Professional Documents
Culture Documents
01 - EFIBS370 - LE 3 - Bedryfskapitaal Notas
01 - EFIBS370 - LE 3 - Bedryfskapitaal Notas
LEEREENHEID 3
Notas
HANDBOEKVERWYSING
Financial Management 10th edition (Correia et al)
Bladsy 11-1 tot 11-21 (Die appendiks, van bl. 11-22 tot 11-23 is vir selfverryking) &
Bladsy 12-1 tot 12-34
OF
Let op: As koste van verkope nie bekend is nie of bedryfsverhoudings word bereken deur verkoopsinkomste of te wel
Omset syfer (Sales Income) te gebruik, word hierdie voorraadverhoudings bereken deur Verkope in plaas van Koste
Van Verkope te gebruik.
Let ook op: Voorraadomset / dae kan en moet vir alle voorraadkategorieë bereken word, wat wissel van
grondstofvoorraad tot voltooide goederevoorraad.
Let wel: Vir die bogenoemde verhoudings word gemiddelde voorraad/ debiteure / krediteure saldo's dikwels gebruik
(wat oor die algemeen meer korrek is); As eindsaldo's egter gebruik word, dui hierdie verhoudings die beraamde
“daevoorraad voorhande in eindvoorraad”, “daeverkope in sluitingsdebiteure” of “dae-aankope in
sluitingskrediteure” aan.
Let ook op: Daar word ook dikwels na die debiteure- en krediteure dae-verhoudings verwys as die "gemiddelde
invorderingsperiode" en "gemiddelde betalingstydperk".
NB: Bogenoemde formule kan ook vir bedryfkapitaal omset gebruik word. Daar bestaan ʼn
debat dat daar ʼn skil is tussen netto bedryfskapitaal en bedryfskapitaal. Ek vermoed dit het te
doen met die feit dat bedryfskapitaal soms ook gesien word as bedryfsbates (wat meestal
bestaan uit debiteure, voorraad en kontant en niks van krediteure noem nie). Neem dus
kennis van die verskil tussen netto bedryfskapitaal en bedryfskapitaal, maar vir EFIBS370 kan
jy dit as dieselfde sien.
Let wel: Produksietyd moet ook by die bogenoemde bedryfskapitaalsiklusberekeninge ingereken word, dit wil sê die
tyd wat dit neem om voltooide goedere te vervaardig in die geval van ʼn vervaardigingsonderneming. Enige sulke
produksietyd verleng natuurlik die bedryfskapitaal en kontant-na-kontant siklusse.
Likiditeitsverhoudings:
𝐵𝑒𝑑𝑟𝑦𝑓𝑠𝑣𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢𝑑𝑖𝑛𝑔 = 𝐵𝑒𝑑𝑟𝑦𝑓𝑠𝑏𝑎𝑡𝑒𝑠/𝐵𝑒𝑑𝑟𝑦𝑓𝑠𝑙𝑎𝑠𝑡𝑒
1 INLEIDING
ʼn Firma moet die optimale vlak van bedryfskapitaal vind, (dit wil sê bedryfsbate = voorraad,
debiteure en kontant) asook die mees koste-effektiewe manier om die belegging daarin te
finansier. Netto bedryfskapitaal verwys na bedryfsbates minus bedryfslaste (dit wil sê
toevallings (accruals) en krediteure).
Die bedryfskapitaalbeleid van ʼn firma verwys na die basiese beleidsbesluite rakende die
optimale vlak van beleggings in, en die optimale finansiering van bedryfsbates.
As die bedryfskapitaalvlak te laag is, kan daar voorraad tekorte voor kom met gevolglike
verlore winsmarge, streng kredietbeleid wat kliënte wegdryf, geen kontant om
kontantverpligtinge te betaal, ens. As die bedryfskapitaalvlak te hoog is, is die gevolge dat
fondse vermors sal word deur nie die vereiste opbrengs (geleentheidskoste) te verdien nie.
In die formulering van ʼn optimale bedryfskapitaalbeleid is dit daarom belangrik (maar nie
maklik nie) om die vlak van belegging te balanseer (wat ʼn opbrengs sal genereer) met die
blootstelling aan risiko.
Elke firma het ʼn bedryfskapitaalsiklus wat begin wanneer grondstowwe ontvang is, en eindig
wanneer debiteure betaal. Verwys na die voorgeskrewe handboek vir ʼn voorbeeld van die
bedryfskapitaalsiklus van ʼn firma wat duidelik geïllustreer word in figure 11.1 & 11.2. Die
kontantomskakelingsiklus (kontant-tot-kontant) van ʼn firma is die tyd wat geneem is vanaf
kontantbetaling tot kontantontvangs (dit wil sê die tydperk waarvoor die finansiering benodig
word).
Die kontantomskakeling- of kontant-tot-kontant siklus van ʼn firma kan verkort word deur:
ʼn Firma se verkope vooruitskatting sal ʼn groot impak hê op die vlak van bedryfskapitaal wat
benodig word. Afwykings in verkope veroorsaak ʼn spontane (outomatiese) verandering in die
firma se vlak van bedryfsbates en -laste, want namate ʼn firma meer goedere verkoop moet
dit oor die algemeen meer grondstowwe koop (↑ in grondstofvoorraad en krediteure), meer
voltooide goedere produseer (↑ in werk-in-proses en voltooide goedere-voorraad), en meer
op krediet verkoop (↑ in debiteure).
4 BEDRYFSKAPITAALBELEID
Bedryfskapitaalbeleid behels die volgende twee besluite:
1. Die toepaslike vlak van belegging in bedryfsbates; en
2. Hoe hierdie belegging gefinansier moet word.
Hoe groter die vlak van bedryfskapitaal is vir ʼn gegewe vlak van uitset, hoe minder riskant is
die beleid (aangesien daar minder kans is op voorraad tekorte, om nie kontant te hê vir
kontantverpligtinge nie, ens.). Daar is egter ʼn geleentheidskoste verbonde aan die
vermindering van hierdie risiko – verminderde opbrengs, aangesien die geld wat in
bedryfskapitaal belê word in ʼn meer winsgewende projek belê kan word.
Die optimale vlak van bedryfskapitaal is iewers tussen die twee uiterstes. As ʼn algemene reël
moet bestuur die vlak van bedryfsbates verlaag solank die marginale opbrengs van hierdie
aksie groter is as die verwagte verliese wat mag voortspruit uit ʼn lae belegging in
bedryfskapitaal.
5 BEDRYFSKAPITAAL FINANSIERINGSBELEID
As ʼn firma ’n aanleg sou finansier met ʼn nuttige lewe van 4 jaar deur middel van ʼn een jaar
lening, sou die kontantvloei wat gegenereer word heel waarskynlik onvoldoende wees om die
lening na een jaar terug te betaal en dit moet dus eerder gefinansier word met ʼn vier jaar
lening / huurkontrak. Ook so, vir bedryfskapitaal finansiering, kan die strategie om die
vervaldatum van die finansiering te pas met die lewensduur van bate wat gefinansier word,
toegepas word ten spyte van die feit dat daar onsekerheid sal wees.
Om hierdie beter te verstaan, lees die dele in die voorgeskrewe handboek aangaande
bedryfskapitaalbestuur in vergelyking met klein firmas asook werklike wêreld voorbeelde en
soortgelyke informasie.
6 BEDRYFSKAPITAALSTRATEGIEË EN KONTANTVLOEI
Lees hierdie gedeelte in die voorgeskrewe handboek. Hierdie onderwerp hou verband met
ander belangrike inhoud wat deur ander modules in meer detail gedek word, naamlik
strategie, etiek en in EFIBS370, Kapitaalbegrotings.
Kontant-invloeie en -uitvloeie met betrekking tot BTW is ook ʼn baie belangrike oorweging
wanneer bedryfskapitaal bestuur word – lees Appendiks 11.1 in hierdie verband, wat ʼn
illustratiewe voorbeeld insluit. Hierdie is egter net vir kennisname en sal nie in EFIBS370
assesseer word nie.
Die volgende is belangrike faktore wat in ag geneem moet word wanneer verkope voorspel
word:
• Historiese data • Regering regulasies • Promosieveldtogte
• Ekonomiese indikasies • Aanleg kapasiteit • Prysbeleid
• Mededinger se • Markopnames • Tendense en variasies
aktiwiteite
• Verskaffer se
aktiwiteite
8 KREDIETBELEID
As alles konstant bly sal ʼn firma verkies om vir kontant eerder as op krediet te verkoop.
Markfaktore dwing firmas egter om op krediet te verkoop wat aanleiding gee tot die volgende
kostes:
• Slegte skuld
• Koste om die debiteure te finansier
• Administratiewe kostes om debiteure te bestuur
As ʼn firma sou besluit om op te hou om goedere op krediet te verkoop, sal dit ʼn aansienlike
aantal van sy kliënte verloor wat eerder by ʼn mededinger, wat krediet aanbied, sou koop. Die
optimale kredietbeleid is een wat netto winste in verhouding tot die relevante risiko's
maksimeer.
• kredietwaardigheid;
• die invorderingsbeleid; en
Kredietwaardigheid:
In die assessering van die kredietwaardigheid van ʼn moontlike kliënt is die 5 Ks van Krediet
(5Cs: Character, Cash flow, Collateral, Capital and Conditions) ʼn belangrike oorweging, en dit
verwys na Karakter, Kontantvloei, Kollateraal (sekuriteit), Kapitaal en Kondisies. Verwys na
die voorgeskrewe teks vir meer inligting oor elkeen van hierdie faktore.
Inligting oor hierdie 5 faktore word verkry van ʼn firma met vorige ervaring met die kliënt, die
kliënt se krediet aansoek, asook eksterne inligting verkry van kredietverwysings en krediet
invorderings-agentskappe.
Invorderingsbeleid:
Die prosedure wat die firma volg om uitstaande bedrae in te samel mag insluit:
- ʼn Plakker op die rekeningstaat
- Telefoon oproepe / e-pos / briewe
- Oorhandiging aan invorderingsagentskappe / prokureurs
ʼn Verandering in hierdie beleid sal verkope affekteer, asook dae uitstaande, verlies a.g.v.
slegte skuld en die hoeveelheid kliënte wat vereffeningsafslag neem.
Vereffeningsafslagbeleid:
Vereffeningsafslag (oftewel “korting”) word gebruik om vroeë betaling deur debiteure aan te
moedig. Die beleid word bepaal deur die koste van die afslag te balanseer teen die voordeel
van kontantvloei.
“netto 30” beteken die kliënt moet binne 30 dae vanaf die rekeningstaat datum betaal, en sal
nie enige korting ontvang nie – indien betaling eers na 30 dae gedoen word, kan rente
moontlik gehef word.
“2/10 netto 30” beteken dat as die kliënt binne 10 dae vanaf die rekeningstaat datum betaal
sal ʼn 2% korting gegee word, anders moet die kliënt die volle bedrag binne 30 dae vanaf die
rekeningstaat datum betaal – indien betaling eers na 30 dae gedoen word, kan rente moontlik
gehef word. In praktyk word rente egter selde gehef.
Die voordele van die implementering van ʼn vereffeningskortingbeleid is dat nuwe kliënte, wat
glo dat die korting ʼn prysverlaging is, aangetrek sal word, en bestaande kliënte kan hul
rekeninge gouer betaal, wat die invorderingtydperk van ʼn firma verminder.
∆P = ∆C – ∆I – ∆B – ∆D
As ʼn verandering in kredietbeleid plaasvind oor verloop van ʼn paar maande, dan kan ʼn NPV
analise gebruik word om die impak van verandering in beleid met meer akkuraatheid te
bepaal (verwys na Voorbeeld 12.2 in die voorgeskrewe teks).
ʼn Element wat maklik by die bogenoemde gevoeg kan word, is die koste van addisionele
voorraad gedra. Om dit te bepaal moet van die “Economic Order Quantity” model se formules
gebruik gemaak word. Verwys na afdeling 10 hieronder vir meer.
Dit is belangrik om op te let dat baie firmas hul besigheidsmodel aangepas het om meer geld
te maak wanneer hulle krediet vir hul kliënte aanbied. Hoe is hierdie moontlik? Deur rente te
hef op agterstallige rekeninge sodat rente inkomste ʼn wesenlike bydrae lewer tot die firma
se wins. Edgars en Truworths het dit al vir jare suksesvol gedoen – wanneer ons kyk na hul
besigheidsmodelle sien ons hulle nou effektiewelik kleinhandelaars en bankiers (want hulle
bied krediet/lenings) is.
10 VOORRAADBESTUUR
Voorraad vlakke word bepaal deur verkoopsvolumes, en dus is ʼn akkurate en tydige
verkoopsvooruitskatting nodig om geteikende voorraadvlakke vas te stel. Die doel van
voorraadbestuur is om die kostes wat vermeerder met groter voorraad te balanseer teen
kostes wat verminder met groter bestellingsgrotes. Oormatige voorraad verwater
winsmarges aangesien dit aansienlike drakoste behels. Aan die ander kant sal te min voorraad
aanleiding gee tot ontwrigtings in die produksie proses en verlore verkope
(geleentheidskoste). Dus sal die bestuurders van produksie, bemarking en finansies gewoonlik
die voorraadbeleid vas stel.
Hierdie model is gebaseer op die uitgangspunt dat daar twee tipes koste is wat geassosieer
word met voorrade.
As die drakoste by die bestelkoste gevoeg word, verteenwoordig dit die totale koste van die
hou van voorraad. Die punt waar die twee kostekurwes sny (figuur 12.1), gee die minimum
totale koste, wat die ekonomiese bestelhoeveelheid (EOQ) is.
Gegewe sekere aannames (sien hieronder), kan daar gewys word dat die EOQ gevind kan
word deur die volgende formule te gebruik:
𝐸𝑂𝑄 = √(2𝐹𝑆/𝐶)
En die totale koste kan gevind word deur die volgende formule te gebruik:
Verwys na Voorbeelde 12.3 en 12.4 van die voorgeskrewe teks wat handel oor EOQ. Vraag
12.23 en 12.33 is uitstekende vrae wat voorraad bestuur met debiteure bestuur integreer.
Met verwysing na afdeling 8 hierbo (impak op netto wins) is dit baie belangrik dat jy in staat
is om die impak soos in die handboek verduidelik te kan uitbrei om verandering is koste van
voorraad ook in berekening te bring!
• Om die optimale vlak van veiligheidsvoorraad te bepaal, moet bestuur bepaal watter
vlak van veiligheidsvoorraad die gekombineerde drakoste van veiligheidsvoorraad en
die uit-voorraadkoste sal verminder (daarom word die totale koste op elke vlak van
veiligheidsvoorraad bereken om die optimale vlak van veiligheidsvoorraad te bepaal).
• Die verwagte koste om uit voorraad te wees word hanteer as deel van die koste om ʼn
bestelling te plaas (F in die EOQ formule).
Die EOQ model kom handig te pas in die bepaling van die optimale bestelhoeveelheid en vlak
vir voorraad. Bestuur benodig egter ʼn stelsel vir die bestelling en beheer van voorraad, bv.
herbestel punte moet bepaal word deur die vraag binne die afleweringstyd en die
afleweringstyd self in ag te neem.
Dit is nie prakties vir ʼn firma om te fokus op al die individuele voorraaditems nie, so bestuur
fokus oor die algemeen op ongeveer 20% van die voorraaditems, wat gewoonlik ongeveer
Die Pareto beginsel (ook bekend as die 80-20 reël) gee die stelling dat, vir baie gebeure kom
ongeveer 80% van die effekte van 20% van die oorsake.
Besigheidsbestuur konsultant Joseph M. Juran het die beginsel voorgestel en dit vernoem na
Italiaanse ekonoom Vilfredo Pareto, wat in 1906 waargeneem het dat 80% van die grond in
Italië deur 20% besit was. Hy het toe opnames oor ʼn verskeidenheid ander lande gedoen en
tot sy verbasing gevind dat ʼn soortgelyke verspreiding geld. Juran het die beginsel ontwikkel
deur waar te neem dat 20% van die ertjiepeule in sy tuin 80% van die ertjies bevat het.
ʼn Grafiek wat ongelykheid ʼn baie sigbare en verstaanbare vorm gegee het, die sogenaamde
'sjampanjeglas'-effek, is vervat in die 1992 Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogramverslag,
wat getoon het dat die verspreiding van wêreldwye inkomste baie ongelyk is, met die rykste
20% van die wêreld se bevolking wat 82,7% van die wêreld se inkomste beheer.
(Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Pareto_principle, 11/08/2011)
In antwoord op die bogenoemde was die ABC voorraadstelsel ontwikkel (hierdie is NIE die
selfde as aktiwiteitsgebaseerde koste nie! [Activity Based Costing]). Firmas analiseer elke
item van voorraad op grond van die koste, frekwensie van gebruik, die erns daarvan om uit
voorraad te wees, afleweringstye en enige ander relevante kriteria. Items wat duur is en
gereeld gebruik word en wat lang afleweringstye het word geplaas in kategorie A. Ietwat
minder belangrike items word geplaas in kategorie B, en onbelangrike items word geplaas in
kategorie C. Bestuur sal dan fokus op die meer belangrike items deur die kategorie A items
meer gereeld te hersien as die ander kategorieë, en die EOQ en herbestel punte aan te pas
indien nodig.
Lees die voorgeskrewe handboek om beter te verstaan hoe JIT en SCM gebruik word om
voorraad te bestuur.
Dit is onwaarskynlik dat daar enige aanleg in die wêreld is waar JIT foutloos geïmplementeer
kan word. Die bedoeling is egter om die totale siklustyd van grondstof tot verkoop te
verminder deur aktiwiteite wat nie waarde toevoeg nie, te verminder/uit te skakel.
SCM mik om ʼn firma effektief met hul verskaffers en kliënte te integreer. Voordele sluit dus
laer voorraadvlakke en kostebesparing in.
11 KONTANTBESTUUR
ʼn Besigheidsonderneming moet kontant byderhand hou of beskikbare oortrokke fasiliteite hê
om die volgende redes:
Die bogenoemde faktore sal die vlak van kontant wat ʼn firma byderhand hou bepaal. Daar is
egter ʼn geleentheidskoste om kontant byderhand te hou, omdat die kontant eerder belê kan
word in winsgewende projekte, gebruik kan word om die voorsieners van kapitaal terug te
betaal, ens.
Kontantbegrotings:
1. Toevallings
2. Handelskrediet
Wanneer firmas by hul verskaffers koop op krediet, dan ontstaan handelskrediet (rekeninge
betaalbaar, krediteure) – hierdie is ook ʼn spontane bron van finansiering omdat dit ontstaan
in die gewone verloop van besigheid. Finansiering kan vermeerder word deur die
betaaltydperk te verleng. Handelskrediet is meestal gratis, maar daar sal ʼn koste wees
geassosieer daarmee indien van vereffeningskorting afgesien word. Die geleentheidskoste
kan maklik bereken word.
In Voorbeeld 12.6 kan daar gesien word dat handelskrediet in twee komponente verdeel kan
word:
• dit wat kostevry is (krediet ontvang gedurende die afslagtydperk wat altyd gebruik
moet word); en
• dit wat duur is (krediet geneem wat die vryhandelskrediet tydperk oorskry).
Verwys na Voorbeeld 12.7 van die voorgeskrewe teks. Hierdie slegs vir selfverryking.
Faktuurafslag is soortgelyk aan faktorisering, behalwe dat die bestuur van debiteure by die
firma bly – die faktuur word slegs ‘verkoop’, nie die debiteure nie.
ʼn Wentelkredietsfasiliteit is ʼn lyn van krediet waarvan ʼn firma toegang kan verkry soos nodig,
tot op ʼn ooreengekome beperking. Bankoortrekkings is ʼn voorbeeld van ʼn
wentelkredietfasiliteit en word gewoonlik gebruik as ʼn vorm van oorbruggingsfinansiering,
maar baie firmas gebruik dié baie maal as ʼn medium-termyn bron van finansiering. Die laagste
koers wat kommersiële banke gewoonlik van hul beste kliënte sal hef is die prima
uitleenkoers. Die rentekoers word gewoonlik daagliks bereken; dit is egter belangrik om na
die effektiewe rentekoers te kyk wanneer jy met ander beskikbare finansieringsbronne
vergelyk.
Hierdie is ʼn wissel uitgereik deur ʼn firma en aanvaar deur ʼn bank met ʼn vermelde vervaldatum
van normaalweg 90 tot 180 dae. ʼn Wissel word gedefinieer as ʼn onvoorwaardelike skriftelike
bevel, gerig deur een persoon aan ʼn ander, onderteken deur die persoon wat dit gee, wat
vereis dat die persoon aan wie dit gerig op aanvraag betaal, of op ʼn vasgestelde of bepaalbare
toekomstige tyd, ʼn sekere bedrag geld op bestelling of toonder. Die rekening word deur die
firma aan ʼn afslaghuis verkoop (discount house). Die aanvaardende bank waarborg betaling
aan die afslaghuis op die vervaldatum en die firma onderskryf die agterkant van die wissel,
wat aanspreeklikheid teenoor die aanvaardende bank op dieselfde datum aandui. Hierdie is
dikwels ʼn baie laekoste vorm van finansiering as gevolg van die rekeninge wat uitgereik word
deur groot firmas wat goeie kredietgraderings het en deur banke gewaarborg word.
Firmas met groot oortrekkings sal ook bankiers se aanvaardings gebruik as die algehele koste
goedkoper is of as hul meer finansiering benodig.
Die daaglikse bankiers aanvaardings (BA) koers, wat gereeld na verwys word in nuusbulletins
en die finansiële pers, is die koers, vir ʼn bepaalde dag, waarop deelnemers in die geldmark
instem om bankiers se aanvaardings van ʼn bepaalde hoë gehalte in die mark te verdiskonteer.
Die BA koers is ʼn stabiele aanduier van heersende korttermyn geldmark rentekoerse. Die red
hiervoor is dat bankiers se aanvaardings beskou word as korttermyn sekuriteite wat baie lae
risiko dra en baie likied is.
Verwys na die voorgeskrewe teks vir ʼn illustrasie van ʼn bank-wissel en die koste daarvan.
6. Wentelkredietfasiliteit
ʼn Wentelkredietfasiliteit is ʼn lyn van krediet waartoe ʼn firma toegang kan verkry soos en
wanneer nodig onderworpe aan ʼn voorafbepaalde goedgekeurde beperking. Dit laat ʼn firma
buigsaamheid toe, aangesien dit slegs fondse hoef te leen wanneer dit nodig is en sodoende
die totale koste van finansiering wat aangegaan word verminder. Bankoortrekkings en
kredietkaarte is twee voorbeelde.
Hierdie vind plaas wanneer ʼn firma sekuriteite ‘verkoop’ in ruil vir kontant tot ʼn derde party
(dikwels ʼn bank) maar terselfdertyd instem om dieselfde sekuriteite terug te koop van ʼn derde
party teen ʼn hoër vaste prys, teen ʼn toekomstige datum (die hoër terugkoopprys sluit dus
effektiewelik rente in op die aanvanklike koopprys wat deur die firma 'geleen' is). Repo’s is in
wese ʼn versekerde lening. Die JSE het ʼn hoogs likiede en gereguleerde Repo Mark.
Sommige van die voordele en nadele van die verskillende tipe korttermyn finansiering
hierbo bespreek kan soos volg opgesom word:
Nadele:
• Wisselvalligheid van rentekoerse
• Risiko van nie-verlenging van fasiliteit