Test 2 Afrikaans

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

Calculators/Sakrekenaars: Yes/Ja

Requirements for this paper/Benodigdhede vir hierdie vraestel: Other resources/Ander hulpmiddels:
N/A
Answer scripts/ X Multi-choice cards (A5)/
Antwoordskrifte: Multikeusekaarte (A5):
Attendance slips (Fill-in paper)/ Multi-choice cards (A4)/
Presensiestrokies (Invulvraestel): Multikeusekaarte (A4):
Scrap paper/ Graph paper/
Rofwerkpapier: Grafiekpapier:

Type of assessment/Tipe KLASTOETS 2/CLASS TEST 2 Qualification/ B COM, ETC.


assessering: Kwalifikasie:
Module code/Modulekode: ACCF111 Duration/Tydsduur: 100 MINUTES

Module FINANSIËLE REKENINGKUNDE Max/Maks: 50 PUNTE/MARKS


description/Modulebeskrywing: FINANCIAL ACCOUNTING
Examiner(s)/Eksaminator(e): ME PHATHISWA MOYO Date/Datum: 18 APRIL2023
ME H VORSTER
ME M WEYERS
Internal/Interne moderator(s): MRPIETER BREECHOTEN/ME Time/Tyd: 08H00
B VAN DER NIET

Submission of answer scripts/Inhandiging van antwoordskrifte: Afrikaans and English papers seperately please.
Instruksies:
1. Studente mag nie selfone in die toetslokaal hanteer nie en selfone toebehore, insluitend maar nie
beperk tot oorfone, word nie toegelaat nie. Slimhorlosies word ook nie toegelaat nie.
2. Studente moet hulle sakke voor in die lokaal los.
3. Studente sal aan dissiplinêre prosedures onderworpe wees indien hulle:
 boeke of notas in hulle besit het (behalwe tydens opeboekeksamens/toetse);
 poog om `n ander student te help of probeer om hulp te kry van enige student.
4. Geen student mag die toetslokaal verlaat voordat een halfuur van die toetssessie verloop het nie.
5. Geen verversings word in die toetslokaal toegelaat nie.
6. Geen bladsye mag uit die antwoordboeke verwyder word nie.
7. Antwoordboeke moet by die toesighouers ingehandig word voordat enige student die toetslokaal mag verlaat.
8. Die bywoningstrokie, wat ook as bewys van onderneming dien, moet voltooi word.
9. Aantekeninge mag op die vraestel gemaak word.
10. Alle antwoorde moet in swart of blou ink geskryf word – potlood sal nie gemerk word nie.
11. Alle vrae moet beantwoord word.
12. Toon alle berekeninge en rond af tot die naaste rand.
13. Die aantal punte getoon teenoor die vereiste/s vir elke vraag gee `n aanduiding van die lengte en
detail wat van u antwoord verwag word.
14. Beantwoord die vrae deur gebruik te maak van:
 effektiewe ordening en uiteensetting;
 sinvolle verduidelikings;
 logiese argumente; en
 ondubbelsinnige en bondige taalgebruik.
15. Begin elke gedeelte van ‘n vraag op `n nuwe bladsy.

INHOUD PUNTE MINUTE


Vraag 1 – Voorraad 15.0 30
Vraag 2 – Debiteure 23.0 46
Vraag 3 – Krediteure 12.0 24
Disclaimer: All names of persons, places and business entities mentioned in this examination paper are fictitious and any
resemblance to real persons, living or dead, places and business entities is purely coincidental.

VRAAG 1 (15 Punte; 30 Minute)

ACCF 111 2023 KLASTOETS 2 1/6


Ignoreer belasting op toegevoegde waarde (BTW).

Benzoo Traders (‘Benzoo’) verskaf fietse en driewiele aan kleinhandelwinkels regoor die
land. Benzoo is 10 jaar gelede deur mnr William Benz gestig. Benzoo maak gebruik van die
deurlopende voorraadstelsel om die fiets voorraad te boekstaaf en die periodieke
voorraadstelsel om die voorraad van driewiele te boekstaaf. Die entiteit maak gebruik van
die Eerste-in-eerste-uit ('EIEU')-metode om voorraad te waardeer. Die huidige finansiële
jaareinde is 31 Desember 2022.

1. Voorraad

Die saldo's van die handelsvoorraad was soos volg aan die begin en einde van die
finansiële jaar:

Fietse Driewiele
Datum Aantal Prys Totale Datum Aantal Prys Totale
eenhede per waarde eenhede per waarde
eenheid eenheid

01/01/2022 105 R850 R89 250 01/01/2022 150 R650 R97 500

31/12/2022 650 ? 31/12/2022 328 R210 640

2. Aankope

Die volgende items is gedurende die jaar aangekoop:

Fietse Driewiele
Datum Aantal Prys per Totale Aantal Prys per Totale
eenhede eenheid waarde eenhede eenheid waarde

01/02/2022 250 R925 R231 250 300 R550 R165 000

31/03/2022 350 R750 R262 500 250 R475 R118 750

01/06/2022 150 R800 R120 000 175 R580 R101 500

31/10/2022 100 R650 R65 000 220 R625 R137 500

Totaal 850 R493 750 945 R522 750

3. Verkope

Die volgende goedere is gedurende die jaar verkoop:

Fietse Driewiele
Datum Aantal Verkoops Totale Aantal Verkoops Totale

ACCF 111 2023 KLASTOETS 2 2/6


eenhede prys per verkoops eenhede prys per verkoops
eenheid waarde eenheid waarde

30/06/2022 105 R1 200 R126 000 350 R990 R346 500


01/11/2022 200 R1 150 R230 000 280 R1 050 R294 000

4. Vraggeld op aankope

Fietsaankope wat op 1 Junie 2022 gedoen is, het afleweringskoste van R15 000 gehad wat
nie by die koopprys van die voorraad ingesluit was nie.
Driewielfietse wat op 1 Februarie 2022 en 31 Oktober 2022 aangekoop is, het vervoerkoste
op aankope van onderskeidelik R8 000 en R10 500 gehad. Hierdie bedrae was nie by die
aankoopsprys ingesluit nie. Die verskaffer het gratis aflewering vir die res van die aankope
toegestaan.

5. Terugsendings

Driewielfietse ten bedrae van R65 000 wat op 31 Maart 2022 by die aankope ingesluit is, is
beskadig en op 1 April 2022 aan die verskaffer terugbesorg. Geen ander terugsendings is
gedurende die jaar gemaak nie.

PUNTE
VERLANG – VRAAG 1 Sub- Totaal
totaal
1.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad van die fietse op
9.5 9.5
31 Desember 2022.
1.2 Bereken die waarde van die koste van verkope van die driewiele
5.5 5.5
vir die jaar geëindig 31 Desember 2022.

TOTALE PUNTE 15

ACCF 111 2023 KLASTOETS 2 3/6


VRAAG 2 (23 Punte; 46 Minute)

Belasting op toegevoegde waarde (BTW) van 15% is van toepassing.

Fish Equip Handelaars ('Fish Equip') is die grootste hengeltoerustingwinkel in Mahikeng.


Fish Equip het kliënte van oral in Suid-Afrika en as gevolg van hul uitgebreide kliëntebasis
bied hulle 'n vereffeningskorting van 10% aan kliënte wat op krediet koop en hul rekeninge
binne 30 dae na die aankoopsdatum vereffen. Jy kan aanvaar dat al Fish Equip se kliënte
ten volle sal voordeel trek uit die skikkingsafslag wat aan hulle gebied word. Fish Equip
handhaaf 'n bruto winsopslag van 60% op die kosprys. Die entiteit is 'n geregistreerde BTW-
ondernemer en maak van die deurlopende voorraadstelsel gebruik om handelsvoorraad te
boekstaaf. Die huidige finansiële jaareinde is 31 Desember 2022.

Fish Equip het 'n onervare boekhouer in diens gehad wat nie verstaan het hoe om al die
transaksies in die rekeningkundige rekords aan te teken nie. Die volgende transaksies is nog
nie deur die boekhouer aangeteken nie:

a) 1 Februarie 2022 – Fish Equip het goedere teen 'n kosprys van R40 800 aan 'n kliënt vir
kontant verkoop. 'n Kontantkorting van 5% is toegestaan en moet nog in ag geneem word.

b) 1 April 2022 – Goedere met 'n merkprys (BTW ingesluit) van R264 500 is op krediet aan
mnr Fisherman verkoop.

c) 15 April 2022 – Mnr Fisherman het sy uitstaande rekening ten volle vereffen.

d) 1 Junie 2022 – Me Sharktale, 'n debiteur wat voorheen as oninbaar afgeskryf is, het
daarin geslaag om 60c in die rand te vereffen op haar uitstaande bedrag van R16 500 wat
sy geskuld het.

e) 1 Oktober 2022 – Mnr Swordfish het goedere met 'n verkoopprys (BTW uitgesluit) van
R120 000 op krediet gekoop van Fish Equip. Hierdie bedrag was voordat enige afslag in ag
geneem is.

f) 01 November 2022 – Mnr Swordfish het geen fondse beskikbaar gehad om sy uitstaande
rekening te vereffen nie.

g) 31 Desember 2022 - Die debiteurekontrolerekening, na alle uitstaande


joernaalinskrywings in ag geneem is, het R395 600 beloop. Daar word verwag dat 7% van
die uitstaande debiteure nie hul rekeninge sal kan vereffen nie. Die entiteit maak gebruik van
'n toelaag vir kredietverliese-rekening. Die vooraansuiweringsproefbalans toon 'n toelaag vir
kredietverliese ten bedrae van R19 750.

PUNTE
VERLANG – VRAAG 2
Sub- Totaal
totaal
Teken bogenoemde transaksies aan in die algemene joernaal van
Fish Equip Handelaars vir die finansiële jaar geëindig 31 Desember 23 23
2022.
Joernaal omskrywings word nie verlang nie.

TOTALE PUNTE 23

ACCF 111 2023 KLASTOETS 2 4/6


VRAAG 3 (12 Punte; 24
Minute)

Belasting op toegevoegde waarde (BTW) van 15% is van toepassing.

Jebbssun Handelaars (‘Jebbssun’) is in 2005 gestig en verkoop hoë kwaliteit


luidsprekerstelsels aan die publiek. Jebbssun het die deurlopende voorraadstelsel in gebruik
om handelsvoorraad te verantwoord en maak gebruik van 'n bruto winsopslag van 45% op
kosprys. Jebbssun is 'n geregistreerde BTW-ondernemer.
Jebbssun koop hulle voorraad op krediet by DC Sound Handelaars ('DC Sound').

Die volgende staat is van DC Sound ontvang:

REKENINGSTAAT VAN DC SOUND HANDELAARS AAN: JEBBSSUN


HANDELAARS

Debiet Krediet Saldo


Datum Besonderhede/Dokument nommer
R R R
Mar 25 Rekening gelewer 11 400
29 Faktuur 7918 5 700 17 100
Apr 02 Faktuur 8019 6 840 23 940
03 Kwitansie R001 17 100 6 840
09 Faktuur 8735 1 500 8 340
11 Faktuur 8942 3 420 11 760
14 Krediet nota CN445 684 11 076
16 Faktuur 9065 2 250 13 326
18 Faktuur 9222 4 500 17 826
22 Faktuur 9665 3 550 21 376
25 Faktuur 9667 5 888 27 264

Nadat die rekeningkundige rekords van Jebbssun gerekonsilieer is met die staat
ontvang van DC Sound vir die maand van April 2022, is die volgende foute en
weglatings geïdentifiseer:

1. Die krediteure grootboekrekening van DC Sound in die rekeningkundige rekords van


Jebbssun het 'n openingsaldo van R18 229 (KT) op 01 April 2022 gehad.
2. DC Sound het vergeet om 'n 10% handelskorting van faktuur 8019 af te trek. Hierdie
transaksie is glad nie deur Jebbssun aangeteken nie.
3. Jebbssun het faktuur 8942 verkeerd as R3 240 geboekstaaf.
4. Faktuur 8735 was 'n privaat aankoop deur die eienaar van Jebbssun, wat DC Sound
verkeerd op Jebbssun se rekening aangeteken het en nie op die eienaar se persoonlike
rekening nie.
5. Faktuur 9222 was 'n voorraadbestelling deur Jazz Handelaars en het niks met Jebbssun
Handelaars te doen nie.
6. Die rekenmeester van Jebbssun het vergeet om die EFT-betaling (Kwitansie R001) wat
aan DC Sound gemaak is ten bedrae van R17 100 aan te teken.

ACCF 111 2023 KLASTOETS 2 5/6


7. Daar is ontdek dat die BTW-bedrag deur DC Sound in faktuur 9065 weggelaat is. Die
rekenmeester by Jebbssun het nie faktuur 9065 aangeteken nie. Al die ander fakture het
BTW korrek ingesluit.
8. CN445 vir goedere teruggestuur is nie deur Jebbssunn aangeteken nie.
9. Faktuur 9665 weerspieël die aankoopsbedrag nadat 'n 6% handelskorting in ag geneem
is. Hierdie bedrag is korrek deur DC Sound verantwoord, maar die rekenmeester by
Jebbssun het die volle koopprys voor die inagneming van die handelskorting geboekstaaf.
10. 'n Bedrag van R5 888 is verkeerdelik as 'n faktuur (Inv 9667) in die rekeningkundige
rekords van DC Sound aangeteken. Hierdie bedrag was eintlik 'n betaling wat Jebbssun aan
DC Sound gemaak het en is korrek aangeteken as 'n betaling in die rekeningkundige
rekords van Jebbsunn. Die korrekte dokument nr. is RE9667.

VERLANG – VRAAG 3 PUNTE


Sub- Totaal
totaal
3.1 Stel die korrekte krediteure grootboekrekening (DC Sound) in die
rekords van Jebbssun Handelaars op soos op 30 April 2022. 6.5 6.5

3.2 Stel die krediteurerekonsiliasie rekening soos op 30 April 2022 5.5 5.5
op.

TOTALE PUNTE 12

TOTAAL: 50

– EINDE VAN VRAESTEL –

ACCF 111 2023 KLASTOETS 2 6/6

You might also like