Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 10

NATUURWETENSKAPPE: BEPLANNING EN VOORBEREIDING

GRAAD 8 KWARTAAL 2 KENNIS AREA MATERIE EN MATERIALE


DATUM: Kwartaal 2 Week 2 en Week 3_2021
Onderwys Metodologie en Hulpbronne / LTSM
Onderwerp / Inhoud / Konsepte / Vaardighede
(Wat gaan ek onderrig / lei / ondersteun…) Klaskamerbestuur (WAT gaan ek gebruik wanneer ek
(HOE gaan ek onderrig / lei / ondersteun …) onderrig/ lei / ondersteun…)
Onderwerp: Atome Alle inligting en inhoud word op Werksvelle integreer inligting,
die werksvel gegee wat voorsien inhoud en vaslegging / informele
ONDERWYSERS Inhoud en Konsepte: word. assesering
• Atome - boustene van materie
• Sub-atomiese deeltjies SASOL Inzalo/Siyavula:
• Suiwer stowwe http://www.mstworkbooks.co.za/n
• Elemente atural-
• Verbindings sciences/gr9/tableofcontents.html
• Mengsels van elemente en verbindings

Die Periodieke Tabel


• Klassifikasie van elemente as metale, nie-metale en semi-
metale
• Identifiseer groepe op die periodieke tabel.
• Identifiseer inligting wat per element op die periodieke
tabel gegee word.
• Verstaan die betekenis van nommers.

AKTIWITEITE BY DIE HUIS: Minimum vbenodighede:


OUERS
Leerders word as deel van die aktiwiteit van al die inligting voorsien wat nodig is om die aktiwiteite Toegang tot werksvelle, elektronies
te voltooi. Die inligting en aktiwiteite is ontwerp sodat ouers nie nodig het om enige inhoud aan as skermfoto’s of pdf dokument, of
leerders te verduidelik nie. Sou ‘n leerder sukkel om die aktiwiteite te bemeester kan werksvelle gedruk
ondersteuning op enige van die volgende manière gegee word: Skryfpapier en pen
• Vra ‘n leerder om die inligting wat voorsien word, hardop te lees en dan die inligting in hulle eie
woorde te verduidelik.
• Indien leerders steeds vashak vra hulle kom ‘n gepaste vraag of stelling oor die begrip waarmee Ander:
hulle sukkel te formuleer.
Leerder moet toegang het tot:

1|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
• Indien ‘n leerder kontak met ‘n opvoeder het, moedig hulle aan om die vraag aan die opvoeder • Wetenskapjoernaal / werkboek
te stuur. Indien nie, help hulle om die vraag in ‘n werkboek neer te skryf sodat dit later opgevolg / skryfblok, potlode,
kan word. skootrekenaars / tablette /
• Monitor dat alle werksvel vrae deur leerders beantwoord word. (Verkieslik op papier) slimfone
• Nadat ‘n leerder die werksvel voltooi het, gee aan hom die antwoordblad sodat die aktiwiteite • Selfoon data
deur die leerder nagesien kan word.
• Monitor dat die leerder die aktiwiteite nagesien het. Sou daar enige vrae uit die nasien van die
aktiwiteite ontwikkel, moedig leerders aan om die vrae aan ‘n opvoeder te plaas of neer te skryf
soos vroeër beskryf is.
• Maak seker dat die leerder al die aktiwiteite voltooi en nasien.

LEERDER Leerderaktiwiteite: stap vir stap


AKTIWITEITE Alle inligting word in die leerderwerksvelle deurgegee.

Informal Aktiwiteite en memorandums is as deel van die werksvelle opgestel


Assessment

2|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
Lesson 1: Atoms, the Building Blocks of Matter

Alle materie bestaan uit deeltjies

Al kan ons dit nie met die blote oog


sien nie, bestaan alles op Aarde uit
klein deeltjies, soos byvoorbeeld
hierdie tafel. Selfs die lug wat jy
inasem of die water wat jy drink
bestaan uit klein deeltjies.

Hierdie deeltjies bestaan selfs uit nog kleinder deeltjies. Kom ons kyk na die deeltjies
waaruit water betaan. ‘n Waterdeeltjie kan selfs in nog kleiner deeltjies opgebreek word.

Hierdie kleinder deeltjies


noem ons ATOME

Die diagram hieronder toon ‘n chemiese voorstelling van ‘n mengsel van drie verskillende
gasse in drie verskillende houers A, B en C. Die houers is almal identies.

Houer A Houer B Houer C

1. Teken die chemiese diagram oor, maar hierdie keer, laat daar net een soort van die
verskillende gasse in elke houer wees.
2. Hoeveel verskillende soorte atome kom in al drie gasse voor?
3. Wat is die verskil tussen ‘n atoom en ‘n deeltjie?
4. Teken die verskillende deeltjies wat in die houers voorkom oor.
5. Teken die verskillende atome wat in die houers voorkom, oor.
Wanneer dieselfde tipe atoom saam gegropeer word, vorm dit elemente.
Hier is ‘n voorbeeld van TWEE verskillende elemente:
Die atome in sommige element is groter as die
atome in ander elemente.

Parytkeer word atome binne in ‘n element


saamgegroepeer.

‘n Versameling van alle elmente word op die periodieke tabel gevind.

3|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
6. C en O is beide element op die periodieke tabel.
6.1 Waar op die periodieke tabel kom element C en element O voor? (gebruik rye en
kolomme om jou antwoord te verduidelik.)
6.2 Wat word die eenvoudigste identiese deeltjies waaruit C bestaan genoem?
6.3 Verwys na die deeltjies waaruit elemente bestaan en noem een verskil tussen C en
O.
7. Beskou die verskillende diagramme wat hieronder geton word:

7.1 Hoeveel verskillende soorte atome word in diagram X, Y en Z getoon?


7.2 Teken die verskillende atome wat in diagram X, Y en Z voorkom.
7.3 Hoeveel elemente kom in diagram X voor?
7.4 Hoeveel elemente kom in diagram Y voor?
Less 2: Subatomiese deeltjies
8.

8.1 Teken ‘n atoom wat bestaan uit:


* 4 electrone
* 5 neutrone
* 4 protone
4|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
8.2 Wat is die ladings van elk van die volgende?
8.2.1 electrone
8.2.2 neutrone
8.2.3 protone

8.3 Watter deeltjies kom in die kern van die atoom voor?
9. Bestudeer die volgende voorstelling en beantwoord die vrae wat volg:

9.1 Hoveel verskillende atome word in die diagram voorgestel?


9.2 Teken die atoom oor waarin geen neutrone voorkom nie.
9.3 Teken ‘n voorbeeld van elke soort atoom wat in die voorstelling voorkom. Teken van
die ligste tot die swaarste atoom.

Les 3: Suiwer stowwe


In suiwer stowwe is al die deeltjies identies. Die deeltjies kan atome of ‘n kombinasie van
atome wees.

Suiwer Stowwe Onsuiwer Stowwe

Suiwer stowwe bestaan uit elemente en verbindings. Elemente bestaan uit een soort toom,
terwyl verbinding uit twee of meer verskillende soorte atome bestaan.

10. Indien die sfere in die volgende diagramme atome voorstel, noem watter van die
diagramme suiwer en watter onsuiwer stowwe voorstel. Noem ook of die voorstelling
moontlik elemente kan wees.

5|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
Elemente
Al die elemente kom op die periodieke table voor.
Dit is in die tabel hieronder gemerk.

Naam van element Beskrywing Atoom van element

Waterstof Kleurlose gas

Suurstof Kleurlose gas

Koolstof Swart vaststof (steenkool) of


diamante

Natrium Sagte metaal (kan met ‘n


bottermes gesny word)

Chloor Geel gas. Kan kanker veroorsaak.

Die simbole vir hierdie element is as volg:


Waterstof – H Koolstof - C Suurstof – O
Natrium – Na Chloor - Cl

Alle elemente wat bestaan kom


op die periodieke tabel voor

11. Dui aan waar die volgende elemente op die periodieke tabel voorkom?
Alluminium (Al) Swawel (S) Lood (Pb) Yster (Fe)

Goud (Au) Neon (Ne) Silwer (Ag) Koper (Cu)


Let wel:
Elemente kom nie altyd as enkele atome in die natuur voor nie. Wanneer identiese atome
kombineer word dit as elemente geklassifiseer, nie as verbindings nie. In die natuur kom
swawel in hierdie vorm voor: Suurstof lyk so

6|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
Verbindings
‘n Verbinding is ‘n stof wat uit twee of meer verskillende atome wat chemies met mekaar
verbind het, bestaan.

• In Graad 9 it is die belangrik om te weet DAT atome verbind en


verbindings vorm.
• In Graad 0 sal jy leer HOE die atome kombineer.
• Atome kombineer op spesifieke maniere, wat verduidelik

waarom water altyd so geteken word: en inie so nie

• In Graad 9 word daar nie van jou verwag om die regte


rangskikking van atome in verbindings te ken nie.
Atome in verbindings verbind ALTYD in dieselfde verouding:

• In die verbinding water kom daar alyd twee waterstof atome voor wat met een suurstof
atoom verbind.
• Geen ander kombinasie van suurstof en waterstof atome gaan water vorm nie.
• Dit is waar vir alle vir alle verbindings.
Algemene verbindings

Naam Formule Voorstelling

Water H 2O

Koolstofdioksied CO2

Natriumchloried NaCI

• Verbindings word aanmekaar gehou deur chemiese bindings.

Chemiese
binding

• Verbindings vorm deur chemiese reaksies.


• Vir natriumchloried om te vorm moet natrium en chloor chemies verbind. Dit word deur
die volgende vergelyking voorgestel. Hieronder word twee verskillende chemiese
reaksies deur chemiese vergelykings voorgestel.
• Natrium + chloor → natriumchloried
• Waterstof +suurstof → water

12. Noem watter van die volgende stowwe suiwer stowwe, onsuiwer stowwe, elemente of
verbindings is.
12.1 Sout in water opgelos
7|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
12.2 Water
12.3 Natrium
12.4 Natrium chloried

13. In watter van die stowwe in nr 12 genoem kom chemiese bindings voor?
14. Skryf die chemiese vergelyking neer wat wys hoe natriumchloried vorm.
Les 4: Breek van verbindings en mengsels.

• Vir verbindings om te breek is hitte of ‘n elektriese stroom nodig.


• Water kan in suurstof en waterstof gebreek word deur ‘n elektriese stroom daardeur te
stuur.
Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg:
15. Twee lepels word aan ‘n battery gekoppel en in ‘n glas water geplaas.

15.1 Wat sal jy na ‘n rukkie in die glas waarneem?


15.2 Sal die eksperiment werk indien die lepels met hout stokkies vervang word?
15.3 Skryf ‘n chemiese vergelyking vir die reaksie wat in die glas plaasvind neer.
15.4 Wanneer water gekook word kom daar ook ‘n gas aan die bokant van die ketel uit.
Is dit ook ‘n voorbeeld van die ontbinding van water?
Mengsels
• Elemente en verbindings word soms met mekaar gemeng.
o Byvoorbeeld in seewater, klippe en lewendige dinge.

• Hoe kan jy tussen verbindings en mengsels onderskei?


• Mengsels word deur fisiese metodes van mekaar geskei
o Byvoorbeeld deur filtrasie of sortering ens.

Filtrasie Sortering

• Atome in verbindings kan slegs deur chemiese metodes soos elektroliese geskei word.

16. Noem of die volgende voorbeelde van elemente, verbindings of mengsels is.

16.1 smarties
16.2 magnesiumoksied
16.3 yster
16.4 ystersulfied
16.5 suikerwater

8|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
MEMORANDUM

Lesson 1: Atoms, the Building Blocks of Matter

1.

2. Daar is drie verskillende tipes atome in die verskillende kombinasies


3. Alle atome is deeltjies, maar alle deeltjies is nie atome nie. Atome kan in verskillende soorte
deeltjies kombineer.
4.

5.

6.1 Koolstof: Ry 2 kolom14


Suurstof ry 2 kolom 16

6.2 Atome
6.3 Die atome van C verskil in grootte van die atome van O

7.1 3
7.2

7.3 3
7.4 1

Lesson 2: Sub-Atomic Particles

8.1

8.2 electrone – negatief neutrone – neutraal protone – positief


8.3 protone en neutrone

9|Page
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME
9.1 3
9.2

9.3

Lesson 3: Pure Substances

10. Diagram A: Suiwer stof, element


Diagram B: Suiwer stof, verbinding
Diagram C: Onsuiwer stof
11.

12.1 Onsuiwer
12.2 Suiwer, verbinding
12.3 Suiwer, element
12.4 Suiwer, verbinding
13. Water, natriumchloried
14. Natrium + Chloor → Natriumchloried

Lesson 4: Breaking up Compounds and Mixtures.

15.1 Borrels vorm (suurstof en waterstof)


15.2 Dit sal nie werk nie. Hout kan nie elektrisiteit gelei nie.
15.3 Water → waterstof + suurstof
15.4 Nee. Dit is nie waterstof en suurstof wat bokant die ketel vorm nie maar klein water
druppeltjies wat konsenseer. Tussen die stoom bo die ketel is water gas, jy kan dit
nie sien nie, maar dit is nie waterstof en suurstof nie.
16.1 Mengsel
16.2 Verbinding
16.3 Element
16.4 Verbinding
16.5 Mengsel

10 | P a g e
GRAADE 8 NATUURWETENSKAPPE KONSEP LESP LAN: ATOME

You might also like