Lesplan Gr. 8 Natuurwetenskappe K1 W7 & W8

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 10

NATUURWETENSKAPPE: BEPLANNING & VOORBEREIDING

GRAAD 8 KWARTAAL & SIEN WKOD JOB 1 KENNISBAAN LEWE EN LEWENSWYSE

KWARTAAL 1: Week 7 en Week 8_2021


Doel / Onderwerp /Inhoud / Resources / LTSM
Teaching Methodologies & Classroom Management Skills
Konsepte / Vaardighede (HOW I am going to teach/guide/support…)
(WHAT I am going to use to
(WAT gaan ek ondererrig/rig/ondersteun…) teach/guide/support…)
Vorige kennis: Papiergebaseerde
Onderwerp: Mikro-organismes In graad 7 het jy geleer oor bronne
• Die klassifisering van lewende organismes
Natuurwetenskappe
Inhoud: • Die 5 hoofgroepe (Koninkryke) van lewende organismes
Sasol Inzalo Boek 8A,
• Tipes van mikro-organismes insluitend Bakterieë (Monera), Protista, Fungi, Plante en
Hoofstuk 3
• Skadelike mikro-organismes Diere.
• Nuttige mikro-organismes https://www.siyavula.co
OPVOEDERS NOTA: m/read/science/grade-
8
Leerwenk vir visuele leerders: Skep ‘n groot
Aan die einde van die lesse: geheuekaart van die verskillende tipes
mikro-organismes waarna hieronder verwys
Leerders sal die volgende verstaan: word. Gebruik prente en baie kleur.
• Mikro-organismes en hul
verskillende tipes
• Skadelike mikro-organismes
• Nuttige mikro-organismes Leerwenk: Kinestetiese leerders
• Verskillende effektiewe maatreëls
om die verspreiding van siektes te
onthou makliker as hulle aktief
bekamp betrokke is in die leerproses.
• Verskillende manière van
voedselpreservering (bewaring)

NUWE TERME!!

➢ Bakterieë
➢ Fungi
➢ Virus
➢ Protiste

1|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
➢ Patogeen
➢ Aansteek
➢ Anti-bakteries INLEIDENDE LES:
➢ Fermentasie
➢ Mikro-organismes/ mikrobes • Hersien die klassifisering van organismes.
➢ Mikrobiologie • Leerders moet weet dat:
➢ Entstof
Is lewend
➢ Immuun
➢ pasteurisasie

Mikro-organismes Is te klein om met die


blote oog
waar te neem

Daar is ‘n
verskeidenheid:
Virusse, Bakterieë,
Protista, Fungi

WENK
Blote oog – Is wanneer jy na iets kyk sonder die hulp van n toestel
soos n vergrootglas, teleskoop of mikroskoop

VIRUSSE
• Virusse is die kleinste mikro-organismes
• Dit kan slegs met ‘n baie sterk elektron mikroskoop waargeneem
word
• Hulle kom in verskeie vorms en groottes voor
• Hulle het geen lewende kenmerke nie maar kan slegs binne-in
lewende selle voortplant
• Hulle bestaan uit dieselfde chemiese stof as lewende
organismes.
• Baie van die viruses kan siektes veroorsaak

BAKTERIEË
• Bakterieë is baie klein maar hulle is groter as virusse, en kan met
‘n saamgestelde mikroskoop waargeneem word
• Hulle kan vining vermeerder in toestande wat vir hulle gunstig is.
Hulle kan slegs binne-in die gasheersel groei en vermeerder

2|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
• Hulle kan rond, staafvorming, spiraalvorming of
kommavormingwees
• Hulle toon al die kenmerke van lewende organismes
• Bakterieë kan siektes veroorsaak

PROTISTA
• Protista is mikroskopies
• Baie verskillende soorte leef in water waar hulle rond swem.
• Plantaardige protista het chlorofil en produseer hul eie voedsel
deur fotosintese
• Dieragtige Protista vang en eet hul voedsel
• Sommige protista beweeg deur middel van n flagellum
(sweephaar)en ander het kort silia (haartjies),
• ‘n Paar leef in die liggame van diere en veroorsaak siektes

FUNGI (SWAMME)
• Daar is baie tipes fungi
• Sommige is groot en kan met die oog waargeneem word, soos
bv sampioene en skimmel.

3|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
• Ander soos gis is mikroskopies
• Meeste fungi is nuttige ontbinders
• Fungi groei in donker, droë vogtige plekke
• Fungi kan siektes veroorsaak

LES

SKADELIKE MIKRO-ORGANISMES

• Baie aansteeklike siektes word deur mikro-organismes


(mikrobes)veroorsaak
• Die organismes kan binne -, EN op die oppervlak van organisms
leef.

• ‘n MIKRO-ORGANISME WAT SIEKTES VEROORSAAK WORD’N


PATOGEEN GENOEM

VOORBEELDE VAN SIEKTES VEROORSAAK DEUR MIKRO-ORGANISMES

Virusse Bakteria Protista Fungi


VIGS TB, cholera, Malaria Ringwurm
Griep syphilis, Amoebic Atleetvoet
COVID-19 pneumonia disenterie
Rabies (longont Afrika
Masels steking) slaapsiekt
Polio e

• Mikrobes veroorsaak ook die bederf van vrugte


(sien informele aktiwiteite)

MANIERE WAAROP SIEKTES VERSPREI KAN WORD


Wetenskaplikes het ontdek dat siekte-veroorsakende mikro-
organismes oral voorkom en op verskillende manière versprei kan
word:

1. Direkte kontak (soos):


• Persoon tot persoon – dit is wanneer ‘n geïnfekteerde persoon
aan iemand anders raak, of by die person nies of hoes. Die
siekte kan ook deur die uitruiling van liggaamsvloeistowwe
versprei word.

4|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
• Dier tot mens: om deur ‘n geïnfekteerde dier gebyt of gekrap te
word.
• Moeder to ongebore kind: ook tydens die geboorteproses

2. Indirekte kontak:
Baie kieme kan gevind word op voorwerpe soos deurknoppe,
oppervlak van tafels, krane, handrelings, lessenaars, ens.

3. Insekbyte:
Kieme kan versprei word deur insekte soos muskiete, vlooie, luise,
ens. Hierdie draers word na verwys as vektore

4. voedsel en waterkontaminasie (besmetting):


Siekte-veroorsakende kieme kan deur besmette voedsel en water
oorgedra.

UITDAGING
Die vel tree op as n natuurliie skerm teen skadelike mikro-organismes
wat infeksies veroorsaak, en deur ‘n paar eenvoudige
gedragsveranderinge te maak, kan die verspreiding van siektes
verhoed word.

Lys ‘n paar gedragspatrone wat kan help om die verspreiding van


siektes wat deur hierdie mikro-organismes veroorsaak word, te
bekamp.

INTERESSANTE FEITE

Die rol van die modern wetenskaplike


Vroeë wetenskaplikes het getoon dat die was van hande en die
gebruik van antiseptiese middels die oorlewingstempo van pasïente
wie operasies ondergaan het, verhoog.
Louis Pasteur het getoon dat wyn langer kan hou indien dit vir n
bepaalde tyd verhit word. Die verhittingsproses dood mikro-
organismes. Ons noem hierdie proses pasteurisasie. Pasteurisasie
word gebruik om melk en bier te steriliseer.
Louis Pasteur het die ‘kiemteorie’ ontwikkel wat verklaar dat die
meeste siekte veroorsaak word deur mikro-organismes wast die
liggaam aanval.

5|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
Louis Pasteur het die eerste entstof vervaardig. ,n Entstof word van
‘n verswakte vorm van die mikro-organisme gemaak. Die persoon
word daarmee ingespuit om hom/haar immuun teen die virus te
maak OF om hul immuniteit teen die virus te versterk.
Sir Alexander Fleming het die eerste penisillien, die eerste
antibiotika, in die 20ste eeu ontdek. Vandag word antibiotika
gebruik om bateriele siektes te genees.

NUTTIGE MIKRO-ORGANISMES

Mikro-organismes is nuttig in die natuur. Mense gebruik mikro-


organismes op verskillende maniere:
Ontbinders breek die liggame van dooie plante en diere af sodat
die nuttige stowwe in die grond in hersirkuleer.
Mense gebruik bakterieë om jogurt en kaas van melk te maak.
Die fungus gis word gebruik om brood en alkoholiese drank soos
bier en wyn te maak.
Sommige varïeteite sampioene word direk as voedsel gebruik. Hulle
is ‘n ryk bron van proteïene
Ons gebruik ook mikro-organismes om water te suiwer en riool te
behandel.
Antibiotika is medisyne wat bakterieë dood. Die meeste van hierdie
medisyne word vanaf mikro-organismes verkry/ vervaardig.
Byvoorbeeld, penisillien word vanaf die fungus Penicillium
vervaardig.

VOEDSELPRESERVERING

Mikro-organismes kom orals voor en voedsel kan maklik daardeur


besmet word. Verouderde voedsel het soms. slegte reuk en proe
ook sleg.

Meode van voedselpreservering:

1. Uitdroog en dehidrasie – baie voedselprodukte word in die son


uitgedroog om bederf deur mikro-organismes te verhoed.

6|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
2. Suiker en sout – is goeie preserveermiddels omrede hulle nie die
groei van organismes toelaat nie. Hulle word altyd gebruik in die
maak van konfyte, jellies en ingelegde kosse

3. Verkoeling– die groei van mikro-organismers word deur lae


temperature vertraag.

4. Pasteurisasie – Word maklik deur mikro-organismes bederf. Dit


‘skif’ en proe suur. Om dit te verhoed, word melk vir 10 minute tot 70
grade Celsius verhit, en dan vining afgekoel tot 10 grade Celsius.

4. Sterilisasie – behels die verhitting van stowwe tot baie hoë


temperature, die voedsel word dan in lugdigte houers gestoor. Hoë
temperature dood die mikro-organismes.

5. Chemiese preserveermiddels (soos asyn, natriumbenzoaat en


natriummetabisulfiet– word in die algemeen gebruik om voedsel te
preserveer. Hierdie stowwe word gewoonlik gevoeg by gebottelde
souse en smere
TOK:
Sien opvoedersinligting. Wenke aan ouers: • Woordelys /
Wetenskapwoorde boek
Aan die einde van die lesse: Ondersteun u kind met hierdie aktiwiteit deur: • Flitskaarte vir nuwe
• Ondersteuning te gee wanneer daarvoor gevra word. woordeskat
OUERS Leerders sal die volgende verstaan: • Leer hul leer deur vrae. Materiaal:
• Mikro-organismes en hul • Toon belangstelling. • Wetenskapdagboek of
verskillende tipes • Die verskaffing van 'n veilige, veilige area waarin u die werk kan joernaal of werkboek,
• Skadelike mikro-organismes verrig. potlode,
• Nuttige mikro-organismes • Maak voorsiening vir die tyd wat dit benodig om die aktiwiteit • Videogrepe vanaf die
• Verskillende effektiewe maatreëls te doen. internet, skootrekenaars /
om die verspreiding van siektes te • Om hulle te help om die materiaal aan te skaf wat hulle tablette / slimfone, ens.,
bekamp benodig om die onderwerp te ondersoek met behulp van die
• Verskillende manière van onderstaande sleutelvrae
voedselpreservering (bewaring) • Laat hulle toe om hul foute reg te stel.

7|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
INFORMELE AKTIWITEITE
• VINNIGE VASVRA
• PRAKTIESE ONDERSOEK (VEILIG, KAN OOK TUIS GEDOEN WORD) HET JY GEWEET?
• NAVORSING Loopbaanfokus
LEERDERS ‘n Mikrobioloog is ‘n
AKTIWITEITE wetenskaplike wie mikro-
organismes bestudeer. ‘n
Baccalaureus graad met
Mikrobiologie as hoofvak is
die basiese kwalifikasie. Dit
kan opgevolg word deur n
Meestersgraad en ‘n
Doktorale graad. ‘n
Mikrobioloog kan werk in die
brouerye en bakkery
industrieë asook in ander
prosesse. Mediese navorsing
en genetiese enginieurswese
is ook moontlikhede

Die volgende kennis en vaardighede word geassesseer:


Assesseer die begrip van die terminologie
Informele
Assesseer leerders se vermoë om waar te neem, resultate te kan interpreter en ook om tot n gevolgtrekking te kan kom.
Assessesering

Wetenskaplike kennis kan in die daaglikse behoeftes van die mens toegepas word.
Waardes geleer

8|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
INFORMELE AKTIWITEIT 1:

Vinnige vasvra:

Kom ons kyk hoeveel jy kan onthou van sommige van die eienskappe van mikro-organismes.

Voltooi die tabel hieronder deur ‘n regmerk () vir ‘ja’ en ‘n kruis (X) vir ‘nee’ in elke blok te plaas

Mikro- Kan deur die blote Het lewende


Mikroskopies Skadelik Nuttig
organismes oog gesien word eienskappe

Virusse

Bakterieë

Protista

Fungi

INFORMELE AKTIWITEIT 2: (Veilig om by huis/skool te doen)


Doel: Om die bederf van sitrusvrugte deur funguse waar te neem

Materiale benodig:
• Ryp lemoen (Of enige ander tipe vrug),
• ‘n bak met ‘n klein hoeveelheid water in

Prosedure: 1. Plaas die ryp lemoen in die bak met ‘n bietjie water.
2. Plaas nou die bak in ‘n warm plek vir ten minste 5 dae.

Waarneming: Wat neem jy waar?

Verduidelik u waarnemings.

Gevolgtrekking: Skryf u gevolgtrekking neer.

9|Page
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES
INFORMELE AKTIWITEIT 3: Doen navorsing oor ‘n
aansteeklike siekte
Doen navorsing oor ‘n aansteeklike siekte

INSTRUKSIES:

1. Jul onderwyser gaan die volgende virale, bakteriese, protiste en fungale


siektes aan verskillende leerders in die klas vir navorsing toeken.
2. Gebruik bronne van die biblioteek, die internet of onderhoude met
professionele persone in gesondheidsorg, om meer oor die siekte uit te
vind.
3. Skryf 'n verslag, berei 'n plakkaat of mondeling voor, afhangende van die
onderwyser se instruksies.
4. Jy moet inligting insluit van:
4.1 Die oorsaak van die siekte
4.2 Simptome van die siekte
4.3 Behandeling van die siekte
4.4 Hoe gemeenskappe reageer op mense met die siekte

Siektes wat deur virusse Siektes wat deur bakterieë Siektes vanaf Fungi of
veroorsaak word veroorsaak word Protista

waterpokkies en antraks malaria


gordelroos builepes Afrika slaapsiekte
verkoue cholera (nagana by beeste)
genitale herpes witseerkeel giardiase
infektiewe hepatitis disentrie amoebiese disenterie
(aansteeklike gonorrea diarree
geelsug) melaatsheid candidase
griep mastitis (melkkoors) ringwurm
masels meningitis atleetvoet
meningitis pneumonie
pampoentjies (longontsteking)
pneumonie sifilis
(longontsteking) tetanus
hondsdolheid (klem-in-die-kaak)
rubella (Duitse tuberkulose (TB)
masels) (tering)
pokkies tifuskoors
geelkoors (ingewanskoors)
Marburg Virus Siekte kinkhoes
(MVS)
poliomiëlitis

10 | P a g e
AOO GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESPLAN: – MIKRO-ORGANISMES

You might also like