Professional Documents
Culture Documents
Weerligbeskerming
Weerligbeskerming
koppeling en beskerming
Thys Maree
ZS6MJM
2019
Weerlig
Weerlig (2)
Die hoëveld van Suid-Afrika en Lesotho het gemiddeld
baie weerligslae per vierkante kilometer.
Hierdie gebied kry 7 of meer direkte slae per vk km per
jaar.
‘n Direkte of indirekte weerligslag binne 1,5km radius
vanaf jou huis kan tot soveel as 120 miljoen volt en tot
200 000 ampere genereer wat dodelke impulse met
kraglyne en telefoonkabels kan afstuur.
Die temperatuur in die kern van die weerligstraal kan tot
20 000ºC wees – of dan 5 keer warmer as die kern van
die son.
• Statistiek wys dat tot soveel as 80% van die probleme
met elektroniese apparaat te wyte is aan direkte – of
indirekte weerligslae en spanningstuwings.
Weerlig (3)
Omtrent die helfte van weerligslae produseer 2 na 4 flitse ‘n
paar millisekondes uit mekaar uit.
Slegs omtrent 15% van die weerligslae kom af na die aarde toe.
Die res is tussen die wolke self.
Gewoonlik begin die weerlig wanneer ‘n punt (of punte) in die
atmosfeer begin ioniseer a.g.v die lading. Hierdie ge-ioniseerde
kanaal (kanale) beweeg omtrent teen 160km/u tot so 50m
bokant die grond. Dan beweeg ‘n positiewe gelaaide lading
opwaarts om die negatiewe gelaaide lading te ontmoet.
Strukture op die grond kan die plek waar hierdie opwaartse slag
plaasvind beïnvloed. Veral as dit hoër as 50m is.
Na die eerste flits volg die ander, elk effens swakker as die
eerste.
Weerlig is nie gelykstroom nie. Frekwensies tussen 100kHz en
10Mhz met die meeste energie by omtrent 1MHz.
Weerlig (4)
Weerlig (5)
Mees waarskynlike plekke waar weerlig sal slaan
1. Veiligheid:
In die Oos-Kaap word daar jaarliks ‘n paar mense
gedood tewyl hulle in hul huise of strooise is. Hoekom?
Daar is geen geleidende materiaal in die dak en mure
van die struktuur nie.
Om dieselfde rede moet teeldakhuise verkieslik ook
van geleiers op die nok van die dak na aarde voorsien
word.
2. Beskerming:
Die pad wat voorsien word moet die stuwingstroom
buite-om toerusting lei. (Moenie die weerlig in jou huis
innooi nie!)
Weerligafleiers – waar?
Die rollende sfeer metode