
voorgeskrewe
5.1.4 Kies die korrekte spelling van die MEERVOUD tussen hakies.
De Villiers het in 1997 die Sanlam-boekeprys vir die jeugliteratuur 5.1.4 (kategorië / kategories /
kategorieë) gewen. (1)
kategorieë
5.1.5 Vorm ʼn BETREKLIKE VOORNAAMWOORD met die woorde tussen hakies:
Dit sal die eerste Afrikaanse rolprent wees 5.1.5 (wat+in) branderplankry ʼn groot deel van
die prent is. (1)
waarin
5.1.6 Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies:
Baie van die tonele is in Jeffreysbaai verfilm. ʼn Paar van die akteurs het ʼn maand lank spesiaal
lesse ontvang om branderplank te ry. (daarom). (1)
Baie van die tonele is in Jeffreysbaai verfilm; daarom het ʼn paar van die akteurs ʼn maand lank
spesiaal lesse ontvang om branderplank te ry.
5.1.7 Verander die volgende stelsin na ʼn VRAAGSIN.
Baie van die tonele is in Jeffreysbaai verfilm. (1)
Is baie van die tonele in Jeffreysbaai verfilm?
5.1.8 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies:
ʼn Paar van die akteurs het (lank) as ʼn maand spesiaal lesse ontvang om branderplank te ry. (1)
langer
5.1.9 Skryf die volgende sin in die INFINITIEF oor:
Beleggers moet in die boek belê.
Begin so: Beleggers behoort …. (1)
Beleggers behoort in die boek te belê.
5.1.10 Skryf die sin van die LYDENDE na die BEDRYWENDE vorm oor:
ʼn Herdruk van die boek word ook deur die vervaardigers beplan. (1)
Die vervaardigers beplan ʼn herdruk van die boek.
5.1.11 Vorm die korrekte SAMESTELLING van die woord. (1)
doktorsgraad

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


19
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 KWARTAAL 2
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS

5.1.12 Skryf die sin oor en vul die ontbrekende LEESTEKEN in.
Dat die boek bekend is het ons as vervaardigers gehelp om beleggers te vind om in die
rolprent te belê. (1)
Dat die boek bekend is, het ons as vervaardigers gehelp om beleggers te vind om in die
rolprent te belê.
5.1.13 Skryf die sin in die INDIREKTE REDE oor.
“Dit is ʼn drama met ʼn lewensles”, het Bouwer gesê.  (1)
Bouwer het gesê dat dit ʼn drama met ʼn lewensles is.
5.1.14 Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM oor.
Lees Die Pro! (1)
Moenie Die Pro lees nie!

Teks G
Die taalvrae hier onder is op die prent hier onder gebaseer.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
Kies die korrekte woorde tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord neer.
5.2 Busi, sy suster en sy ma en pa is vir (5.2.1 veertien/viertien) dae in Durban.
Hulle het (5.2.2 met/per) motor gereis om met (5.2.3 verkansie/vakansie) te gaan. Hulle hoop dat
die (5.2.4 wolke/volke) nie reën bring nie. (4)
5.2.1 veertien
5.2.2 per
5.2.3 vakansie
5.2.4 wolke
5.2.5 Vorm die TEENWOORDIGE DEELWOORD van die woord tussen hakies. Skryf slegs die woord as
antwoord neer.
Die (speel) kinders geniet die strand. (1)
spelende
5.2.6 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies
Busie se (ma, pa en sussie) is saam met hom. (1)
gesin
 TOTAAL AFDELING C: 40
 GROOTTOTAAL: 30 + 10 + 40 = 80

© e-classroom 2017 www.e-classroom.co.za


20

You might also like